previous next

Handelinge 9

Saulus begin om in Christus te glo

1 Terwyl hierdie dinge gebeur het, het Saulus aangehou om te probeer om die mense dood te maak wat in die Here glo. Hy het daarom na die thoëpriester toe gegaan, 2 en vir hom gevra om briewe te skryf wat hy, Saulus, kon saamneem na die leiers van die tsinagoges in die stad Damaskus. Die briewe moes sê dat as Saulus mense kry wat behoort aan “tDie Pad,” mans en vroue, dan mag hy hulle vang en na Jerusalem neem. 3 Terwyl Saulus op die pad was naby Damaskus, het daar skielik ’n lig rondom hom geskyn uit die lug.

4 Toe hy op die grond val, het hy gehoor dat Iemand sê: “Saul, Saul, hoekom doen jy hierdie slegte dinge aan My?”

5 Saulus vra toe: “Meneer, wie is jy?”
Die Persoon het gesê: “Ek is Jesus, jy doen slegte dinge aan My.
6 Maar jy moet opstaan en jy moet in die stad ingaan, dan sal iemand vir jou sê wat jy moet doen.” 7 Die mans wat saam met Saulus geloop het, was so bang en verbaas dat hulle stil gaan staan het, want hulle het die stem gehoor van die Persoon wat gepraat het, maar hulle het niemand gesien nie. 8 Toe Saulus opstaan van die grond, het hy sy oë oopgemaak, maar hy kon niks sien nie. Die mense wat saam met hom was, het toe sy hand geneem en hulle het hom in Damaskus ingebring.

9 Saulus kon drie dae lank nie sien nie, en het hy niks geëet en ook niks gedrink nie.

10 Daar was ’n tgelowige in Damaskus. Sy naam was Ananias. Die Here het na Ananias gekom en Hy het vir hom gesê: “Ananias!”
Ananias antwoord toe: “Hier is ek, Here, ek luister.”
11 Die Here sê toe vir Ananias: “Staan op en gaan na Reguitstraat. Jy moet in die huis van Judas soek na Saulus wat van die stad Tarsus kom. Jy sal sien hy is besig om te bid.

12 Terwyl Saulus gebid het, het Ek vir hom gewys dat ’n man na hom toe kom en dat hierdie man sy thande op hom sit sodat hy weer kan sien. Die man se naam is Ananias.”
13 Maar Ananias het vir die Here gesê: “Here, baie mense het vir my vertel dat hierdie man baie slegte dinge in Jerusalem gedoen het aan die mense wat in U glo.

14 En nou is Saulus hier, en die hoëpriester het gesê dat hy die mense mag vang wat vir U aanbid en dien.”
15 Die Here sê toe vir Ananias: “Jy moet na Saulus toe gaan, want Ek het hom gekies en aangestel om vir My te werk en om vir die volke en hulle konings en ook vir die Israeliete te vertel van My.

16 Ek sal self vir hom wys hoe baie hy moet swaarkry omdat Hy vir mense van My vertel.”

17 Ananias het toe gegaan en hy het in die huis ingegaan. Hy het sy hande op Saulus gesit en gesê: “Saulus, my vriend, jy het die Here Jesus gesien op die pad hiernatoe, en dit is Hý wat my gestuur het na jou toe sodat jy weer kan sien en sodat die Heilige Gees in jou kan wees.”
18 Dadelik het daar iets afgeval van Saulus se oë. Dit het gelyk soos tskubbe. Toe kon hy weer sien. Hy het opgestaan, en Ananias het hom gedoop.

19 Saulus het toe geëet en hy het beter gevoel.

Saulus preek in Damaskus


Saulus het ’n paar dae by die tgelowiges in die stad Damaskus gebly, 20 en hy het dadelik in die tsinagoges begin preek oor Jesus. Hy het gesê: “Hierdie Jesus is die Seun van God.” 21 Al die mense wat vir Saulus gehoor praat het, was baie verbaas en hulle het gesê: “Is Saulus die man wat in Jerusalem probeer het om die mense dood te maak wat vir Jesus aanbid? Is hý die man wat hiernatoe gekom het om vir die mense wat vir Jesus aanbid, te vang en na die tpriesterleiers toe te neem?”

22 Maar Saulus het beter en beter gepreek vir die Jode wat in die stad Damaskus woon en hy het só goed verduidelik dat Jesus tdie Christus is, dat hulle nie vir hom kon antwoord nie.

Saulus vlug uit Damaskus


23 Ná ’n lang tyd het die Jode planne gemaak om vir Saulus dood te maak, 24 maar hy het gehoor van hulle planne. Hulle het elke dag en elke nag die stad se tpoorte dopgehou om vir Saulus te vang en dood te maak.

