Handelinge 2
God gee die Heilige Gees vir die gelowiges
1 Al die tgelowiges was bymekaar op die dag van die tPinksterfees. 2 Hulle het skielik iets gehoor wat uit die hemel kom. Dit was soos ’n sterk wind wat waai. Hulle het dit gehoor oral waar hulle in die huis gesit het. 3 Toe sien hulle iets wat lyk soos ’n klomp vuurvlamme bymekaar. Die vlamme het gelyk soos tonge, en ’n vlam het op elke gelowige gaan sit.
4 Die Heilige Gees het in hulle almal gekom en hulle het begin praat in ander tale. Die Gees het hulle laat praat in hierdie tale.
5 Daar was Jode in Jerusalem, hulle het in ander dele van die wêreld grootgeword en het toe in Jerusalem kom woon. Daar was Jode van elke land in die wêreld. Hierdie Jode was lief vir die Here en hulle het Hom gedien soos Hy wil hê. 6 Toe hulle hoor dat hierdie sterk wind kom, het baie van hierdie Jode saamgekom by die huis. Hulle het nie geweet wat gebeur nie, want hulle het gehoor hoe praat die gelowiges in die tale van elkeen van hulle wat uit die ander lande van die wêreld kom. 7 Hulle was baie verbaas en hulle het gesê: “Al hierdie mense wat so praat, kom van Galilea. 8 Elkeen van ons hoor sy eie taal wanneer hulle praat. Hoe gebeur dit? 9 Want ons is Jode uit verskillende volke: Perse, Mediërs, Elamiete, mense wat woon in Mesopotamië, Judea, Kappadosië, Pontus, tAsië, 10 Frigië, Pamfilië, Egipte en die dele van Libië naby Sirene, en mense wat woon in Rome,
11 ook Jode en theidene wat die Jode se godsdiens aanvaar het, Kretensers en Arabiere. Ons hoor hoe praat hulle in ons eie tale oor die groot dinge wat God gedoen het.”
12 Hierdie Jode was almal verbaas en deurmekaar. Hulle het vir mekaar gesê: “Wat kan dit beteken?”
13 Maar ander mense het gespot en gesê: “Hulle is dronk.”Petrus praat op die Pinksterfees
14 Toe staan Petrus op saam met die ander elf tapostels. Hy het hard en ernstig gepraat en vir die mense gesê: “Joodse vriende, ja, almal wat in Jerusalem woon, julle moet verstaan wat hier gebeur en julle moet goed luister na wat ek vir julle sê. 15 Julle dink hierdie mense is dronk, maar hulle is nie, want dit is nou nege-uur in die oggend.
16 Die dinge wat hier gebeur, is die dinge waaroor die tprofeet Joël gepraat het:
17 “tGod het gesê:
“Dit sal só wees in die laaste dae:
Ek sal my Gees gee
vir al die mense:
Julle seuns en julle dogters
sal God se boodskap bring.
Julle jongmanne sal dinge sien
wat die Here vir hulle wys,
en julle ou manne
sal drome droom.
18 Ja, in die laaste dae sal Ek
my Gees gee vir elke man
en vrou wat vir My werk,
en hulle sal God se boodskap
bring.
19 En Ek sal twondertekens gee
bo in die hemel
en ttekens onder op die aarde:
bloed en vuur en rook.
20 Die son sal heeltemal
donker word,
en die maan sal word soos bloed.
Dan sal die groot en belangrike
tdag van die Here kom.
21 En dit sal só wees:
Die Here sal almal red
wat tot Hom bid,
almal wat vra dat Hy
hulle moet red.
22 “Israeliete, julle moet goed luister na wat ek sê: Julle weet dat God vir Jesus van Nasaret groot dinge en twonderwerke en tekens laat doen het toe Jesus by julle was. So het God gewys dat Hy self vir Jesus gestuur het. 23 God het lank gelede besluit en geweet dat Hy hierdie Man sal gee vir die mense wat nie die wette van God ken nie, sodat hulle met Hom kan doen wat hulle wil. Hierdie mense het vir Jesus geneem en hulle het Hom vir julle gegee, en toe het julle Hom tgekruisig en vermoor. 24 Maar God het toe vir Jesus vrygemaak van die pyne van die dood, Hy het vir Jesus weer laat lewe. Want die dood kon nie vir Jesus vashou nie.
25 Dawid het dinge gesê oor homself, maar hy het dit ook oor Jesus gesê. Dawid het gesê:
“tEk het die Here altyd
voor my gesien,
want Hy is hier regs langs my
sodat ek nie val nie.
