previous next

Handelinge 5

1 Ananias en Saffira, 'n egpaar in die gemeente, het ook 'n stuk grond verkoop. Ananias het 'n deel van die wins in sy sak gesteek en die res vir die apostels gevat. Hy het gemaak asof hy al die geld aan hulle gegee het.2 Sy vrou, Saffira, het ook geweet van sy skelmstreek.3 Petrus het egter dwarsdeur hom gesien. "Hoekom het jy toegelaat dat Satan 'n houvas op jou kry?" het hy vir Ananias gevra. "Jy het vir die Heilige Gees gelieg deur 'n deel van die geld vir jouself te hou terwyl jy gemaak het asof jy alles aan ons kom gee het.4 Dit is tog jou grond. Toe jy dit verkoop het, kon jy met die wins gemaak het net wat jy wou. Hoekom was jy so skelm? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God self."
5 Na Petrus hierdie woorde gesê het, het Ananias daar op die plek dood inmekaargesak.6 'n Klomp jongmans het hom kom toedraai en weggedra om begrawe te word. Hierdie nuus het gou onder die mense versprei. Hulle het toe baie bang geword vir God.
7 Sowat drie ure later het Saffira daar opgedaag, salig onbewus van wat met haar man gebeur het.8 Toe Petrus haar sien, vra hy haar: "Het julle dié bedrag vir julle grond gekry?"
"Ja," antwoord sy. "Presies net soveel soos jy gesê het."
9 Haar leuen het Petrus baie omgekrap. "Hoekom het jy en jou man agteraf teen die Heilige Gees gekonkel?" vra hy haar. "Het julle regtig gedink dat julle hieroor ongestraf sou bly? Daar by die ingang staan die jongmans wat jou man nou net gaan begrawe het. Hulle gaan jou ook dood hier uitdra."
10 Net daar het Saffira reg voor Petrus inmekaargesak. Sy was op die plek dood. Die jongmans het haar uitgedra en by haar man gaan begrawe. Hierdie gebeurtenis het die hele gemeente met groot ontsag vir God vervul.11 Ander mense buite die gemeente wat daarvan gehoor het, het ook baie bang geword vir Hom.
12  Die apostels het intussen voortgegaan om die een groot wonderwerk na die ander te doen. Die gemeente het gereeld by die Pilaargang van Salomo in die tempel bymekaargekom.13 Ander mense het raakgesien dat hulle baie vir mekaar omgee en dat hulle groot eerbied vir God het. Dit het hulle baie beïndruk. Tog was die ander mense bang om daar by die tempel by hulle aan te sluit. Hulle was bang vir die reaksie van die godsdienstige leiers.14 Die Here het egter met sy genade in die stad bly werk sodat groot getalle mans en vroue buite die mure van die tempel tot bekering gekom het.
15 Die mense van Jerusalem was so aangegryp deur die apostels se wonderwerke dat hulle selfs hulle siekes op beddens en draagbare in die strate laat lê het sodat Petrus se skaduwee op hulle sou val wanneer hy verbystap.16 Mense uit ander stede het ook in groot getalle met hulle siekes en duiwelbesetenes na Jerusalem gestroom. Hulle almal is genees.
17  Die Joodse Raad kon nie anders as om van die wonderwerke van die apostels kennis te neem nie. Dit het hulle baie jaloers gemaak. Daarom het die hoëpriester en die ander godsdienstige leiers op 'n dag besluit om hulle te laat vang.
18 Kort daarna is die apostels gevang en in die tronk gestop.
19 Maar 'n engel van die Here het dieselfde nag nog die tronk se deure kom oopsluit. Die engel sê toe vir hulle: "Moenie mismoedig word nie.20 Gaan weer na die tempel toe en vertel daar vir almal dat Jesus 'n mens se lewe nuut maak."
21 Die apostels het so gemaak. Vroeg die volgende môre het hulle weer na die tempel toe gegaan en met die mense oor Jesus begin praat.
Intussen het die hoëpriester en sy handlangers die Joodse Raad byeengeroep.
22 Hulle stuur toe 'n klompie soldate na die tronk om die apostels te gaan haal. Daar kon hulle die apostels nêrens opspoor nie. Hulle het teruggehardloop na die Joodse Raad en vir hulle gesê:23 "Toe ons daar by die tronk kom, was die deure gesluit en al die wagte op hulle pos. Maar binnekant kon ons geen spoor van daardie klomp mans vind nie. Hulle is skoonveld."
