previous next

Handelinge 6

1 Die kerk in Jerusalem het intussen al hoe meer lidmate bygekry. Mense van oor die wêreld het by hulle aangesluit. Toe ontstaan daar 'n krisis. Die gelowiges wat net Grieks kon praat, het op 'n dag begin voel dat diegene in die gemeente wat net Hebreeus praat, teen hulle diskrimineer. Party van die weduwees wat Grieks gepraat het, het volgens hulle te min kos gekry by die geleenthede waar die apostels elke dag kos aan die armes uitgedeel het.
2 Toe die twaalf apostels daarvan te hore kom, het hulle 'n gemeentevergadering belê. "Dit is nie reg dat ons ons opdrag om die Woord van God uit te dra afskeep om vir die armes kos te gee nie," het hulle vir die gelowiges gesê.3 "Ons het nou die volgende plan: kies sewe mans uit julle geledere om hierdie werk by ons oor te neem. Maar dit moet mans wees wat julle almal ken en vertrou. Hulle moet ook verstandig wees en vol van die krag van die Heilige Gees.4 Dan kan ons voortgaan met ons taak om te bid en om die Woord van God bekend te maak."
5 Die gemeente was baie tevrede met dié plan. Hulle het toe die volgende mans gekies: Stefanus, iemand wat die Here met sy hele lewe vertrou het en wat vol van die krag van die Heilige Gees was, asook Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus uit Antiogië.6 Hy het hom vroeër tot die Joodse geloof bekeer.
7 Die apostels se prediking het veroorsaak dat baie mense in Jerusalem volgelinge van Jesus geword het. Selfs 'n groot groep priesters het tot bekering gekom en in Hom begin glo.
8  Stefanus, een van die sewe helpers, het God se goedheid en krag elke dag beleef. Net soos die apostels het hy ook baie wonderwerke onder die mense gedoen. Daar was 'n klomp Jode wat niks gehou het van wat Stefanus sê nie.9 Hulle het in 'n sinagoge in Jerusalem bymekaargekom waar mense wat eens op 'n tyd slawe was vir God aanbid het. Hierdie mense, wat uit gebiede soos Sirene, Aleksandrië, Silisië en Asië gekom het, het met hom begin stry. Maar hulle het elke keer sleg daarvan afgekom.10 Hulle was nie opgewasse teen Stefanus se insig in God se raadsplan nie.11 Later was hulle so vies dat hulle in die geheim 'n paar mense geld aangebied het om te sê dat Stefanus beledigende dinge teen God en Moses kwytgeraak het.
12 Toe hierdie vals stories by die mense en by die godsdienstige leiers uitkom, was daar groot ongelukkigheid in Jerusalem. Die Joodse Raad het dadelik besluit om in te gryp. Hulle het 'n klompie polisiemanne gestuur om Stefanus te vang en hom voor hulle te daag.13 Die mense wat allerhande stories oor hom versprei het, het ook by die verhoor opgedaag en gesê: "Hierdie man sê die verskriklikste dinge teen ons heilige tempel en teen die wet van God.14 Ons het selfs gehoor hoe hy nou die dag gesê het dat daardie Jesus van Nasaret in wie hy glo, die tempel sal afbreek. Hy sal ook al die wette afskaf wat Moses vir ons gegee het."
15 Toe hierdie aanklag teen Stefanus ingebring is, het die Joodse Raad hom geskok aangestaar. Terwyl hulle nog so kyk, het hulle agtergekom dat sy gesig begin skyn soos 'n engel s'n.

Acts 6

The Appointment of the First Seven Deacons

1 Now in thoset days, when the disciples were growing in number,t a complaint arose on the part of the Greek-speaking Jewsts against the native Hebraic Jews,t because their widowss were being overlookedt in the daily distribution of food.ts2 So the twelves calledt the whole groupt of the disciples together and said, “It is not right for us to neglect the word of God to wait on tables.t3 But carefully select from among you, brothers,t sevens men who are well-attested,t full of the Spirit and of wisdom, whom we may put in charget of this necessary task.t4 But we will devote ourselves to prayer and to the ministry of the word.”5 Thet proposal pleased the entire group, sot they chose Stephen, a man full of faith and of the Holy Spirit, witht Philip,s Prochorus, Nicanor, Timon, Parmenas, and Nicolas, a Gentile convert to Judaismt from Antioch.s6 They stood these men before the apostles, who prayedts and placedt their hands on them.

7 The word of God continued to spread,t the number of disciples in Jerusalems increased greatly, and a large groupts of priests became obedient to the faith.

Stephen is Arrested

8 Now Stephen, full of grace and power, was performing great wonders and miraculous signst among the people.9 But some men from the Synagogues of the Freedmen (as it was called),t both Cyrenians and Alexandrians, as well as some from Cilicia and the province of Asia,t stood up and argued with Stephen.10 Yett they were not able to resists the wisdom and the Spirit with which he spoke.11 Then they secretly instigatedt some men to say, “We have heard this mant speaking blasphemous words against Moses and God.”12 They incited the people, thet elders, and the experts in the law;t then they approached Stephen,t seized him, and brought him before the council.t13 They brought forward false witnesses who said, “This man does not stop saying things against this holy places and the law.s14 For we have heard him saying that Jesus the Nazarene will destroy this place and change the customsts that Moses handed down to us.”

15 Allt who were sitting in the councilt looked intently at Stephent and saw his face was like the face of an angel.s

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.