26 Daarom was my hart bly
en was my tong baie bly.
Ja, ek hoop en ek is seker
dat my liggaam sal lewe.
27 Want U sal nie vir my
na die tdoderyk laat gaan nie.
Ek is aan U tgewy,
U sal my nie laat sterf nie.
28 U het vir my geleer
hoe om te lewe,
ek sal altyd bly wees
wanneer U by my is.
29 “Vriende, julle almal weet dat ek reg is as ek vir julle sê dat ons tvoorvader Dawid gesterwe het en begrawe is, en dat sy tgraf vandag nog by ons is. 30 Maar Dawid was ’n profeet, en hy het geweet dat God vir hom belowe het dat een van sy tnageslag eendag op sy ttroon sal sit.
31 Dawid het gesien wat later sal gebeur en daarom het hy gesê dat Christus weer sal lewe. Dawid het gesê:
“tGod het Hom nie na die doderyk
laat gaan nie,
en sy liggaam het nie gesterf nie.
32 “God het vir Hóm, vir Jesus, weer laat lewe, en ons is almal tgetuies daarvan. 33 God het vir Jesus opgeneem in die hemel en Hy het gesê dat Jesus op die belangrikste plek langs Hom moet sit. Toe het die Vader vir Jesus die Heilige Gees gegee, die Vader het dit belowe. En Jesus het die Heilige Gees vir ons gegee. Dit is wat julle nou sien en hoor.
34 Want Dawid het nie na die hemel gegaan nie. Dawid sê self:
“tDie Here het vir my Here gesê:
‘Jy moet hier langs My sit,
op die belangrikste plek,
35 want Ek sal jou vyande tverneder,
en Ek sal hulle voor jou laat lê
sodat jy jou voete op hulle kan sit.’
36 “Die hele Israel moet nou weet, en dit is seker: Julle het vir Jesus gekruisig, maar God het gesê dieselfde Jesus moet die Here en tdie Christus wees.”Die gelowiges word meer
37 Toe die mense hierdie woorde hoor, was hulle hartseer en ontsteld. Hulle het vir Petrus en die ander tapostels gevra: “Vriende, wat moet ons doen?”
38 En Petrus het vir hulle gesê: “Julle moet verander en julle moet lewe soos God wil hê. Julle almal moet gedoop word tin die Naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe, en God sal die Heilige Gees vir julle gee.
39 Want God het dit belowe vir julle en vir julle kinders en ook vir al die mense wat nie Jode is nie. Ja, Hy belowe dit vir al die mense wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”
40 Petrus het nog baie ander dinge gesê, hy het die mense gewaarsku en hy het ernstig met hulle gepraat. Hy het gesê: “Julle moet vir God vra om julle te red, julle moenie wees soos die wêreld se mense wat sonde doen nie.”
41 Die mense wat besluit het om te doen wat Petrus sê, is gedoop. En God het nog omtrent 3 000 mense op daardie dag tgelowiges laat word.Hoe die gelowiges gelewe het
42 Die tgelowiges het aangehou om die dinge te doen wat die tapostels vir hulle geleer het en hulle was altyd saam. Hulle het ook altyd saam geëet en gebid. 43 Toe die ander Jode die twonderwerke en die ttekens sien wat God die apostels laat doen het, het hulle almal besef dat dit God is wat dit laat gebeur. 44 Al die gelowiges was bymekaar, en hulle goed het aan hulle almal behoort. 45 Hulle het hulle grond en huise en goed verkoop en hulle het die geld gegee vir mense wat min gehad het.
46 Hulle het elke dag bymekaargekom in die ttempel en hulle het saam geëet in mekaar se huise. Hulle het vir mekaar kos gegee. Hulle het dit gedoen omdat hulle bly was en omdat hulle mekaar graag wou help.
47 Hulle het God geprys, en al die mense in Jerusalem het gehou van hulle. Die Here het elke dag mense gered en so het die gelowiges meer geword.
Acts 2
The Holy Spirit Comes at Pentecost
1 The day of Pentecost came. The believers all gathered in one place.2 Suddenly a sound came from heaven. It was like a strong wind blowing. It filled the whole house where they were sitting.3 They saw something that looked like tongues of fire. The flames separated and settled on each of them.4 All of them were filled with the Holy Spirit. They began to speak in languages they had not known before. The Spirit gave them the ability to do this.