Almal was dronkgeslaan daaroor.
24 Die hoof van die tempelpolisie kon glad nie verduidelik hoe so iets kon gebeur nie. Die priesters het net hulle koppe verbaas geskud.
25 Terwyl almal nog wonder wat aan die gang was, kom iemand daar aan en sê vir hulle: "Kom kyk! Die mans wat julle gister in die tronk gegooi het, is al weer in die tempel besig om die mense te leer."26 Dadelik is die hoof van die tempelpolisie en van sy manne soontoe om die apostels weer te vang. Maar dié keer het hulle die apostels baie ordentlik behandel. Hulle was bang dat die mense by die tempel hulle onder die klippe sou steek as hulle die apostels hardhandig daar wegvat.
27  Die apostels is na die Joodse Raad gebring. Die hoëpriester het gesê:28 "Het ons julle nie uitdruklik verbied om in daardie man se naam met die mense te praat nie? Maar julle steur julle nie aan ons nie. Nou lê die hele Jerusalem vol van julle skewe leringe. Boonop beskuldig julle ons daarvan dat ons hierdie man doodgemaak het."
29 Petrus en die ander apostels het dadelik geantwoord: "Ons moet in die eerste plek aan God gehoorsaam wees, nie aan mense nie.
30 "Dit is Hy, die God van ons voorvaders, wat vir Jesus weer lewendig gemaak het nadat julle Hom doodgemaak het. Het julle dan al klaar vergeet hoe julle Hom nou die dag aan 'n hout opgehang het?31 Maar God het Jesus nou met groot eer beklee. Hy het aan Hom die belangrikste plek in die hemel gegee. God het Hom ook aangestel as die Heerser en Verlosser van die hele Israel. Almal wat in Jesus glo, se sondes word deur Hom vergewe. Hy gee vir hulle elkeen 'n splinternuwe lewe.
32 "Ons vertel julle nou die reine waarheid. Die Heilige Gees, wat God aan elkeen gee wat na Hom luister, weet dit."
33  Toe die Joodse Raad dit hoor, was hulle woedend. Hulle wou die apostels net daar doodmaak.34 'n Fariseër met die naam Gamaliël, 'n gerespekteerde leermeester van God se wet, het egter kopgehou. "Vat die mans eers buitetoe," het hy vir die polisie gesê. Daarna het hy vir die ander raadslede gesê:35 Dink baie mooi wat julle vandag met hierdie mans aanvang.36 Moenie 'n oorhaastige besluit neem nie. Onthou julle nog vir Teudas? Hy is die man wat 'n ruk gelede gesê het dat hy 'n gestuurde van God is. Hy het so 400 aanhangers om hom bymekaargemaak. Toe hy doodgemaak is, het hulle almal gevlug. Op die ou end het daar niks van hulle planne gekom nie.37 Kort daarna het Judas die Galileër tydens die groot volkstelling onder ons mense begin optree. Hy het baie mense mislei en hulle omgepraat om sy volgelinge te word. Maar hy het tot 'n wrede einde gekom en sy aanhangers het ook uitmekaargespat.
38 "Daarom sê ek vandag vir julle: laat hierdie mans vry. Moenie iets aan hulle doen nie. As dit maar net nog 'n groep met 'n klompie skewe beskouings is, sal hulle in elk geval nie lank hou nie.39 Maar aan die ander kant: as hulle regtig deur God aangestel is soos hulle beweer, sal julle niks aan hulle kan doen nie. Boonop gaan julle julle dan teen God self vasloop."
Hierdie woorde van Gamaliël het die ander raadslede laat kalmeer. Hulle het besluit om sy raad te volg.
40 Toe het hulle die apostels weer laat inkom en die tempelpolisie aangesê om elkeen van hulle 'n ordentlike drag slae te gee. Na nog 'n ernstige waarskuwing om nie weer in die openbaar oor Jesus te praat nie, is hulle vrygelaat.
41 Die apostels was baie bly toe hulle by die Joodse Raad uitstap. Hulle was dankbaar dat hulle hierdie vernedering en slae kon verduur omdat hulle in Jesus glo.42 Hulle het hulle nie aan die Joodse Raad se waarskuwings gesteur nie, maar aangehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis die nuus bekend te maak dat Jesus die Christus is.

