Handelinge 21
1 Dit was bitter moeilik om van Efese se ouderlinge afskeid te neem. Nadat ons dit gedoen het, het ons tot by die eiland Kos gevaar. Daar het ons die aand oorgeslaap. Die volgende dag het ons tot in Rodos en van daar af na Patara gevaar.2 Daar aangekom, het ons 'n boot gehaal wat ons tot in Fenisië geneem het.3 Van daar af is ons na Siprus toe, waar ons oor Sirië tot in Tirus gevaar het. Die skip het daar anker gegooi. Terwyl ons gewag het dat die skip se vrag afgelaai word, het ons besluit om by die gelowiges in die stad te gaan oorbly.4 Ons het toe sewe dae by hulle deurgebring. Terwyl ons daar in Tirus was, het die Heilige Gees 'n paar gelowiges gelei om vir Paulus te sê om nie Jerusalem toe te gaan nie.
5 Later, toe ons skip reg was om te vertrek, het die hele gemeente ons kom groet. Mans, vroue en kinders, almal was daar. Hulle het saam met ons tot by die hawe gestap. Dit was net buitekant die stad. Daar op die strand het ons almal eers neergekniel en saamgebid.6 Toe het ons mekaar gegroet en op die skip geklim.
7 Ons het van Tirus af na Ptolemaïs gevaar. Daar het ons die gemeente besoek. Hulle het gereël dat ons sommer ook daar by hulle oorslaap.8 Die volgende dag het ons na Sesarea vertrek, waar ons 'n ruk lank by Filippus gebly het. Hy is een van die sewe mans wat vroeër daar in die Jerusalemgemeente gehelp het om die armes te versorg.9 Hy het nou in Sesarea gebly, waar hy die goeie nuus oor Jesus verkondig het. Filippus het vier dogters gehad wat nog nie getroud was nie. God het aan hulle die gawe gegee om as profete op te tree en sy wil aan ander mense bekend te maak.
10 Terwyl ons by Filippus gebly het, het 'n profeet uit Judea met die naam Agabus ook daar aangekom.11 Daar voor almal kom vat hy Paulus se belt en maak dit om sy hande en voete vas. Toe sê hy: "Luister wat die Heilige Gees vir julle sê: 'Die man aan wie hierdie belt behoort, gaan op presies dieselfde manier in Jerusalem deur die Jode vasgebind word. Dan gaan hulle hom aan die Romeine uitlewer.'"
12 Toe ons dit hoor, was ons baie omgekrap. Ons het Paulus oor en oor gesmeek om nie Jerusalem toe te gaan nie, maar hy wou nie na ons luister nie. "Hoekom probeer julle om my van my plan te laat afsien?" het hy ons gevra.13 "Netnou oorreed al julle gehuil my om nie meer Jerusalem toe te gaan nie. Kom ek sê reguit vir julle: dis glad nie vir my 'n probleem as ek in Jerusalem in die tronk beland nie. Ek gee nie eens om as hulle my doodmaak ter wille van die Here Jesus nie!"
14 Toe ons besef dat ons Paulus nie kon oorreed om weg te bly uit Jerusalem nie, het ons besluit om nie verder met hom daaroor te praat nie. "Ons bid net dat God se wil in jou lewe sal geskied. Mag al sy planne met jou lewe waar word," het ons vir hom gesê.
15 'n Paar dae later het ons Jerusalem toe vertrek.16 'n Klompie van die gelowiges in Sesarea het saam met ons soontoe gereis. Langs die pad het ons by 'n gelowige met die naam Mnason oorgebly. Hy was al oud. Hy het ons goed ontvang omdat hy goeie vriende was met die gelowiges in Sesarea wat saam met ons gereis het.
17 In Jerusalem was die gelowiges van die stad bly om ons te sien.18 Die volgende dag het ons en Paulus vir Jakobus gaan kuier. Toe ons by sy huis aankom, was die ander leiers van die gemeente ook daar.
19 Paulus het hulle almal vriendelik gegroet. Hy het dadelik begin om hulle te vertel waar hy oral was en wat hy alles gedoen het. Hy het verduidelik hoe God deur hom gewerk het onder mense wat nie aan die Joodse volk behoort nie.20 Toe Jakobus en die ander mense dit hoor, het hulle die Here geprys. Toe Paulus klaar was, sê hulle: "Ons het ook goeie nuus. Hier in Jerusalem het duisende Jode ook in Jesus begin glo. Maar hulle onderhou steeds die wet van Moses."
21 "Paulus, nou het ons ook 'n bietjie slegte nuus. Dit gaan oor jou. Ons moet jou waarsku. Daar word gesê dat jy oral vir die Jode vertel dat hulle nie meer na die wet van Moses hoef te luister nie. Hulle sê dat jy sê Joodse kinders hoef nie meer besny te word nie. Hulle hoef ook nie meer te leef soos ons godsdienstige wet voorskryf nie.
