2 Petrus 1
1 Van Simon Petrus. Ek is 'n dienskneg van Jesus Christus. Hy het my as een van sy apostels aangestel. God is baie goed. Daarom het Hy en ons Verlosser, Jesus Christus, dit so beskik dat julle glo. Omdat God vir julle baie goed is, glo julle nou, net soos ek.
2 Ek bid dat God se oorvloedige goedheid en vrede julle lewens sal oorspoel! Mag julle kennis van God en van Jesus ons Here julle help om al hierdie hemelse gawes meer te beleef.
3 Die Here se hemelse krag het alles vir ons gegee wat ons nodig het om elke dag reg te leef en in 'n persoonlike verhouding met Hom te staan. Ons ken God nou op 'n totaal nuwe manier. Hyself wat so vol heerlikheid en grootheid is, het ons elkeen geroep om in Hom te glo.
4 Toe Hy dit gedoen het, het Hy boonop die wonderlikste en die grootste beloftes aan ons gegee. Sy doel met hierdie hemelse geskenke is om julle in staat te stel om nee te kan sê vir elke versoeking. Gee dadelik pad wanneer julle eie begeertes julle op sleeptou wil neem agter verkeerde dinge aan. Dan kry julle al hoe meer deel aan God se karakter.
5 Moenie 'n enkele oomblik agteroor sit nie. Sorg dat julle geloof in Christus elke dag sterker word. Gaan só te werk:
Span julle in om altyd net die regte dinge te doen.
Saam met hierdie ywer moet julle ook kennis hê. Sorg dat julle die Here goed ken.
6 Saam met kennis gaan selfbeheersing. Moenie toelaat dat sondige begeertes julle ooit onderkry nie.
Saam met selfbeheersing gaan standvastigheid. Hou aan glo. Staan sterk!
Saam met standvastigheid gaan 'n lewe wat God verheerlik. Maak God se Naam groot in alles wat julle doen.
7 Saam met 'n lewe wat God verheerlik, gaan absolute lojaliteit teenoor ander gelowiges.
Saam met liefde vir ander gelowiges gaan liefde vir alle ander mense. Gee regtig om vir almal met wie julle elke dag te doen kry.
8 As julle al hierdie dinge doen, as julle al hoe meer leef soos die Here dit van ons verwag, sal julle nooit verveeld rondsit nie. Dan sal daar nooit 'n dag verbygaan dat julle nie voluit vir ons Here Jesus Christus leef nie. Julle kennis van Hom sal sommer baie vrug dra in julle lewe.9 Gelowiges wat hierdie dinge nie hulle eie maak nie en wat nie voluit vir die Here leef nie, is soos mense met 'n oogprobleem. Hulle kan nie goed sien nie. Nog erger, hulle is heeltemal blind. Hulle het klaar vergeet hoe Christus hulle van al hulle sondes skoongewas het toe hulle tot bekering gekom het.
10 My broers en susters, wys deur alles wat julle doen dat God julle na Hom toe geroep het. Wys dat God julle uitgekies het om in Hom te glo. Doen dit, dan sal julle nooit oor die sonde struikel nie.11 Dan sal julle met oop arms soos helde ontvang word in God se nuwe wêreld. Daar regeer ons Here en Verlosser, Jesus Christus, vir altyd as Koning.
12 Al weet julle alles wat ek vir julle gesê het, moet ek julle altyd weer van voor af daaraan herinner. Ook al staan julle vas in die Here se waarheid, moet ek nog 'n slag vir julle sê hoe om tot eer van die Here te leef.13 Dis my roeping om julle aan te moedig deur julle te herinner hoe om te leef so lank as wat ek nog hier is.14 Ongelukkig sal dit nie meer te lank wees nie, want my dood is voor die deur. Ons Here Jesus Christus het dit duidelik vir my gewys.15 Daarom skryf ek al hierdie dinge neer sodat julle selfs ná my dood kan onthou hoe julle moet leef.
