Handelinge 19
Paulus in Efese
1 Terwyl Apollos in die stad Korinte was, het Paulus deur ander plekke in die provinsie tAsië gegaan en hy het in die stad Efese gekom. Daar het hy ’n paar tgelowiges gekry
2 en hy het vir hulle gevra: “Het die Heilige Gees in julle gekom toe julle in Jesus begin glo het?”
Hulle antwoord toe vir Paulus: “Nee, ons het nie die Heilige Gees gekry nie en ons het ook nog nie gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie.”
3 Paulus vra toe vir hulle: “Met watter doop is julle gedoop?”
Hulle het vir Paulus gesê: “Ons is gedoop met die doop van Johannes die Doper.”
4 Maar Paulus het gesê: “Johannes het mense gedoop sodat hulle sal verander en sal lewe soos God wil hê. Johannes het ook vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat later sal kom. Daardie Persoon is Jesus.”
5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop tin die Naam van die Here Jesus. 6 Paulus het sy thande op hulle gesit, en toe het die Heilige Gees in hulle gekom. Hulle het begin om tin tale te praat en om die boodskap van God te bring.
7 Hulle almal saam was omtrent twaalf mans.
8 Paulus het toe na die tsinagoge gegaan en hy het drie maande lank elke dag met die Jode gepraat. Hy was nie bang nie, hy het vir hulle gesê dat God Koning is oor almal. Hy het hard probeer dat hulle dit ook moet glo, soos hy. 9 Maar party van die Jode het hardkoppig gebly en hulle het tongelowiges gebly. Hulle het aangehou om sleg te praat van “tDie Pad,” hulle het dit gedoen waar al die mense dit kon hoor. Paulus het toe weggegaan van die Jode en hy het die gelowiges weggeneem saam met hom. Hy het toe elke dag met hulle gepraat in die skool van Tirannus.
10 Paulus het dit twee jaar lank gedoen. So het al die mense wat in die provinsie Asië woon, al die Jode en die Grieke, die boodskap oor die Here gehoor.Die seuns van Skeva probeer bose geeste uit mense jaag
11 God het vir Paulus twonderwerke laat doen, en die mense was verbaas daaroor. 12 Daarom het party mense lappe en klere wat Paulus gedra het, op siek mense gesit. Dan het die mense gesond geword en die tbose geeste het uit hulle uitgegaan.
13 Daar was ook Jode wat na verskillende stede gegaan het om bose geeste uit mense te jaag. Wanneer hulle dit probeer doen het, dan het hulle die Here Jesus se Naam gesê. Hulle het gesê: “Julle moet uitgaan uit hierdie persoon, ons sê dit vir julle. Jesus het gesê ons mag dit sê. Dit is dieselfde Jesus oor wie Paulus preek.”
14 Daar was ’n Joodse tpriesterleier, Skeva. Hy het sewe seuns gehad. Hulle het ook só probeer om die bose geeste uit mense te jaag. 15 Maar die bose gees het hulle geantwoord en gesê: “Jesus, ja ek ken Hom, en ek weet van Paulus, maar júlle, ek ken julle nie.” 16 En die man wat die bose gees in hom gehad het, spring toe op hulle. Hy het hulle almal aangeval en hy het hulle baie geslaan. Hulle het uit daardie huis gevlug en hulle was kaal en vol seerplekke. 17 Al die Jode en die Grieke wat in die stad Efese gewoon het, het gehoor wat gebeur het. Toe het hulle almal bang geword, en hulle het die Naam van die Here Jesus geprys. 18 Baie van die mense het tgelowiges geword. Hulle het gekom en hulle het tbely dat hulle verkeerde dinge gedoen het. Hulle het vir almal vertel wat hulle alles gedoen het. 19 Baie van die mense wat voorheen tgetoor het, het hulle tboekrolle gebring en hulle het dit verbrand waar al die mense dit kon sien. Die mense het getel hoeveel al die boeke gekos het, en dit was 50 000 tsilwer geldstukke.
20 Omdat hierdie dinge gebeur het, het meer en meer mense die boodskap van die Here gehoor en dit geglo.Die mense van die stad Efese word kwaad
21 Nadat al hierdie dinge gebeur het, het die Heilige Gees vir Paulus laat besluit om deur die provinsies Masedonië en Agaje te gaan tot in Jerusalem. Paulus het gesê: “Nadat ek in Jerusalem was, moet ek ook na die stad Rome gaan.”
