HANDELINGE 2
Die uitstorting van die Heilige Gees.
1 EN toe tdie dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal teendragtig bymekaar.
2 En daar kom skielik uit die hemel ’n geluid tsoos van ’n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van tvuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.
4 En thulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin tspreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
5 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.
6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;
7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie tGaliléërs nie?
8 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?
9 Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië,
10 Frígië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en tJodegenote,
11 Kretense en Arabiere — ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.
12 En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?
13 Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.Toespraak van Petrus op die pinksterdag.
14 MAAR Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.
15 Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre.
16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:
17 tEn in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort top alle vlees, en julle seuns en tjulle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en thulle sal profeteer.
19 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
20 tDie son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
21 tEn elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
22 Israeliete, luister na hierdie woorde! tJesus, die Nasaréner, ’n man tdeur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet —
23 Hom, wat deur tdie bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, thet julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring;
24 tHom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.
25 Want Dawid sê van Hom: tEk het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie.
26 Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.
27 tWant U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.
28 U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.
29 Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en tsy graf is by ons tot vandag toe.
30 Omdat hy dan ’n profeet was en geweet het dat tGod vir hom met ’n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, twat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit,
31 het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, tdat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.
32 Hierdie Jesus thet God opgewek, waarvan ons almal tgetuies is.
33 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en tvan die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.
34 Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: tDie Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand
35 totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete.
36 Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom tHere en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.Die eerste bekeerdes.
37 TOE hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: tWat moet ons doen, broeders?
38 En Petrus sê vir hulle: tBekeer julle, en tlaat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus ttot vergewing van sondes, en julle sal tdie gawe van die Heilige Gees ontvang.
39 Want die belofte kom julle toe en tjulle kinders en almal wat tdaar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
40 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.
41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag tomtrent drieduisend siele toegebring.
42 En hulle thet volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en tin die breking van die brood en in die gebede.
43 En tvrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.
44 En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en thet alles gemeenskaplik besit.
45 En thulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.
46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard tin die tempel en tvan huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met tblydskap en eenvoudigheid van hart geniet,
47 terwyl thulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks tby die gemeente gevoeg die wat gered is.
Acts 2
1 Now when the day of Pentecost had come, they were all with one accord in one place.2 Suddenly there came from the sky a sound like the rushing of a mighty wind, and it filled all the house where they were sitting.3 Tongues like fire appeared and were distributed to them, and one sat on each of them.4 They were all filled with the Holy Spirit, and began to speak with other languages, as the Spirit gave them the ability to speak.5 Now there were dwelling in Jerusalem Jews, devout men, from every nation under the sky.6 When this sound was heard, the multitude came together, and were bewildered, because everyone heard them speaking in his own language.7 They were all amazed and marveled, saying to one another, “Behold, aren’t all these who speak Galileans?8 How do we hear, everyone in our own native language?9 Parthians, Medes, Elamites, and people from Mesopotamia, Judea, Cappadocia, Pontus, Asia,10 Phrygia, Pamphylia, Egypt, the parts of Libya around Cyrene, visitors from Rome, both Jews and proselytes,11 Cretans and Arabians: we hear them speaking in our languages the mighty works of God!”12 They were all amazed, and were perplexed, saying one to another, “What does this mean?”
13 Others, mocking, said, “They are filled with new wine.”
14 But Peter, standing up with the eleven, lifted up his voice, and spoke out to them, “You men of Judea, and all you who dwell at Jerusalem, let this be known to you, and listen to my words.15 For these aren’t drunken, as you suppose, seeing it is only the third hour of the dayt.
16 But this is what has been spoken through the prophet Joel:
17 ‘It will be in the last days, says God,
that I will pour out my Spirit on all flesh.
Your sons and your daughters will prophesy.
Your young men will see visions.
Your old men will dream dreams.
18 Yes, and on my servants and on my handmaidens in those days,
I will pour out my Spirit, and they will prophesy.
19 I will show wonders in the sky above,
and signs on the earth beneath;
blood, and fire, and billows of smoke.
20 The sun will be turned into darkness,
and the moon into blood,
before the great and glorious day of the Lord comes.
21 It will be, that whoever will call on the name of the Lord will be saved.’t
22 “Men of Israel, hear these words! Jesus of Nazareth, a man approved by God to you by mighty works and wonders and signs which God did by him in the midst of you, even as you yourselves know,23 him, being delivered up by the determined counsel and foreknowledge of God, you have taken by the hand of lawless men, crucified and killed;24 whom God raised up, having freed him from the agony of death, because it was not possible that he should be held by it.
25 For David says concerning him,
‘I saw the Lord always before my face,
For he is on my right hand, that I should not be moved.
26 Therefore my heart was glad, and my tongue rejoiced.
Moreover my flesh also will dwell in hope;
27 because you will not leave my soul in Hadest,
neither will you allow your Holy One to see decay.
28 You made known to me the ways of life.
You will make me full of gladness with your presence.’t
29 “Brothers, I may tell you freely of the patriarch David, that he both died and was buried, and his tomb is with us to this day.30 Therefore, being a prophet, and knowing that God had sworn with an oath to him that of the fruit of his body, according to the flesh, he would raise up the Christ to sit on his throne,31 he foreseeing this spoke about the resurrection of the Christ, that neither was his soul left in Hadest, nor did his flesh see decay.32 This Jesus God raised up, to which we all are witnesses.33 Being therefore exalted by the right hand of God, and having received from the Father the promise of the Holy Spirit, he has poured out this, which you now see and hear.
34 For David didn’t ascend into the heavens, but he says himself,
‘The Lord said to my Lord, “Sit by my right hand,
35 until I make your enemies a footstool for your feet.”’t
36 “Let all the house of Israel therefore know certainly that God has made him both Lord and Christ, this Jesus whom you crucified.”
37 Now when they heard this, they were cut to the heart, and said to Peter and the rest of the apostles, “Brothers, what shall we do?”
38 Peter said to them, “Repent, and be baptized, every one of you, in the name of Jesus Christ for the forgiveness of sins, and you will receive the gift of the Holy Spirit.39 For the promise is to you, and to your children, and to all who are far off, even as many as the Lord our God will call to himself.”
40 With many other words he testified, and exhorted them, saying, “Save yourselves from this crooked generation!”
41 Then those who gladly received his word were baptized. There were added that day about three thousand souls.42 They continued steadfastly in the apostles’ teaching and fellowship, in the breaking of bread, and prayer.43 Fear came on every soul, and many wonders and signs were done through the apostles.44 All who believed were together, and had all things in common.45 They sold their possessions and goods, and distributed them to all, according as anyone had need.46 Day by day, continuing steadfastly with one accord in the temple, and breaking bread at home, they took their food with gladness and singleness of heart,
47 praising God, and having favor with all the people. The Lord added to the assembly day by day those who were being saved.