previous next

II TIMÓTHEÜS 3

Verskriklike verdorwenheid van die laaste dae.

1 MAAR weet dit, dat daar tin die laaste dae swaar tye sal kom.

2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,

3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,

4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;

5  tmense wat ’n tgedaante van godsaligheid het, maar tdie krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

6 Want uit hulle is die twat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,

7 wat altyd leer en nooit ttot die kennis van die waarheid kan kom nie.

8 En net soos tJannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.

9 Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, tsoos ook dié van daardie manne geword het.

Vermaning om te volhard in die gesonde leer en om by elke geleentheid te preek.


10 MAAR jy het my navolger geword in tleer, lewenswandel, tplanne, tgeloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,

11 vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in tAntiochíë, in tIkónium, in tListre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.

12 En talmal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

14 Maar tbly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,

15 en dat jy van kleins af die heilige tSkrifte ken twat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.

16  tDie hele Skrif is deur God ingegee en tis nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
17 sodat tdie mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

2 Timothy 3

1 But know this, that in the last days, grievous times will come.2 For men will be lovers of self, lovers of money, boastful, arrogant, blasphemers, disobedient to parents, unthankful, unholy,3 without natural affection, unforgiving, slanderers, without self-control, fierce, no lovers of good,4 traitors, headstrong, conceited, lovers of pleasure rather than lovers of God;5 holding a form of godliness, but having denied its power. Turn away from these, also.6 For some of these are people who creep into houses, and take captive gullible women loaded down with sins, led away by various lusts,7 always learning, and never able to come to the knowledge of the truth.8 Even as Jannes and Jambres opposed Moses, so do these also oppose the truth; men corrupted in mind, who concerning the faith, are rejected.9 But they will proceed no further. For their folly will be evident to all men, as theirs also came to be.10 But you did follow my teaching, conduct, purpose, faith, patience, love, steadfastness,11 persecutions, and sufferings: those things that happened to me at Antioch, Iconium, and Lystra. I endured those persecutions. Out of them all the Lord delivered me.12 Yes, and all who desire to live godly in Christ Jesus will suffer persecution.13 But evil men and impostors will grow worse and worse, deceiving and being deceived.14 But you remain in the things which you have learned and have been assured of, knowing from whom you have learned them.15 From infancy, you have known the holy Scriptures which are able to make you wise for salvation through faith, which is in Christ Jesus.16 Every Scripture is God-breathed andt profitable for teaching, for reproof, for correction, and for instruction in righteousness,

17 that the man of God may be complete, thoroughly equipped for every good work.