22 Hy het toe twee van sy helpers, Timoteus en Erastus, na Masedonië gestuur. Maar Paulus het self nog ’n tyd lank in die provinsie tAsië gebly.
23 In daardie tyd was die mense in die stad Efese baie kwaad en ontsteld oor “tDie Pad.” 24 Daar was ’n tsilwersmid in Efese. Sy naam was Demetrius. Hy het klein huisies van silwer gemaak, die huisies het gelyk soos die ttempel van tArtemis. So het Demetrius gesorg dat die tambagsmanne altyd baie werk gekry het. 25 Hy het toe al hierdie ambagsmanne en ander mense wat ook dieselfde werk gedoen het, geroep om bymekaar te kom, en hy het vir hulle gesê: “Mense, julle weet dat hierdie werk wat ons doen, vir ons ryk maak. 26 Julle sien en hoor ook wat hierdie Paulus in Efese en in die hele provinsie Asië gedoen het. Hy het baie mense verkeerde dinge laat begin glo. Hy het vir hulle gesê: ‘Mense maak hierdie tgode met hulle hande, maar die gode lewe nie regtig nie.’
27 Daar sal nou ’n groot probleem kom. Ons is bekommerd dat die mense sleg sal praat van ons werk, en ook dat die mense sal dink die tempel van die groot tgodin Artemis beteken niks. Al die mense van Asië en die mense van die hele wêreld, almal wat vir Artemis respekteer, sal nie meer dink dat sy so groot en belangrik is nie.”
28 Toe die manne dit hoor, het hulle baie kwaad geword en geskree: “Artemis van die Efesiërs is baie belangrik!”
29 Al die mense in die stad het topstandig geword. Hulle hardloop toe almal saam na die tteater. Hulle het ook vir Gaius en Aristargus gegryp en saamgeneem. Gaius en Aristargus het van die provinsie Masedonië gekom en hulle het oral saam met Paulus gegaan. 30 Paulus wou na die vergadering van die volk gaan om met die mense te praat, maar die tgelowiges het gesê hy mag nie gaan nie. 31 Party van die belangrike leiers van die provinsie Asië was ook Paulus se vriende. Hulle het vir Paulus ’n boodskap gestuur en hulle het vir hom mooi gevra om nie na die teater te gaan nie. 32 Party mense het iets geskree, en ander mense het iets anders geskree. Al die mense in die vergadering was deurmekaar, en baie mense het nie geweet hoekom hulle daar bymekaargekom het nie. 33 Die Jode het vir Aleksander vorentoe gestoot, en party van die mense het toe vir hom gesê wat hy moet sê. Hy wys toe met sy hand dat hy vir die vergadering van die volk wou sê wat gebeur het.
34 Toe hulle uitvind dat Aleksander ’n Jood is, het hulle almal saam omtrent twee uur lank aangehou skree en gesê: “Artemis van die Efesiërs is baie belangrik!”
35 Die thoof-amptenaar het die mense stilgemaak, en toe het hy vir hulle gesê: “Efesiërs, al die mense weet dat die stad van die Efesiërs die tempel van die groot Artemis beskerm, en die stad beskerm ook Artemis se tbeeld wat uit die hemel geval het. 36 Dit is die waarheid, niemand kan oor hierdie dinge stry nie. Julle moet nou kalm en rustig wees en julle moenie haastig wees om iets verkeerd te doen nie. 37 Want julle het hierdie mans hiernatoe gebring, maar hulle is nie mense wat dinge uit tempels steel nie én hulle is ook nie mense wat slegte dinge van ons godin sê nie. 38 Daar is tgoewerneurs en die hof is oop. As Demetrius en die ambagsmanne saam met hom iemand wil beskuldig, dan moet hulle hom na die hof vat. 39 Maar as julle ook oor iets anders wil praat, dan moet die tvolksvergadering daaroor besluit.
40 Want mense sal miskien vir ons beskuldig en sê dat ons vandag geskree en geraas het, maar ons weet nie hoekom nie. Ons sal ook nie kan sê hoekom ons kwaad geword het nie.”
En nadat die hoof-amptenaar hierdie dinge gesê het, het hy gesê die vergadering is verby.
Acts 19
Paul Goes to Ephesus
1 While Apollos was at Corinth, Paul took the road to Ephesus. When he arrived, he found some believers there.2 He asked them, "Did you receive the Holy Spirit when you became believers?"
"No," they answered. "We haven't even heard that there is a Holy Spirit."
3 So Paul asked, "Then what baptism did you receive?"
"John's baptism," they replied.
