2 Petrus 2
Petrus waarsku gelowiges teen mense wat vir hulle vals dinge sal leer
1 Daar was ook tvals profete by die volk van God. So sal daar ook tvals leermeesters by julle wees. Hulle sal vir mense hierdie vals dinge leer, maar die mense sal nie weet dat dit verkeerd is nie. Hierdie vals dinge sal die mense tverlore laat gaan. Hierdie vals profete sal ook sê dat hulle nie aan die Here behoort nie, die Here wat vir hulle losgekoop het. Daarom sal dit hulle eie skuld wees dat hulle verlore sal gaan, dit sal skielik gebeur. 2 En baie mense wat sê dat hulle tgelowiges is, sal soos daardie vals profete ook alles doen wat hulle wil doen. Daarom sal die ander mense wat nie gelowiges is nie, slegte dinge sê oor die lewe van die mense wat glo dat die goeie boodskap die waarheid is.
3 Hierdie vals leermeesters wil altyd meer en meer goed hê vir hulleself, daarom sal hulle verkeerde stories vir julle vertel om julle te tbedrieg. Maar God het lank gelede klaar besluit om hulle te straf, en Hy sal dit doen, Hy sal hulle verlore laat gaan.
4 God sal hulle straf. Hy was voorheen nie jammer vir die tengele wat sonde gedoen het nie. Nee, Hy het hulle in die tonderwêreld gegooi. Hy het hulle met kettings in die donker vasgebind en Hy het hulle gelos om daar tgevangenes te bly totdat die toordeelsdag kom. 5 God was ook lank gelede nie jammer vir die sondige wêreld nie toe Hy die twatervloed oor die wêreld van die sondaars laat kom het. Maar Noag het in daardie tyd die boodskap gebring dat mense reg moet lewe voor God, en God het vir Noag gered. God het ook sewe ander mense saam met Noag gered uit die watervloed. 6 God het ook die stede Sodom en Gomorra gestraf en Hy het hulle verbrand en tverwoes. Hy het dit gedoen om die ander mense te waarsku dat Hy sondaars sal straf. 7 Maar God het vir Lot gered. Lot het reg gelewe en hy was baie geskok oor die lewe van die mense wat nie gehoorsaam was aan die wette van God nie, daardie mense het gedoen wat hulle wil. 8 Want Lot het reg gelewe, maar hy het gewoon by die mense wat nie gehoorsaam was aan die wette van God nie, en hy het elke dag gesien en gehoor wat hulle gedoen het. Die dinge wat hulle gedoen het, het elke dag vir Lot baie geskok, want Lot het reg gelewe. 9 Maar die Here weet dat Hy die mense sal red wat Hom dien, Hy sal hulle red wanneer hulle baie swaar kry, en Hy sal die mense wat verkeerd lewe, aanhou straf totdat die oordeelsdag kom.
10 Vir wie sal die Here die meeste straf? Hy sal die mense straf wat graag dinge wil doen wat ’n tskande is en wat hulleself vuil van die sonde laat word. Hulle dink die Here wat regeer, is nie belangrik nie.Die sondes van die vals leermeesters
Hierdie tvals leermeesters praat verkeerd, maar hulle is nie bekommerd daaroor nie. Hulle dink hulle is beter as ander mense. Daarom is hulle nie bang om slegte dinge te sê oor die tengele nie. 11 Maar die Here se engele is sterker en hulle het meer krag as die vals leermeesters. Die Here se engele beskuldig nie die ander engele nie. 12 En hierdie vals leermeesters is soos diere wat nie verstand het nie, diere wat gebore is sodat mense hulle kan vang en doodmaak. Daarom praat die vals leermeesters sleg oor dinge wat hulle nie verstaan nie. Die Here sal hulle ook doodmaak soos die mense wilde diere doodmaak. 13 Hulle sal swaarkry, dit is die straf vir die slegte dinge wat hulle doen. Hulle geniet dit om ook in die dag tfees te vier en om te veel te eet en te drink. Hulle is soos vuil kolle op klere. Terwyl hulle saam met julle feesvier, hou hulle aan om mense te tbedrieg, en so bring hulle tskande oor julle. 14 Hulle soek altyd vroue wat seks wil hê met hulle, hulle wil altyd meer en meer sonde doen. Party mense se geloof is nie sterk nie, die vals leermeesters wil daardie mense tverlei. Hulle wil altyd meer en meer dinge hê. Die Here sal hulle tvervloek. 15 Die vals leermeesters doen hierdie dinge omdat hulle opgehou het om te lewe soos die Here wil hê. Hulle het gedoen twat Bileam seun van tBosor gedoen het. Bileam was baie lief vir geld en daarom het hy verkeerde dinge gedoen om die tbeloning te kry.
16 Maar die Here het gesê Bileam doen iets wat verkeerd is. ’n Donkie het vir Bileam die tprofeet gekeer sodat hy nie ’n dom ding gedoen het nie. ’n Donkie is ’n dier wat nie kan praat nie, maar hierdie donkie het met Bileam gepraat soos ’n mens praat.
