previous next

Handelinge 19

1 Apollos het ook in Korinte vir die mense van Jesus vertel. Terwyl hy daarmee besig was, het Paulus intussen deur 'n aantal ander gebiede gereis. Toe Paulus in Efese aankom, het hy sowat twaalf volgelinge van Jesus daar raakgeloop. Hy vra toe vir hulle:2 "Het julle ook die Gees se krag in julle lewens ontvang toe julle tot bekering gekom het?"
3 "Wie is dit? Ons het nog nooit eens van Hom gehoor nie," vra hulle verbaas.
"Hoe is julle dan gedoop? In wie se naam het dit gebeur?" vra Paulus verbaas.
"Met die doop van Johannes die Doper," antwoord hulle.
4 "Johannes het mense gedoop wat bereid was om op te hou met hulle sonde," sê Paulus toe. "Johannes het ook vir elkeen wat hy gedoop het, gesê dat hulle moes glo in die Een wat na hom op die toneel sou verskyn. Daardie Een is Jesus. Daarom geld Johannes se doop nou nie meer nie."
5 Toe die gelowiges hoor wat Paulus sê, was hulle vuur en vlam om in die Naam van die Here Jesus gedoop te word. Paulus het dit toe ook gedoen. Nadat hy hulle gedoop het, het hy sy hande op hulle gesit terwyl hy vir hulle bid.6-7 Dadelik het die groot krag van die Heilige Gees in hulle begin werk. Hulle het ook in ander tale gepraat. Boonop het hulle nou ook oor die vermoë beskik om te profeteer en God se wil bekend te maak. Hulle was omtrent twaalf persone.
8  Paulus het daarna by die sinagoge in Efese gaan besoek aflê. Hy het die volgende drie maande gereeld soontoe gegaan. Keer op keer het hy met die mense gaan redeneer. Hy het hard probeer om hulle te oortuig dat hulle slegs in God se nuwe wêreld kon kom as hulle in Jesus glo. Maar baie van hulle het volstrek geweier om in Jesus te glo. Later het hulle met Paulus begin spot en lelike dinge oor Jesus daar voor almal kwytgeraak. Paulus was baie ontevrede.9 Paulus het hulle verlaat en 'n skoolgebou by 'n man met die naam Tirannus bekom. Daar het hy elke dag saam met die gelowiges bymekaargekom en vir hulle van Jesus vertel.10 Die volgende twee jaar het Paulus die skool gebruik om die mense te leer waaroor die evangelie presies gaan. Later het omtrent almal in Asië, Jode en Grieke inkluis, geweet wie die Here Jesus is.
11 God het Paulus ook in staat gestel om groot wonderwerke te doen. Paulus het oor soveel krag beskik dat siekes slegs van sy klere op hulle kon neersit, dan het hulle op die plek gesond geword.12 Selfs bose magte het padgegee uit die lewens van mense wat in aanraking met Paulus se klere was.
13  In daardie tyd was daar baie Jode wat van plek tot plek rondgetrek en duiwels uit mense gedryf het.14 Die sewe seuns van Skeva, 'n belangrike Joodse priester, was so 'n groep. Hulle het allerhande dinge gedoen om mense van duiwels te probeer bevry. Op 'n dag toe hulle in Efese was, het hulle vir 'n bose gees gesê wat in iemand was: "Ons dryf jou uit in die Naam van daardie Jesus van wie Paulus praat."
15 Die bose gees het geantwoord: "Kyk, ek weet baie goed wie Jesus is. En ek ken ook vir Paulus. Maar julle spul ken ek van geen kant af nie!"16 Dadelik het die man in wie die bose mag was, hulle wreedaardig aangeval. Hy was so sterk dat hulle niks teen hom kon doen nie. Hulle klere is van hulle afgeskeur. Op die ou end het hulle daarin geslaag om weg te kom, kaal en bebloed.
17 Gou-gou het almal in Efese gehoor wat met die seuns van Skeva gebeur het. Die inwoners het baie bang geword. Almal het met groot eerbied oor die Here Jesus gepraat. Baie nuwe bekeerlinge het in die openbaar vertel hoe hulle vroeër in sonde geleef en hoe Jesus hulle lewens verander het.
18 'n Klompie hekse en towenaars het ook tot bekering gekom. Daar voor almal het hulle hulle boeke verbrand waarin al hulle towerformules opgeskryf was. Hierdie boeke was peperduur.19 Dit was sowat 50 000 silwermuntstukke werd. (Dit was sowat 137 jaar se salaris vir 'n gewone werker!)
20 Die Woord van die Here het in Efese van krag tot krag gegaan. Al hoe meer mense het geglo.
