Handelinge 6
Die gemeente kies sewe manne
1 Die tgelowiges het in hierdie tyd meer en meer geword. Die mense in die gemeente wat Grieks praat, het begin kla oor die mense in die gemeente wat tHebreeus praat. Hulle het gesê dat die weduwees van die mense wat Grieks praat, nie genoeg kos kry wanneer die gelowiges elke dag vir die arm mense in die gemeente kos gee nie. 2 Toe het die twaalf tapostels al die gelowiges bymekaar laat kom. Die apostels het vir hulle gesê: “Ons, die apostels, moenie die hele dag besig wees om kos te gee vir die arm mense nie. Want dan sal ons nie genoeg tyd hê om die boodskap van God vir mense te bring nie. Dit is nie reg nie. 3 Vriende, julle moet sewe manne in die gemeente kies. Almal moet weet en sê dat hulle goeie manne is. Die Heilige Gees moet regeer oor hulle lewens en hulle moet baie twysheid hê. Ons moet vir hulle die werk gee om vir die arm mense te sorg.
4 En dan kan ons, die apostels, al ons tyd gebruik om vir mense te bid en om die boodskap van God te bring.”
5 Die gelowiges het almal gedink dit is goed wat die apostels gesê het. Hulle het toe die volgende manne gekies: Stefanus, ’n man wat ’n sterk geloof gehad het, die Heilige Gees was in hom, Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus. Nikolaus het voorheen in Antiogië gewoon. Hy was eers ’n theiden en hy het later die Jode se godsdiens aanvaar.
6 Die gelowiges het hierdie manne voor die apostels laat staan. Die apostels het vir hulle gebid en hulle het hulle thande op die manne gesit.
7 Meer en meer mense het die boodskap van God gehoor, en die gelowiges in Jerusalem het baie meer geword. Baie tpriesters het ook gehoorsaam geword, hulle het gelowiges geword.Die Joodse leiers vang vir Stefanus
8 God was tgenadig vir Stefanus en Hy het vir hom ook baie krag gegee, Stefanus het twonderwerke en groot ttekens gedoen. Al die mense het geweet daarvan. 9 Daar was Jode wat aan een van die tsinagoges behoort het. Hierdie Jode was eers tslawe maar toe het die Romeine gesê hulle mag vry wees. Hulle het gekom van Sirenië, Aleksandrië, Silisië en tAsië. Hulle het begin om baie met Stefanus te praat en te stry. 10 Maar hulle was nie so slim soos Stefanus nie. Stefanus het met twysheid gepraat, die Heilige Gees het vir hom gesê wat hy moet sê.
11 Toe het die Jode tomkoopgeld betaal vir party manne, en hierdie manne het gesê: “Ons het gehoor dat Stefanus vir Moses en God tbeledig.”
12 Die manne van die sinagoge het vir die mense van Jerusalem en die familieleiers en die tskrifgeleerdes kwaad gemaak vir Stefanus. Die mense het na Stefanus toe gehardloop, hulle het hom gegryp en na die tJoodse Raad gebring. 13 Die mense het vals tgetuies gekry wat sê: “Stefanus wil nie ophou om slegte dinge te sê teen hierdie tgewyde woonplek en teen die tWette van Moses nie.
14 Want ons het gehoor Stefanus sê dat hierdie Jesus van Nasaret hierdie ttempel sal afbreek en dat hy die dinge sal verander wat Moses vir ons geleer het.”
15 Almal in die Joodse Raad het reguit na Stefanus gekyk. Hulle het gesien dat sy gesig soos ’n tengel se gesig lyk.
Acts 6
Seven Leaders Are Chosen
1 In those days the number of believers was growing. The Jews who followed Greek practices complained against the Jews who followed only Jewish practices. They said that the widows of men who followed Greek practices were not being taken care of. They weren't getting their fair share of food each day.2 So the Twelve gathered all the believers together. They said, "It wouldn't be right for us to give up teaching God's word in order to wait on tables.3 Brothers, choose seven of your men. They must be known as men who are wise and full of the Holy Spirit. We will turn this important work over to them.4 Then we can give our attention to prayer and to teaching the word."
5 This plan pleased the whole group. They chose Stephen. He was full of faith and of the Holy Spirit. Philip, Procorus, Nicanor, Timon and Parmenas were chosen too. The group also chose Nicolas from Antioch. He had accepted the Jewish faith.6 The group brought them to the apostles. Then the apostles prayed and placed their hands on them.
7 So God's word spread. The number of believers in Jerusalem grew quickly. Also, a large number of priests began to obey Jesus' teachings.
Stephen Is Arrested
8 Stephen was full of God's grace and power. He did great wonders and miraculous signs among the people.9 But members of the group called the Synagogue of the Freedmen began to oppose him. Some of them were Jews from Cyrene and Alexandria. Others were Jews from Cilicia and Asia Minor. They all began to argue with Stephen.10 But he was too wise for them. They couldn't stand up against the Holy Spirit who spoke through him.
11 Then in secret they talked some men into lying about Stephen. They said, "We heard Stephen speak evil things against Moses. He also spoke evil things against God."
12 So the people were stirred up. The elders and the teachers of the law were stirred up too. They arrested Stephen and brought him to the Sanhedrin.13 They found people who were willing to tell lies. The false witnesses said, "This fellow never stops speaking against this holy place. He also speaks against the law.14 We have heard him say that this Jesus of Nazareth will destroy this place. He says Jesus will change the practices that Moses handed down to us."
15 All who were sitting in the Sanhedrin looked right at Stephen. They saw that his face was like the face of an angel.