previous next

Handelinge 5

Ananias en Saffira

1 Daar was ’n man, sy naam was Ananias. Sy vrou se naam was Saffira. Hulle het ook ’n stuk grond verkoop. 2 Ananias het ’n deel van die geld vir homself gehou. Sy vrou het geweet dat hy die geld gehou het. Toe het Ananias die geld gebring wat oorgebly het en hy het dit vir die tapostels gegee. 3 Petrus het vir hom gesê: “Ananias, hoekom het jy geluister na die tSatan? Hoekom het jy gesê hy mag oor jou hart regeer? Hoekom het jy vir die Heilige Gees gelieg? Want jy het gemaak of jy al die geld bring, maar jy het ’n deel van die geld vir jouself gehou.

4 Die grond was altyd jou grond. En nadat jy dit verkoop het, kon jy met die geld maak wat jy wou. Hoekom het jy besluit om hierdie verkeerde ding te doen? Jy het nie vir mense gelieg nie, jy het vir Gód gelieg.”
5 Toe Ananias dit hoor, het hy gesterf en op die grond geval. En almal wat hiervan gehoor het, het baie bang geword.

6 Die jongmanne het toe gekom, hulle het hom toegedraai en hom uitgedra en gaan begrawe.
7 Ná omtrent drie uur het Ananias se vrou daar aangekom. Sy het nie geweet wat gebeur het nie.

8 Petrus sê toe vir haar: “Sê vir my, het julle die grond verkoop vir soveel geld soos Ananias gesê het?”
Sy sê toe: “Ja, dit is hoeveel geld ons gekry het.”

9 Petrus het vir haar gesê: “Hoekom het jy en jou man saam besluit om die Gees van die Here te toets? Kyk, die jongmanne wat jou man begrawe het, staan hier by die deur en hulle sal jou ook uitdra.”
10 Sy het dadelik gesterf en sy het by Petrus se voete op die grond geval. Toe die jongmanne inkom en sien dat sy dood is, het hulle haar uitgedra en hulle het haar by haar man begrawe.

11 Die hele gemeente en almal wat dit gehoor het, het baie bang geword.

Wonderlike dinge gebeur


12 Die Here het die tapostels baie ttekens en twonderwerke laat doen by die mense. En al die tgelowiges het baie maal bymekaargekom in die tPilaargang van Salomo. 13 Die ander mense was ’n bietjie bang om saam met die gelowiges te aanbid. Maar hulle het die gelowiges gerespekteer. 14 Later het die Here meer en meer mense laat kom om saam met die gemeente te aanbid, mense wat in Hom glo. Daar was baie mans en vroue. 15 Die mense van Jerusalem het die siek mense uitgedra tot buite in die strate. Daar het hulle die siek mense neergesit op slaapmatte en beddens. Hulle het gehoop dat Petrus sal verbykom en dat sy skaduwee op een van die siek mense sal val.

16 Baie mense het ook van die stede rondom Jerusalem gekom. Hulle het hulle siek mense gebring en ook die mense wat tonrein geeste in hulle gehad het, en die Here het hulle almal gesond gemaak.

Die Joodse leiers doen slegte dinge aan die apostels


17 Toe het die thoëpriester en die hele groep wat saam met hom regeer het, baie jaloers geword. Hulle was tSadduseërs. Hulle het besluit om iets sleg te doen aan die gelowiges. 18 Hulle het die tapostels gevang en in die tronk gesit waar die gewone tgevangenes was. 19 Maar ’n tengel van die Here het in die nag gekom. Hy het die deure van die tronk oopgemaak en hy het die apostels na buite gelei.

20 Hy het vir die apostels gesê: “Gaan staan in die ttempel en preek vir die mense alles wat hulle moet hoor van Jesus, sodat hulle waarlik kan lewe.”

21 Die apostels het gedoen wat die engel gesê het. Hulle het baie vroeg die volgende oggend na die tempel gegaan en vir die mense geleer.
Die hoëpriester en die mense wat saam met hom regeer het, het toe gesê al die mense van die tJoodse Raad en al die familieleiers van Israel moet bymekaarkom en hulle moet vergadering hou. Hulle het toe twagte na die tronk gestuur om die apostels te gaan haal.
22 Maar toe die wagte by die tronk kom, het hulle gesien die apostels is nie daar nie. Hulle het teruggekom en hulle het dit vir die Joodse leiers vertel.