22 "Nou sit ons met 'n groot probleem. Almal in die stad sal binnekort weet jy is hier. En dan gaan hulle die lewe vir ons bitter moeilik maak. Ons eie gemeentelede gaan ons ook daarvan beskuldig dat ons vriendelik is met iemand wat 'n dwaalleer verkondig. Maar ons het 'n oplossing vir die probleem.23 In ons gemeente is daar vier mans wat 'n ruk terug 'n belofte aan die Here afgelê het. Nou het die tyd aangebreek dat hulle hulle hare moet afskeer. Dis die bewys dat hulle hulle belofte teenoor God nagekom het.24 Soos jy weet, moet hulle nou na die tempel toe gaan om hulle daar aan die Here te gaan toewy. Hulle moet ook 'n offer aan Hom bring, wat 'n klompie geld kos. Ons wil hê jy moet saam met hulle na die tempel toe gaan. Betaal die geld vir hulle offers.
"Gaan eers na 'n priester toe in die tempel. Hy sal jou elke paar dae met 'n bietjie water besprinkel. Dit vat 'n week. Na hierdie tyd kan jy dan die offers namens daardie vier mans betaal. Dan sal almal sien dat jy nog steeds luister na die wet van Moses.
25 "Toe jy die vorige keer in Jerusalem was, het ons vir jou gesê dat Joodse gebruike slegs vir die Jode geld. Ons staan nog steeds daarby. Gelowiges wat nie Jode is nie, hoef glad nie hierdie voorskrif te gehoorsaam nie. Al wat hulle moet doen, is om te sorg dat hulle nie kos eet wat aan die afgode opgedra is nie. Hulle moet ook nie bloed drink of vleis eet van diere wat verwurg is nie. En laastens moet hulle nie seksuele verhoudings buite die huwelik aangaan nie."
26 Die volgende dag het Paulus die vier mans saam met hom na die tempel toe gevat. Daar het hy hom saam met hulle aan die Here toegewy. Volgens Joodse voorskrif sou daardie tyd van reiniging sewe dae lank aanhou.
27 Toe die sewe dae amper verby was, het 'n groepie Jode uit Asië op 'n dag vir Paulus in die tempel raakgesien. Hulle was geskok en het dadelik begin skree:28 "Help! Kom help ons om hierdie man te vang! Dit is hy wat oral sulke verskriklike dinge teen die wet en teen die tempel kwytraak. Hy het nie 'n goeie woord vir ons volk nie. Boonop het 'n klompie Grieke saam met hom hier in die binnehof van die tempel ingekom. Hy maak die tempel onrein.29 Almal weet mos dat heidene nie hier mag inkom nie." (Terloops, hierdie Jode het vroeër vir Trofimus, een van Paulus se metgeselle uit Efese, saam met hom sien rondstap. Hulle het gedink dat Paulus hom in die tempel ingevat het. Maar Paulus het nie so iets gedoen nie.)
30 Hierdie woorde het die skare in rep en roer gehad. Soos een man het hulle op Paulus afgestorm en hom gevang. Die nuus dat Paulus in die tempel gevang is, het soos 'n veldbrand deur die stad versprei. 'n Groot aantal mense het na die tempel toe gehardloop. Hulle het Paulus hardhandig tot buite die tempel gesleep. Die priesters het die deure van die tempel haastig agter die woedende skare toegesluit omdat hulle bang was vir 'n bakleiery op die tempelterrein.
31 Terwyl die mense Paulus aangerand en hom probeer doodmaak het, is 'n boodskap na die aanvoerder van die Romeinse garnisoen gestuur. Hy het gehoor wat buite die tempel aangaan.32 Die bevelvoerder het toe dadelik sy offisiere en manskappe bymekaargemaak en na die tempel gehardloop om die skare onder beheer te kry.
33 Toe die skare die Romeinse soldate sien aankom, het hulle opgehou om Paulus te slaan en te skop. Die bevelvoerder het die soldate beveel om hom met twee kettings vas te maak. Toe het hy probeer vasstel wie Paulus is en wat hy verkeerd gedoen het.34 Die skare het egter so geraas en deurmekaar gepraat dat die aanvoerder nie kon verstaan wat aan die gang was nie.35 Hy het toe vir sy soldate gesê om Paulus na die Romeinse kaserne toe te bring. Die skare was egter so gewelddadig dat die soldate Paulus moes dra. Hulle het agter die soldate aangeloop en geskree:36 "Weg met hom!"
37 Toe die Romeine by hulle hoofkwartier aankom, vra Paulus vir hulle aanvoerder: "Mag ek asseblief iets sê?"
"Hoe praat jy dan Grieks?" vra die bevelvoerder hom.38 "Ek dog jy is daardie Egiptenaar wat 'n ruk terug hier amok gemaak het en daarna met 4 000 volgelinge die woestyn in is."
39 "Nee, ek is 'n Jood," antwoord Paulus. "Ek kom van daardie beroemde stad Tarsus in Silisië af. Mag ek asseblief die skare toespreek?"
40 Die aanvoerder het geknik. Paulus het op die trap gaan staan en met sy hand vir die skare beduie om stil te bly. Almal het doodstil geword toe hy met hulle in Hebreeus begin praat.
