previous next

2 Timoteus 1

1 Ek, Paulus, het hierdie brief geskryf. Ek is deur Christus Jesus gestuur omdat God dit so wou hê. Ek moet vir almal vertel dat dié wat in Christus Jesus glo altyd saam met God sal leef. God het dit beloof.
2 Ek skryf die brief vir my geestelike kind, Timoteus, vir wie ek so lief is. Mag God die Vader en Christus Jesus ons Here vir jou baie goed wees en jou in sy liefde omvou. Mag jy die vrede ervaar wat net Hulle vir mense kan gee.
3  Soos my voorouers God gedien het, dien ek Hom ook met 'n skoon gewete omdat ek my plig gedoen het. Wanneer ek met hierdie God in gebed praat, dink ek ook aan jou, maak nie saak of dit dag of nag is nie. Ek sê dan vir Hom baie dankie vir jou.4 Ek onthou nog hoe jy gehuil het toe ek laas daar weg is. Ek verlang baie na jou en dit sal vir my baie lekker wees om jou weer te sien.5 Ek dink nogal baie aan jou en hoe opreg jy op die Here vertrou. Jy aard so reg na jou ouma Loïs en jou ma Eunice. Ek weet dat jy ook op die Here vertrou soos hulle.
6 Jy onthou mos dat God jou 'n baie spesiale gawe gegee het toe ek my hande op jou gelê het. Maak seker dat daardie gawe net al hoe sterker word.
7 Die Heilige Gees, wat deur God aan ons gegee is, is nie lafhartig nie, maar sterk. Hy maak ons ook sterk, gee vir ons liefde vir ander en help ons om nie verkeerde dinge te doen nie.

8  Moenie skaam wees om oor die Here te praat nie, net so min as wat jy skaam hoef te wees dat ek, as jou vriend, ter wille van Hom hier in die tronk sit. God sal vir jou die krag gee wat jy nodig het om die swaarkry wat Christenskap mag bring, saam met my te kan verdra. God het ons mos weer sy vriende gemaak en gevra om net vir Hom te leef.9 Hy het dit nie gedoen omdat ons so goed is of so 'n goeie lewe lei nie, maar Hy het self besluit om dit te doen omdat Hy so goed vir ons wil wees, al verdien ons dit nie regtig nie. God het nog voor die wêreld begin het al besluit om so goed te wees vir almal wat aan Christus Jesus se kant staan.
10 Christus Jesus, wat vir ons ons saak met God regmaak, het aarde toe gekom en nou kan ons almal duidelik sien hoe goed God vir ons is. Christus Jesus het die dood wat so 'n houvas op ons almal gehad het, se mag kom breek. Hy het die pad na die ware lewe vir ons oopgemaak sodat ons geestelik vir ewig kan lewe. Dit is die goeie nuus wat Jesus vir ons gebring het.
11 God het my aangestel en gestuur om hierdie goeie nuus vir almal te gaan vertel en aan hulle te verduidelik wat dit presies vir hulle beteken.12 Daarom sit ek nou ook hier in die tronk, maar moenie dink ek is skaam daaroor nie. Nee, ek weet mos op wie ek my vertroue stel. Ek twyfel nie een oomblik daaraan dat God self na alles sal kyk wat Hy vir my gegee het om te doen nie. Hy sal daarvoor sorg tot Christus Jesus weer kom.
13  Jy onthou seker nog hoe ons oor al die dinge van die Here gepraat het. As jy oor iets wonder, dink terug daaraan en laat jou lei deur wat ek gesê het. Vertrou op die Here en wees lojaal teenoor Hom en almal wat Syne is.14 Kyk mooi na al hierdie pragtige dinge wat God vir jou gegee het. Die Heilige Gees wat in elkeen van ons is, sal jou help om dit goed op te pas.
15 Jy het seker gehoor dat al die Christene wat uit Asië kom, my hier in die steek gelaat het, onder andere ook Figelus en Hermogenes.16 Onesiforus was egter nie skaam dat ek hier in die tronk sit nie. Hy het gereeld vir my kom kuier. Mag God daarom ook vir hom en sy huisgesin baie liefde bewys en goed wees vir hulle.17 Om die waarheid te sê, toe hy hier in Rome aangekom het, het hy sonder ophou na my gesoek tot hy my gekry het.18 Jy self weet ook mos hoe hy my in Efese gehelp het. Mag die Here vir hom baie goed wees wanneer Hy weer kom.

2 Timothy 1

Salutation

1 From Paul,t an apostle of Christ Jesus by the will of God, to further the promiset of life in Christ Jesus,

2 to Timothy, my dear child. Grace, mercy, and peace from God the Father and Christ Jesus our Lord!

Thanksgiving and Charge to Timothy

3 I am thankful to God, whom I have served with a clear conscience as my ancestors did,t when I remember you in my prayers as I do constantly night and day.t4 As I remember your tears, I long to see you,t so that I may be filled with joy.

5 I recallt your sincere faitht that was alive first in your grandmother Lois and in your mother Eunice, and I am suret is in you.
6 Because of this I remind you to rekindle God’s gift that you possesst through the laying on of my hands.7 For God did not give us a Spiritt of fear but of power and love and self-control.8 So do not be ashamed of the testimony about our Lordt or of me, a prisoner for his sake, but byt God’s power accept your share of sufferingt for the gospel.9 He is the one who saved ust and called us with a holy calling, not based ont our works but on his own purpose and grace, granted to us in Christ Jesus before time began,t10 but now made visible through the appearing of our Savior Christ Jesus. Het has broken the power of death and brought life and immortality to light through the gospel!11 For this gospelt I was appointed a preacher and apostle and teacher.s12 Because of this, in fact, I suffer as I do.t But I am not ashamed, because I know the one in whom my faith is sett and I am convinced that he is able to protect what has been entrusted to mes until that day.s13 Hold to the standardt of sound words that you heard from me and do so with the faith and love that are in Christ Jesus.ts

14 Protect that good things entrusted to you, through the Holy Spirit who lives within us.
15 You know that everyone in the province of Asiat deserted me, including Phygelus and Hermogenes.16 May the Lord grant mercy to the family of Onesiphorus, because he often refreshed me and was not ashamed of my imprisonment.t17 But when he arrived in Rome,s he eagerly searched for me and found me.

18 May the Lord grant him to find mercy from the Lord on that day!s And you know very well all the ways he served me in Ephesus.ts

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.