23 Hulle het gesê: “Toe ons by die tronk kom, was die tronk gesluit. Al die deure was toegesluit, en die wagte het by die deure gestaan. Maar toe ons die deure oopmaak, was daar niemand binne nie.”
24 Toe die toffisier van die wagte wat by die tempel werk en die tpriesterleiers dit hoor, was hulle baie verbaas. Hulle het gewonder wat gebeur het.

25 Toe kom daar iemand en hy sê vir hulle: “Weet julle wat gebeur het? Die manne wat in die tronk was, staan in die tempel en hulle leer vir die mense.”
26 Die offisier en die wagte het toe die apostels gaan haal. Hulle was nie kwaai met die apostels nie, want hulle was bang dat die mense hulle met klippe sal gooi. 27 Hulle het die apostels gebring en hulle het die apostels voor die Joodse Raad laat staan. Die hoëpriester het hulle begin uitvra.

28 Hy het gesê: “Ons het ernstig vir julle gesê: Julle mag nie vir die mense leer van Jesus nie. En nou praat almal in Jerusalem oor die dinge wat julle vir die mense leer. Julle sê ook dat dit óns is wat hierdie man doodgemaak het.”
29 Petrus en die apostels het geantwoord en gesê: “Ons moet meer gehoorsaam wees aan God as aan mense. 30 Julle het vir Jesus doodgemaak toe julle Hom aan die tkruis opgehang het, maar toe het die God van ons tvoorvaders vir Jesus weer laat lewe. 31 God het vir hierdie Jesus die Leier en tRedder gemaak. God het vir Jesus gesê Hy moet op die belangrikste plek langs God kom sit sodat die mense van Israel kan verander en kan lewe soos God wil hê en sodat Hy hulle sonde kan vergewe.

32 Ons is tgetuies dat hierdie dinge gebeur het. God het die Heilige Gees gegee aan die mense wat luister na God, en die Heilige Gees tgetuig ook dat dit alles waar is.”
33 Die Joodse leiers het baie kwaad geword toe hulle dit hoor, en hulle het besluit om die apostels dood te maak. 34 Toe het iemand van die Joodse Raad opgestaan. Sy naam was Gamaliël. Hy was ’n tFariseër en ’n tskrifgeleerde, en al die mense het hom gerespekteer. Hy het gesê dat die wagte die apostels ’n klein tydjie buite moet laat staan. 35 Gamaliël het toe vir die Joodse Raad gesê: “Vriende, Israeliete, julle moet oppas. Julle moet dink oor wat julle aan hierdie manne wil doen. 36 Julle weet dat daar ’n tyd gelede iemand was, sy naam was Teudas. Hy het vir die mense gesê dat hy baie belangrik is. Omtrent 400 manne het hom gevolg. Maar die regering het hom laat doodmaak en hulle het die manne wat hom gevolg het, na al die kante toe gejaag. Ons het nie weer gehoor van Teudas en die manne wat hom gevolg het nie. 37 Ná Teudas het Judas die Galileër topstandig geword teen die regering. Dit was in die tyd toe die regering die mense van die land getel het. Judas het gesê die mense moet saam met hom opstandig word. Maar die regering het ook vir Judas laat doodmaak, en hulle het almal wat vir Judas gevolg het, na al die kante toe gejaag. 38 En nou praat ek oor die dinge wat nóú gebeur. Hierdie manne maak planne en hulle is besig om dinge te doen, maar ek sê vir julle: Julle moet wegbly van hierdie manne, los hulle. Want as hulle planne en die dinge wat hulle doen, net van ménse kom, dan beteken dit niks.

39 Maar as dit Gód is wat dit doen, dan sal julle nie vir hulle kan keer nie. Julle sal miskien later besef dat julle teen God baklei het.”
Die Joodse Raad het geluister na Gamaliël.
40 Hulle het gesê dat die apostels weer moet inkom na hulle toe. Hulle het die apostels geslaan en gesê dat hulle nie mag preek oor Jesus nie. Toe het hulle die apostels laat gaan. 41 Die apostels het weggegaan van die Joodse Raad. Hulle was baie bly dat die Here besluit het dat dit húlle is wat moet swaarkry omdat hulle aan Jesus behoort. 42 Hulle het aangehou om elke dag in die tempel en by die huise vir die mense te leer en om die goeie boodskap te bring dat Jesus tdie Christus is.

