Handelinge 13
Paulus se eerste reis: Die gemeente stuur vir Barnabas en Paulus
1 Daar was tprofete en tleermeesters in die gemeente in die stad Antiogië. Hulle was Barnabas en Simeon, Simeon se naam was ook Niger. Daar was ook Lucius van Sirene, Manaen wat grootgeword het saam met tHerodes Antipas, wat oor ’n deel van Palestina regeer het, en ook Saulus.
2 Terwyl hulle besig was om die Here te dien en te tvas, het die Heilige Gees vir hulle gesê: “Ek het vir Barnabas en Saulus gekies om werk vir My te doen, julle moet nou vir hulle aanstel om die werk te gaan doen.”
3 Nadat die gemeente gevas en gebid het en hulle thande op Barnabas en Saulus gesit het, het die gemeente hulle gestuur om die werk te gaan doen.Barnabas en Saulus preek in Siprus
4 Toe die Heilige Gees vir Barnabas en Saulus gestuur het om te gaan preek, het hulle na die hawestad Seleukië gegaan en van daar het hulle met ’n skip na die eiland Siprus geseil. 5 Toe hulle in die stad Salamis kom, het hulle aangehou om vir die mense die boodskap van God te bring in die tsinagoges van die Jode. Johannes was ook by Barnabas en Saulus om hulle te help. 6 Hulle het deur die hele eiland gegaan tot by die stad Pafos. Daar het hulle ’n man ontmoet, sy naam was Barjesus. Hy was ’n Joodse ttowenaar en ’n tvals profeet. 7 Barjesus was daar by die tgoewerneur, Sergius Paulus. Sergius Paulus was ’n tverstandige man. Die goewerneur het toe vir Barnabas en Saulus laat roep omdat hy baie graag die boodskap oor God wou hoor. 8 In die Griekse taal was die towenaar se naam Elimas. Hy het vir Barnabas en Saulus probeer keer omdat hy nie wou hê dat die goewerneur in Jesus moet glo nie. 9 Maar die Heilige Gees was in Saulus, Saulus se ander naam was Paulus. Hy het reguit na Elimas gekyk. 10 Paulus het vir hom gesê: “Jy is ’n kind van tdie duiwel. Jy tbedrieg mense en jy doen net verkeerde dinge. Jy is ’n vyand van alles wat reg is, jy moet ophou om die reguit paaie van die Here krom te maak.
11 Die Here sal nou teen jou wees en jy sal blind wees en jy sal ’n tyd lank nie die son kan sien nie.”
Elimas het toe dadelik gedink dat dit donker geword het, soos onder ’n wolk, en hy het aangehou soek na mense wat sy hand kan neem om hom te lei.
12 Toe die goewerneur sien wat gebeur het, het hy in Jesus geglo, en hy was baie verbaas oor wat die mense oor die Here geleer het.Paulus en Barnabas in die stad Antiogië in die provinsie Pisidië
13 Paulus en sy vriende het met ’n skip weggeseil van die hawe van Pafos en hulle het aangekom by die stad Perge in die provinsie Pamfilië. Johannes het daar weggegaan van hulle en hy het teruggegaan na Jerusalem. 14 Maar Paulus en die ander vriende het van Perge verder gegaan na die stad Antiogië in die provinsie Pisidië. Op die tSabbatdag het hulle in die tsinagoge ingegaan en gaan sit.
15 Nadat iemand ’n deel uit die tWette van Moses en ’n deel uit die boeke van die tprofete gelees het, het die leiers van die sinagoge iemand na Paulus en sy vriende toe gestuur om vir hulle te sê: “Vriende, as iemand van julle iets wil sê om die volk te tbemoedig, dan moet julle nou praat.”