25 Maar mense wat ook tgelowiges was, soos Saulus, het in die nag vir Saulus geneem en hulle het hom in ’n groot mandjie laat afsak deur ’n venster in die stad se muur.

Saulus gaan terug na Jerusalem


26 Toe Saulus in Jerusalem kom, het hy aangehou om te probeer vriende maak met die tgelowiges. Maar hulle het nie geglo dat hy ’n gelowige is nie, en daarom was hulle almal bang vir Saulus. 27 Maar Barnabas het vir Saulus gehelp. Hy het vir Saulus na die tapostels toe geneem en hy het vir hulle vertel dat Saulus op die pad na Damaskus die Here gesien het en dat die Here toe met Saulus gepraat het. Barnabas het ook vir hulle vertel dat Saulus nie bang was om vir die mense in Damaskus van Jesus te vertel nie. 28 En Saulus het oral in Jerusalem saam met hulle gegaan en hy was nie bang om vir die mense te vertel van die Here nie. 29 Hy het ook gepraat met die Jode wat Grieks gepraat het, en hy het met hulle gestry, maar hulle het probeer om hom dood te maak.

30 Toe die gelowiges dit uitvind, het hulle vir Saulus na die hawestad Sesarea geneem en van Sesarea het hulle hom na die stad Tarsus gestuur.

31 Die kerk in die provinsies Judea, Galilea en Samaria het ’n tyd lank in vrede gelewe. God het hulle gehelp om aan te hou glo, hulle het die Here gedien en hulle was gehoorsaam aan Hom. Die Heilige Gees het die kerk sterk gemaak en meer en meer mense het in die Here begin glo.

Petrus maak Eneas gesond


32 Petrus het van die een plek na die ander plek gegaan. Hy het ook gekom by mense wat in die stad Lidda woon en wat in die Here glo. 33 Petrus sien toe daar ’n man, sy naam was Eneas. Hy het ag jaar lank op sy slaapmat gelê omdat hy lam was.

34 Petrus sê toe vir hom: “Eneas, Jesus Christus maak jou gesond. Jy moet opstaan en jy moet jou slaapmat opvou!”
Eneas het toe dadelik opgestaan.

35 Al die mense van Lidda en die tSaron-vlakte het Eneas gesien, en hulle het verander en begin lewe soos die Here wil hê.

Petrus laat Tabita weer lewe


36 In die stad Joppe was daar ’n tgelowige vrou. In die tAramese taal was haar naam Tabita. In die Griekse taal was haar naam Dorkas. Hierdie vrou het baie goeie dinge gedoen en sy het altyd arm mense gehelp. 37 Sy het in daardie tyd siek geword en gesterf. Nadat mense haar liggaam gewas het, het hulle dit in die bo-kamer neergesit. 38 Die stad Lidda was naby Joppe, en die tgelowiges het gehoor dat Petrus daar in Lidda was. Daarom het hulle twee mans na Petrus toe gestuur om mooi vir hom te vra: “Kom asseblief gou na ons toe!” 39 Petrus staan toe op en gaan saam met hulle. Toe hy daar kom, het hulle hom na die bo-kamer geneem. Al die weduwees het by hom gestaan en huil, en hulle het vir Petrus die klere gewys wat Dorkas altyd gemaak het toe sy nog gelewe het.

40 Petrus het almal uitgestuur en toe het hy gekniel en gebid. Toe het hy na die liggaam gedraai en gesê: “Tabita, staan op!”
Tabita het haar oë oopgemaak, en toe sy vir Petrus sien, het sy regop gesit.
41 Petrus het toe Dorkas se hand geneem en hy het vir haar gehelp om op te staan. Toe het Petrus die weduwees en die ander gelowiges geroep, en hy het die vrou wat weer begin lewe het, voor hulle laat staan. 42 Al die mense in die stad Joppe het gehoor wat Petrus gedoen het, en baie mense het in die Here begin glo. 43 Petrus het ’n lang tyd in Joppe gebly by ’n tleerlooier. Die man se naam was Simon.

