Kolossense 1
1 Van Paulus, 'n apostel van Jesus op gesag van God, en van Timoteus, 'n mede-Christen.2 Hierdie brief is bedoel vir al die mense van Kolosse wat spesiaal net God s'n is. Ek skryf vir julle wat in Jesus glo en daarom deel van God se hegte familie is.
Mag God, ons Vader, vir julle baie goed wees. Mag Hy vir julle daardie diep vrede gee wat net Hy kan gee.
Dank God dat julle Christene is!
3 Wanneer ek bid, kan ek God nie genoeg dankie sê vir wat Hy vir julle doen nie. Ek praat nie sommer van enige god nie. Ek praat van God, die Vader van Jesus Christus, ons Here.4 Ek het gehoor dat julle in Christus Jesus glo en daarom baie omgee vir al God se kinders.
5 Dit doen julle omdat julle vir seker weet dat God self alles waarborg wat Hy vir julle belowe het en vir julle reg hou. Vir hierdie goeie nuus staan God self in.
6 Julle is nie die enigstes wat die goeie nuus gehoor het nie. Oor die hele wêreld het die wonderlike nuus al by mense uitgekom en steeds versprei dit soos 'n veldbrand. Net mooi oral kom 'n mens die vrugte daarvan teë. Julle het self mos ervaring daarvan. Van die dag af dat dit tot julle deurgedring het hoe goed God vir julle is sonder dat julle dit regtig verdien, weet julle dat die ware God aan die werk is.
7 By Epafras het julle alles geleer. Hy is regtig 'n staatmaker en ek hou baie van hom. Hy werk hard saam met my vir die Here. Hy is iemand op wie Christus regtig peil kan trek. Julle het natuurlik ook die vrugte van sy goeie werk gepluk.8 Dit is juis by hom dat ons gehoor het hoe lief julle mekaar het. God se Gees werk mos in julle.
9 Vandat ons al hierdie dinge oor julle gehoor het, bid ons aanmekaar vir julle. Ons vra dat God vir julle al die kennis sal gee wat julle nodig het om reg te leef. Mag die Heilige Gees julle duidelik wys hoe julle moet leef.10 Dan behoort julle mos nie te twyfel oor wat presies God van julle wil hê nie. En as julle weet wat om te doen en dit doen, sal die Here trots wees op julle en tevrede voel oor hoe julle leef. Mag alles wat julle doen vir julle goeie vrugte dra en julle meer van God se plan vir julle lewe laat verstaan.11 God is die Een wat oor Goddelike mag beskik. Mag sy krag júlle krag word sodat julle glad nie ongeduldig word en begin moed verloor nie. Nee, staan vas en hou moed!
12 Ek bid ook dat julle met 'n blye glimlag aan die Vader alle eer sal gee en Hom sal grootmaak. Sê vir Hom dankie. Hy het alles gedoen wat nodig is sodat julle die reg het om vir altyd te wees waar Hy, die groot Koning, heers. Hy sal julle beskerm. Daar waar God se wonderlike lig sonder ophou skyn, sal julle saam met al sy ander kinders bly. Julle vra hoe dit moontlik is.13 Wel, ons was eers in die donker mag van God se vyande vasgevang. God het ons egter uit hulle mag geruk. Nou staan ons onder die mag van sy Seun. Dit is die Seun wat Hy liefhet.14 Hierdie Seun raak ook namens ons ontslae van die skuld wat ons deur ons sondes op ons gelaai het. Deur sy toedoen word ons sondes vergewe.
15 Ons kan God nie met ons oë sien nie. Sy Seun is egter die beeld van God. Deur na Hom te kyk sien ons wie en hoe God is.
Niks in die skepping kan met Hom vergelyk word nie. Hoekom nie?16 Net mooi alles, of dit nou in die hemel of op die aarde is, is deur Hom gemaak. Of jy dit kan sien of nie, of jy dink dit is sterk of nie, of jy daarvoor wil neerval en dit aanbid of nie, maak nie saak nie; alles is deur Hom gemaak. Alles wat gemaak is, moet daarna streef om Hom gelukkig te maak.17 Voor enigiets anders gemaak is, was Hy mos al daar.18 Boonop is Hy ook die Een wat sorg dat die heelal nie in duie stort nie.
Die kerk kan met 'n liggaam vergelyk word. Die belangrikste deel, die kop van die liggaam, is God se Seun. By Hom het alles begin en Hy neem in alles die leiding. Hy het eerste uit die dood opgestaan.19 God het mos self besluit om volledig by sy Seun te wees.20 Hy het daarvoor gesorg dat alles in die skepping weer in die regte verhouding met Hom gestel word. Hy is mos die doel waarom alles geskep is. Dit het Hy gedoen deur die onderlinge verhoudings in die skepping weer reg te stel, of dit nou op die aarde of in die hemel is. Dit het nie sommerso gebeur nie. Dit was duur. Dit het Hom sy bloed gekos wat aan die kruis geloop het.