16 Paulus het toe opgestaan en hy het met sy hand gewys dat hulle moet stilbly. Hy het gesê:
“Israeliete, en julle ander wat vir God respekteer, julle moet luister na wat ek sê. 17 Die God van hierdie volk Israel het ons tvoorouers gekies, en toe hulle tvreemdelinge in die land Egipte was, het Hy die volk baie meer laat word. Hy het gewys hoe sterk Hy is en Hy het die volk Israel uitgelei uit Egipte. 18 God was omtrent 40 jaar lank baie geduldig met hulle in die woestyn. 19 Toe het God sewe volke in die land Kanaän tverwoes en Hy het die land vir die Israeliete gegee om hulle land te wees, 20 omtrent 450 jaar lank. En toe het God leiers gegee om oor hulle te regeer totdat Samuel, die profeet gekom het. 21 En toe het die Israeliete ’n koning gevra, en God het Saul gegee om hulle koning te wees. Saul was die seun van Kis, ’n man uit die tBenjamin-stam. Saul was 40 jaar lank koning. 22 En nadat God vir Saul laat ophou het om koning te wees, het Hy vir Dawid gekies en aangestel om koning te wees oor die Israeliete. God het gesê: ‘tEk het gesien dat Dawid, die seun van Isai, ’n man is wat lewe soos Ek wil hê. Hy sal alles doen wat Ek wil hê.’ 23 God het vir Israel die tRedder Jesus laat kom uit hierdie man se tnageslag. Dit is wat God belowe het om te doen. 24 Voordat Jesus met sy werk begin het, het Johannes vir die hele volk Israel gepreek. Johannes het gesê die mense moet verander en hulle moet lewe soos God wil hê en hulle moet hulle laat doop.
25 En toe Johannes aan die einde van sy werk gekom het, het hy baie maal gesê: ‘Wie dink julle is ek? Julle dink ek is die Een wat sal kom, soos God belowe het, maar ek is nie. Later sal daar Iemand kom, en ek is nie belangrik genoeg om sy sandale los te maak nie.’
26 “Vriende, julle wat die tnageslag van Abraham is, en julle ander wat vir God respekteer, God het vir ons hierdie boodskap gestuur dat Hy ons red. 27 Want die mense wat in Jerusalem woon en hulle leiers wou nie glo dat Jesus die Redder is nie. Toe hulle vir Jesus tge-oordeel het, het hulle die woorde waar laat word wat die profete gesê het. Die Jode lees dit elke Sabbatdag in die boeke van die profete. 28 Hierdie mense van Jerusalem en hulle leiers wou vir Jesus laat doodmaak, maar hulle kon nie sê hoekom hulle dit wou doen nie. Hulle het toe vir Pilatus gevra om te sê dat die soldate vir Jesus moet doodmaak. 29 En nadat die Jode en hulle leiers alles gedoen het wat daar in die Ou Testament geskryf is oor Jesus, het vriende van Jesus Hom afgehaal van die tkruis en hulle het Hom begrawe. 30 Maar God het vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe. 31 Jesus het in ’n lang tyd verskillende male tverskyn aan die mense wat saam met Hom van Galilea na Jerusalem gegaan het. Hierdie mense is nou Jesus se tgetuies by die volk. 32 En óns bring vir julle die goeie boodskap oor die dinge wat God vir ons tvoorouers belowe het.
33 God het nou gedoen wat Hy belowe het, Hy het dit gedoen vir ons wat die tnageslag van ons voorouers is. Hy het dit gedoen toe Hy vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe het, soos daar in die tweede Psalm geskryf is:
“tJy is my Seun,
Ek is van vandag af jou Vader.
34 “Ons wil ook vir julle die goeie boodskap bring dat God vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe het en dat Jesus nie weer sal sterf nie. God het dit so in die Ou Testament gesê:
“tEk sal vir julle die dinge gee
wat Ek vir Dawid belowe het,
en julle moet weet dat die dinge
wat Ek belowe het, waar is.
35 “Daarom sê Dawid ook in ’n ander Psalm:
“tEk is aan U tgewy,
U sal my nie laat sterf nie.
36 “Dawid het sy mense gedien soos God besluit het, en toe het hy gesterf. Hulle het vir Dawid begrawe by sy tvoorvaders en daar het niks van hom oorgebly nie, sy liggaam het stof geword. 37 Maar God het vir Jesus wat gesterf het, weer laat lewe, en sy liggaam het nie stof geword nie. 38 Vriende, Jesus het dit alles gedoen, en daarom moet julle weet dat ons vir julle kan preek dat God sondes vergewe. Die tWette van Moses kon julle nie tvryspreek nie, maar God vergewe ook al hierdie sondes. 39 En God spreek elkeen vry wat in Jesus glo.
40 Julle moet nou oppas dat die dinge wat die profete gesê het, nie met julle gebeur nie. Hulle het gesê:
41 “tJulle wat dink dat die Here
nie belangrik is nie,
julle moet kyk na wat
sal gebeur,
julle moet verbaas wees
en verdwyn
want Ék sal nou iets doen,
iets wat julle nie sal glo
wanneer iemand dit vir julle
vertel nie.”
