HANDELINGE 5
1 MAAR ’n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra ’n eiendom verkoop,
2 en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en ’n sekere deel gebring en taan die voete van die apostels neergelê.
3 Toe sê Petrus: Ananías, waarom het tdie Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
4 As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.
5 En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; ten ’n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.
6 Daarna het die jongmanne opgestaan ten hom toegedraai en uitgedra en begrawe.
7 En ná verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval het.
8 En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het? En sy sê: Ja, vir soveel.
9 En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.
10 Toe val sy onmiddellik aan sy voete neer en het gesterwe. En die jongmanne het ingekom en haar dood gevind en haar uitgedra en by haar man begrawe.
11 En ’n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het.
12 En tdeur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal teendragtig saam in tdie pilaargang van Salomo.
13 En daar was niemand van die ander wat dit gewaag het om hom by hulle te voeg nie, maar tdie volk het hulle baie geëer.
14 En daar is meer en meer gelowiges in die Here tbygevoeg, menigtes van manne sowel as vroue,
15 sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net tsy skaduwee op iemand van hulle sou val.
16 En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.Die apostels word uit die gevangenis verlos en weer deur die Raad ondervra.
17 EN tdie hoëpriester het opgestaan en almal wat saam met hom was — dit is die party van die Sadduseërs — en hulle was met nydigheid vervul,
18 en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare gevangenis gesit.
19 Maar t’n engel van die Here het in die nag die deure van die gevangenis oopgemaak en hulle uitgelei en gesê:
20 Gaan heen, staan en vertel tin die tempel aan die volk al tdie woorde van hierdie lewe.
21 En hulle het geluister en vroeg in die môre in die tempel gegaan en begin leer. Maar die hoëpriester en die wat saam met hom was, het gekom en tdie Raad en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaargeroep; en hulle het na die gevangenis gestuur om hulle te laat haal.
22 Maar toe die dienaars daar kom, het hulle hul nie in die gevangenis gekry nie; en hulle het omgedraai en berig gebring en gesê:
23 Die gevangenis het ons in alle sekerheid toegesluit gevind, en die wagte het buite gestaan voor die deure; maar toe ons oopmaak, kry ons niemand daarbinne nie.
24 En toe die hoëpriester en tdie hoofman van die tempel en die owerpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daarmee verleë wat nou hiervan sou word.
25 En daar kom een en bring aan hulle berig en sê: Kyk, die manne wat julle in die gevangenis gesit het, staan in die tempel en leer die volk.
26 Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie, tuit vrees vir die volk dat hulle gestenig sou word.
27 Hulle het hul dan gebring en voor die Raad gestel; en die hoëpriester het hulle gevra en gesê:
28 Het tons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en tjulle wil die tbloed van hierdie Man op ons bring.
29 En Petrus en die apostels antwoord en sê: tOns moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.
30 Die God van ons vaders thet Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ’n kruishout te hang.
31 Hom het God as tLeidsman en tVerlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel tbekering en tvergifnis van sondes te skenk.
32 En tons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees twat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
33 Toe hulle dit hoor, was hulle woedend en wou hulle om die lewe bring.
34 Maar ’n Fariseër met die naam van tGamáliël, t’n leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels ’n bietjie buitentoe moes bring.
35 Toe sê hy vir hulle: Israeliete, pas op wat julle gaan doen met hierdie manne;
36 want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het ’n aantal mense — omtrent vierhonderd — aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword.
37 En ná hom het Judas, die Galiléër, opgestaan, in die dae van tdie inskrywing, en ’n aansienlike getal mense afvallig gemaak agter hom aan. Hy het ook omgekom, en almal wat na hom geluister het, is verstrooi.
38 En nou sê ek vir julle, bly af van hierdie manne en laat hulle staan; want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word;
39 maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie — dat dit nie miskien bevind word dat julle selfs tteen God stry nie.
40 En hulle het na hom geluister. En nadat hulle tdie apostels ingeroep het, het hulle thul laat slaan en hulle bevel gegee om nie in die Naam van Jesus te spreek nie en hulle laat gaan.
41 Hulle het toe van die Raad af weggegaan, tbly dat hulle twaardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.
42 En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en tvan huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.
