Handelinge 2
1 Toe pinksterdag aanbreek, was al die gelowiges in die kamer waar hulle gewoonlik bymekaargekom het. Skielik het hulle2 'n geweldige dreuning bokant hulle in die lug gehoor. Dit het soos 'n reusestormwind geklink. Dit het die hele gebou waarin hulle was, gevul.3 Toe sien hulle iets wat soos vuurvlamme lyk oor elkeen van hulle kom.4 Almal is toe met die Heilige Gees volgemaak. Hulle het dadelik in ander tale begin praat. Die Gees het hulle in staat gestel om dit te doen.
5 Gedurende die feestyd was daar baie Joodse pelgrims van oor die hele wêreld in Jerusalem.6 Hulle het ook die geweldige geluid gehoor en dadelik na die gebou toe gehardloop waar die gelowiges bymekaar was.7 Hulle was stomgeslaan toe hulle daar aankom en hoor hoe die gelowiges in verskillende tale praat. "Hoe kan dit wees?" het hulle vir mekaar gevra. "Hierdie mense kom dan daar van Galilea af.8 Hoe kry hulle dit reg om nou in ons eie taal met ons te praat? Hier tussen ons is mense van oral in die wêreld.9 Kyk net, hier is Perse, Mediërs, Elamiete en ook mense wat in Mesopotamië bly.10 Ons merk ook mense op uit Judea en Kappadosië, Pontus en Asië, Frigië en Pamfilië, Egipte en uit dele van Libië. Ja, daar staan selfs 'n klompie uit Rome.11 Behalwe al die Jode van oor die hele wêreld staan hier ook mense uit ander volke wat later die Joodse geloof aangeneem het. Daar is inwoners van die eiland Kreta en ook 'n groep Arabiere. En tog hoor ons almal nou in ons eie taal hoe dié mense met ons praat oor al die groot dinge wat God doen."
12 Die skare kon nie mooi uitmaak wat aan die gebeur was nie. Hulle het verbaas vir mekaar gevra: "Wat gaan aan?"
13 'n Paar spotters het gesê: "Hierdie spul mense is dronk. Hulle het heeltemal te veel wyn gedrink."
14 Saam met die elf ander apostels het Petrus vir die skare beduie om stil te bly. Toe sê hy vir hulle: "Vriende, mede-Jode en inwoners van Jerusalem, luister nou mooi na my.15 Hierdie mense is nie dronk soos party van julle dink nie. Dis dan nou eers nege-uur in die oggend.16 Kom ek vertel julle wat hier aan die gebeur is. Die woorde van Joël het pas waar geword. Julle onthou hoe hy geskryf het:
17 'Aan die einde van die tyd,' sê God, 'sal Ek my Gees gee aan almal wat in My glo. Dan sal Ek my wil aan julle seuns en julle dogters bekendmaak. Hulle sal profete wees wat my wil bekendmaak.
18 'Met julle jongmense sal Ek in visioene praat. En met die ouer mense onder julle sal Ek in drome praat. Op almal wat My dien, mans en vroue, sal Ek aan die einde van die tyd my Gees uitstort.
19 'Hulle sal my wil aan ander mense bekendmaak. Ek sal ook groot tekens in die lug en op die aarde laat gebeur.20 Bloed en vuur en donker rook sal hemel en aarde vul. Ek sal die son pikswart maak, en die maan so rooi soos bloed.
'Al hierdie dinge sal gebeur kort voordat die groot dag van die Here aanbreek; daardie dag waarop Hy na die wêreld toe terugkom.21 Almal wat die Here se Naam aanroep en Hom smeek om hulle sondes weg te vat, sal gered word.'"
22 "Vriende, julle moet mooi luister na wat ek nou vir julle wil sê. Jesus van Nasaret is die Man wat deur God aangestel is om groot wonderwerke en tekens onder julle te doen.23 Hy is 'n rukkie gelede hier in Jerusalem deur 'n spul goddelose mense gevang, presies net soos God dit beplan het. Daarna het julle almal Hom laat doodmaak.24 Maar God het Hom weer lewendig gemaak. Hy het al die bande van die dood van Jesus afgegooi en Hom lewendig daar laat uitstap.25 Hoor wat Dawid oor Jesus geskryf het:
26 'Die Here is elke tree van die pad by my. Daarom kan ek niks oorkom nie. My lewe loop oor van vreugde. Ek vertel vir almal hoe goed die Here is.27 Nie eens die dood kan my meer bangmaak nie, want U sal nooit toelaat dat die kloue van die dood my vir altyd vashou nie. U sal nooit u eie kind, u oogappel, daar in die doderyk laat vergaan nie.28 U stap heeltyd saam met my op die pad wat na die lewe toe lei. Ek jubel daaroor.'
