2 Tessalonisense 1
1 Van Paulus en Silvanus en Timoteus.
Aan die kerk in Tessalonika: julle is die eiendom van God ons Vader en die Here Jesus Christus.2 God ons Vader en die Here Jesus Christus se oorvloedige goedheid en vrede is met julle.
3 My broers en susters, ons dank God altyd vir julle. Hoe anders? Want die wonderlikste dinge is daar by julle aan die gebeur: julle vertroue in die Here word by die dag sterker. En julle almal se liefde vir mekaar word net al hoe groter.
4 Wanneer ons by die ander gemeentes van God kom, spog ons graag met julle. Ons vertel vir hulle hoe julle vas bly staan en bly glo ten spyte van al die vervolging en swaarkry wat julle moet verduur.5 Moenie mismoedig word nie. Sien al hierdie dinge eerder as 'n bewys dat julle op die regte pad is. Julle hoef glad nie meer te twyfel dat God julle gekies het om deel te hê aan sy nuwe wêreld nie, want julle glo so vas in Hom dat julle bereid is om ter wille van Hom te ly.6 God tree altyd reg op. Daarom sal Hy met al daardie mense afreken wat julle nou so swaar laat kry. Laat dit aan Hom oor.
7 God sal julle swaarkry laat ophou op daardie dag wanneer die Here Jesus saam met al sy sterk engele terugkom.8 Hulle koms sal soos 'n reusevuur wees wat in die hemel verskyn. Dan sal Hy almal straf wat nie in God glo nie. Almal wat geweier het om die goeie nuus oor ons Here Jesus te glo sal op daardie dag in groot moeilikheid wees.9 Pyn en lyding sal dan hulle voorland wees, vir altyd! Die Here sal niks verder met hulle te doen wil hê nie. Hulle het hulle kans gehad. Hulle sal nooit weer die Here se goedheid en sy groot krag beleef nie.10 Op daardie dag wanneer Christus terugkom, gaan al hierdie dinge waaroor ek nou met julle praat voor julle eie oë gebeur. Almal wat aan Hom behoort, sal dan in bewondering voor Hom kom staan. Julleself sal ook daar wees vir die fees, want julle het ons prediking met julle hele lewe geglo.
11 Ek bid dag en nag vir julle. Ek bid dat God julle in staat sal stel om die soort lewe te leef wat Hy vir julle in gedagte het. Ek bid dat Hy deur sy krag in julle sal werk sodat dit vir julle al hoe lekkerder word om daardie dinge te doen wat sy hart blymaak. Mag Hy heeltemal tevrede wees met die manier waarop julle elke dag julle geloof uitleef.
12 Dan sal julle ons Here Jesus se heerlikheid uitdra soos nog nooit tevore nie. Ander mense sal sien hoe groot en belangrik Hy regtig is. Op julle beurt sal julle met eer beklee word deur die Here. Dit is presies hoe die goedheid van ons wonderlike God en die Here Jesus Christus in julle lewens werk.
2 Thessalonians 1
Salutation
1 From Pault and Silvanus and Timothy, to the church of the Thessalonianss in God our Father and the Lord Jesus Christ.
2 Grace and peace to yout from God thes Father and the Lord Jesus Christ!
Thanksgiving
3 We ought to thank God always for you, brothers and sisters,t and rightly so,t because your faith flourishes more and more and the love of each one of you all for one another is ever greater.
4 As a result we ourselves boast about you in the churches of God for your perseverance and faith in all the persecutions and afflictions you are enduring.
Encouragement in Persecution
5 This is evidence of God’s righteous judgment, to make you worthyt of the kingdom of God, for which in fact you are suffering.6 For it is rightt for God to repay with affliction those who afflict you,7 and to you who are being afflicted to give rest together with us when the Lord Jesus is revealedt from heaven with his mighty angels.t8 With flaming fire he will mete outtpunishment on those who do not know Gods and do not obey the gospel of our Lord Jesus.9 Theyt will undergo the penalty of eternal destruction, away from the presence of the Lord and from the glory of his strength,ts10 when he comes to be glorified among his saints and admiredt on that day among all who have believed – and you did in fact believe our testimony.t11 And in this regard we pray for you always, that our God will make you worthy of his callingt and fulfill by his power your every desire for goodness and every work of faith,
12 that the name of our Lord Jesus may be glorified in you, and you in him, according tot the grace of our God and the Lord Jesus Christ.