HANDELINGE 2
Die Heilige Gees op Pinksterdag op die dissipelkring uitgestort
1 Op Pinksterdag, sewe weke na Jesus se opstanding, was al die gelowiges op een plek saam.2 Skielik was daar in die lug bokant hulle 'n geluid soos van 'n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle bymekaar was.3 Tonge wat gelyk het soos individuele vuurvlamme het toe tussen hulle verskyn en op elkeen van hulle gaan sit.
4 Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat.
5 Daar het toegewyde Jode uit al die nasies onder die son in Jerusalem gewoon.
6 Die geluid van die stormwind en die stemme het 'n groot skare daar laat saamkom. Hulle was uit die veld geslaan omdat elkeen die gelowiges in hulle eie taal hoor praat het.
7 Hulle was heeltemal uit die veld geslaan. "Hoe is dit moontlik?" het hulle uitgeroep. "Almal wat hier praat, is Galileërs,8 en tog hoor ons hulle in ons moedertaal praat!9 Hier is ons - Perse, Mediërs en Elamiete, mense wat in Mesopotamië bly, in Judea, Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië,10 Frigië, Pamfilië, Egipte en die dele van Libië na Sirene se kant toe, besoekers uit Rome -
11 Jode sowel as proseliete, Kretensers en Arabiere. Ons almal hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het!"
12 Hulle was almal uit die veld geslaan. "Wat kan dit tog beteken?" het party van hulle mekaar gevra.
13 Maar ander het gespot. "Hulle is maar net dronk!" het hulle gesê.
Petrus se preek op Pinksterdag
14 Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op. Hy het die skare met 'n harde stem toegespreek: "Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, neem nou deeglik kennis en luister goed na wat ek gaan sê: Julle moet nou goed luister!15 Party van julle beweer hierdie mense is dronk. Dis nie waar nie! Dis heeltemal te vroeg daarvoor. Mense is nie nege-uur in die oggend al dronk nie.16 Nee, wat hier gebeur, is waarvan God deur die profeet Joël gepraat het:17 'Só sal dit in die laaste dae wees, sê God:
Ek sal my Gees uitstort op elke
mens.
Julle seuns en dogters
sal die woord van God
verkondig;
julle jongmense sal gesigte sien,
en julle oumense sal drome
droom.
18 Ja, op die mans en vroue
wat in my diens staan,
sal Ek in daardie dae
my Gees uitstort
en hulle sal my woord verkondig.
19 En Ek sal wonders gee
bo in die hemelruim
en wondertekens onder op die
aarde -
bloed en vuur en rookwolke.
20 Die son sal 'n donker kol word,
en die maan 'n bloedkol,
voordat die groot en heerlike
Dag van die Here kom.
21 Elkeen wat die Naam
van die Here aanroep,
sal verlos word.'
22 "Luister na wat ek gaan sê, geagte mede-Israeliete! Soos julle self weet, het God in die openbaar by julle bevestig dat Jesus van Nasaret die Here is. Dit is bevestig deur kragtige dade, wonders en tekens wat God Hom by julle laat doen het.23 Maar julle het opgetree soos God dit vooruit bepaal het. Met die hulp van nie-Jode het julle Hom aan die kruis gespyker en vermoor.
24 God het Hom egter van die smarte van die dood gered en Hom opgewek, want die dood kon Hom nie in sy greep hou nie.
25 "Koning Dawid het die volgende van Hom gesê:
'Ek het die Here altyd by my gesien.
Niks en niemand
sal my laat wankel nie,
want Hy is hier reg by my.
26 Dis hoekom my hart bly is,
en my tong jubel!
Ja, nog meer:
omdat ek hoop het,
leef ek rustig.
27 Ek weet U sal my gees
nie in Hades agterlaat nie
of toelaat dat u Heilige
in die graf vergaan nie.
28 U het my die paaie geleer
wat na die lewe lei,
U sal my bly maak
met u teenwoordigheid.'
29 "Geagte volksgenote, verstaan goed! Dawid het in dié woorde wat ek aangehaal het, nie van homself gepraat nie. Ons weet mos: hy hét gesterf en is begrawe, en sy graf is tot vandag toe nog hier by ons.
30 "Hy het dus as profeet opgetree, en hy het geweet dat God met 'n eed aan hom belowe het dat een van sy nakomelinge as Messias op sy troon sou sit.31 Dawid het in die toekoms gesien en oor die opstanding van die Messias gepraat:
Hy sal nie in Hades
agtergelaat word nie,
sy liggaam sal nie in die graf
vergaan nie.
32 "Hierdie woorde van Dawid handel oor Jesus: God het Hom opgewek. Ons is almal getuies hiervan.33 Hy is derhalwe verhoog tot die regterhand van God, en nadat Hy die belofte van die Heilige Gees van die Vader ontvang het, het Hy dit uitgestort soos julle nou sien en hoor.34 Dawid is nie die een wat na die hemel toe opgevaar het nie, en tog sê hy:
'Die Here het vir my Here gesê:
Sit aan my regterhand
35 totdat Ek jou vyande
heeltemal aan jou
onderwerp het.'
36 "Die hele Israel moet dus vir seker weet: God het hierdie Jesus wat júlle gekruisig het, Here en Christus gemaak!"
Die eerste Pinksteroes word ingebring
37 Petrus se woorde het hulle diep geraak. Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: "Geagte volksgenote, wat moet ons doen?"
38 Petrus antwoord hulle: "Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.
39 Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode - almal wat die Here ons God sal naderroep."
