previous next

2 Petrus 2

1 Ongelukkig was daar nog altyd 'n klomp vals profete in Israel. Binnekort gaan dieselfde daar by julle gebeur. 'n Klomp mense sal allerhande skewe sienings oor God daar by julle probeer insmokkel. Hulle sal 'n bespotting maak van die Here wat hulle losgekoop het. Ek sê vir julle: hulle oordeel is voor die deur, en baie gou ook!
2 Hulle sal baie mense ompraat om allerhande afstootlike sondes saam met hulle te doen. Dit sal maak dat mense allerhande slegte dinge oor die Pad van die Waarheid begin kwytraak.
3 Hierdie mense is 'n spul geldwolwe. Hulle sal die vroomste stories aan julle opdis net om julle geld in die hande te kry. Maar dit sal hulle nie help nie. God het al lankal besluit wat Hy met hulle gaan doen. Hulle ondergang staan vas.
4  God laat nie met Hom speel nie. Onthou julle nog hoe Hy selfs 'n klompie engele wat teen Hom gesondig het, nie gespaar het nie. Hy het hulle in die hel gegooi. Daar word hulle nou in die pikdonker dieptes gevange gehou totdat die groot oordeelsdag aanbreek.
5 God het ook nie die wêreld daar in die ou dae met hulle verkeerde dade laat wegkom nie. Hy het toe die hele sondige wêreld in water laat vergaan. Net Noag, die enigste persoon wat in daardie tyd vir mense gesê het om na God te luister, en sewe ander mense se lewens het Hy van vernietiging gered.
6 God het Sodom en Gomorra ook veroordeel en met die aarde gelyk gemaak. Hulle dien as 'n voorbeeld van die soort oordeel wat God sal laat neerkom op almal wat sonder Hom leef.7 In daardie tyd het God net vir Lot gespaar. Hy het in die regte verhouding met God geleef te midde van al die seksuele losbandigheid van almal rondom hom wat hulle nie aan God gesteur het nie.8 Hierdie goeie man moes dag na dag vaskyk in die verskriklike sondes wat daar hoogty gevier het. Hy wat in die regte verhouding met God geleef het, moes sulke gruwelike dinge aanhoor dat dit hom byna van sy kop af moes laat raak het.
9  Gelukkig weet die Here hoe om almal te help wat in 'n opregte verhouding met Hom leef as hulle voor versoekings te staan kom. Hy help hulle om nie daaraan toe te gee nie. Maar die Here weet ook hoe om slegte mense te straf en hoe om hulle gevange te hou tot op die groot oordeelsdag.
10 Dit is veral daardie mense wat agter al hulle seksuele begeertes aanloop en hulle oorgee aan elke vorm van seksuele perversiteit wat moet lig loop. Hierdie mense wys dat hulle hulle nie aan die Here se gesag steur nie. Daarom gaan Hy hulle swaar straf.
Hierdie vals leraars oor wie ek met julle praat, dink heeltemal te veel van hulleself. Hulle is arrogant.
11 Dit pla hulle nie wanneer hulle die glorieryke hemelse wesens beledig nie. Nie eens een van die engele, wat baie sterker en belangriker as daardie mense is, sal so iets waag nie. Geen engel sal ooit beledigende dinge oor hierdie wesens sê voor die Here nie.
12 Hierdie mense is soos 'n trop wilde diere wat gevang en vernietig moet word. Hulle sê beledigende dinge sonder dat hulle mooi weet waarmee hulle besig is. Maar hulle sal nie daarmee wegkom nie. Op die ou end sal hulle gevang word.13 En die beloning vir al die kwaad wat hulle hier op aarde aangevang het? Pyn en lyding, vir altyd!
Hulle geniet dit om in die middel van die dag die een dronkpartytjie na die ander te hou. Kyk net wat vang hulle alles aan wanneer hulle saam met julle feesvier; hulle gee hulle dan oor aan allerhande uitspattighede. Hulle gaan heeltemal oorboord in hulle dwaalweë.
14 Watter skaamtelose mense! Hulle kan hulle oë nie van ander mense se huweliksmaats afhou nie. Die een perversiteit na die ander is hulle kos. Ongelukkig verlei hulle ook ander mense wie se geloof nog nie so sterk is nie om al hierdie dinge saam met hulle te doen. Boonop is hulle geldgierig, die vervloekte spul!
15 Hierdie spul het die reguit pad verlaat. Hulle is van koers af. Hulle doen presies wat Bileam, die seun van Beor, vroeër aangevang het. Hy is daardie vals profeet wie se liefde vir geld hom duur te staan gekom het.16 Maar die Bybel vertel vir ons dat Bileam se donkie net betyds met hom in 'n menslike stem gepraat het. Dit het gekeer dat die profeet met sy bose planne voortgaan.
17  Die mense wat daar by julle optree, is soos fonteine wat opgedroog het. Hulle is soos miswolke wat deur 'n stormwind rondgewaai word. Daarom word daar in die donkerste plekke van die doderyk vir hulle 'n plek gereed gehou.18 Hulle is ongeskik en praat die grootste nonsens. Hulle verlei onskuldige mense om saam met hulle aan hulle afstootlike seksuele sondes deel te neem. Nuwe gelowiges wat maar pas van hulle sondige verlede afgesien het, is veral die prooi van dié mense. Hulle sleep die niksvermoedende gelowiges saam met hulle in die ellende in.19 Natuurlik beloof hulle hemel en aarde aan hierdie arme mense. Maar van die beloofde vryheid kom daar net mooi niks nie, want die mense wat hierdie leë beloftes maak, is self in die kloue van die dood vasgevang. Immers, as iets jou in sy mag beethet, is jy 'n slaaf daarvan.
20  Wanneer mense uit die gemors van hierdie sondige wêreld gekom het nadat hulle ons Here en Redder, Jesus Christus, leer ken het, en hulle val daarna weer terug in al hulle sondes, is hulle uiteindelik slegter daaraan toe as aan die begin.21 Dit sou vir daardie mense beter gewees het dat hulle nooit op God se pad begin stap het nie as dat hulle daarop begin stap het en toe van Hom en sy voorskrifte af weggedwaal het.22 Daar is twee spreekwoorde wat hierdie mense baie goed beskryf: "Dit is net 'n hond wat so dom is om na sy eie braaksel terug te loop." En: "Dit is net 'n vark wat so dom is om in die modder te gaan rol nadat hy skoon gewas is."