17 Hierdie vals leermeesters is soos fonteine wat droog is, daar kom nie water uit nie. Hulle is soos miswolke, ’n stormwind waai hulle weg. Daarom het die Here vir hulle ’n plek gereedgemaak in die tdonker plek, die baie donker plek. 18 Hulle dink hulle sê baie belangrike dinge, maar hulle woorde beteken niks. Hulle wil mense verlei om ook slegte dinge te doen, mense wat probeer om weg te kom van mense wat verkeerd lewe. 19 Die vals leermeesters belowe dat hulle die mense vry sal maak, maar die vals leermeesters is self tslawe van alles wat sleg en swak is, want wanneer iets jou oorwin het, dan is jy sy slaaf. 20 Die vals leermeesters het voorheen die vuil dinge van die wêreld gedoen, maar hulle het dit gelos omdat hulle ons Here en tRedder Jesus Christus goed leer ken het. Maar toe het hulle weer die vuil dinge begin doen en hulle het slawe geword van daardie vuil dinge. Wanneer dit gebeur, dan is hulle nog slegter as wat hulle voorheen was. 21 As hulle nie geweet het wat die Here sê en hoe hulle moet lewe nie, dan was dit beter vir hulle. Maar nou weet hulle dit, hulle het dit gehoor by die tapostels, maar hulle het opgehou om te doen wat die Here wil hê.
22 Hulle het gedoen soos die tspreekwoorde sê, spreekwoorde wat waar is:
t’n Hond kom terug na die kos
wat hy opgebring het
en
’n Vark wat skoon gewas is,
gaan terug om weer
in die modder te rol.
2 Peter 2
False Teachers Will Be Destroyed
1 But there were also false prophets among the people. In the same way there will be false teachers among you. In secret they will bring in teachings that will destroy you. They will even turn against the Lord and Master who died to save them. His death paid for their sins. They will quickly destroy themselves.2 Many people will follow their shameful ways. They will give the way of truth a bad name.
3 Those teachers are never satisfied. They want to get something out of you. So they make up stories to take advantage of you. They have been under a sentence of death for a long time. The One who will destroy them has not been sleeping.
4 God did not spare angels when they sinned. Instead, he sent them to hell. He put them in dark prisons. He will keep them there until he judges them.5 God did not spare the world's ungodly people long ago. He brought the flood on them. But Noah preached about the right way to live. God kept him safe. He also saved seven others.6 God judged the cities of Sodom and Gomorrah. He burned them to ashes. He made them an example of what is going to happen to ungodly people.
7 God saved Lot. He was a man who did what was right. He was shocked by the dirty, sinful lives of people who didn't obey God's laws.8 That good man lived among them day after day. He saw and heard the evil things they were doing. They were breaking God's laws. And his godly spirit was deeply troubled.
9 So the Lord knows how to keep godly people safe in times of testing. He also knows how to keep ungodly people under guard until the day they will be judged. In the meantime, he continues to punish them.10 Most of all, this is true of people who follow the evil longings of their sinful natures. They hate to be under authority.
Those false prophets are bold and proud. They aren't afraid to speak evil things against heavenly beings.11 Angels are stronger and more powerful than those people. But even angels don't bring to the Lord evil charges against heavenly beings.
12 Those people speak evil about things they don't understand. They are like wild animals. They do what comes naturally to them. They are born only to be caught and destroyed. Just like animals, they too will die.
13 They will be paid back with harm for the harm they have done. Their idea of pleasure is to have wild parties in the middle of the day. They are like spots and stains. They enjoy their sinful pleasures while they eat with you.14 They stare at women who are not their wives. They want to have sex with them. They never stop sinning. They trap those who are not firm in their faith. They have mastered the art of getting what they want. God has placed them under his curse.
15 They have left God's way. They have wandered off. They follow the way of Balaam, son of Beor. He loved to get paid for doing his evil work.16 But a donkey corrected him for the wrong he did. Animals don't speak. But the donkey spoke with a human voice. It tried to stop the prophet from doing a very dumb thing.
17 Those false prophets are like springs without water. They are like mists driven by a storm. The blackest darkness is reserved for them.
18 They speak empty, bragging words. They make their appeal to the earthly longings of people's sinful nature. They tempt new believers who are just escaping from the company of sinful people.19 They promise to give freedom to the new believers. But they themselves are slaves to sinful living. A person is a slave to anything that controls him.
20 They may have escaped the sin of the world. They may have come to know our Lord and Savior Jesus Christ. But what if they are once again caught up in sin? And what if it has become their master? Then they are worse off at the end than they were at the beginning.
21 What if they had not known the way of godliness? That would have been better than to have known it and then to have turned their backs on it. The way of godliness is the sacred command that was passed on to them.
22 What the proverbs say about them is true. "A dog returns to where it has thrown up." (Proverbs 26:11) And, "A pig that is washed goes back to rolling in the mud."