Handelinge 18
1 Kort daarna het Paulus uit Atene vertrek. Die volgende plek op sy reisplan was die stad Korinte.2 Daar het hy 'n Jood met die naam Akwila teëgekom. Akwila is in Pontus gebore. Hy en sy vrou Priscilla het kort tevore uit Italië padgegee. Dit was net nadat keiser Claudius beveel het dat alle Jode uit Rome weggejaag moes word. Paulus het by hulle in Korinte gaan bly.3 Al drie van hulle was tentmakers van beroep.
4 Paulus het elke sabbat na die sinagoge gegaan. Daar het hy met die Jode, en ook met 'n klompie Grieke wat die Joodse geloof aanvaar het, oor Jesus gaan praat. Party van hulle het toe tot bekering gekom.
5 Intussen het Silas en Timoteus uit Masedonië na Korinte gekom. Hulle het Paulus raak- geloop waar hy hard besig was om die Jode te probeer oortuig dat Jesus die Messias is. Die meeste van hulle het Paulus se boodskap verwerp.6 Teleurgesteld het hy toe opgestaan en daar voor almal die stof uit sy klere geskud.
"As julle verlore gaan, is dit net julle eie skuld. Julle bloed is nou op julle eie koppe," het hy bygevoeg. "Ek het gedoen wat God van my verwag. Ek het vir julle die volle waarheid oor Hom vertel. Nou gaan ek na die heidene toe om met hulle oor Jesus te praat."
7 Met dié woorde het Paulus omgedraai en uit die sinagoge gestap. Daarna het hy gaan preek in Justus se huis daar reg langs die sinagoge. Justus het vroeër al die Joodse godsdiens aanvaar.
8 Die hoof van die sinagoge in Korinte se naam was Krispus. Toe hy hoor wat Paulus oor Jesus sê, het hy tot bekering gekom. Al die mense in sy huis het saam met hom in Jesus begin glo. Baie ander inwoners van die stad het ook gelowig geword toe hulle Paulus hoor preek. Hulle almal is kort daarna gedoop.
9 Een nag het die Here aan Paulus verskyn en vir hom gesê: "Moenie vir die mense bang wees nie. Hou aan om met hulle oor My te praat. Jy mag nooit stilbly oor die goeie nuus nie.10 Ek is by jou. Niemand hier in Korinte sal dit waag om jou te slaan of jou in die tronk te gooi nie. Hier is baie mense wat in My glo."
11 Daarna het Paulus nog vir 'n jaar en ses maande in die stad gebly. Hy het elke kans wat hy gekry het, aangegryp om vir die inwoners van God te vertel. Hy het hulle ook geleer om te doen wat God van hulle verwag.
12 In daardie tyd is Gallio aangestel as die nuwe goewerneur van die Romeinse provinsie Agaje. Die Jode in Korinte wat nie in Jesus geglo het nie, het toe op 'n dag besluit om Paulus by hom te gaan aankla.13 Hulle het vir Gallio gaan vertel dat Paulus die inwoners van die stad wysmaak dat hulle in God kan glo sonder dat hulle die voorskrifte in die wet van Moses hoef te gehoorsaam.14 Paulus was ook by toe die Jode hom daar voor Gallio aangekla het. Hy wou nog iets sê om homself te verdedig, maar Gallio het hom nie eens 'n kans gegee nie. "Kyk, as hierdie man iets verkeerds gedoen het, of as hy 'n misdadiger was, sou ek sekerlik na julle geluister het," het Gallio vir die Jode gesê.15 "Maar nou mors julle my tyd met julle kleinlike godsdienstige geskille. Ek stel regtig nie belang in wie almal julle godsdienstige wet moet gehoorsaam nie. Julle moet dié probleme maar self oplos."16 Daarna het Gallio hulle almal uit sy ampswoning weggejaag.
17 Intussen het die mense vir Sostenes, een van die hoofde van die sinagoge, ook na Gallio toe gebring. Daar het hulle hom rondgestamp en allerhande beskuldigings teen hom gemaak. Gallio wou egter nie in hulle godsdienstige geskille inmeng nie.
18 Paulus het daarna nog 'n ruk lank met sy werk in Korinte voortgegaan. Op 'n dag het hy besluit om 'n paar ander gemeentes te gaan besoek. Hy het van die gelowiges in Korinte afskeid geneem en met 'n skip na Sirië vertrek. Priscilla en Akwila het saam met hom gegaan. Toe Paulus in Kenchreë aankom, het hy al die hare op sy kop afgeskeer. Dit was die bewys dat hy 'n belofte nagekom het wat hy vroeër aan die Here gemaak het.
19 Daarna is Paulus na Efese toe. Akwila en Priscilla het besluit om in Efese agter te bly. Met sy verblyf in die stad het Paulus 'n vinnige besoek by die plaaslike sinagoge afgelê. Daar het hy met die Jode oor Jesus gaan praat. Die mense was so aangegryp deur wat hy gesê het dat hulle wou hê hy moes nog 'n hele ruk by hulle bly. Paulus het egter nie daarvoor kans gesien nie.
20-21 "As God wil, kom ek binnekort weer na julle toe," het hy vir hulle gesê. Hy het daarna met 'n skip uit Efese weggevaar en in Sesarea aangekom.22 Daar het hy al die gemeentelede gaan groet en toe na Antiogië vertrek. Paulus het daar oorgebly.23 Na 'n kort rustydjie het hy weer begin reis, dié keer deur die landstreke van Galasië en Frigië. Hy het by al die gelowiges wat daar gebly het 'n draai gaan maak en hulle moed ingepraat.
