2 KORINTIËRS 5
Hierdie tydelike tentwoning word vervang deur 'n permanente blyplek by God
1 Ons weet dat wanneer ons aardse verblyf, wat net 'n tentwoning is, afgebreek word, ons 'n permanente blyplek by God het, 'n huis wat nie met hande gebou is nie, maar wat vir altyd in die hemel bestaan.2 In hierdie tentwoning swoeg en kreun ons, want ons verlang daarna om ons hemelse woning te betrek.
3 As ons tog maar net met klere aan, en nie kaal nie, voor God sal mag staan!
4 Terwyl ons nog in die aardse tentwoning bly, kry ons swaar en kreun ons omdat ons nie gestroop wil word van ons aardse woning nie, maar met die hemelse woning beklee wil word. So sal wat sterflik is, verteer word deur die eintlike lewe.
5 Hy wat ons hiervoor gereedgemaak het, is God. Hy het aan ons die deposito van die Gees as waarborg gegee.
6 Ons is dus altyd vol moed omdat ons weet dat alhoewel ons nog in die liggaam woon, ons eintlike woning by die Here is;7 want ons leef deur te glo en nie deur te sien nie.
8 Ons hou moed, maar sou liewer uit die liggaam wil verhuis om by die Here te gaan woon.
9 Ons streef in elk geval daarna, of ons nou ook al hier tuis is of nie, om Hom tevrede te stel.
10 Ons almal moet voor die regbank van Christus verskyn sodat elkeen van ons kan ontvang volgens wat ons in ons aardse liggaam gedoen het, of dit goed en of dit sleg was.
Die liefde van Christus maak gelowiges sy ambassadeurs
11 Omdat ons soveel ontsag vir die Here het, probeer ons mense oorreed. Ons opregte bedoelings is aan God bekend en ek vertrou dat julle in julle gewetens ook daarvan oortuig sal wees.
12 Ons beveel ons nie weer by julle aan nie, maar gee net vir julle aanleiding om op ons trots te wees sodat julle iets mag hê teenoor hulle wat trots is op die uiterlike en nie op die innerlike nie.13 As dit lyk asof ons buite ons sinne was, was dit ter wille van God; en as ons by ons volle verstand is, is dit ter wille van julle.14 Die liefde van Christus dring ons. Omdat ons geoordeel het dat Een vir almal gesterf het, glo ons dat ons almal ons ou, sondige lewe afgesterf het.
15 Hy hét vir almal gesterf sodat dié wat lewe, nie meer vir hulself moet leef nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.
16 Van nou af beoordeel ons niemand meer volgens 'n menslike maatstaf nie. Al het ons Christus ook vroeër volgens 'n menslike maatstaf beoordeel, oordeel ons nou heeltemal anders oor Hom.
17 Daarom - iemand wat aan Christus verbind is, is 'n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!
18 Hierdie hele nuwe werklikheid kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening gegee het.
19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en nie die mense se oortredings teen hulle hou nie. Hierdie boodskap van die versoening het Hy aan ons opgedra om te gaan verkondig.
20 Ons tree op as ambassadeurs vir Christus terwyl God deur ons 'n appèl aan julle rig. Ons smeek julle ter wille van Christus: Kom tot versoening met God!
21 God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons hegte verhouding met Christus, deur God vrygespreek kan word.
2 CORINTHIANS 5
1 t Our bodies are like tents that we live in here on earth. But when these tents are destroyed, we know that God will give each of us a place to live. These homes will not be buildings someone has made, but they are in heaven and will last forever. 2 While we are here on earth, we sigh because we want to live in that heavenly home.
3 We want to put it on like clothes and not be naked.
4 These tents we now live in are like a heavy burden, and we groan. But we don't do this just because we want to leave these bodies that will die. It is because we want to change them for bodies that will never die. 5 God is the one who makes all this possible. He has given us his Spirit to make us certain he will do it.
6 So always be cheerful!
As long as we are in these bodies, we are away from the Lord. 7 But we live by faith, not by what we see. 8 We should be cheerful, because we would rather leave these bodies and be at home with the Lord. 9 But whether we are at home with the Lord or away from him, we still try our best to please him.
10 t After all, Christ will judge each of us for the good or the bad that we do while living in these bodies.Bringing People to God
11 We know what it means to respect the Lord, and we encourage everyone to turn to him. God himself knows what we are like, and I hope you also know what kind of people we are.
12 We are not trying once more to brag about ourselves. But we want you to be proud of us, when you are with those who are not sincere and brag about what others think of them.
13 If we seem out of our minds, it is between God and us. But if we are in our right minds, it is for your good. 14 We are ruled by Christ's love for us. We are certain that if one person died for everyone else, then all of us have died.
15 And Christ did die for all of us. He died so we would no longer live for ourselves, but for the one who died and was raised to life for us.
16 We are careful not to judge people by what they seem to be, though we once judged Christ in this way. 17 Anyone who belongs to Christ is a new person. The past is forgotten, and everything is new.
18 God has done it all! He sent Christ to make peace between himself and us, and he has given us the work of making peace between himself and others.
19 What we mean is that God was in Christ, offering peace and forgiveness to the people of this world. And he has given us the work of sharing his message about peace. 20 We were sent to speak for Christ, and God is begging you to listen to our message. We speak for Christ and sincerely ask you to make peace with God. 21 Christ never sinned! But God treated him as a sinner, so Christ could make us acceptable to God.