2 Timoteus 2
1 My liewe seun, al die goeie dinge wat God jou so onverdiend gee omdat jy 'n Christen is, moet jou motiveer en sterk laat staan.2 Jy en baie ander het gehoor wat ek alles oor die Christelike dinge vertel het. Vertel dit nou weer vir mense wat jy kan vertrou sodat hulle dit weer vir ander kan vertel.
3 Ons kan sê jy is soos 'n soldaat van Christus. 'n Soldaat van Christus sal nie omgee om saam met die ander soldate swaar te kry vir Christus nie.4 'n Soldaat se werk is om te doen wat sy bevelvoerder vra. Hy moet hom nie besig hou met allerhande ander dingetjies wat niks met sy werk as soldaat te doen het nie.5 Laat ek nog 'n voorbeeld gee. Sê nou 'n atleet neem aan 'n resies deel. Hy sal net kan wen as hy al die reëls mooi nagekom het, anders word hy gediskwalifiseer.6 Of dink aan dié voorbeeld: 'n boer wat hard werk, kan darem seker eerste van die vrugte van die oes proe.7 Dink mooi na oor wat ek sê. Die Here sal jou help om dit alles reg te verstaan.
8 Moet nooit van Jesus Christus vergeet nie. Koning Dawid was sy voorvader. Hy was dood en God het Hom weer lewendig gemaak.9 Dit is die kern van die goeie boodskap wat ek vir julle vertel. Daarvoor kry ek swaar, al moet ek soos die een of ander krimineel geboei hier in die tronk sit. Gelukkig kan niemand ooit God se boodskap met kettings vasmaak en in 'n tronk gooi nie.10 Daarom gee ek nie om om swaar te kry nie. Ek doen dit ter wille van die mense wat God gekies het. So kan hulle saak met God ook reg wees omdat hulle Jesus s'n is en kan hulle voel hoe wonderlik dit is om 'n Christen te wees. Dit is iets wat niemand van ons kan wegvat nie. Dit sal vir ewig duur.
11 Ek praat die waarheid: as ons saam met Jesus gesterf het, sal ons ook saam met Hom leef.12 As ons nie moed verloor nie, maar vasbyt, sal ons ook eendag saam met Hom heers. As ons egter sê dat ons Hom nie wil ken nie, sal Hy dieselfde van ons sê.
13 As ons Hom egter in die steek laat en nie so getrou is soos ons moet wees nie ... sal Hy ons sowaar nooit in die steek laat nie, want dit is net nie hoe Hy is nie.
14 Herinner die gelowiges gedurig aan hierdie dinge. Waarsku hulle met God as getuie dat die stryery oor wat sekere woorde kwansuis sou beteken 'n einde moet kry. Dit bring 'n mens nêrens nie en bou nie dié wat daarna luister op nie, maar breek hulle eerder af.15 Doen jou bes om jou werk so te doen dat God trots sal voel op jou. Dan sal jy nie skaam hoef te voel omdat jy die boodskap van die Here so vir ander vertel dat hulle kan leer wat die waarheid regtig is nie.16 Moenie jou tyd mors met allerhande praatjies waarvan God niks hou nie, want wie hulle daarmee besig hou, sal net al hoe verder van God afdwaal.17 Die dinge wat hulle vertel, sal mense geestelik baie seermaak, soos iemand wat kanker kry en al hoe sieker word.18 Himeneus en Filetus is so, want hulle het ook die spoor heeltemal byster geraak en ken nie meer die waarheid nie. Hulle kom met die storie dat mense al klaar uit die dood opgestaan het. So breek hulle party mense se geloof tot in die grond af.
19 Maar die fondament wat God self gelê het, kan niemand verskuif nie. Dit staan vas. Op die fondament staan geskryf: "Die Here ken almal wat Syne is," en: "Elkeen wat openlik sê dat hy aan die Here behoort, moet wegbly van alles wat verkeerd is."
20 In 'n spoggerige huis kry 'n mens allerhande voorwerpe. Daar is pragtige goue of silwerbakke. Hulle word net by spesiale geleenthede uitgehaal en gebruik. Daar is ook bakke wat sommer van hout of klei gemaak is en wat elke dag gebruik word. Net so gaan dit in die geestelike lewe.