5 Godly Jews from every country in the world were staying in Jerusalem.6 A crowd came together when they heard the sound. They were bewildered because they each heard the believers speaking in their own language.7 The crowd was really amazed. They asked, "Aren't all these people from Galilee?8 Why, then, do we each hear them speaking in our own native language?9 We are Parthians, Medes and Elamites. We live in Mesopotamia, Judea and Cappadocia. We are from Pontus, Asia,10 Phrygia and Pamphylia. Others of us are from Egypt and the parts of Libya near Cyrene. Still others are visitors from Rome.11 Some of the visitors are Jews. Others have accepted the Jewish faith. Also, Cretans and Arabs are here. We hear all these people speaking about God's wonders in our own languages!"12 They were amazed and bewildered. They asked one another, "What does this mean?"
13 But some people in the crowd made fun of the believers. "They've had too much wine!" they said.
Peter Speaks to the Crowd
14 Then Peter stood up with the Eleven. In a loud voice he spoke to the crowd. "My Jewish friends," he said, "let me explain this to you. All of you who live in Jerusalem, listen carefully to what I say.15 You think these people are drunk. But they aren't. It's only nine o'clock in the morning!16 No, here is what the prophet Joel meant.
17 He said,
" 'In the last days, God says,
I will pour out my Holy Spirit on all people.
Your sons and daughters will prophesy.
Your young men will see visions.
Your old men will have dreams.
18 In those days I will pour out my Spirit
even on those who serve me, both men and women.
When I do, they will prophesy.
19 I will show wonders in the heavens above.
I will show miraculous signs on the earth below.
There will be blood and fire and clouds of smoke.
20 The sun will become dark.
The moon will turn red like blood.
This will happen before the coming of the great and glorious day of the Lord.
21 Everyone who calls
on the name of the Lord will be saved.' (Joel 2:28-32)
22 "Men of Israel, listen to this! Jesus of Nazareth was a man who had God's approval. God did miracles, wonders and signs among you through Jesus. You yourselves know this.23 Long ago God planned that Jesus would be handed over to you. With the help of evil people, you put Jesus to death. You nailed him to the cross.24 But God raised him from the dead. He set him free from the suffering of death. It wasn't possible for death to keep its hold on Jesus.
25 David spoke about him. He said,
" 'I know that the Lord is always with me.
He is at my right hand.
I will always be secure.
26 So my heart is glad. Joy is on my tongue.
My body also will be full of hope.
27 You will not leave me in the grave.
You will not let your Holy One rot away.
28 You always show me the path that leads to life.
You will fill me with joy when I am with you.' (Psalm 16:8-11)
29 "Brothers, you can be sure that King David died. He was buried. His tomb is still here today.30 But David was a prophet. He knew that God had made a promise to him. He had taken an oath that someone in David's family line would be king after him.31 David saw what was ahead. So he spoke about the Christ rising from the dead. He said that the Christ would not be left in the grave. His body wouldn't rot in the ground.32 God has raised this same Jesus back to life. We are all witnesses of this.33 Jesus has been given a place of honor at the right hand of God. He has received the Holy Spirit from the Father. This is what God had promised. It is Jesus who has poured out what you now see and hear.
34 David did not go up to heaven. But he said,
" 'The Lord said to my Lord,
"Sit at my right hand.
35 I will put your enemies
under your control." ' (Psalm 110:1)
36 "So be sure of this, all you people of Israel. You nailed Jesus to the cross. But God has made him both Lord and Christ."
37 When the people heard this, their hearts were filled with shame. They said to Peter and the other apostles, "Brothers, what should we do?"
38 Peter replied, "All of you must turn away from your sins and be baptized in the name of Jesus Christ. Then your sins will be forgiven. You will receive the gift of the Holy Spirit.39 The promise is for you and your children. It is also for all who are far away. It is for all whom the Lord our God will choose."
40 Peter said many other things to warn them. He begged them, "Save yourselves from these evil people."41 Those who accepted his message were baptized. About 3,000 people joined the believers that day.
The Believers Share Life Together
42 The believers studied what the apostles taught. They shared life together. They broke bread and ate together. And they prayed.43 Everyone felt that God was near. The apostles did many wonders and miraculous signs.44 All the believers were together. They shared everything they had.45 They sold what they owned. They gave each other everything they needed.46 Every day they met together in the temple courtyard. In their homes they broke bread and ate together. Their hearts were glad and honest and true.47 They praised God. They were respected by all the people. Every day the Lord added to their group those who were being saved.