previous next

Handelinge 18

Paulus in Korinte

1 Nadat Paulus in die vergadering van die tAreopagus gepraat het, het hy weggegaan uit die stad Atene en hy het in die stad Korinte gekom. 2 Paulus het daar ’n Jood ontmoet, sy naam was Akwila en sy familie het van die provinsie Pontus gekom. Hy en sy vrou Priscilla het kort voor daardie tyd van Italië daarnatoe gekom omdat tkeiser Claudius gesê het dat al die Jode moet weggaan uit die stad Rome. Paulus het na hulle toe gegaan. 3 Hulle het dieselfde soort werk gedoen soos Paulus, en daarom het hy by hulle gebly en hy het daar gewerk, want hulle werk was ook om tente te maak.

4 En Paulus het elke tSabbatdag in die tsinagoge met die mense gepraat. Paulus het aangehou om te praat en hy het probeer om die Jode en die Grieke ook te laat glo wat hy glo.
5 Nadat Paulus en Silas van die provinsie Masedonië gekom het, het Paulus opgehou om tente te maak, hy het elke dag net die boodskap van Jesus vir die mense gebring. Hy het vir die Jode gesê dat dit waar is dat Jesus tdie Christus is.

6 Maar die Jode was téén Paulus en hulle het slegte dinge van hom gesê. Toe het hy die tstof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “Julle sal tverlore gaan, maar dit is nie my skuld nie, júlle is tskuldig. Van nou af sal ek na die theidene toe gaan.”
7 Toe het Paulus uit die sinagoge gegaan en hy het gekom in die huis van iemand wat vir God gerespekteer het. Sy naam was Titius Justus en sy huis was langs die sinagoge. 8 Krispus, die leier van die sinagoge, en al die mense in sy huis, het toe in die Here begin glo. Baie mense van die stad Korinte het ook in die Here begin glo nadat hulle van Hom gehoor het, en hulle is gedoop. 9 In die nag het die Here vir Paulus iets gewys, dit was soos in ’n droom. Die Here het toe vir hom gesê: “Jy moenie bang wees nie. Nee, jy moet aanhou om vir die mense te vertel van My en jy moenie stilbly nie,

10 want Ek is by jou. Niemand sal jou aanval nie en niemand sal slegte dinge doen aan jou nie, want in hierdie stad is daar baie mense wat aan My behoort.”

11 Paulus het toe ’n jaar en ses maande lank by die mense van Korinte gebly en hy het vir hulle geleer wat God se boodskap is.
12 Toe Gallio tgoewerneur van die provinsie Agaje was, het die Jode almal saam besluit om Paulus aan te val en hom na die hof te vat.

13 Die Jode het gesê: “Hierdie man, Paulus, probeer hard om vir die mense te leer dat hulle vir God moet dien op ’n manier wat teen die tWette van Moses is.”
14 Toe Paulus wou begin praat, het Gallio vir die Jode gesê: “Jode, ek praat met julle. Ek sou geduldig gewees het met julle as hierdie man ’n verkeerde of ’n baie slegte ding gedoen het.

15 Maar julle stry met mekaar oor woorde en name en oor julle eie wette, daarom moet julle self daaroor besluit. Ék wil nie ’n tregter wees om oor hierdie dinge te besluit nie.”
16 Gallio het hulle toe uit die hof gejaag.

17 Hulle almal het vir Sostenes, die leier van die sinagoge, gegryp en hulle het hom daar voor die hof begin slaan. Maar Gallio was nie bekommerd oor hierdie dinge nie.

Paulus gaan terug na Antiogië in die provinsie Sirië


18 Paulus het ’n lang tyd daar by die tgelowiges in Korinte gebly. Toe het hy hulle gegroet en hy het met ’n skip weggeseil na die provinsie Sirië. Hy het eers in die hawestad Kenchreë sy thare laat afskeer. Hy het dit gedoen omdat hy ’n tgelofte gemaak het. Priscilla en Akwila het ook saam met hom weggegaan. 19 Toe het hulle in Efese gekom, dit is die stad waar Paulus vir Akwila en Priscilla laat bly het toe hy later daar weggegaan het. Paulus het eers na die tsinagoge gegaan en hy het daar met die Jode gepraat. 20 Toe die Jode hom vra om langer daar te bly, wou hy dit nie doen nie.

21 Hy het hulle gegroet en gesê: “As God wil hê dit moet gebeur, dan sal ek weer na julle toe kom.”
Toe het hy met ’n skip weggeseil van Efese.
22 Nadat Paulus in die hawestad Sesarea aangekom het, het hy na Jerusalem gegaan en hy het die gemeente daar gegroet. Toe het hy na die stad Antiogië gegaan

23 en hy het ’n tyd lank daar gebly.

Paulus se derde reis: Hy gaan na Galasië en ander plekke


Toe het Paulus weggegaan van die stad Antiogië en hy het van die een plek na die ander plek deur die lande Galasië en Frigië gegaan. Hy het al die tgelowiges tbemoedig.