24 Intussen het 'n Christen met die naam Apollos in Efese aangekom. Hy was 'n Jood wat in die stad Aleksandrië in Egipte gebore is. Apollos was 'n goeie spreker. Hy het die Bybel ook goed geken. Tog was sy kennis oor Jesus nog maar gebrekkig. Hy was net met die doop van Johannes die Doper gedoop.25 Apollos was 'n goeie prediker. Hy het sy bes gedoen om die mense te leer hoe om Jesus na te volg.
26 Apollos het ook in die sinagoge in Efese met die mense oor Jesus gaan praat. Priscilla en Akwila het hom daar raakgeloop. Toe hulle hoor wat hy vir die mense oor Jesus sê, het hulle besef dat hy nog nie alles mooi verstaan nie. Hulle het hom toe na hulle huis genooi. Daar het hulle die evangelie deeglik aan hom verduidelik.
27 Apollos het daarna besluit om na die Romeinse provinsie Agaje te gaan. Die gelowiges in Efese het hom aangemoedig om dit te doen. Hulle het 'n brief geskryf wat hy moes saamvat waarin hulle vra dat die gelowiges in Agaje vir Apollos vriendelik moet ontvang en blyplek aan hom moet verskaf.
28 Toe Apollos in Agaje opdaag, was die Christene wat daar gewoon het baie bly. Hulle kon sien dat God hom na hulle toe laat kom het, want hy het baie vir hulle almal beteken. Apollos het daar voor almal bewys dat die Jode wat nie in Jesus wou glo nie, verkeerd was. Met hulle slim redenasies was hulle nie opgewasse teen hom nie. Hy het uit die Bybel vir hulle gewys dat Jesus die Messias is.
Acts 18
Paul at Corinth
1 After thist Pault departed fromt Athenss and went to Corinth.ss2 There het foundt a Jew named Aquila,s a native of Pontus,s who had recently come from Italy with his wife Priscilla, because Claudiuss had ordered all the Jews to depart fromt Rome.s Paul approachedt them,3 and because he worked at the same trade, he stayed with them and worked with themt (for they were tentmakerst by trade).s
4 He addressedt both Jews and Greeks in the synagogues every Sabbath, attempting to persuadet them.
5 Now when Silas and Timothy arrivedt from Macedonia,s Paul became wholly absorbed with proclaimingt the word, testifyingt to the Jews that Jesus was the Christ.ts6 When they opposed himt and reviled him,t he protested by shaking out his clothests and said to them, “Your bloods be on your own heads! I am guiltless!t From now on I will go to the Gentiles!”7 Then Pault leftt the synagoguet and went to the house of a person named Titius Justus, a Gentile who worshiped God,ts whose house was next door to the synagogue.8 Crispus, the president of the synagogue,t believed in the Lord together with his entire household, and many of the Corinthians who heard about itt believed and were baptized.9 The Lord said to Paul by a visions in the night,t “Do not be afraid,t but speak and do not be silent,10 because I am with you, and no one will assaultt you to harmt you, because I have many people in this city.”
11 So he stayed theret a year and six months, teaching the word of God among them.t
Paul Before the Proconsul Gallio
12 Now while Gallios was proconsuls of Achaia,s the Jews attacked Paul togethert and brought him before the judgment seat,ts13 saying, “This man is persuadingt people to worship God in a way contrary tot the law!”14 But just as Paul was about to speak,t Gallio said to the Jews, “If it were a matter of some crime or serious piece of villainy,t I would have been justified in accepting the complaintt of you Jews,t15 but since it concerns points of disagreementt about words and names and your own law, settlet it yourselves. I will not bet a judge of these things!”16 Then he had them forced awayt from the judgment seat.s
17 So they all seized Sosthenes, the president of the synagogue,ts and began to beatt him in front of the judgment seat.s Yet none of these things were of any concernts to Gallio.
Paul Returns to Antioch in Syria
18 Paul, after stayingt many more days in Corinth,s said farewell tot the brothers and sailed away to Syria accompanied byt Priscilla and Aquila.s Het had his hair cut offt at Cenchreats because he had made a vow.s19 When they reached Ephesus,ss Pault left Priscilla and Aquilat behind there, but he himself wentt into the synagogues and addressedt the Jews.20 When they asked him to stay longer, he would not consent,s21 but said farewell tot them and added,t “I will come backt to you again if God wills.”t Thent he set sail from Ephesus,22 and when he arrivedt at Caesarea,ss he went up and greetedt the church at Jerusalemts and then went down to Antioch.ss
23 After he spentt some time there, Paul left and went through the region of Galatias and Phrygia,s strengthening all the disciples.
Apollos Begins His Ministry
24 Now a Jew named Apollos, a native of Alexandria, arrived in Ephesus.s He was an eloquent speaker,t well-versedt in the scriptures.25 He had been instructed int the way of the Lord, and with great enthusiasmt he spoke and taught accurately the factst about Jesus, although he knewt only the baptism of John.26 He began to speak out fearlesslyt in the synagogue,s but when Priscilla and Aquilas heard him, they took him asidet and explained the way of God to him more accurately.27 When Apollost wanted to cross over to Achaia,s the brothers encouragedt himt and wrote to the disciples to welcome him. When he arrived, het assisted greatly those who had believed by grace,
28 for he refuted the Jews vigorouslyt in public debate,t demonstrating from the scriptures that the Christts was Jesus.t