40 Petrus het nog lank aanhou getuig en 'n ernstige beroep op sy hoorders gedoen: "Laat julle red uit hierdie afgedwaalde geslag!"
41 Dié wat Petrus se boodskap aanvaar het, is gedoop en hulle het lede van die kerk geword. Hulle was so 3 000.
Die eerste gemeente in Jerusalem - 'n besielende voorbeeld
42 Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede.43 Diep ontsag het oor elke persoon gekom, en die apostels het baie wonders en wondertekens laat plaasvind.44 Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar gedeel.45 Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte.
46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die maaltyd van die Here gevier, en hulle kos met jubelende blydskap en in alle opregtheid geëet.
47 Hulle het God deurentyd geprys, en die goedgesindheid van die hele volk geniet. En die Here het elke dag mense wat verlos word, by hulle gevoeg.
ACTS 2
The Coming of the Holy Spirit
1 t On the day of Pentecostt all the Lord's followers were together in one place. 2 Suddenly there was a noise from heaven like the sound of a mighty wind! It filled the house where they were meeting. 3 Then they saw what looked like fiery tongues moving in all directions, and a tongue came and settled on each person there.
4 The Holy Spirit took control of everyone, and they began speaking whatever languages the Spirit let them speak.
5 Many religious Jews from every country in the world were living in Jerusalem. 6 And when they heard this noise, a crowd gathered. But they were surprised, because they were hearing everything in their own languages.
7 They were excited and amazed, and said:
Don't all these who are speaking come from Galilee? 8 Then why do we hear them speaking our very own languages? 9 Some of us are from Parthia, Media, and Elam. Others are from Mesopotamia, Judea, Cappadocia, Pontus, Asia, 10 Phrygia, Pamphylia, Egypt, parts of Libya near Cyrene, Rome,
11 Crete, and Arabia. Some of us were born Jews, and others of us have chosen to be Jews. Yet we all hear them using our own languages to tell the wonderful things God has done.
12 Everyone was excited and confused. Some of them even kept asking each other, “What does all this mean?”
13 Others made fun of the Lord's followers and said, “They are drunk.”Peter Speaks to the Crowd
14 Peter stood with the eleven apostles and spoke in a loud and clear voice to the crowd:
Friends and everyone else living in Jerusalem, listen carefully to what I have to say! 15 You are wrong to think that these people are drunk. After all, it is only nine o'clock in the morning.
16 But this is what God told the prophet Joel to say,
17 t “When the last days come,
I will give my Spirit
to everyone.
Your sons and daughters
will prophesy.
Your young men
will see visions,
and your old men
will have dreams.
18 In those days I will give
my Spirit to my servants,
both men and women,
and they will prophesy.
19 I will work miracles
in the sky above
and wonders
on the earth below.
There will be blood and fire
and clouds of smoke.
20 The sun will turn dark,
and the moon
will be as red as blood
before the great
and wonderful day
of the Lord appears.
21 Then the Lord
will save everyone
who asks for his help.”
22 Now, listen to what I have to say about Jesus from Nazareth. God proved he sent Jesus to you by having him work miracles, wonders, and signs. All of you know this. 23 t God had already planned and decided that Jesus would be handed over to you. So you took him and had evil men put him to death on a cross. 24 t But God set him free from death and raised him to life. Death could not hold him in its power.
25 t What David said are really the words of Jesus,
“I always see the Lord
near me,
and I will not be afraid
with him at my right side.
26 Because of this,
my heart will be glad,
my words will be joyful,
and I will live in hope.
27 The Lord won't leave me
in the grave.
I am his holy one,
and he won't let
my body decay.
28 He has shown me
the path to life,
and he makes me glad
by being near me.”
29 My friends, it is right for me to speak to you about our ancestor David. He died and was buried, and his tomb is still here.
30 t But David was a prophet, and he knew that God had made a promise he would not break. He had told David someone from his own family would someday be king.
31 David knew this would happen, and so he told us Christ would be raised to life. He said God would not leave him in the grave or let his body decay.
32 All of us can tell you that God has raised Jesus to life!
33 Jesus was taken up to sit at the right sidet of God, and he was given the Holy Spirit, just as the Father had promised. Jesus is also the one who has given the Spirit to us, and this is what you are now seeing and hearing.
34 t David didn't go up to heaven. So he wasn't talking about himself when he said, “The Lord told my Lord to sit at his right side, 35 until he made my Lord's enemies into a footstool for him.”
36 Everyone in Israel should then know for certain that God has made Jesus both Lord and Christ, even though you put him to death on a cross.
37 When the people heard this, they were very upset. They asked Peter and the other apostles, “Friends, what should we do?”
38 Peter said to them, “Turn to God and be baptized, every one of you, in the name of Jesus Christ for the forgiveness of your sins, and you will receive the gift of the Holy Spirit.
39 This promise is for you and your children. It is for everyone our Lord God will choose, no matter where they live.”
40 Peter told them many other things as well. Then he said, “I beg you to save yourselves from what will happen to all these evil people.” 41 On that day about 3,000 believed his message and were baptized.
42 They spent their time learning from the apostles, and they were like family to each other. They also broke breadt and prayed together.Life among the Lord's Followers
43 Everyone was amazed by the many miracles and wonders that the apostles worked. 44 t All the Lord's followers often met together, and they shared everything they had. 45 They would sell their property and possessions and give the money to whoever was in need. 46 Day after day they met together in the temple. They broke breadt together in different homes and shared their food happily and freely, 47 while praising God. Everyone liked them, and each day the Lord added to their group others who were being saved.