Apollos preek in Efese


24 ’n Jood, Apollos, het in die stad Efese aangekom. Hy is gebore in die stad Aleksandrië en hy was iemand wat baie goed kon praat. Hy het die Ou Testament baie goed geken. 25 Apollos het by mense baie geleer hoe die Here wil hê ’n mens moet lewe. Hy was baie opgewonde en hy het aanmekaar daaroor gepraat. Hy het vir die mense die dinge oor Jesus reg geleer, maar hy het net geweet dat Johannes die Doper mense gedoop het. Hy het nie geweet dat die tapostels ook mense gedoop het tin die Naam van Jesus nie. 26 Apollos het in die tsinagoge begin preek, hy was nie bang om dit te doen nie. Toe Priscilla en Akwila hoor wat hy sê, het hulle hom saam met hulle huis toe geneem en hulle het vir hom meer vertel van die dinge van God. 27 Toe Apollos na die land Agaje wou gaan, het die tgelowiges in Efese hom tbemoedig. Hulle het ook ’n brief geskryf vir die gelowiges in Agaje om te vra dat hulle vir Apollos moet sê hy is welkom. In Agaje was daar mense wat gelowiges geword het omdat God tgenadig was vir hulle. Nadat Apollos daar aangekom het, het hy vir hulle baie gehelp. 28 Want hy het baie hard met die Jode gestry, al die mense kon dit sien. Hy het gewys dat hulle verkeerd is en hy het uit die Ou Testament vir hulle gelees en gewys dat Jesus tdie Christus is vir wie almal gewag het.

Acts 18

Paul Goes to Corinth

1 After this, Paul left Athens and went to Corinth.2 There he met a Jew named Aquila, who was a native of Pontus. Aquila had recently come from Italy with his wife Priscilla. The emperor Claudius had ordered all the Jews to leave Rome. Paul went to see Aquila and Priscilla.3 They were tentmakers, just as he was. So he stayed and worked with them.4 Every Sabbath day he went to the synagogue. He was trying to get both Jews and Greeks to believe in the Lord.
5 Silas and Timothy came from Macedonia. Then Paul spent all his time preaching. He gave witness to the Jews that Jesus was the Christ.6 But the Jews opposed Paul. They treated him badly. He didn't like this. So he shook out his clothes. Then he said to them, "Anything that happens to you will be your own fault! Don't blame me for it! From now on I will go to people who are not Jews."
7 Then Paul left the synagogue. He went next door to the house of Titius Justus, a man who worshiped God.8 Crispus was the synagogue ruler. He and his whole family came to believe in the Lord. Many others who lived in Corinth heard Paul. They too believed and were baptized.
9 One night the Lord spoke to Paul in a vision. "Don't be afraid," he said. "Keep on speaking. Don't be silent.10 I am with you. No one will attack you and harm you. I have many people in this city."11 So Paul stayed there for a year and a half. He taught them God's word.
12 At that time Gallio was governor of Achaia. The Jews got together and attacked Paul. They brought him into court.13 "This man," they charged, "is trying to talk people into worshiping God in ways that are against the law."
14 Paul was about to speak up for himself. But just then Gallio spoke to the Jews. "You Jews are not claiming that Paul has committed a crime, whether large or small," he said. "If you were, it would make sense for me to listen to you.15 But this is about your own law. It is a question of words and names. Settle the matter yourselves. I will not be a judge of such things."16 So he had them thrown out of the court.17 Then all the Jews turned against Sosthenes. He was the synagogue ruler. They beat him up in front of the court. But Gallio didn't care at all.

Priscilla and Aquila Teach Apollos

18 Paul stayed in Corinth for some time. Then he left the believers and sailed for Syria. Priscilla and Aquila went with him. Before he sailed, he had his hair cut off at Cenchrea. He did this because he had made a promise to God.19 They arrived at Ephesus. There Paul said good-by to Priscilla and Aquila. He himself went into the synagogue and talked with the Jews.20 The Jews asked him to spend more time with them. But he said no.21 As he left, he made them a promise. "If God wants me to," he said, "I will come back." Then he sailed from Ephesus.22 When he landed at Caesarea, he went up to Jerusalem. There he greeted the church. He then went down to Antioch.
23 Paul spent some time in Antioch. Then he left and traveled all over Galatia and Phrygia. He gave strength to all the believers there.
24 At that time a Jew named Apollos came to Ephesus. He was an educated man from Alexandria. He knew the Scriptures very well.25 Apollos had been taught the way of the Lord. He spoke with great power. He taught the truth about Jesus. But he only knew about John's baptism.26 He began to speak boldly in the synagogue. Priscilla and Aquila heard him. So they invited him to their home. There they gave him a better understanding of the way of God.
27 Apollos wanted to go to Achaia. The brothers agreed with him. They wrote to the believers there. They asked them to welcome him. When he arrived, he was a great help to those who had become believers by God's grace.28 He argued strongly against the Jews in public meetings. He proved from the Scriptures that Jesus was the Christ.