Handelinge 21
Paulus gaan na Jerusalem
1 Paulus en ons het totsiens gesê vir die touderlinge van die stad Efese, en toe het ons weggeseil met die skip. Ons het reguit geseil tot by die eiland Kos. Die volgende dag het ons tot by die eiland Rodos geseil en toe tot by die stad Patara. 2 In Patara het ons ’n skip gekry wat na die land Fenisië sou seil. Ons het op die skip geklim en weggeseil. 3 Ons het verder geseil en ons kon die eiland Siprus sien. Ons het nog verder geseil en ons het regs verby Siprus geseil tot by Sirië. Ons het by die stad Tirus afgeklim, want die mense moes daar die goed aflaai wat op die skip was. 4 Ons het die tgelowiges in Tirus gaan soek en ons het sewe dae lank by hulle gebly. Hulle het vir Paulus gesê die Heilige Gees het gesê hy moenie na Jerusalem gaan nie. 5 Toe die sewe dae verby was, het ons uit die stad gegaan om verder te gaan. Al die gelowiges, ook hulle vrouens en kinders, het saam met ons uit die stad gegaan. Ons het op die strand gekniel en gebid.
6 Toe het ons mekaar gegroet en ons het op die skip geklim. Die gelowiges het teruggegaan huis toe.
7 Ons het van Tirus verder met die skip geseil en ons het by die stad Ptolemaïs gekom. Ons het die gelowiges daar gegroet en ons het een dag lank by hulle gebly. 8 Die volgende dag het ons verder gegaan en ons het by die stad Sesarea gekom. Daar het ons na die huis van Filippus gegaan en ons het by hom gebly. Hy was een van sewe leiers wat die goeie boodskap van God in Sesarea gebring het.
9 Filippus het vier dogters gehad, hulle was nog nie getroud nie. Die vier dogters was tprofete.
10 Ons het ’n lang tyd daar gebly. Terwyl ons daar was, het ’n profeet van Judea daar aangekom. Sy naam was Agabus.
11 Agabus het na ons toe gekom en hy het Paulus se belt gevat. Agabus het sy eie hande en voete met die belt vasgebind en gesê: “Die Heilige Gees sê die Jode in Jerusalem sal die man wat altyd hierdie belt dra, só vasbind. En hulle sal hom dan vir die theidene gee.”
12 Toe ons hoor wat Agabus sê, het ons en die gelowiges wat daar woon, vir Paulus ernstig gevra om nie na Jerusalem te gaan nie.
13 Toe sê Paulus: “Wat doen julle nou? Julle huil en julle maak my hartseer! Ek is gereed om te gaan. Die mense kan my vang in Jerusalem, dit maak nie saak nie. Ja, ek is ook gereed om in Jerusalem te sterf vir die Naam van die Here Jesus.”
14 Paulus wou nie luister na wat ons vir hom sê nie, en daarom het ons stilgebly. Ons het net gesê: “Ons bid dat die Here sal doen wat Hy wil doen.”
15 Nadat hierdie tyd verby was, het ons gereedgemaak om na Jerusalem te gaan.
16 Party van die gelowiges van Sesarea het saam met ons gegaan. Hulle het ons in Jerusalem gebring na die huis van Mnason. Mnason het voorheen op die eiland Siprus gewoon en hy het lank gelede ’n gelowige geword. Ons het by hom in Jerusalem gebly.Paulus besoek vir Jakobus in Jerusalem
17 Toe ons in Jerusalem aankom, was die tgelowiges daar baie bly om ons te sien.
18 Die volgende dag het Paulus saam met ons na Jakobus se huis gegaan. Al die touderlinge was daar.
19 Paulus het hulle gegroet en toe het hy alles vertel wat God gedoen het, en hoe hy God se werk by die theidene gedoen het.
20 Toe hulle hoor wat Paulus sê, het hulle God geprys. En hulle het vir Paulus gesê: “Vriend, jy weet daar is duisende Jode wat in Christus glo, en hulle is almal baie gehoorsaam aan die twette.
21 Party mense het vir hulle gesê dat jy vir al die Jode wat by die heidene woon, sê hulle moenie doen wat in Moses se wette geskryf is nie. Hulle sê dat jy sê daardie Jode moenie hulle kinders tbesny nie en hulle moenie soos Jode lewe nie.
22 “Ons weet nou nie wat om te doen nie. Die Jode wat in Christus glo, sal hoor dat jy na Jerusalem gekom het. Dit is seker! 23 Jy moet nou maak soos ons vir jou sê. Hier is vier mans by ons, hulle het ’n tgelofte gemaak. 24 Wanneer hulle vir hulle laat treinig, dan moet jy ook vir jou laat reinig. En jy moet betaal sodat hulle al hulle thare kan laat afskeer. Dan sal almal weet die dinge is nie waar wat mense oor jou sê nie. Hulle sal weet dat jy self ook reg lewe en doen wat die wette sê.