42 Terwyl Paulus en Barnabas uit die sinagoge gegaan het, het die mense hulle gevra om op die volgende Sabbatdag weer oor hierdie dinge te praat.
43 En toe die vergadering in die sinagoge klaar was, het baie van die Jode en die ander mense saam met Paulus en Barnabas gegaan. Die ander mense het vir God gerespekteer omdat hulle die Jode se godsdiens aanvaar het. En Paulus en Barnabas het met hulle gepraat en vir hulle gesê hulle moet aanhou om te glo in die boodskap van God se tgenade.
44 Die volgende Sabbatdag het amper al die mense in die stad saamgekom om te luister na die boodskap van die Here. 45 Toe die Jode die baie mense sien, was hulle baie jaloers. Hulle het sleg gepraat van Paulus en hulle het elke maal met hom gestry oor die dinge wat hy gesê het. 46 Maar Paulus en Barnabas was nie bang nie en hulle het gesê: “Dit was reg dat ons eers vir júlle die boodskap van God moes bring. Maar omdat julle dit nie glo nie, wys julle dat julle nie goed genoeg is om die tewige lewe te kry nie. Daarom gaan ons nou na die theidene.
47 Want die Here het hierdie woorde vir ons gesê:
“tEk het jou gekies en aangestel
om ’n lig te wees
vir die ander volke,
en jy moet vir hulle vertel
dat Ek al die mense
op die aarde wil red.”
48 Toe die heidene hoor wat Paulus en Barnabas gesê het, was hulle baie bly en hulle het die Here geprys oor sy boodskap vir hulle. Die Here het mense gekies om die ewige lewe te kry, en al daardie mense het begin glo. 49 Meer en meer mense rondom die stad Antiogië in Pisidië het die boodskap van die Here gehoor. 50 Maar die Jode het gepraat met die belangrike vroue wat vir God respekteer, en met die belangrike mans in die stad. Die Jode het vir hulle gesê hulle moet téén Paulus en Barnabas wees. Ja, die Jode het begin om vir Paulus en Barnabas baie swaar te laat kry, en die Jode het hulle weggejaag van daardie plek. 51 Paulus en Barnabas het die tstof van hulle voete afgeskud om ’n tteken te wees teen die Jode, en toe het hulle na die stad Ikonium gegaan. 52 Die tgelowiges het aangehou om bly te wees, en die Heilige Gees was in hulle.
Acts 13
Barnabas and Saul Are Sent Off
1 In the church at Antioch there were prophets and teachers. Among them were Barnabas, Simeon, and Lucius from Cyrene. Simeon was also called Niger. Another was Manaen. He had been brought up with Herod, the ruler of Galilee. Saul was among them too.2 While they were worshiping the Lord and fasting, the Holy Spirit spoke. "Set apart Barnabas and Saul for me," he said. "I have appointed them to do special work."3 The prophets and teachers fasted and prayed. They placed their hands on Barnabas and Saul. Then they sent them off.
Events on Cyprus
4 Barnabas and Saul were sent on their way by the Holy Spirit. They went down to Seleucia. From there they sailed to Cyprus.5 They arrived at Salamis. There they preached God's word in the Jewish synagogues. John was with them as their helper.
6 They traveled all across the island until they came to Paphos. There they met a Jew named Bar-Jesus. He was an evil magician and a false prophet.7 He was an attendant of Sergius Paulus, the governor. Paulus was a man of understanding. He sent for Barnabas and Saul. He wanted to hear God's word.
8 But Elymas, the evil magician, opposed them. The name Elymas means "magician." He tried to keep the governor from becoming a believer.9 Saul was also known as Paul. He was filled with the Holy Spirit. He looked straight at Elymas. He said to him,10 "You are a child of the devil! You are an enemy of everything that is right! You cheat people. You use all kinds of tricks. Won't you ever stop twisting the right ways of the Lord?11 Now the Lord's hand is against you. You are going to go blind. You won't be able to see the light of the sun for a while."
Right away mist and darkness came over him. He tried to feel his way around. He wanted to find someone to lead him by the hand.12 When the governor saw what had happened, he believed. He was amazed at what Paul was teaching about the Lord.
