previous next

Handelinge 1

Jesus belowe dat die Heilige Gees sal kom

1 Teofilus, ek het in my eerste boek geskryf oor alles wat Jesus gedoen het en wat Hy vir mense geleer het toe Hy op aarde was, 2 tot die dag toe Jesus na die hemel gegaan het. Jesus het mense gekies om sy tapostels te wees, en voordat God Hom na die hemel geneem het, het Jesus vir die apostels gesê wat hulle moet doen wanneer Hy weg is. Die Heilige Gees het vir Jesus gesê wat Hy vir hulle moet sê. 3 Nadat Jesus swaargekry en gesterf het, het Hy vir die apostels gewys dat Hy weer lewe. Hy het baie maal vir hulle bewys dat Hy weer lewe. Hy het 40 dae lank baie maal aan hulle tverskyn en vir hulle vertel van God wat Koning is oor almal. 4 Jesus het by die apostels gebly en Hy het vir hulle gesê hulle mag nie weggaan van Jerusalem nie. Hulle moes daar wag totdat alles gebeur het wat die Vader belowe het. Jesus het gesê: “Ek het al klaar vir julle vertel van hierdie belofte.

5 Die belofte is: Johannes die Doper het julle met water gedoop, maar God sal julle met die Heilige Gees doop. Julle sal nie lank moet wag nie.”

God neem Jesus na die hemel


6 Toe die tapostels weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, sal U nou vir Israel weer ’n sterk volk maak wat sy eie koning het?”
7 Maar Jesus het vir hulle gesê: “Julle mag nie weet wanneer die Vader die dinge sal doen wat Hy graag wil doen nie. Net Hy kan besluit wanneer Hy dit sal doen.

8 Maar julle sal krag kry wanneer die Heilige Gees in julle kom. Dan sal julle my tgetuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot by die einde van die wêreld.”
9 Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het God vir Jesus opgeneem na die hemel, terwyl die apostels gestaan en kyk het. En ’n wolk het vir Jesus toegemaak sodat hulle Hom nie meer kon sien nie. 10 Terwyl Jesus weggegaan het en die apostels na die hemel gekyk het, het daar skielik twee manne by hulle gestaan, die manne het wit klere aangehad.

11 Die manne het gesê: “Manne van Galilea, hoekom kyk julle so na die hemel? God het vir Jesus weggeneem na die hemel, maar dieselfde Jesus sal weer kom soos julle gesien het dat Hy weggaan na die hemel.”

Die gelowiges kies iemand in Judas se plek


12 Die tapostels was op die Olyf-berg, naby Jerusalem, so ver soos ’n mens op die tSabbatdag mag loop. Hulle het toe teruggegaan na Jerusalem. 13 Toe hulle in Jerusalem kom, het hulle na die huis se bo-kamer gegaan waar hulle gebly het. Die apostels se name was: Petrus en Johannes en Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus die seun van Alfeus, Simon die tpatriot en Judas die seun van Jakobus.

14 Die apostels het altyd saam gebid, saam met ’n paar vroue. Jesus se ma Maria en sy broers het ook saam gebid.
15 Eendag was daar omtrent 120 mense bymekaar. Toe het Petrus, die leier, opgestaan en vir hulle gesê: 16 “Vriende, die Heilige Gees het lank gelede vir Dawid gebruik om in die Ou Testament iets te sê oor Judas. Julle weet dat Judas vir die Joodse leiers gesê het hoe hulle vir Jesus kan vang. Daardie woorde in die Ou Testament móés waar word, en dit hét gebeur. 17 Want Judas was een van ons en hy het die werk van ’n apostel gedoen. 18 Judas het ’n stuk grond gekoop met die tomkoopgeld wat hy van die Joodse leiers gekry het. ’n Paar dae later het hy vooroor geval, sy maag het oopgebars en sy derms het uitgekom. 19 Die mense van Jerusalem weet almal daarvan. Hulle noem daardie stuk grond in hulle eie taal ‘Akeldama,’ dit beteken ‘Bloedgrond.’