25 Maar ons het ’n brief geskryf vir die heidene wat in Christus glo. Ons het vir hulle geskryf dat ons besluit het dat hulle nie tafgod-offervleis moet eet nie, hulle moet ook nie bloed eet of iets eet wat verwurg is nie, en hulle moenie tonsedelik lewe nie.”
26 Paulus het toe gesê die mans moet saam met hom gaan. Die volgende dag het hy homself laat reinig saam met hulle. Toe het hy ingegaan in die ttempel. Hy het daar vir almal gesê hoe lank hy en die vier mans hulle sal laat reinig. Hy het ook gesê op watter dag dit verby sal wees en wanneer elkeen van hulle ’n toffer sal bring.Die Jode vang vir Paulus in die tempel
27 Die tsewe dae wat Paulus en die sewe mans hulle laat treinig het, was amper verby. Toe het Jode wat van die provinsie tAsië gekom het, vir Paulus in die ttempel gesien. Hulle het so geskree dat almal in die tempel kwaad geword het vir Paulus en hulle het vir Paulus gevang.
28 Hulle het hard geskree en gesê: “Israeliete, julle moet kom help! Hier is die man wat oral vir almal dinge leer wat teen ons volk is, en wat ook teen ons twette en teen die tempel is. Hy het ook Grieke ingebring in die tempel en so het hy hierdie tgewyde plek tonrein gemaak.”
29 Die Jode uit Asië het so gesê, want hulle het voorheen gesien dat Trofimus saam met Paulus in Jerusalem is. Trofimus was ’n Griek van die stad Efese. Daarom het hulle gedink Paulus het vir Trofimus saamgebring na die tempel.
30 Almal in die stad het kwaad geword en die mense het na die tempel gehardloop. Hulle het vir Paulus gegryp en hulle het hom uit die tempel gesleep. Die mense by die tempel het die tempel se deure dadelik toegemaak. 31 Die Jode het probeer om vir Paulus dood te maak. Maar iemand het vir die thoof-offisier van die Romeinse soldate gaan sê dat al die mense van Jerusalem kwaad is en dat hulle baie raas. 32 Die hoof-offisier het dadelik vir sy soldate en toffisiere gesê hulle moet saam met hom kom, en hulle almal het na die tempel gehardloop. Toe die Jode die hoof-offisier en die soldate sien, het hulle opgehou om vir Paulus te slaan.
33 Die hoof-offisier het nader geloop en hy het vir sy soldate gesê hulle moet vir Paulus ’n tgevangene maak. Hy het ook vir Paulus laat vasbind met twee kettings. Die hoof-offisier het vir die Jode gevra wie Paulus is en wat hy verkeerd gedoen het.
34 Party Jode het iets geskree en party Jode het iets anders geskree. Hulle het so baie geraas dat die hoof-offisier nie kon uitvind wat regtig gebeur het nie. Daarom het hy vir sy soldate gesê hulle moet vir Paulus neem na die plek waar die soldate woon. 35 Hulle het gekom tot by die trappe. Die mense was baie kwaad vir Paulus en hulle het so baie aan hom gestamp dat die soldate vir Paulus moes dra.
36 Die mense wat saamgegaan het, het die hele tyd geskree en gesê: “Maak hom dood!”Paulus sê dat hy niks verkeerd gedoen het nie
37 Die Romeinse soldate het vir Paulus na die soldate-kamp geneem. Toe hulle daar aankom, vra Paulus vir die thoof-offisier: “Mag ek iets sê?”
Die hoof-offisier het gesê: “Ek hoor jy kan Grieks praat.
38 Ek weet nou jy is nie die Egiptenaar wat ’n tyd gelede ’n klomp mense topstandig gemaak het en toe 4 000 manne na die woestyn geneem het nie, die manne wat teen die Romeine wou veg.”
39 Paulus het vir hom gesê: “Nee, ek is ’n Jood. Ek kom van die stad Tarsus in die provinsie Silisië. Ek woon in Tarsus, dit is ’n belangrike stad! Ek vra mooi vir jou: Mag ek asseblief met die mense praat?”
40 Die hoof-offisier het gesê Paulus mag met die mense praat. Toe het Paulus op die trappe gaan staan en hy het met sy hand vir die mense gewys hulle moet stilbly. Dit het baie stil geword en Paulus het in tHebreeus met hulle gepraat.