16 Onthou julle nog hoe ons vroeër met julle gepraat het oor die krag van ons Here Jesus Christus en oor sy terugkeer na die aarde toe? Ons het glad nie vir julle gejok, of 'n klomp stories uit ons duim gesuig nie. Natuurlik nie. Ons het immers met ons eie oë gesien watter groot dinge Jesus Christus gedoen het toe Hy nog op aarde was.
17 Onthou julle toe Christus op die berg saam met Moses en Elia was? God het vir Christus daar met groot eer en heerlikheid bekroon. Die Allerhoogste het uit die hemel gepraat en gesê: "Dit is my Seun vir wie Ek baie lief is. Ek is baie bly oor Hom."18 Op daardie heilige berg het ek met my eie ore God se stem gehoor.
19 Hierdie gebeure daar op die berg het elke woord wat die profete in die Bybel sê nog sterker vir ons bevestig. Hierdie boodskap is soos 'n lig wat in die donker skyn. Julle moet ook aan hulle woorde vashou totdat die volle lig van God in julle lewe skyn. Soos die môrester wat wys dat die dag aangebreek het, sal Hy self die donker wegvat uit julle binneste.
20 Onthou, dit wat die profete in die Bybel sê, het hulle nie self uitgedink nie,21 want geen ware profesie kom ooit van mense af nie. Nee, die Heilige Gees het presies vir hulle gewys wat hulle oor God moes sê. Hy het hulle aangevuur om oor Hom te praat.
2 Peter 1
Salutation
1 From Simeons Peter,t a slavets and apostle of Jesus Christ, to those who through the righteousness of our Gods and Savior,t Jesus Christ, have been grantedt a faith just as preciousts as ours.
2 May grace and peace be lavished on yout as you growt in the rich knowledget of God and of Jesus our Lord!t
Believers’ Salvation and the Work of God
3 I can pray this because his divine powert has bestowed on us everything necessaryt for life and godliness through the rich knowledget of the one who calleds us byt his own glory and excellence.4 Through these thingsts he has bestowed on us his precious and most magnificent promises, so that by means of what was promisedt you may become partakers of the divine nature,s after escapingt the worldly corruption that is produced by evil desire.t5 For this very reason,ts make every effortt to add to your faith excellence,t to excellence, knowledge;6 to knowledge, self-control; to self-control, perseverance;t to perseverance, godliness;7 to godliness, brotherly affection; to brotherly affection, unselfishs love.ts8 For ift these things are really yourst and are continually increasing,s they will keep you from becomingt ineffective and unproductive in your pursuit oft knowing our Lord Jesus Christ more intimately.t9 Butt concerning the one who lacks such thingst – he is blind. That is to say, he ist nearsighted, since he has forgotten about the cleansing of his past sins.10 Therefore, brothers and sisters,t make every effort to be sure of your calling and election.ts For by doing thist you will nevert stumble into sin.t
11 For thus an entrance into the eternal kingdom of our Lord and Savior, Jesus Christ, will be richly provided for you.
Salvation Based on the Word of God
12 Therefore, I intend to remind you constantlyt of these things even though you know them and are well established in the truth that you now have.13 Indeed, as long as I am in this tabernacle,ts I consider it right to stir you up by way of a reminder,14 since I know that my tabernacle will soon be removed,t becauset our Lord Jesus Christ revealed this to me.s
15 Indeed, I will also make every effort that, after my departure, you have a testimony of these things.s
16 For we did not follow cleverly concocted fables when we made known to you the power and returnt of our Lord Jesus Christ;t no,t we weret eyewitnesses of hist grandeur.s17 For he received honor and glory from God the Father, when thatt voice was conveyed to him by the Majestic Glory: “This is my dear Son, in whom I am delighted.”ts18 When this voice was conveyed from heaven, we ourselvest heard it, for we were with him on the holy mountain.t19 Moreover,t wes possess the prophetic word as an altogether reliable thing.t You do well if you pay attentiont to thist as you wouldt to a light shining in a murky place, until the day dawns and the morning stars rises in your hearts.s20 Above all, you do well if you recognizet this:t No prophecy of scripture ever comes about by the prophet’s own imagination,ts
21 for no prophecy was ever borne of human impulse; rather, ment carried along by the Holy Spirit spoke from God.