Acts 5

Ananias and Sapphira

1 A man named Ananias and his wife, Sapphira, also sold some land.2 He kept part of the money for himself. Sapphira knew he had kept it. He brought the rest of it and put it down at the apostles' feet.
3 Then Peter said, "Ananias, why did you let Satan fill your heart? He made you lie to the Holy Spirit. You have kept some of the money you received for the land.4 Didn't the land belong to you before it was sold? After it was sold, you could have used the money as you wished. What made you think of doing such a thing? You haven't lied to just anyone. You've lied to God."
5 When Ananias heard this, he fell down and died. All who heard what had happened were filled with fear.6 Some young men came and wrapped up his body. They carried him out and buried him.
7 About three hours later, the wife of Ananias came in. She didn't know what had happened.8 Peter asked her, "Tell me. Is this the price you and Ananias sold the land for?"
"Yes," she said. "That's the price."
9 Peter asked her, "How could you agree to test the Spirit of the Lord? Listen! You can hear the steps of the men who buried your husband. They are at the door. They will carry you out also."
10 At that very moment she fell down at his feet and died. Then the young men came in. They saw that Sapphira was dead. So they carried her out and buried her beside her husband.11 The whole church and all who heard about these things were filled with fear.

The Apostles Heal Many People

12 The apostles did many miraculous signs and wonders among the people. All the believers used to meet together at Solomon's Porch.13 No outsider dared to join them. But the people thought highly of them.14 More and more men and women believed in the Lord. They joined the other believers.15 So people brought those who were sick into the streets. They placed them on beds and mats. They hoped that at least Peter's shadow might fall on some of them as he walked by.16 Crowds even gathered from the towns around Jerusalem. They brought their sick. They also brought those who were suffering because of evil spirits. All of them were healed.

An Angel Opens the Prison Doors

17 The high priest and all his companions were Sadducees. They were very jealous of the apostles.18 So they arrested them and put them in the public prison.19 But during the night an angel of the Lord came. He opened the prison doors and brought the apostles out.20 "Go! Stand in the temple courtyard," the angel said. "Tell the people all about this new life."
21 Early the next day they did as they had been told. They entered the temple courtyard. There they began to teach the people.
The high priest and his companions arrived. They called the Sanhedrin together. The Sanhedrin was a gathering of all the elders of Israel. They sent for the apostles who were in prison.
22 The officers arrived at the prison. But they didn't find the apostles there. So they went back and reported it.23 "We found the prison locked up tight," they said. "The guards were standing at the doors. But when we opened the doors, we didn't find anyone inside."24 When the captain of the temple guard and the chief priests heard this report, they were bewildered. They wondered what would happen next.
25 Then someone came and said, "Look! The men you put in prison are standing in the temple courtyard. They are teaching the people."26 So the captain went with his officers and brought the apostles back. But they didn't use force. They were afraid the people would kill them by throwing stones at them.
27 They brought the apostles to be judged by the Sanhedrin. The high priest questioned them.28 "We gave you clear orders not to teach in Jesus' name," he said. "But you have filled Jerusalem with your teaching. You want to make us guilty of this man's death."
29 Peter and the other apostles replied, "We must obey God instead of people!30 You had Jesus killed by nailing him to a cross. But the God of our people raised Jesus from the dead.31 Now Jesus is Prince and Savior. God has proved this by giving him a place of honor at his own right hand. He did it so that he could turn Israel away from their sins and forgive them.32 We are witnesses of these things. And so is the Holy Spirit. God has given the Spirit to those who obey him."
33 When the leaders heard this, they became very angry. They wanted to put the apostles to death.34 But a Pharisee named Gamaliel stood up in the Sanhedrin. He was a teacher of the law. He was honored by all the people. He ordered the men to be taken outside for a little while.35 Then he spoke to the Sanhedrin. "Men of Israel," he said, "think carefully about what you plan to do to these men.36 Some time ago Theudas appeared. He claimed he was really somebody. About 400 people followed him. But he was killed. All his followers were scattered. So they accomplished nothing.37 After this, Judas from Galilee came along. This was in the days when the Romans made a list of all the people. Judas led a gang of men against the Romans. He too was killed. All his followers were scattered.38 So let me give you some advice. Leave these men alone! Let them go! If their plans and actions are only human, they will fail.39 But if their plans come from God, you won't be able to stop these men. You will only find yourselves fighting against God."
40 His speech won the leaders over. They called the apostles in and had them whipped. The leaders ordered them not to speak in Jesus' name. Then they let the apostles go.
41 The apostles were full of joy as they left the Sanhedrin. They considered it an honor to suffer shame for the name of Jesus.42 Day after day, they kept teaching in the temple courtyards and from house to house. They never stopped telling the good news that Jesus is the Christ.