21  Paulus het toe besluit om weg te gaan uit Efese. Hy was van plan om deur Masedonië en Agaje na Jerusalem te reis. "Daarna wil ek baie graag Rome toe gaan," het Paulus vir die gelowiges gesê. "Ek móét die stad eenvoudig sien!" Paulus het solank twee van sy helpers,22 Timoteus en Erastus, vooruit na Masedonië gestuur. Hy self het eers nog 'n rukkie in Asië agtergebly.
23 Op 'n dag het daar toe in die stad 'n betoging oor Paulus se preke uitgebreek. Dit is veroorsaak deur 'n man met die naam Demetrius.24 Hy was 'n silwersmid wat silwerbeeldjies van die godin Artemis gemaak het. Hy was ook 'n baie suksesvolle sakeman wat aan 'n hele aantal vakmanne werk verskaf het. Demetrius het gesorg dat hulle almal goeie winste maak uit die vervaardiging van hierdie beelde.
25 Op 'n dag het hy hulle bymekaargeroep en vir hulle gesê: "Vriende, ons maak regtig 'n goeie bestaan uit ons beeldjies. Dit sal egter nie meer lank so aanhou as ons nie iets drasties doen nie.26 Daardie Paulus, van wie julle ook al gehoor het, is besig om die hele wêreld deurmekaar te maak met sy vreemde leringe. Omtrent elkeen in ons stad, ja, byna die hele Asië, begin nou al glo dat ons handgemaakte gode nie regtig lewe nie.
27 "As dit so aanhou, gaan niemand meer ons beelde koop nie. Die mense is besig om al hulle respek vir ons handewerk te verloor. Ons groot godin Artemis se naam word deur die modder gesleep. Binnekort sal niemand meer haar tempel wil besoek nie. Sy word immers deur ons hele provinsie en oor die hele wêreld heen as 'n magtige godin vereer."
28  Toe die mense hoor wat Demetrius sê, was hulle baie kwaad. Hulle het begin skree: "Artemis is die groot godin van die Efesiërs!" Hulle geskree het die hele stad gou in oproer gehad. Baie mense het by die stad se amfiteater begin saamdrom.29 Party van hulle het twee van Paulus se helpers, Gaius en Aristargos, gegryp en soontoe gesleep. Hulle twee was uit Noord-Griekeland afkomstig.30 Toe Paulus daarvan hoor, wou hy dadelik met die skare gaan praat, maar die ander Christene het hom gekeer.31 'n Paar leiersfigure in die provinsie wat op daardie tydstip in Efese was en wat goeie vriende van Paulus was, het hom ook laat weet om onder geen omstandighede na die amfiteater toe te gaan nie.
32 Intussen het die skare in die amfiteater aangehou om slagspreuke te skree. Dit was later 'n hele deurmekaarspul. Almal het geskree net wat hulle wou. Niemand het 'n idee gehad waaroor dit eintlik gaan nie. Onder al die geraas deur het die Jode een van hulle leiers, 'n man met die naam33 Aleksander, aangesê om die skare toe te spreek. Hy het probeer om hulle stil te maak en aan hulle te verduidelik dat die Jode nie die oorsaak van die oproer was nie. Maar toe die skare agterkom dat hy 'n Jood is, het hulle hom doodgeskree.34 Met nuwe geesdrif het hulle weer begin skree: "Artemis is die groot godin van die Efesiërs!" Twee ure lank het dit so aangehou.
35  Uiteindelik het die stadsklerk daar opgedaag en die skare tot bedaring gebring. Hy het vir hulle gesê: "Inwoners van Efese, almal weet tog hoe belangrik ons stad is. Ons is immers die beskermers van Artemis se groot tempel en van haar standbeeld wat lank terug uit die hemel geval het.36 Niemand kan tog daarteen stry nie. Word asseblief nou kalm. Moenie iets onverantwoordeliks aanvang nie.37 Laat die twee mans los wat julle hierheen gesleep het. Hulle het niks uit Artemis se tempel gesteel nie. Hulle het ook geen lelike woord oor haar gesê nie.38 Demetrius en sy klompie vakmanne moet maar 'n klag by die hof gaan lê as hulle voel dat iemand hulle te na gekom het. Ons het 'n goeie regstelsel met regters en howe.39 As julle meer as dit wil hê, moet ons 'n vergadering van al die inwoners van die stad belê waar ons hierdie saak verder kan uitpraat. So nie, moet ons uitmekaargaan. Want netnou kla die Romeinse owerhede ons aan dat ons vandag 'n oproer begin het.40 Ons het nie eintlik 'n goeie rede waarom ons nou so skree en raas nie." Met hierdie woorde het die stadsklerk die skare uitmekaar laat gaan.

