HANDELINGE 6
Kiesing van die sewe diakens.
1 EN in dié dae ttoe die dissipels vermeerder het, het daar ’n murmurering ontstaan van die tGriekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees tin die daaglikse versorging oor die hoof gesien is.
2 En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie.
3 tKyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, tvan goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;
4 maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.
5 En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, t’n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en tFilippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ’n tJodegenoot uit tAntiochíë,
6 wat hulle voor die apostels gestel het; en hulle het tgebid en hulle tdie hande opgelê.
7 En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en t’n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.Stéfanus die eerste martelaar vir Christus.
8 EN Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.
9 En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het met Stéfanus geredetwis.
10 Maar hulle tkon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.
11 Toe thet hulle manne opgestook om te sê: Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God.
12 En hulle het die volk en die ouderlinge en die skrifgeleerdes in beweging gebring en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring.
13 En hulle het tvalse getuies laat optree om te sê: Dié man hou nie op om lasterlike dinge te praat teen hierdie heilige plek en die wet nie.
14 Want ons het hom hoor sê: Hierdie Jesus, die Nasaréner, sal thierdie plek afbreek en die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander.
15 En terwyl almal wat in die Raad sit, hul oë stip op hom hou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van ’n engel was.
Acts 6
1 Now in those days, when the number of the disciples was multiplying, a complaint arose from the Hellenistst against the Hebrews, becausetheir widows were neglected in the daily service.2 The twelve summoned the multitude of the disciples and said, “It is not appropriate for us to forsake the word of God and serve tables.3 Therefore select from among you, brothers, seven men of good report, full of the Holy Spirit and of wisdom, whom we may appoint over this business.
4 But we will continue steadfastly in prayer and in the ministry of the word.”
5 These words pleased the whole multitude. They chose Stephen, a man full of faith and of the Holy Spirit, Philip, Prochorus, Nicanor, Timon, Parmenas, and Nicolaus, a proselyte of Antioch;6 whom they set before the apostles. When they had prayed, they laid their hands on them.
7 The word of God increased and the number of the disciples multiplied in Jerusalem exceedingly. A great company of the priests were obedient to the faith.
8 Stephen, full of faith and power, performed great wonders and signs among the people.9 But some of those who were of the synagogue called “The Libertines,” and of the Cyrenians, of the Alexandrians, and of those of Cilicia and Asia arose, disputing with Stephen.10 They weren’t able to withstand the wisdom and the Spirit by which he spoke.11 Then they secretly induced men to say, “We have heard him speak blasphemous words against Moses and God.”12 They stirred up the people, the elders, and the scribes, and came against him and seized him, and brought him in to the council,13 and set up false witnesses who said, “This man never stops speaking blasphemous words against this holy place and the law.14 For we have heard him say that this Jesus of Nazareth will destroy this place, and will change the customs which Moses delivered to us.”
15 All who sat in the council, fastening their eyes on him, saw his face like it was the face of an angel.