Acts 9

Saul Becomes a Believer

1 Meanwhile, Saul continued to oppose the Lord's followers. He said they would be put to death. He went to the high priest.2 He asked the priest for letters to the synagogues in Damascus. He wanted to find men and women who belonged to the Way of Jesus. The letters would allow him to take them as prisoners to Jerusalem.
3 On his journey, Saul approached Damascus. Suddenly a light from heaven flashed around him.4 He fell to the ground. He heard a voice speak to him. "Saul! Saul!" the voice said. "Why are you opposing me?"
5 "Who are you, Lord?" Saul asked.
"I am Jesus," he replied. "I am the one you are opposing.
6 Now get up and go into the city. There you will be told what you must do."
7 The men traveling with Saul stood there. They weren't able to speak. They had heard the sound. But they didn't see anyone.8 Saul got up from the ground. He opened his eyes, but he couldn't see. So they led him by the hand into Damascus.9 For three days he was blind. He didn't eat or drink anything.
10 In Damascus there was a believer named Ananias. The Lord called out to him in a vision. "Ananias!" he said.
"Yes, Lord," he answered.
11 The Lord told him, "Go to the house of Judas on Straight Street. Ask for a man from Tarsus named Saul. He is praying.12 In a vision he has seen a man named Ananias. The man has come and placed his hands on him. Now he will be able to see again."
13 "Lord," Ananias answered, "I've heard many reports about this man. They say he has done great harm to God's people in Jerusalem.14 Now he has come here to arrest all those who worship you. The chief priests have given him authority to do this."
15 But the Lord said to Ananias, "Go! I have chosen this man to work for me. He will carry my name to those who aren't Jews and to their kings. He will bring my name to the people of Israel.16 I will show him how much he must suffer for me."
17 Then Ananias went to the house and entered it. He placed his hands on Saul. "Brother Saul," he said, "you saw the Lord Jesus. He appeared to you on the road as you were coming here. He has sent me so that you will be able to see again. You will be filled with the Holy Spirit."
18 Right away something like scales fell from Saul's eyes. And he could see again. He got up and was baptized.19 After eating some food, he got his strength back.
Saul spent several days with the believers in Damascus.

Saul in Damascus and Jerusalem

20 At once he began to preach in the synagogues. He taught that Jesus is the Son of God.21 All who heard him were amazed. They asked, "Isn't he the man who caused great trouble in Jerusalem for those who worship Jesus? Hasn't he come here to take them as prisoners to the chief priests?"22 But Saul grew more and more powerful. The Jews living in Damascus couldn't believe what was happening. Saul proved to them that Jesus is the Christ.
23 After many days, the Jews had a meeting. They planned to kill Saul.24 But he learned about their plan. Day and night they watched the city gates closely in order to kill him.25 But his followers helped him escape by night. They lowered him in a basket through an opening in the wall.
26 When Saul came to Jerusalem, he tried to join the believers. But they were all afraid of him. They didn't believe he was really one of Jesus' followers.27 But Barnabas took him to the apostles. He told them about Saul's journey. He said that Saul had seen the Lord. He told how the Lord had spoken to Saul. Barnabas also said that Saul had preached without fear in Jesus' name in Damascus.
28 So Saul stayed with the believers. He moved about freely in Jerusalem. He spoke boldly in the Lord's name.29 He talked and argued with Jews who followed Greek practices. But they tried to kill him.30 The other believers heard about this. They took Saul down to Caesarea. From there they sent him off to Tarsus.
31 Then the church throughout Judea, Galilee and Samaria enjoyed a time of peace. The Holy Spirit gave the church strength and boldness. So they grew in numbers. And they worshiped the Lord.

Peter Goes to Lydda and Joppa

32 As Peter traveled around the country, he went to visit God's people in Lydda.33 There he found a disabled man named Aeneas. For eight years the man had spent most of his time in bed.34 "Aeneas," Peter said to him, "Jesus Christ heals you. Get up! Take care of your mat!" So Aeneas got up right away.35 Everyone who lived in Lydda and Sharon saw him. They turned to the Lord.
36 In Joppa there was a believer named Tabitha. Her name in the Greek language was Dorcas. She was always doing good and helping poor people.
37 About that time she became sick and died. Her body was washed and placed in a room upstairs.38 Lydda was near Joppa. The believers heard that Peter was in Lydda. So they sent two men to him. They begged him, "Please come at once!"
39 Peter went with them. When he arrived, he was taken upstairs to the room. All the widows stood around him crying. They showed him the robes and other clothes Dorcas had made while she was still alive.
40 Peter sent them all out of the room. Then he got down on his knees and prayed. He turned toward the dead woman. He said, "Tabitha, get up." She opened her eyes. When she saw Peter, she sat up.41 He took her by the hand and helped her to her feet. Then he called the believers and the widows. He brought her to them. They saw that she was alive.42 This became known all over Joppa. Many people believed in the Lord.43 Peter stayed in Joppa for some time. He stayed with Simon, a man who worked with leather.