Acts 19

Disciples of John the Baptist at Ephesus

1 Whilet Apollos was in Corinth,s Paul went through the inlandt regionst and came to Ephesus.s Het found some disciples theret2 and said to them, “Did you receive the Holy Spirit when you believed?”t They replied,t “No, we have not event heard that there is a Holy Spirit.”3 So Pault said, “Into what then were you baptized?” “Into John’s baptism,” they replied.t4 Paul said, “John baptized with a baptism of repentance, telling the people to believe in the one who was to come after him,s that is, in Jesus.”5 When they heard this, they were baptized in the name of the Lord Jesus,6 and when Paul placedt his hands on them, the Holy Spirit cames upon them, and they began to speakt in tongues and to prophesy.t

7 (Now there were about twelve men in all.)s

Paul Continues to Minister at Ephesus

8 So Pault enteredt the synagogues and spoke out fearlesslyt for three months, addressingt and convincingt them about the kingdom of God.s9 But whent some were stubbornt and refused to believe, revilingt the Ways before the congregation, he leftt them and took the disciples with him,t addressingt them every dayt in the lecture hallt of Tyrannus.

10 This went on for two years, so that all who lived in the province of Asia,ts both Jews and Greeks, heard the word of the Lord.s

The Seven Sons of Sceva

11 God was performing extraordinaryt miracles by Paul’s hands,12 so that when even handkerchiefs or aprons that had touched his bodyt were broughtt to the sick, their diseases left them and the evil spirits went out of them.t13 But some itinerantt Jewish exorcists tried to invoke the namet of the Lord Jesus over those who were possessed byt evil spirits, saying, “I sternly warns you by Jesus whom Paul preaches.”14 (Now seven sons of a man namedt Sceva, a Jewish high priest, were doing this.)s15 But the evil spirit replied to them,t “I know about Jesust and I am acquainted witht Paul, but who are you?”s16 Then the man who was possessed byt the evil spirit jumped ont them and beat them all into submission.t He prevailedt against them so that they fled from that house naked and wounded.17 This became known to all who lived in Ephesus,s both Jews and Greeks; fear came overt them all, and the name of the Lord Jesus was praised.t18 Many of those who had believed came forward,t confessing and making their deeds known.ts19 Large numberst of those who had practiced magict collected their bookst and burned them up in the presence of everyone.t Whent the value of the books was added up, it was found to total fifty thousand silver coins.t

20 In this way the word of the Lords continued to grow in powert and to prevail.s

A Riot in Ephesus

21 Now after all these things had taken place,t Paul resolvedt to go to Jerusalem,s passing through Macedonias and Achaia.s He said,t “After I have been there, I must also see Rome.”ss

22 So after sendingt two of his assistants,t Timothy and Erastus, to Macedonia,s he himself stayed on for a while in the province of Asia.t
23 Att that timet a great disturbancet took place concerning the Way.s24 For a man named Demetrius, a silversmith who made silver shrinest of Artemis,s brought a great dealt of businesss to the craftsmen.25 He gatheredt theset together, along with the workmen in similar trades,s and said, “Men, you know that our prosperityt comes from this business.26 And you see and hear that this Paul has persuadedt and turned awayt a large crowd,t not only in Ephesuss but in practically all of the province of Asia,t by sayingt that gods made by hands are not gods at all.ts

27 There is danger not only that this business of ours will come into disrepute,t but also that the temple of the great goddess Artemiss will be regarded as nothing,t and she whom all the province of Asiat and the world worship will suffer the loss of her greatness.”ts
28 Whent they heardt this they became enragedt and began to shout,t “Great is Artemiss of the Ephesians!”29 Thet city was filled with the uproar,t and the crowdt rushed to the theaters together,t dragging with them Gaius and Aristarchus, the Macedonians who were Paul’s traveling companions.30 But when Paul wanted to enter the public assembly,t the disciples would not let him.31 Even some of the provincial authoritiest who were his friends sentt a messaget to him, urging him not to venturet into the theater.32 So then some were shouting one thing, some another, for the assembly was in confusion, and most of them did not know why they had met together.t33 Some of the crowd concludedt it was aboutt Alexander because the Jews had pushed him to the front.t Alexander, gesturingt with his hand, was wanting to make a defenses before the public assembly.t34 But when they recognizedt that he was a Jew, they all shouted in unison,t “Great is Artemiss of the Ephesians!” for about two hours.s35 After the city secretaryt quieted the crowd, he said, “Men of Ephesus, what persont is there who does not know that the city of the Ephesians is the keepert of the temple of the great Artemiss and of her image that fell from heaven?ts36 So because these factst are indisputable,t you must keep quiett and not do anything reckless.t37 For you have brought these men here who are neither temple robberst nor blasphemers of our goddess.s38 If then Demetrius and the craftsmen who are with him have a complaintt against someone, the courts are opent and there are proconsuls; let them bring charges against one another there.t39 But if you want anything in addition,t it will have to be settledt in a legal assembly.t40 Fort we are in danger of being charged with riotingt today, since there is no cause we can give to explaint this disorderly gathering.”t

41 Aftert he had saidt this,t he dismissed the assembly.s

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.