2 Peter 2

The False Teachers’ Ungodly Lifestyle

1 But false prophets arose among the people, just as there will be false teachers among you.s These false teacherst wills infiltrate your midstt with destructive heresies,t even to the point oft denying the Master who bought them. As a result, they will bringt swift destruction on themselves.2 And many will follow their debauched lifestyles.t Because of these false teachers,t the way of truth will be slandered.t

3 And in their greed they will exploit you with deceptive words. Theirt condemnation pronounced long agot is not sitting idly by;t theirt destruction is not asleep.
4 For if God did not spare the angels who sinned,t but threw them into hellt and locked them upt in chainss in utter darkness,t to be kept until the judgment,5 and if he did not spare the ancient world, but did protect Noah, a herald of righteousness, along with seven others,t when Godt brought a flood on an ungodly world,t6 and if he turned to ashes the cities of Sodom and Gomorrah when he condemned them to destruction,sts having appointedt them to serve as an examplet to future generations of the ungodly,t7 and if he rescued Lot, a righteous man in anguish over the debauched lifestyle of lawlesst men,t8 (for while he lived among them day after day, that righteous man was tormented in his righteous soult by the lawless deeds he saw and heardt)9 – if so,t then the Lord knows how to rescue the godly from their trials,t and to reserve the unrighteous for punishmentt at the day of judgment,

10 especially those who indulge their fleshly desirest and who despise authority.
Brazen and insolent,t they are not afraid to insultt the glorious ones,t
11 yet event angels, who are much more powerful,t do not bring a slanderoust judgment against them before the Lord.s12 Butt these men,t like irrational animals – creatures of instinct, born to be caught and destroyedt – do not understand whomt they are insulting, and consequentlyt in their destruction they will be destroyed,t13 suffering harm as the wages for their harmful ways.t By considering it a pleasure to carouse in broad daylight,t they are stains and blemishes, indulgingt in their deceitful pleasures when they feast together with you.14 Their eyes,t full of adultery,t never stop sinning;t they enticet unstable people.t They have trained their hearts for greed, these cursed children!t15 By forsaking the right path they have gone astray, because they followed the way of Balaam son of Bosor,t who loved the wages of unrighteousness,t

16 yet was rebukedt for his own transgression (a dumb donkey,t speaking with a human voice,t restrained the prophet’s madness).s
17 These ment are waterless springs and mists driven by a storm, for whom the utter depths of darknesst have been reserved.18 For by speaking high-sounding but empty wordst they are able to entice,t with fleshly desires and with debauchery,t peoplet who have just escapedt from those who reside in error.t19 Although these false teachers promiset such peoplet freedom, they themselves are enslaved tot immorality.t For whatever a person succumbs to, to that he is enslaved.t20 For if after they have escaped the filthy thingst of the world through the rich knowledge of our Lord and Savior Jesus Christ,s theyt again get entangled in them and succumb to them,t their last state has become worse for them than their first.21 For it would have been better for them never to have known the way of righteousness than, having known it, to turn back from the holy commandment that had been delivered to them.

22 They are illustrations of this true proverb:t “A dog returns to its own vomit,”t and “A sow, after washing herself,t wallows in the mire.”t

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.