Paul Preaches in Pisidian Antioch
13 From Paphos, Paul and his companions sailed to Perga in Pamphylia. There John left them and returned to Jerusalem.14 From Perga they went on to Pisidian Antioch. On the Sabbath day they entered the synagogue and sat down.15 The Law and the Prophets were read aloud. Then the synagogue rulers sent word to Paul and his companions. They said, "Brothers, do you have a message of hope for the people? If you do, please speak."
16 Paul stood up and motioned with his hand. Then he said, "Men of Israel, and you non-Jews who worship God, listen to me!17 The God of Israel chose our people who lived long ago. He blessed them greatly while they were in Egypt. With his mighty power he led them out of that country.18 He put up with them for about 40 years in the desert.19 He destroyed seven nations in Canaan. Then he gave the land to his people as their rightful share.20 All of this took about 450 years.
"After this, God gave them judges until the time of Samuel the prophet.21 Then the people asked for a king. He gave them Saul, son of Kish. Saul was from the tribe of Benjamin. He ruled for 40 years.22 God removed him and made David their king. Here is God's witness about him. 'David, son of Jesse, is a man dear to my heart,' he said. 'He will do everything I want him to do.'
23 "From this man's family line God has brought to Israel the Savior Jesus. This is what he had promised.24 Before Jesus came, John preached that we should turn away from our sins and be baptized. He preached this to all Israel.25 John was coming to the end of his work. 'Who do you think I am?' he said. 'I am not the one you are looking for. No, he is coming after me. I am not good enough to untie his sandals.'
26 "Listen, brothers, you children of Abraham! Listen, you non-Jews who worship God! This message of salvation has been sent to us.27 The people of Jerusalem and their rulers did not recognize Jesus. By finding him guilty, they made the prophets' words come true. These are read every Sabbath day.28 The people and their rulers had no reason at all for sentencing Jesus to death. But they asked Pilate to have him killed.29 They did everything that had been written about Jesus. Then they took him down from the cross. They laid him in a tomb.30 But God raised him from the dead.31 For many days he was seen by those who had traveled with him from Galilee to Jerusalem. Now they are his witnesses to our people.
32 "We are telling you the good news. What God promised our people long ago
33 he has done for us, their children. He has raised up Jesus. This is what is written in the second Psalm. It says,
" 'You are my Son.
Today I have become your Father.' (Psalm 2:7)34 God raised Jesus from the dead. He will never rot in the grave. This is what is written in Scripture. It says,
" 'Holy and sure blessings were promised to David.
I will give them to you.' (Isaiah 55:3)
35 In another place it says,
" 'You will not let your Holy One rot away.' (Psalm 16:10)
36 "David carried out God's purpose while he lived. Then he died. He was buried with his people. His body rotted away.37 But the One whom God raised from the dead did not rot away.
38 "My brothers, here is what I want you to know. I announce to you that your sins can be forgiven because of what Jesus has done.39 Through him everyone who believes is made right with God. Moses' law could not make you right in God's eyes.
40 Be careful! Don't let what the prophets spoke about happen to you. They said,
41 " 'Look, you who make fun of the truth!
Wonder and die!
I am going to do something in your days
that you would never believe.
You wouldn't believe it even if someone told you.' " (Habakkuk 1:5)
42 Paul and Barnabas started to leave the synagogue. The people invited them to say more about these things on the next Sabbath day.43 The people were told they could leave the service. Many Jews followed Paul and Barnabas. Many non-Jews who faithfully worshiped the God of the Jews did the same. Paul and Barnabas talked with them. They tried to get them to keep living in God's grace.
44 On the next Sabbath day, almost the whole city gathered to hear the word of the Lord.45 When the Jews saw the crowds, they became very jealous. They said evil things against what Paul was saying.
46 Then Paul and Barnabas answered them boldly. "We had to speak God's word to you first," they said. "But you don't accept it. You don't think you are good enough for eternal life. So now we are turning to those who aren't Jews.
47 This is what the Lord has commanded us to do. He said,
" 'I have made you a light for those who aren't Jews.
You will bring salvation to the whole earth.' " (Isaiah 49:6)
48 When the non-Jews heard this, they were glad. They honored the word of the Lord. All who were appointed for eternal life believed.
49 The word of the Lord spread through the whole area.50 But the Jews stirred up the important women who worshiped God. They also stirred up the men who were leaders in the city. They tried to get them to attack Paul and Barnabas. They threw them out of that area.51 Paul and Barnabas didn't like this. So they shook the dust from their feet. They went on to Iconium.52 The believers were filled with joy and with the Holy Spirit.