II PETRUS 2
Die valse leraars.
1 MAAR tdaar was ook valse profete onder die volk, net soos tdaar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike tketterye heimlik sal invoer, en ook tdie Here twat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring;
2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal tdie weg van die waarheid gelaster word;
3 en tuit hebsug sal hulle tmet verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
4 Want as God tdie engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar thulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
5 en tdie ou wêreld nie gespaar het nie, tmaar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
6 en tdeur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ’n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;
7 en tdie regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor tdie losbandige lewe van die sedelose mense;
8 want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, tdag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke —
9 tdie Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;
10 en veral tdie wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en taanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens tte belaster nie,
11 terwyl tdie engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie.
12 Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, tsoos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan
13 en tdie loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid toordag ’n genot; hulle is tskandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye tas hulle met julle saamsmul;
14 met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ’n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.
15 Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, en die weg gevolg van tBíleam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het,
16 maar die bestraffing van sy eie oortreding ontvang het: tdie stom lasdier het met die stem van ’n mens gepraat en die waansinnigheid van die profeet verhinder.
17 Hulle is twaterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ’n stormwind, tvir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.
18 Want tdeur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.
19 Hulle belowe tvryheid aan hulle, terwyl hulle self tslawe van die verdorwenheid is; want waar ’n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ’n slaaf geword.
20 Want as hulle, nadat hulle deur tdie kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle tdie laaste erger geword as die eerste.
21 Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
22 Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: tDie hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
2 Peter 2
1 But false prophets also arose among the people, as false teachers will also be among you, who will secretly bring in destructive heresies, denying even the Master who bought them, bringing on themselves swift destruction.2 Many will follow their immoralt ways, and as a result, the way of the truth will be maligned.3 In covetousness they will exploit you with deceptive words: whose sentence now from of old doesn’t linger, and their destruction will not slumber.4 For if God didn’t spare angels when they sinned, but cast them down to Tartarust, and committed them to pits of darkness, to be reserved for judgment;5 and didn’t spare the ancient world, but preserved Noah with seven others, a preacher of righteousness, when he brought a flood on the world of the ungodly;6 and turning the cities of Sodom and Gomorrah into ashes, condemned them to destruction, having made them an example to those who would live ungodly;7 and delivered righteous Lot, who was very distressed by the lustful life of the wicked8 (for that righteous man dwelling among them, was tormented in his righteous soul from day to day with seeing and hearing lawless deeds):9 the Lord knows how to deliver the godly out of temptation and to keep the unrighteous under punishment for the day of judgment;10 but chiefly those who walk after the flesh in the lust of defilement, and despise authority. Daring, self-willed, they are not afraid to speak evil of dignitaries;11 whereas angels, though greater in might and power, don’t bring a railing judgment against them before the Lord.12 But these, as unreasoning creatures, born natural animals to be taken and destroyed, speaking evil in matters about which they are ignorant, will in their destroying surely be destroyed,13 receiving the wages of unrighteousness; people who count it pleasure to revel in the daytime, spots and blemishes, reveling in their deceit while they feast with you;14 having eyes full of adultery, and who can’t cease from sin; enticing unsettled souls; having a heart trained in greed; children of cursing;15 forsaking the right way, they went astray, having followed the way of Balaam the son of Beor, who loved the wages of wrongdoing;16 but he was rebuked for his own disobedience. A mute donkey spoke with a man’s voice and stopped the madness of the prophet.17 These are wells without water, clouds driven by a storm; for whom the blackness of darkness has been reserved forever.18 For, uttering great swelling words of emptiness, they entice in the lusts of the flesh, by licentiousness, those who are indeed escaping from those who live in error;
19 promising them liberty, while they themselves are bondservants of corruption; for a man is brought into bondage by whoever overcomes him.
20 For if, after they have escaped the defilement of the world through the knowledge of the Lord and Savior Jesus Christ, they are again entangled in it and overcome, the last state has become worse for them than the first.21 For it would be better for them not to have known the way of righteousness, than, after knowing it, to turn back from the holy commandment delivered to them.
22 But it has happened to them according to the true proverb, “The dog turns to his own vomit again,”t and “the sow that has washed to wallowing in the mire.”