Acts 21
Paul Continues His Journey
1 After we had torn ourselves away from the Ephesian elders, we headed out to sea. We sailed straight to Cos. The next day we went to Rhodes. From there we continued on to Patara.2 We found a ship crossing over to Phoenicia. So we went on board and headed out to sea.3 We came near Cyprus and passed to the south of it. Then we sailed on to Syria. We landed at Tyre. There our ship was supposed to unload.4 We found the believers there and stayed with them for seven days. Led by the Holy Spirit, they tried to get Paul not to go on to Jerusalem.5 But when it was time to leave, we continued on our way. All the believers and their families went with us out of the city. There on the beach we got down on our knees to pray.6 We said good-by to each other. Then we went on board the ship. And they returned home.
7 Continuing on from Tyre, we landed at Ptolemais. There we greeted the brothers and sisters. We stayed with them for a day.8 The next day we left and arrived at Caesarea. We stayed at the house of Philip the evangelist. He was one of the seven deacons.9 He had four unmarried daughters who prophesied.
10 We stayed there several days. Then a prophet named Agabus came down from Judea.11 He came over to us. Then he took Paul's belt and tied his own hands and feet with it. He said, "The Holy Spirit says, 'This is how the Jews of Jerusalem will tie up the owner of this belt. They will hand him over to people who are not Jews.' "
12 When we heard this, we all begged Paul not to go up to Jerusalem.13 He asked, "Why are you crying? Why are you breaking my heart? I'm ready to be put in prison. In fact, I'm ready to die in Jerusalem for the Lord Jesus."14 We couldn't change his mind. So we gave up. We said, "May what the Lord wants to happen be done."
15 After this, we got ready and went up to Jerusalem.16 Some of the believers from Caesarea went with us. They brought us to Mnason's home. We were supposed to stay there. Mnason was from Cyprus. He was one of the first believers.
Paul Arrives in Jerusalem
17 When we arrived in Jerusalem, the brothers and sisters gave us a warm welcome.18 The next day Paul and the rest of us went to see James. All the elders were there.19 Paul greeted them. Then he reported everything God had done among the non-Jews through his work.
20 When they heard this, they praised God. Then they spoke to Paul. "Brother," they said, "you see that thousands of Jews have become believers. All of them try very hard to obey the law.21 They have been told that you teach all the Jews who live among the non-Jews to turn away from Moses. They think that you teach them not to circumcise their children. They think that you teach them to give up our Jewish ways.
22 "What should we do? They will certainly hear that you have come.23 So do what we tell you. There are four men with us who have made a promise to God.24 Take them with you. Join them in the Jewish practice that makes people pure and clean. Pay their expenses so they can have their heads shaved. Then everybody will know that these reports about you are not true in any way. They will know that you yourself obey the law.
25 "We have already given written directions to the believers who are not Jews. They must not eat food that has been offered to statues of gods. They must not drink blood. They must not eat the meat of animals that have been choked to death. And they must not commit sexual sins."
26 The next day Paul took the men with him. They all made themselves pure and clean in the usual way. Then Paul went to the temple. There he reported the date when the days of cleansing would end. At that time the proper offering would be made for each of them.
Paul Is Arrested
27 The seven days of cleansing were almost over. Some Jews from Asia Minor saw Paul at the temple. They stirred up the whole crowd. They arrested Paul.28 "Men of Israel, help us!" they shouted. "This is the man who teaches everyone in all places against our people. He speaks against our law and against this holy place. Besides, he has brought Greeks into the temple area. He has made this holy place unclean."29 They said this because they had seen Trophimus the Ephesian in the city with Paul. They thought Paul had brought him into the temple area.
30 The whole city was stirred up. People came running from all directions. They grabbed Paul and dragged him out of the temple. Right away the temple gates were shut.31 The people were trying to kill Paul. But news reached the commander of the Roman troops. He heard that people were making trouble in the whole city of Jerusalem.32 At once he took some officers and soldiers with him. They ran down to the crowd. The people causing the trouble saw the commander and his soldiers. So they stopped beating Paul.
33 The commander came up and arrested Paul. He ordered him to be held with two chains. Then he asked who Paul was and what he had done.34 Some in the crowd shouted one thing, some another. But the commander couldn't get the facts because of all the noise. So he ordered that Paul be taken into the fort.35 Paul reached the steps. But then the mob became so wild that he had to be carried by the soldiers.36 The crowd that followed kept shouting, "Kill him!"
Paul Speaks to the Crowd
37 The soldiers were about to take Paul into the fort. Then he asked the commander, "May I say something to you?"
"Do you speak Greek?" he replied.38 "Aren't you the Egyptian who turned some of our people against their leaders? Didn't you lead 4,000 terrorists out into the desert some time ago?"
39 Paul answered, "I am a Jew from Tarsus in Cilicia. I am a citizen of an important city. Please let me speak to the people."
40 The commander told him he could. So Paul stood on the steps and motioned to the crowd. When all of them were quiet, he spoke to them in the Aramaic language.