previous next

2 PETRUS 1

1 Hierdie brief kom van Simon Petrus, 'n dienskneg en apostel van Jesus Christus.
Ek skryf aan julle almal wat dieselfde kosbare geloof as ons het. Julle het hierdie geloof ontvang van Jesus Christus, ons God en Verlosser. Hý het julle regverdig verklaar.

2 Mag die genade en vrede van God steeds meer en meer julle deel wees deurdat julle God en Jesus Christus ons Here regtig ken.

God het julle nuut gemaak; maak dit sigbaar in julle leefstyl

3 Deurdat ons Hom regtig ken, het sy Goddelike krag ons alles laat kry wat ons nodig het om naby aan Hom te lewe. Hy het ons geroep om sy heerlikheid en goedheid te ontvang!

4 Deur hierdie selfde krag het Hy sy kosbaarste en allergrootste beloftes vir ons laat waar word. Die gevolg hiervan is dat julle deel gekry het aan sy Goddelike natuur. Só het julle vrygekom van die proses van agteruitgang wat, as gevolg van die neigings van ons menslike natuur, oral alles en almal laat sleg word.
5 Juis om hierdie rede moet julle alles in julle vermoë doen om te wys dat hierdie beloftes vir julle waar geword het. Dan sal julle geloof meebring dat julle leefstyl goed is. 'n Goeie leefstyl bring weer mee dat jy God beter leer ken.6 As 'n mens God ken, kan jy jouself dissiplineer. Selfdissipline bring weer mee dat 'n mens kan uithou en aanhou, en hierdie volharding loop uit op 'n lewe naby aan God.7 'n Lewe naby aan God skep liefde vir ander gelowiges, en uiteindelik is dit hierdie positiewe houding teenoor medegelowiges wat meebring dat jy almal liefhet.8 Hoe meer julle op hierdie wyse groei, hoe meer sal die feit dat julle ons Here Jesus Christus ken, veroorsaak dat julle nie nutteloos en geestelik onproduktief is nie.

9 Mense wie se lewe nie wys dat God se beloftes in hulle waar geword het nie, is blind, of - ten minste - kortsigtig. Hulle het klaar vergeet dat God hulle gereinig het van hulle vorige sondige leefstyl.
10 Daarom, broers en susters, werk nog harder daaraan om met julle leefstyl te bewys dat God julle regtig geroep en gekies het. As julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.

11 En dan sal julle sonder ophou en sonder dat iets julle hinder, kan deelneem aan die ewige koningsheerskappy van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.
12 Dis waarom ek julle altyd aan hierdie dinge sal herinner, al weet julle dit en al leef julle reeds noukeurig volgens die waarheid wat by julle is.13 Ek beskou dit inderdaad as my plig om julle hieraan te herinner so lank as wat ek nog lewe.14 Ons Here Jesus het dit egter aan my bekendgemaak dat ek binnekort gaan sterf.

15 Daarom sal ek moeite doen om hierdie dinge aan julle te verduidelik. Ek wil hê julle moet dit onthou lank ná ek nie meer hier is nie.

Ons Christusboodskap en die boodskap van die profete staan rotsvas

16 Ons het ons verseker nie op mites verlaat toe ons vir julle vertel het van die krag van ons Here Jesus Christus en sy terugkeer nie. Met ons eie oë het ons Hom in al sy koninklike prag gesien.17 Dis mos Hý wat eer en heerlikheid van God die Vader ontvang het toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: "Hý is my Seun wat Ek van harte liefhet; Hy is 'n kind so na my hart!"

18 Ons het self hierdie stem uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.
19 Dit laat die boodskap van die profete vir ons nog vaster staan. Luister baie mooi na hulle woorde, want dis soos 'n lamp wat in 'n donker plek skyn - totdat Christus verskyn en sy helder lig julle harte verlig.20 Julle moet veral weet dat geen profesie van die Skrif ontstaan het deur die profeet se eie insig nie.

21 Geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Inteendeel, dit was die Heilige Gees wat die profete God se woorde laat verkondig het.

2 PETER 1

1 From Simon Peter, a servant and an apostle of Jesus Christ.
To everyone who shares with us in the privilege of believing that our God and Savior Jesus Christ will do what is just and fair.t

2 I pray that God will be kind to you and will let you live in perfect peace! May you keep learning more and more about God and our Lord Jesus.

Living as the Lord's //Followers


3 We have everything we need to live a life that pleases God. It was all given to us by God's own power, when we learned he had invited us to share in his wonderful goodness.

4 God made great and marvelous promises, so his nature would become part of us. Then we could escape our evil desires and the corrupt influences of this world.
5 Do your best to improve your faith by adding goodness, understanding, 6 self-control, patience, devotion to God, 7 concern for others, and love. 8 If you keep growing in this way, it will show that what you know about our Lord Jesus Christ has made your lives useful and meaningful.

9 But if you don't grow, you are like someone who is nearsighted or blind, and you have forgotten that your past sins are forgiven.
10 My friends, you must do all you can to show God has really chosen and selected you. If you keep on doing this, you won't stumble and fall.

11 Then our Lord and Savior Jesus Christ will give you a glorious welcome into his kingdom that will last forever.
12 You are holding firmly to the truth you were given. But I am still going to remind you of these things. 13 In fact, I think I should keep on reminding you until I leave this body. 14 And our Lord Jesus Christ has already told me that I will soon leave it behind.

15 This is why I am doing my best to make sure that each of you remembers all of this after I am gone.

The Message about the Glory //of Christ


16 When we told you about the power and the return of our Lord Jesus Christ, we were not telling clever stories someone had made up. But with our own eyes we saw his true greatness. 17 t God, our great and wonderful Father, truly honored him by saying, “This is my own dear Son, and I am pleased with him.”

18 We were there with Jesus on the holy mountain and heard this voice speak from heaven.
19 All of this makes us even more certain that what the prophets said is true. So you should pay close attention to their message, as you would to a lamp shining in some dark place. You must keep on paying attention until daylight comes and the morning star rises in your hearts. 20 But you need to realize that no one alone can understand any of the prophecies in the Scriptures. 21 The prophets did not think these things up on their own, but they were guided by the Spirit of God.