3 Johannes 1
1 Van die oudste, die geestelike leier, aan my liewe en goeie vriend Gaius.
Ek het jou lief soos 'n Christen iemand lief behoort te hê.
2 Ek weet dat dit sommer uitstekend met jou geestelike lewe gaan. Ek hoop dat dit ook van al die ander dinge in jou lewe waar sal wees, veral ook wat jou gesondheid betref. Ek bid daarvoor.
3 Gaius, ek kan jou nie sê hoe lekker ek gevoel het toe mede-Christene kom vertel het hoe belangrik die goddelike waarheid vir jou is nie. Hulle het kom vertel dat die manier waarop jy leef werklik 'n vertoonvenster vir daardie waarheid is. Ek was regtig bly toe ek dit hoor.4 Daar is sowaar niks wat my blyer maak as die nuus dat my geestelike kinders in alles wat hulle doen openlik vir die waarheid uitkom nie.
5 My liewe vriend, jy doen regtig wat 'n gelowige behoort te doen. Ek praat daarvan dat jy jou geestelike broers en susters wat daar by julle langs gekom het, vriendelik ontvang en gehelp het. Dit het nie eens vir jou saak gemaak dat jy hulle nog nooit voorheen gesien het nie.6 Toe hulle weer hier by ons gemeente aangekom het, het hulle ons alles vertel, en dit was 'n mooi verhaal van jou liefde. Jy doen die regte ding om sulke mense op reis te help. As jy dit doen, kan jy maar seker weet dat God sy hand van tevredenheid op jou skouer sal sit.7 Hierdie mense het die reis aangepak omdat Jesus dit van hulle gevra het. Van ongelowiges kry hulle natuurlik geen hulp nie.
8 Ons het dus die plig om sulke mense te help waar ons kan. Op dié manier word ons ook deel van die span wat die goddelike waarheid oral versprei.
9 Ek het vroeër ook so iets aan julle gemeente geskryf. Diotrefes was egter die vlieg in die salf. Hy is mos iemand wat altyd baas wil speel. Hy wou glad nie aanvaar wat ek geskryf het nie en het dit geïgnoreer.
10 Dít kan ek nie so los nie. As ek weer na julle toe kom, sal ek hom onder vier oë spreek oor die goed wat hy aanvang en rondvertel. Hy versprei allerhande lelike en sommer bose stories oor ons en dit is net 'n hoop leuens. Dit is nie al nie. Dit word nog erger! Hy weier om mede-Christene gasvry te ontvang. Hy staan ook sowaar in die pad van diegene wat dit tog graag wil doen. En as hulle nie na hom wil luister nie, gooi hy hulle sommer uit die gemeente uit.
11 My liewe Gaius, neem die goeie as voorbeeld en patroon vir jou lewe en nie die slegte nie. Onthou, die een wat die goeie doen, is die kind van God. Daarteenoor het die een wat slegte dinge doen nie naastenby 'n begrip van hoe God lyk nie.
12 Almal praat net met die hoogste lof van Demetrius. Om dit so te stel, as jy die waarheid self sou kon vra, sou die getuienis net so bevestigend gewees het. Ons kan hierdie goeie getuienis oor hom maar net bevestig. En julle weet mos dat ons die waarheid sal praat.
13 Ek het nog so baie dinge om met jou te bespreek, maar ek wil dit nie skriftelik doen nie.14 Ek hoop om jou binnekort te sien. Dan sal ons die kans hê om lekker saam te sit en gesels.
15 Ek wens jou die vrede toe wat net Jesus kan gee. Die vriende hier stuur vir jou groete. Wees asseblief ook so gaaf om daar by julle na elkeen van die vriende persoonlik te gaan en aan hulle my groete oor te dra.
3 John 1
Introduction and Thanksgiving
1 Fromt the elder,ts to Gaiuss my dear brother, whom I love in truth.t2 Dear friend, I pray that all may go well with you and that you may be in good health, just as it is well with your soul.ts
3 For I rejoiced greatly when the brothers came and testified to your truth, just as you are living according to the truth.s
4 I have no greater joy than this: to heart that my children are living according to the truth.t
The Charge to Gaius
5 Dear friend,t you demonstrate faithfulnessts by whatever you do for the brothers (even though they are strangers).6 Theyt have testified to your love before the church.s You will do well to send them on their way in a manner worthy of God.s7 For they have gone forths on behalf of “The Name,”s accepting nothing from the pagans.ts
8 Therefore wes ought to support such people, so that we become coworkers in cooperation with the truth.t
Diotrephes the Troublemaker
9 I wrote something to the church,s but Diotrephes,s who loves to be first among them, does not acknowledge us.t10 Therefore, if I come,t I will call attention to the deeds he is doings – the bringing of unjustified charges against us with evil words! And not being content with that, he not only refuses to welcome the brothers himself, but hinders the people who want to do so and throws them out of the church!
11 Dear friend, do not imitate what is bad but what is good.s The one who does good is of God; the one who does what is bad has not seen God.s
Worthy Demetrius
12 Demetriuss has been testified to by all, even by the truth itself. We also testify to him,t and you know that our testimony is true.
Conclusion
13 I have many things to write to you, but I do not wish to write to you witht pen and ink.ts14 But I hope to see you right away, and we will speak face to face.t
15 Peace be with you.t The friends heret greet you. Greet the friendss theret by name.