20 Want in die Psalms is daar geskryf:
tSy woonplek moet
’n woestyn word,
daar moet niemand woon nie,
“en
tiemand anders moet
sy werk doen.
21 “Ons moet nou ’n man kies in Judas se plek. Hy moet iemand wees wat die hele tyd by ons was toe die Here Jesus sy werk gedoen het op die aarde,

22 van die tyd toe Johannes gedoop het totdat Jesus na die hemel gegaan het. Hy moet saam met ons ’n tgetuie wees dat Jesus weer lewe nadat hy gesterf het. Ons moet so ’n persoon kies.”
23 Hulle het toe twee manne se name genoem. Dit was Josef en Mattias. Josef se ander name was Barsabbas en Justus. 24 Toe het hulle gebid en gevra: “Here, U ken almal se harte. U het een van hierdie twee manne gekies

25 om in Judas se plek te werk en ’n apostel te wees. U moet vir ons wys wie dit is, want Judas het sy werk gelos en hy het na sy eie plek gegaan.”
26 Hulle het lootjies getrek en die lootjie het gewys dit moet Mattias wees. Toe was Mattias ook ’n apostel saam met die elf apostels.

Acts 1

Jesus Is Taken Up Into Heaven

1 Theophilus, I wrote about Jesus in my earlier book. I wrote about all he did and taught2 until the day he was taken up to heaven. Before Jesus left, he gave orders to the apostles he had chosen. He did this through the Holy Spirit.3 After his suffering and death, he appeared to them. In many ways he proved that he was alive. He appeared to them over a period of 40 days. During that time he spoke about God's kingdom.
4 One day Jesus was eating with them. He gave them a command. "Do not leave Jerusalem," he said. "Wait for the gift my Father promised. You have heard me talk about it.5 John baptized with water. But in a few days you will be baptized with the Holy Spirit."
6 When the apostles met together, they asked Jesus a question. "Lord," they said, "are you going to give the kingdom back to Israel now?"
7 He said to them, "You should not be concerned about times or dates. The Father has set them by his own authority.8 But you will receive power when the Holy Spirit comes on you. Then you will be my witnesses in Jerusalem. You will be my witnesses in all Judea and Samaria. And you will be my witnesses from one end of the earth to the other."
9 After Jesus said this, he was taken up to heaven. They watched until a cloud hid him from their sight.
10 While he was going up, they kept on looking at the sky. Suddenly two men dressed in white clothing stood beside them.11 "Men of Galilee," they said, "why do you stand here looking at the sky? Jesus has been taken away from you into heaven. But he will come back in the same way you saw him go."

Matthias Is Chosen to Take the Place of Judas

12 The apostles returned to Jerusalem from the Mount of Olives. It is almost a mile from the city.13 When they arrived, they went upstairs to the room where they were staying. Peter, John, James and Andrew were there. Philip, Thomas, Bartholomew and Matthew were there too. So were James, son of Alphaeus, Simon the Zealot, and Judas, son of James.14 They all came together regularly to pray. The women joined them too. So did Jesus' mother Mary and his brothers.
15 In those days Peter stood up among the believers. About 120 of them were there.16 Peter said, "Brothers, a long time ago the Holy Spirit spoke through David's mouth about Judas. What he said in Scripture had to come true. Judas was the guide for the men who arrested Jesus.17 But Judas was one of us. He shared with us in our work for God."
18 Judas bought a field with the reward he got for the evil thing he had done. He fell down headfirst in the field. His body burst open. All his insides spilled out.19 Everyone in Jerusalem heard about this. So they called that field Akeldama. In their language, Akeldama means The Field of Blood.

20 Peter said, "Here is what is written in the book of Psalms. It says,
" 'May his home be deserted.
May no one live in it.' (Psalm 69:25)
The Psalms also say,
" 'Let someone else take his place as leader.' (Psalm 109:8)
21 So we need to choose someone to take his place. It will have to be a man who was with us the whole time the Lord Jesus lived among us.22 That time began when John was baptizing. It ended when Jesus was taken up from us. The one we choose must join us in giving witness that Jesus rose from the dead."
23 So they suggested two men. One was Joseph, who was called Barsabbas. He was also called Justus. The other man was Matthias.24 Then they prayed. "Lord," they said, "you know everyone's heart. Show us which of these two you have chosen.25 Show us who should take the place of Judas as an apostle. He gave up being an apostle to go where he belongs."26 Then they cast lots. Matthias was chosen. So he was added to the 11 apostles.