21 Julle onthou mos hoe julle voorheen op die verkeerde pad was. Julle was nie God se vriende nie; inteendeel, julle was sy vyande. Julle slegte gesindheid het veroorsaak dat julle net so sleg opgetree het.22 Maar dinge het nou verander. Die Seun het vrede kom maak tussen God en julle. Juis daarom het hulle Hom liggaamlik doodgemaak. Sy doel was egter om so van julle iets besonders te maak. Hy wil dit so bewerk dat julle God heeltemal tevrede sal stel sodat daar niks in julle is waarvan God nie hou nie.23 Julle moet egter net vas bly glo. Staan vas soos 'n huis op stewige fondamente, onbeweeglik soos 'n paal wat diep ingekap is. Moenie 'n duim afwyk van die evangelie waarvan julle so oortuig geraak het nie. Dit is die evangelie wat oor die hele wêreld aan mense verkondig word. Met al my tyd en energie werk ek, Paulus, vir hierdie evangelie.
24 Ek loop nie met 'n lang gesig rond oor al die swaarkry en lyding wat my oorgekom het nie. Inteendeel, ek is bly daaroor, want julle vind ook baat daarby. Julle weet hoe Christus vervolg is. Wel, hierdie vervolging teen Hom het nog glad nie opgehou nie. Ek self loop nog net so onder fisieke vervolging deur. Vir die kerk, die liggaam van Christus, doen ek dit.25 Met alles wat ek het, werk ek vir die evangelie. God self het my daarvoor aangestel.26 Op my skouers rus die verantwoordelikheid om die boodskap van God van begin tot end aan julle te verduidelik.27 God het 'n geheim gehad. Baie eeue en geslagte lank het niemand geweet wat dit is nie. Maar die geheim is nou bekend. God het besluit om aan sy eie mense die geheim te vertel. Hulle weet nou hoe ongelooflik wonderlik hierdie geheim is, veral vir nie-Jode. Die geheim is dit: Christus is vir almal, ook vir julle. Op Hom kan julle met vertroue staatmaak. Hy sal vir julle die wonderlike dinge gee wat 'n mens net by God kan kry.
28 Die inhoud van ons verkondiging gaan juis oor Christus. Ons praat reguit met almal oor Hom en leer hulle alles wat hulle van God en hulleself af moet weet. Ek wil hê dat elke mens die goddelike doel in sy lewe moet bereik. Dit is alleen moontlik deur 'n intieme verhouding met Christus.29 Daarvoor gee ek alles. Ek werk hard en doelgerig daarvoor soos iemand wat in 'n resies alles uithaal. Die krag om dit te doen kom van Jesus af.
Colossians 1
Salutation
1 From Paul,t an apostle of Christ Jesus by the will of God, and Timothy our brother,
2 to the saints, the faithfult brothers and sisterst in Christ, at Colossae. Grace and peace to yout from God our Father!s
Paul’s Thanksgiving and Prayer for the Church
3 We alwayst give thanks to God, the Father of our Lord Jesus Christ, when we pray for you,4 sincet we heard about your faith in Christ Jesus and the love that you have for all the saints.5 Your faith and love have arisent from the hope laid upt for you in heaven, which you have heard about in the message of truth, the gospelt6 that has come to you. Just as in the entire world this gospelt is bearing fruit and growing, so it has also been bearing fruit and growingt among you from the first day you heard it and understood the grace of God in truth.7 You learned the gospelt from Epaphras, our dear fellow slavet – at faithful minister of Christ on ours behalf –
8 who also told us of your love in the Spirit.
Paul’s Prayer for the Growth of the Church
9 For this reason we also, from the day we heard about you,t have not ceased praying for you and asking Godt to fillt you with the knowledge of his will in all spiritual wisdom and understanding,10 so that you may livet worthily of the Lord and please him in all respectst – bearing fruit in every good deed, growing in the knowledge of God,11 being strengthened with all power according to his glorious might for the display oft all patience and steadfastness, joyfully12 giving thanks to the Father who has qualified you to sharet in the saints’t inheritance in the light.13 He delivered us from the power of darkness and transferred us to the kingdom of the Son he loves,t
14 in whom we have redemption,s the forgiveness of sins.
The Supremacy of Christ
15 s He is the image of the invisible God, the firstbornt over all creation,t
16 for all things in heaven and on earth were created by him – all things, whether visible or invisible, whether thrones or dominions,t whether principalities or powers – all things were created through him and for him.
17 He himself is before all things and all things are held togethert in him.
18 He is the head of the body, the church, as well as the beginning, the firstbornt from among the dead, so that he himself may become first in all things.t
19 For Godt was pleased to have all hist fullness dwellt in the Sont
20 and through him to reconcile all things to himself by making peace through the blood of his cross – through him,s whether things on earth or things in heaven.
Paul’s Goal in Ministry
21 And you were at one time strangers and enemies in yourt mindst as expressed throught your evil deeds,22 but now he has reconciled youst by his physical body through death to present you holy, without blemish, and blameless before him –
23 if indeed you remain in the faith, established and firm,t without shiftingt from the hope of the gospel that you heard. This gospel has also been preached in all creation under heaven, and I, Paul, have become its servant.
24 Now I rejoice in my sufferings for you, and I fill up in my physical body – for the sake of his body, the church – what is lacking in the sufferings of Christ.25 I became a servant of the church according to the stewardshipt from God – given to me for you – in order to completet the word of God,26 that is, the mystery that has been kept hidden from ages and generations, but has now been revealed to his saints.27 God wanted to make known to them the glorioust riches of this mystery among the Gentiles, which is Christ in you, the hope of glory.28 We proclaim him by instructingt and teachingt all peoplet with all wisdom so that we may present every person maturet in Christ.
29 Toward this goalt I also labor, struggling according to his power that powerfullyt works in me.