previous next

2 Timoteus 1

Paulus groet vir Timoteus

1 Ek, Paulus, is ’n tapostel van Christus Jesus omdat God dit besluit het. God het my gestuur om die goeie boodskap te bring dat Hy aan mense die tewige lewe wil gee, aan die mense wat aan Christus Jesus behoort.

2 Ek, Paulus, skryf hierdie brief vir jou, Timoteus. Jy is vir my soos my kind, ek is lief vir jou. Ek bid dat God die Vader en Christus Jesus ons Here tgenadig sal wees vir jou en dat Hy goed sal wees vir jou wanneer jy swaarkry. Ek bid ook dat Hy vir jou vrede sal gee.

Paulus sê dankie


3 Ek dien God soos my tvoorouers Hom ook gedien het. Ek weet wat is reg en wat is verkeerd, ek het niks gedoen wat verkeerd is nie. Ek bid gedurig tot God, elke dag en nag, en wanneer ek dit doen, dan dink ek aan jou en dan sê ek vir God dankie vir jou. 4 Ek onthou hoe hartseer jy was en ek wil jou graag weer sien, want dan sal ek baie bly wees.

5 Ek onthou dat jy waarlik in Christus glo. Jou ouma Lois en jou ma Eunice het ook in Christus geglo. Ek is baie seker dat jy nou ook in Christus glo, soos hulle.

Paulus sê vir Timoteus hy moet sterk wees en nie moedeloos word nie


6 Daarom sê ek jy moet onthou dat God ’n tgenadegawe vir jou gegee het. Hy het dit vir jou gegee toe ek my thande op jou gesit het. Jy moet onthou om daardie genadegawe altyd weer lewendig te laat word, soos ’n vuur wat weer lewendig word wanneer jy dit blaas. 7 God het die Heilige Gees vir ons gegee, en daarom is ons nie bang nie. Nee, die Heilige Gees maak ons sterk en help ons om lief te wees vir mense en om reg te besluit wat ons moet doen. 8 Jy moenie skaam wees om vir mense te vertel van ons Here nie. En ook, jy moenie skaam wees oor my wat in die tronk is omdat ek aan die Here behoort nie. Nee, jy moet saam met my swaarkry wanneer jy die goeie boodskap vir mense bring, want God sal vir jou die krag gee om dit te doen. 9 Toe God ons gered en gekies het, het Hy ons tgewy om aan Hom te behoort. Hy het dit gedoen, maar nie omdat óns iets gedoen het nie. Nee, Hy het ons gered omdat Hy self besluit het om tgenadig te wees vir ons. Voordat die tyd begin het, het God besluit dat ons aan Christus Jesus moet behoort. 10 En nou het God dit vir ons gewys sodat ons dit self kon sien. Christus Jesus het gekom, Hy is die Een wat ons red. Hy het die dood heeltemal oorwin toe Hy die goeie boodskap gebring het, die goeie boodskap wat duidelik vir ons wys wat die lewe is wat nooit sal ophou nie. 11 God het my gekies en aangestel om hierdie goeie boodskap te gaan preek en om ’n tapostel te wees en vir die tgelowiges te leer. 12 Dit is hoekom ek nou swaarkry. Maar ek is nie skaam daaroor nie, want ek weet in wie ek geglo het en nog altyd glo, en ek is baie seker dat God die krag het om dit wat Hy vir my gegee het, goed op te pas tot op daardie dag wanneer Christus weer kom. 13 Jy het gehoor hoe ek vir mense die regte dinge geleer het. Dit moet vir jou ’n tvoorbeeld wees hoe jy vir mense moet leer, en jy moet aanhou om in Christus Jesus te glo en om lief te wees vir mense.

14 God het vir jou dinge gegee wat baie goed is, jy moet dit goed oppas. Die Heilige Gees wat in ons woon, sal jou help om dit te doen.

Mense wat saam met Paulus gewerk het


15 Jy weet dat niemand wat van tAsië gekom het, my wou help nie, ook nie Figelus en Hermogenes nie. 16 Ek bid dat die Here baie goed sal wees vir die huisgesin van Onesiforus, want hy het baie maal vir my gesê om sterk te wees en nie moedeloos te word nie. Hy was ook nie skaam oor my omdat ek in die tronk was nie. 17 Nee, toe hy in die stad Rome aangekom het, het hy oral vir my gesoek en gesoek, en hy het my gekry! 18 Ek bid dat die Here, wanneer Hy weer kom, goed sal wees vir Onesiforus. En jy weet baie goed hoe baie dinge Onesiforus vir my gedoen het in die stad Efese.

2 Timothy 1

1 I, Paul, am writing this letter. I am an apostle of Christ Jesus just as God planned. He sent me to tell about the promise of life that is found in Christ Jesus.

2 Timothy, I am sending you this letter. You are my dear son.
May God the Father and Christ Jesus our Lord give you grace, mercy and peace.

Paul Tells Timothy to Be Faithful

3 I serve God, knowing that what I have done is right. That is how our people served him long ago. Night and day I thank God for you. Night and day I always remember you in my prayers.
4 I remember your tears. I long to see you so that I can be filled with joy.5 I remember your honest and true faith. It was alive first in your grandmother Lois and in your mother Eunice. And I am certain that it is now alive in you also.
6 That is why I remind you to help God's gift grow, just as a small spark grows into a fire. God put his gift in you when I placed my hands on you.
7 God didn't give us a spirit that makes us weak and fearful. He gave us a spirit that gives us power and love. It helps us control ourselves.
8 So don't be ashamed to give witness about our Lord. And don't be ashamed of me, his prisoner. Instead, join with me as I suffer for the good news. God's power will help us do that.
9 God has saved us. He has chosen us to live a holy life. It wasn't because of anything we have done. It was because of his own purpose and grace. Through Christ Jesus, God gave us that grace even before time began.10 It has now been made known through the coming of our Savior, Christ Jesus. He has destroyed death. Because of the good news, he has brought life out into the light. That life never dies.
11 I was appointed to announce the good news. I was appointed to be an apostle and a teacher.12 That's why I'm suffering the way I am. But I'm not ashamed. I know the One I have believed in. I am sure he is able to take care of what I have given him. I can trust him with it until the day he returns as judge.
13 Follow what you heard from me as the pattern of true teaching. Follow it with faith and love because you belong to Christ Jesus.14 Guard the truth of the good news that you were trusted with. Guard it with the help of the Holy Spirit who lives in us.
15 You know that all the believers in Asia Minor have deserted me. They include Phygelus and Hermogenes.
16 May the Lord show mercy to all who live in the house of Onesiphorus. He often cheered me up. He was not ashamed that I was being held by chains.17 In fact, it was just the opposite. When he was in Rome, he looked everywhere for me. At last he found me.
18 May Onesiphorus find mercy from the Lord on the day Jesus returns as judge. You know very well how many ways Onesiphorus helped me in Ephesus.