Acts 5
1 But a certain man named Ananias, with Sapphira, his wife, sold a possession,2 and kept back part of the price, his wife also being aware of it, and brought a certain part, and laid it at the apostles’ feet.3 But Peter said, “Ananias, why has Satan filled your heart to lie to the Holy Spirit, and to keep back part of the price of the land?
4 While you kept it, didn’t it remain your own? After it was sold, wasn’t it in your power? How is it that you have conceived this thing in your heart? You haven’t lied to men, but to God.”
5 Ananias, hearing these words, fell down and died. Great fear came on all who heard these things.6 The young men arose and wrapped him up, and they carried him out and buried him.7 About three hours later, his wife, not knowing what had happened, came in.
8 Peter answered her, “Tell me whether you sold the land for so much.”
She said, “Yes, for so much.”
9 But Peter asked her, “How is it that you have agreed together to tempt the Spirit of the Lord? Behold, the feet of those who have buried your husband are at the door, and they will carry you out.”
10 She fell down immediately at his feet, and died. The young men came in and found her dead, and they carried her out and buried her by her husband.11 Great fear came on the whole assembly, and on all who heard these things.12 By the hands of the apostles many signs and wonders were done among the people. They were all with one accord in Solomon’s porch.13 None of the rest dared to join them, however the people honored them.14 More believers were added to the Lord, multitudes of both men and women.15 They even carried out the sick into the streets, and laid them on cots and mattresses, so that as Peter came by, at the least his shadow might overshadow some of them.
16 Multitudes also came together from the cities around Jerusalem, bringing sick people, and those who were tormented by unclean spirits: and they were all healed.
17 But the high priest rose up, and all those who were with him (which is the sect of the Sadducees), and they were filled with jealousy,18 and laid hands on the apostles, and put them in public custody.19 But an angel of the Lord opened the prison doors by night, and brought them out, and said,
20 “Go stand and speak in the temple to the people all the words of this life.”
21 When they heard this, they entered into the temple about daybreak, and taught. But the high priest came, and those who were with him, and called the council together, and all the senate of the children of Israel, and sent to the prison to havethem brought.22 But the officers who came didn’t find them in the prison. They returned and reported,
23 “We found the prison shut and locked, and the guards standing before the doors, but when we opened them, we found no one inside!”
24 Now when the high priest, the captain of the temple, and the chief priests heard these words, they were very perplexed about them and what might become of this.25 One came and told them, “Behold, the men whom you put in prison are in the temple, standing and teaching the people.”
26 Then the captain went with the officers, and brought them without violence, for they were afraid that the people might stone them.
27 When they had brought them, they set them before the council. The high priest questioned them,
28 saying, “Didn’t we strictly command you not to teach in this name? Behold, you have filled Jerusalem with your teaching, and intend to bring this man’s blood on us.”
29 But Peter and the apostles answered, “We must obey God rather than men.30 The God of our fathers raised up Jesus, whom you killed, hanging him on a tree.31 God exalted him with his right hand to be a Prince and a Savior, to give repentance to Israel, and remission of sins.
32 We are His witnesses of these things; and so also is the Holy Spirit, whom God has given to those who obey him.”
33 But they, when they heard this, were cut to the heart, and determined to kill them.34 But one stood up in the council, a Pharisee named Gamaliel, a teacher of the law, honored by all the people, and commanded to put the apostles out for a little while.35 He said to them, “You men of Israel, be careful concerning these men, what you are about to do.36 For before these days Theudas rose up, making himself out to be somebody; to whom a number of men, about four hundred, joined themselves: who was slain; and all, as many as obeyed him, were dispersed, and came to nothing.37 After this man, Judas of Galilee rose up in the days of the enrollment, and drew away some people after him. He also perished, and all, as many as obeyed him, were scattered abroad.38 Now I tell you, withdraw from these men, and leave them alone. For if this counsel or this work is of men, it will be overthrown.
39 But if it is of God, you will not be able to overthrow it, and you would be found even to be fighting against God!”
40 They agreed with him. Summoning the apostles, they beat them and commanded them not to speak in the name of Jesus, and let them go.
41 They therefore departed from the presence of the council, rejoicing that they were counted worthy to suffer dishonor for Jesus’ name.
42 Every day, in the temple and at home, they never stopped teaching and preaching Jesus, the Christ.