Acts 21
Paul’s Journey to Jerusalem
1 Aftert wes tore ourselves awayt from them, we put out to sea,t and sailing a straight course,t we came to Cos,s on the next day to Rhodes,s and from there to Patara.s2 We foundt a ship crossing over to Phoenicia,s went aboard,t and put out to sea.t3 After we sighted Cypruss and left it behind on our port side,s we sailed on to Syria and put int at Tyre,ss because the ship was to unload its cargo there.4 After we locatedt the disciples, we stayed theret seven days. They repeatedly toldt Paul through the Spirits not to set foott in Jerusalem.s5 Whent our time was over,t we left and went on our way. All of them, with their wives and children, accompaniedt us outside of the city. Aftert kneeling down on the beach and praying,s6 we said farewellt to one another.s Thent we went aboard the ship, and they returned to their own homes.t7 We continued the voyage from Tyres and arrived at Ptolemais,s and when we had greeted the brothers, we stayed with them for one day.8 On the next day we leftt and came to Caesarea,ss and enteredt the house of Philip the evangelist, who was one of the seven,s and stayed with him.
9 (He had four unmarriedt daughters who prophesied.)s
10 While we remained there for a number of days,t a prophet named Agabuss came down from Judea.11 He camet to us, tookt Paul’s belt,s tiedt his own hands and feet with it,t and said, “The Holy Spirit says this: ‘This is the way the Jews in Jerusalem will tie up the man whose belt this is, and will hand him overts to the Gentiles.’”12 When we heard this, both we and the local peoplet begged him not to go up to Jerusalem.13 Then Paul replied, “What are you doing, weeping and breakingt my heart? For I am ready not only to be tied up,t but even to die in Jerusalem for the name of the Lord Jesus.”
14 Because he could not be persuaded,t we said no more except,t “The Lord’s will be done.”s
15 After these days we got readyt and started upts to Jerusalem.16 Some of the disciples from Caesareass came along with us too, and brought us to the houset of Mnason of Cyprus, a disciple from the earliest times,t with whom we were to stay.17 When we arrived in Jerusalem, the brothers welcomed us gladly.t18 The next day Paul went in with us to see James, and all the elders were there.ts19 When Pault had greeted them, he began to explaint in detailt what Gods had done among the Gentiles through his ministry.20 When they heard this, they praisedt God. Then they said to him, “You see, brother, how many thousands of Jewsts there are who have believed, and they are all ardent observerst of the law.s21 They have been informed about you – that you teach all the Jews now livingt among the Gentiles to abandonts Moses, telling them not to circumcise their childrens or livet according to our customs.22 What then should we do? They will no doubtt hear that you have come.23 So do whatt we tell you: We have four ment who have takent a vow;t24 take them and purifys yourself along with them and pay their expenses,t so that they may have their heads shaved.ts Thent everyone will know there is nothing in what they have been toldt about you, but that you yourself live in conformity witht the law.s25 But regarding the Gentiles who have believed, we have written a letter, having decidedts that they should avoidt meat that has been sacrificed to idolst and blood and what has been strangleds and sexual immorality.”26 Then Paul took the men the next day,t and after he had purified himselft along with them, he went to the temple and gave noticet of the completion of the days of purification,s whent the sacrifice would be offered for eacht of them.27 When the seven days were almost over,t the Jews from the province of Asiats who had seen him in the temple areat stirred up the whole crowdt and seizedt him,28 shouting, “Men of Israel,t help! This is the man who teaches everyone everywhere against our people, our law,s and this sanctuary!ts Furthermoret he has brought Greeks into the inner courts of the templet and made this holy place ritually unclean!”ts29 (For they had seen Trophimus the Ephesian in the city with him previously, andt they assumed Paul had brought him into the inner temple courts.)ts30 The whole city was stirred up,t and the people rushed together.t They seizedt Paul and dragged him out of the temple courts,t and immediately the doors were shut.31 While they were tryingt to kill him, a reportt was sent upt to the commanding officert of the cohorts that all Jerusalem was in confusion.t32 Het immediately tookt soldiers and centurionss and ran down to the crowd.t When they sawt the commanding officert and the soldiers, they stopped beatings Paul.33 Then the commanding officert came up and arrestedt him and ordered him to be tied up with two chains;t het then asked who he was and whatt he had done.34 But some in the crowd shouted one thing, and others something else,t and when the commanding officert was unablet to find out the trutht because of the disturbance,t he ordered Pault to be brought into the barracks.t35 When he came to the steps, Pault had to be carrieds by the soldiers because of the violencet of the mob,36 for a crowd of peoplet followed them,t screaming, “Away with him!”37 As Paul was about to be brought into the barracks,t he saidt to the commanding officer,t “May I sayt something to you?” The officert replied,t “Do you know Greek?s38 Then you’re not that Egyptian who started a rebelliont and led the four thousand men of the ‘Assassins’ts into the wildernesst some time ago?”t39 Paul answered,t “I am a Jewt from Tarsus in Cilicia, a citizen of an important city.t Pleaset allow me to speak to the people.”
40 When the commanding officert had given him permission,t Paul stoodt on the steps and gesturedt to the people with his hand. When they had become silent,t he addressedt them in Aramaic,t