21 As iemand ontslae geraak het van al die verkeerde dinge in sy lewe en God het hom vergewe, is hy so spesiaal soos een van daardie mooi, duur bakke. Hy sal net aan die Here behoort en sal reg staan sodat sy Here hom vir enigiets kan gebruik, net waarvoor sy Here hom nodig het.
22 Maak dat jy wegkom van al die verkeerde dinge wat vir 'n jongmens so lekker lyk en wat hy dan so graag wil doen. Gebruik liewer jou energie op 'n ander manier. Probeer liewer reg lewe, op God vertrou en lojaal wees teenoor Hom en die ander Christene. Bewaar die vrede en werk saam met almal wat in 'n opregte verhouding met die Here staan.
23 Moenie in belaglike argumente betrokke raak en met mekaar sit en stry nie, want dit sal net maak dat julle aan die baklei raak.24 Iemand wat vir die Here werk, moet nie baklei nie.25 Nee, hy moet liewer gaaf wees met almal. Hy moet liewer 'n goeie onderwyser van God se dinge wees en hom nie vererg as ander iets verkeerds teen hom doen nie. As ander met hom wil stry oor wat God sê, moet hy hulle mooi op die regte pad help. Dit kan wees dat God hulle hulle foute sal laat insien sodat hulle van opinie verander en dan aan die kant van die waarheid sal kom staan.26 Hulle sal besef dat hulle op die verkeerde pad was. Hulle sal die boeie breek waarmee Satan hulle geestelik gedwing het om net te doen wat hy wou gehad het.
2 Timothy 2
Serving Faithfully Despite Hardship
1 So you, my child, be strong in the grace that is in Christ Jesus.2 And entrust what you heard me sayt in the presence of many others as witnessest to faithful peoplet who will be competentt to teach others as well.3 Take your share of sufferingt as a good soldier of Christ Jesus.4 No one in military service gets entangled in matters of everyday life; otherwise he will not pleaset the one who recruited him.5 Also, if anyone competes as an athlete, he will not be crowned as the winnert unless he competes according to the rules.s6 The farmer who works hard ought to have the first share of the crops.
7 Think about what I am saying andt the Lord will give you understanding of all this.t
8 Remember Jesus Christ, raised from the dead, a descendant of David;t such is my gospel,t9 for which I suffer hardship to the point of imprisonmentt as a criminal, but God’s messaget is not imprisoned!t10 So I endure all things for the sake of those chosen by God,t that they too may obtain salvation in Christ Jesus and its eternal glory.t
11 This sayings is trustworthy:s
If we died with him, we will also live with him.
12 If we endure, we will also reign with him.t
If we denyt him,t he will also deny us.
13 If we are unfaithful, he remains faithful, since he cannot deny himself.s
Dealing with False Teachers
14 Remind peoplet of these things and solemnly charge themt before the Lords not to wrangle over words. This is of no benefit; it just brings ruin on those who listen.t15 Make every effort to present yourself before God as a proven worker who does not need to be ashamed, teaching the message of truth accurately.s16 But avoid profane chatter,s because those occupied with it will stray further and further into ungodliness,t17 and their message will spread its infectiont like gangrene. Hymenaeus and Philetus are in this group.t18 They have strayed from the trutht by saying that the resurrection has already occurred, and they are undermining some people’s faith.
19 However, God’s solid foundation remains standing, bearing this seal: “The Lord knows those who are his,”s and “Everyone who confesses the name of the Lordt must turn away from evil.”
20 Now in a wealthy homet there are not only gold and silver vessels, but also ones made of wood and of clay, and some are for honorable use, but others for ignoble use.t21 So if someone cleanses himself of such behavior,t he will be a vessel for honorable use, set apart, useful for the Master, prepared for every good work.22 But keep away from youthful passions, and pursue righteousness, faithfulness, love, and peace, in company with otherst who call on the Lord from a pure heart.s23 But reject foolish and ignorantt controversies, because you know they breed infighting.t24 And the Lord’s slavets must not engage in heated disputest but be kind toward all, an apt teacher, patient,25 correctings opponents with gentleness. Perhaps God will grant them repentance and then knowledge of the trutht
26 and they will come to their senses and escape the devil’s trap where they are held captivet to do his will.t