4 Paul said, "John baptized people, calling them to turn away from their sins. He told them to believe in the one who was coming after him. Jesus is that one."5 After hearing this, they were baptized in the name of the Lord Jesus.6 Paul placed his hands on them. Then the Holy Spirit came on them. They spoke in languages they had not known before. They also prophesied.7 There were about 12 of them in all.
8 Paul entered the synagogue. There he spoke boldly for three months. He tried to talk the people into accepting his teaching about God's kingdom.9 But some of them wouldn't listen. They refused to believe. In public they said evil things about the Way of Jesus. So Paul left them. He took the believers with him. Each day he talked with people in the lecture hall of Tyrannus.10 This went on for two years. So all the Jews and Greeks who lived in Asia Minor heard the word of the Lord.
11 God did amazing miracles through Paul.12 Even handkerchiefs and aprons that had touched him were taken to those who were sick. When this happened, their sicknesses were healed and evil spirits left them.
13 Some Jews went around driving out evil spirits. They tried to use the name of the Lord Jesus to set free those who were controlled by demons. They said, "In Jesus' name I command you to come out. He is the Jesus that Paul is preaching about."14 Seven sons of Sceva were doing this. Sceva was a Jewish chief priest.15 One day the evil spirit answered them, "I know Jesus. And I know about Paul. But who are you?"16 Then the man who had the evil spirit jumped on Sceva's sons. He overpowered them all. He gave them a terrible beating. They ran out of the house naked and bleeding.
17 The Jews and Greeks living in Ephesus heard about this. They were all overcome with fear. They held the name of the Lord Jesus in high honor.18 Many who believed now came and openly admitted the evil they had done.19 A number of those who had practiced evil magic brought their scrolls together. They set them on fire out in the open. They added up the value of the scrolls. They found that it would take more than two lifetimes to earn what the scrolls were worth.
20 The word of the Lord spread everywhere. It became more and more powerful.
21 After all this had happened, Paul decided to go to Jerusalem. He went through Macedonia and Achaia. "After I have been to Jerusalem," he said, "I must visit Rome also."22 He sent Timothy and Erastus, two of his helpers, to Macedonia. But he stayed a little longer in Asia Minor.
Trouble in Ephesus
23 At that time many people became very upset about the Way of Jesus.24 There was a man named Demetrius who made things out of silver. He made silver models of the temple of the goddess Artemis. He brought in a lot of business for the other skilled workers.25 One day he called them together. He also called others who were in the same kind of business. "Men," he said, "you know that we make good money from our work.26 You have seen and heard what this fellow Paul is doing. He has talked to large numbers of people here in Ephesus. Almost everywhere in Asia Minor he has led people away from our gods. He says that the gods we make are not gods at all.27 Our work is in danger of losing its good name. People's faith in the temple of the great goddess Artemis will be weakened. Now she is worshiped through all of Asia Minor and the whole world. But soon she will be robbed of her greatness."
28 When they heard this, they became very angry. They began shouting, "Great is Artemis of the Ephesians!"29 Soon people were making trouble in the whole city. They all rushed into the theater. They dragged Gaius and Aristarchus along with them. These two men had come with Paul from Macedonia.30 Paul wanted to appear in front of the crowd. But the believers wouldn't let him.31 Some of the officials in Asia Minor were friends of Paul. They sent him a message, begging him not to go into the theater.
32 The crowd didn't know what was going on. Some were shouting one thing and some another. Most of the people didn't even know why they were there.33 The Jews pushed Alexander to the front. Some of the crowd tried to tell him what to say. But he motioned for them to be quiet. He wanted to speak up for himself in front of the people.34 But then they realized that he was a Jew. So they all shouted the same thing for about two hours. "Great is Artemis of the Ephesians!" they yelled.
35 The city clerk quieted the crowd down. "Men of Ephesus!" he said. "The whole world knows that the city of Ephesus guards the temple of the great Artemis. They know that Ephesus guards her statue, which fell from heaven.36 These facts can't be questioned. So calm down. Don't do anything foolish.
37 "These men haven't robbed any temples. They haven't said evil things against our goddess. But you have brought them here anyhow.38 Demetrius and the other skilled workers may feel they have been wronged by someone. Let them bring charges. The courts are open. We have our governors.39 Is there anything else you want to bring up? Settle it in a court of law.40 As it is, today we are in danger of being charged with causing all this trouble. But there is no reason for it. We wouldn't be able to explain what has happened."41 After he said this, he sent the people away.