29 "Vriende, julle weet net so goed soos ek dat Dawid lankal dood en begrawe is. Sy graf is hier by ons in Jerusalem. Dawid was egter 'n boodskapper van God.30 Daarom het hy geweet dat God 'n belofte aan hom gemaak het dat iemand uit sy nageslag altyd oor sy koninkryk sou heers.31 Hy het geweet dat die Messias uit die dood sou opstaan. Dawid het gesien dat die doderyk met al sy gevare God se Gestuurde nooit gevange sou hou nie.
32 "Jesus het hierdie woorde van Dawid waar laat word. Dit het gebeur toe God Hom lewendig gemaak het. Ons weet dit, want ons het Jesus met ons eie oë gesien nadat Hy weer lewendig geword het.33 Daarna het God die heel belangrikste plek in die hemel aan Hom gegee. Toe Jesus daar aankom, het Hy die Heilige Gees by sy Vader ontvang soos God aan Hom beloof het. Daarna het Jesus die Heilige Gees na ons toe gestuur. Dit kan julle nou met julle eie oë sien en met julle eie ore hoor.
34 "Maar nog iets oor Dawid. Ons weet hy het nie self lewendig hemel toe gegaan nie. Dawid vertel egter in een van sy psalms hoe God met die Messias praat. God het vir Hom gesê: 'Sit hier langs My. Dit is die heel belangrikste plek in die hemel.35 Sit hier totdat Ek al jou vyande onder jou voete vertrap het.'
36 "Almal in Israel moet vandag een ding besef: hierdie Jesus wat julle aan die kruis vasgespyker het, is nou deur God as die Here en die Messias aangestel. Hy heers nou oor almal in die hemel en op die aarde. Net Hy kan ons red."
37 Die skare wat na Petrus gestaan en luister het, is diep deur sy woorde geraak. "Sê asseblief vir ons wat ons nou moet doen. Hoe kan ons die saak tussen ons en God regmaak?" het hulle vir die apostels gevra.
38 "Laat staan dadelik julle sondes. Kom terug na God toe," het Petrus geantwoord. "Laat julle ook doop in die Naam van Jesus Christus. God sal julle sondes dan vergewe. Julle sal ook die Heilige Gees ontvang.39 Hierdie groot hemelse Geskenk is bedoel vir elkeen van julle. En ook vir julle kinders. Ja, selfs vir al die ander mense wat op die oomblik nog ver van God af lewe. Binnekort sal hulle ook van Hom hoor en deur God nader geroep word."
40 Petrus het toe nog 'n hele ruk met die skare gepraat.
"Gee pad uit hierdie sondige wêreld uit," het hy vir hulle gesê. "Dit gaan julle lewe totaal verwoes. Kom na God toe. Laat Hy julle uit die kloue van die sonde verlos. Net Hy kan dit doen."
41 Na Petrus se woorde het 'n groot aantal mense, omtrent 3 000, tot bekering gekom. Daarna is hulle gedoop.42 Van toe af het hierdie nuwe gelowiges gereeld bymekaargekom om te hoor wat die apostels leer. Hulle het nou in 'n splinternuwe verhouding met God en met mekaar gestaan.
Hulle het ook gereeld saamgeëet en saamgebid.43 Die apostels het groot wonderwerke onder hulle gedoen.
Al die gelowiges het groot eerbied vir God gehad.44 Hulle liefde vir Hom en vir mekaar het hulle in 'n hegte eenheid saamgesnoer.45 Daarom was hulle bereid om selfs hulle besittings met mekaar te deel. Hulle het alles verkoop wat hulle besit het en die geld vir die armes gegee.46 Dag na dag het hulle ook na die tempel toe gegaan om God daar te aanbid. Hulle het ook by verskillende huise saamgeëet. Hierdie maaltye was glad nie uitspattig nie. Al die gelowiges was vol vreugde.47 Hulle het God heeltyd geprys omdat Hy so groot en goed is.
Die gelowiges se lewenstyl het die ander mense in Jerusalem aangegryp. Almal het daaroor gepraat. Daarom het daar elke dag baie mense tot geloof in Christus gekom.
Acts 2
The Holy Spirit and the Day of Pentecost
1 Nowt when the day of Pentecost had come, they were all together in one place.2 Suddenlyt a soundt like a violent wind blowingt came from heavent and filled the entire house where they were sitting.3 And tongues spreading out like a firet appeared to them and came to rest on each one of them.