Acts 5

The Judgment on Ananias and Sapphira

1 Now a man named Ananias, together with Sapphira his wife, sold a piece of property.2 Het kept back for himself part of the proceeds with his wife’s knowledge; he broughtt only part of it and placed it at the apostles’ feet.3 But Peter said, “Ananias, why has Satan filleds your heart to lie to the Holy Spirit and keep back for yourself part of the proceeds from the sale oft the land?

4 Before it was sold,t did it nott belong to you? And when it was sold, was the moneyt not at your disposal? How have you thought up this deed in your heart?t You have not lied to peoplet but to God!”
5 When Ananias heard these words he collapsed and died, and great fear grippedt all who heard about it.6 So the young men came,t wrapped him up,t carried him out, and burieds him.7 After an interval of about three hours,t his wife came in, but she did not knowt what had happened.8 Peter said to her, “Tell me, were the two of yout paid this amountt for the land?” Sapphirat said, “Yes, that much.”9 Peter then told her, “Why have you agreed together to test the Spirit of the Lord? Look! The feet of those who have buried your husband are at the door, and they will carry you out!”10 At oncet she collapsed at his feet and died. So when the young men came in, they found her dead, and they carried her out and buried her beside her husband.

11 Greatt fear grippedt the whole churchs and all who heard about these things.

The Apostles Perform Miraculous Signs and Wonders

12 Now many miraculous signst and wonders came about among the people through the hands of the apostles. Byt common consentt they were all meeting together in Solomon’s Portico.ts13 None of the rest dared to join them,t but the people held them in high honor.t14 More and more believers in the Lord were added to their number,t crowds of both men and women.15 Thust they even carried the sick out into the streets, and put them on cots and pallets, so that when Peter came by at least his shadow would fall on some of them.

16 A crowd of people from the towns around Jerusalems also came together, bringing the sick and those troubled by unclean spirits.s Theyt were alls being healed.

Further Trouble for the Apostles

17 Now the high priest rose up, and all those with him (that is, the religious party of the Sadduceess),s and they were filled with jealousy.s18 Theyt laid hands ont the apostles and put them in a public jail.19 But during the night an angel of the Lordt openedt the doors of the prison,t led them out,ts and said,20 “Go and stand in the temple courtst and proclaimt to the people all the words of this life.”

21 When they heard this, they entered the temple courtst at daybreak and began teaching.t
Now when the high priest and those who were with him arrived, they summoned the Sanhedrint – that is, the whole high councilt of the Israelitest – and sent to the jail to have the apostlest brought before them.t
22 But the officerst who came for themt did not find them in the prison, so they returned and reported,t23 “We found the jail locked securely and the guards standing at the doors, but when we opened them,t we found no one inside.”24 Now when the commandert of the temple guardt and the chief priests heard this report,t they were greatly puzzled concerning it,t wondering what this couldt be.25 But someone came and reported to them, “Look! The men you put in prison are standing in the temple courtst and teachings the people!”

26 Then the commandert of the temple guardt went with the officerst and brought the apostlest without the use of forcet (for they were afraid of being stoned by the people).t
27 When they had brought them, they stood them before the council,t and the high priest questionedt them,28 saying, “We gaves you strict orderst not to teach in this name.s Look,t you have filled Jerusalems with your teaching, and you intend to bring this man’s bloods on us!”29 But Peter and the apostles replied,t “We must obeys God rather than people.t30 The God of our forefatherst raised up Jesus, whom you seized and killed by hanging him on a tree.t31 God exalted himt to his right hand as Leadert and Savior, to give repentance to Israel and forgiveness of sins.t

32 And we are witnesses of these events,t and so is the Holy Spirit whom God has given to those who obeys him.”
33 Now when they heard this, they became furiouss and wanted to execute them.s34 But a Pharisees whose name was Gamaliel,s a teacher of the law who was respected by all the people, stood upt in the councilt and ordered the men to be put outside for a short time.35 Then he said to the council,t “Men of Israel,t pay close attention tot what you are about to do to these men.36 For some time agot Theudas rose up, claiming to be somebody, and about four hundred men joined him. Het was killed, and all who followed him were dispersed and nothing came of it.t37 After him Judas the Galilean arose in the days of the census,t and incited people to follow him in revolt.t He too was killed, and all who followed him were scattered.38 So in this case I say to you, stay away from these men and leave them alone, because if this plan or this undertaking originates with people,t it will come to nothing,t39 but ift it is from God, you will not be able to stop them, or you may even be foundt fighting against God.” He convinced them,t40 and they summoned the apostles and had them beaten.s Thent they ordered them not to speak in the name of Jesus and released them.41 So they left the council rejoicing because they had been considered worthys to suffer dishonor for the sake of the name.s

42 And every day both in the temple courtst and from house to house, they did not stop teaching and proclaiming the good newst that Jesus was the Christ.ts

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.