4 Allt of them were filled with the Holy Spirit, and they began to speak in other languagests as the Spirit enabled them.t
5 Now there were devout Jewst from every nation under heaven residing in Jerusalem.ts6 When this soundt occurred, a crowd gathered and was in confusion,t because each one heard them speaking in his own language.7 Completely baffled, they said,t “Aren’tt all these who are speaking Galileans?8 And how is it that each one of us hears themt in our own native language?t9 Parthians, Medes, Elamites, and residents of Mesopotamia, Judea and Cappadocia, Pontus and the province of Asia,t10 Phrygia and Pamphylia, Egypt and the parts of Libya near Cyrene,t and visitors from Rome,s11 both Jews and proselytes,s Cretans and Arabs – we hear them speaking in our own languages about the great deeds God has done!”t12 All were astounded and greatly confused, saying to one another, “What does this mean?”
13 But others jeered at the speakers,t saying, “They are drunk on new wine!”ts
Peter’s Address on the Day of Pentecost
14 But Peter stood upt with the eleven, raised his voice, and addressed them: “You men of Judeat and all you who live in Jerusalem,s know thist and listen carefully to what I say.15 In spite of what you think, these men are not drunk,t for it is only nine o’clock in the morning.t
16 But this is what was spoken about through the prophet Joel:s
17 ‘And in the last dayssit will be,’ God says,
‘that I will pour out my Spirit on all people,t
and your sons and your daughters will prophesy,
and your young men will see visions,
and your old men will dream dreams.
18 Even on my servants,tboth men and women,
I will pour out my Spirit in those days, and they will prophesy.s
19 And I will perform wonders in the skytabove
and miraculous signston the earth below,
blood and fire and clouds of smoke.
20 The sun will be changed to darkness
and the moon to blood
before the great and glorioustday of the Lord comes.
21 And thenteveryone who calls on the name of the Lord will be saved.’s
22 “Men of Israel,t listen to these words: Jesus the Nazarene, a man clearly attested to you by God with powerful deeds,t wonders, and miraculous signst that God performed among you through him, just as you yourselves know –23 this man, who was handed over by the predetermined plan and foreknowledge of God, you executedt by nailing him to a cross at the hands of Gentiles.t24 But God raised him up,t having releasedt him from the painss of death, because it was not possible for him to be held in its power.t
25 For David says about him,
‘I saw the Lord always in front of me,t
for he is at my right hand so that I will not be shaken.
26 Therefore my heart was glad and my tongue rejoiced;
my bodytalso will live in hope,
27 because you will not leave my soul in Hades,t
nor permit your Holy One to experiencetdecay.
28 You have made known to me the paths of life;
you will make me full of joy with your presence.’s
29 “Brothers,t I can speak confidentlys to you about our forefathert David, that he both died and was buried, and his tomb is with us to this day.30 So then, becauset he was a prophet and knew that God had sworn to him with an oath to seat one of his descendantston his throne,s31 David by foreseeing thist spoke about the resurrection of the Christ,ts that he was neither abandoned to Hades,t nor did his bodytexperiencetdecay.s32 This Jesus God raised up, and we are all witnesses of it.t33 So then, exaltedt to the right hands of God, and having receivedt the promise of the Holy Spiritt from the Father, he has poured outs what you both see and hear.
34 For David did not ascend into heaven, but he himself says,
‘The Lord said to my lord,
“Sitsat my right hand
35 until I make your enemies a footstoolsfor your feet.”’s
36 Therefore let all the house of Israel know beyond a doubtt that God has made this Jesus whom you crucifiedt both Lords and Christ.”ts
The Response to Peter’s Address
37 Now when they heard this,t they were acutely distressedt and said to Peter and the rest of the apostles, “What should we do, brothers?”38 Peter said to them, “Repent, and each one of you be baptizedt in the name of Jesus Christts fort the forgiveness of your sins, and you will receive the gift of the Holy Spirit.t39 For the promises is for you and your children, and for all who are far away, as many as the Lord our God will call to himself.”40 With many other words he testifiedt and exhorted them saying, “Save yourselves from this perverset generation!”
41 So those who acceptedt his messaget were baptized, and that day about three thousand peoplet were added.t
The Fellowship of the Early Believers
42 They were devoting themselves to the apostles’ teaching and to fellowship,s to the breaking of bread and to prayer.t43 Reverential awet came over everyone,t and many wonders and miraculous signst came about by the apostles.44 All who believed were together and heldt everything in common,45 and they began sellingt their propertyt and possessions and distributing the proceedst to everyone, as anyone had need.46 Every dayt they continued to gather together by common consent in the temple courts,t breaking bread fromt house to house, sharing their food with glads and humble hearts,t
47 praising God and having the good willt of all the people. And the Lord was adding to their number every dayt those who were being saved.