previous next

KOLOSSENSE 1

1 Hierdie brief kom van Paulus wat deur God gekies is om 'n apostel van Christus Jesus te wees. Ons broer Timoteus skryf hierdie brief saam met my.

2 Ons skryf aan God se mense in Kolosse, gelowige broers en susters wat aan God verbonde is. Mag die genade en vrede van God ons Vader met julle wees.

Paulus dank God vir die Kolossense se getuienis en bid dat hulle wysheid mag ontvang

3 In al ons gebede dank ons God, die Vader van ons Here Jesus Christus, vir julle,4 want ons het gehoor dat julle in Christus Jesus glo en van julle liefde vir al God se mense.5 Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir julle gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus aan julle verkondig is.

6 Dieselfde Goeie Nuus wat julle bereik het, gaan ook oor die hele wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei dit, net soos dit by julle gebeur het vanaf die dag toe julle die waarheid oor God se genade gehoor en verstaan het.
7 Epafras, ons geliefde medewerker, het julle daarvan geleer. Sy getroue diens aan Christus is in julle belang.

8 Dit is hý wat ons vertel het van die liefde wat die Gees in julle bewerk het.
9 Van die dag af wat ons dít oor julle gehoor het, hou ons daarom nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê.10 Ons bid ook dat julle leefstyl tot eer van die Here sal wees om Hom te behaag deurdat julle lewe vol goeie werke sal wees en dat julle God al hoe beter sal leer ken.11 Ons bid dat Hy deur die krag van sy goddelike heerlikheid julle sal toerus met al die krag wat julle nodig het om in alle omstandighede geduldig te volhard terwyl julle met blydskap12 altyd die Vader dank dat Hy julle geskik gemaak het om in die erfenis van God se mense te deel, die erfenis wat wag vir mense wat volgens sy wil lewe.13 Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van sy geliefde Seun.

14 Deur die Seun het ons verlossing verkry, naamlik die vergewing van sonde.

'n Lied oor die heerlikheid van die Seun

15 Die Seun is die sigbare uitbeelding
van die onsigbare God.
Hy is die Eerste
van die hele skepping,
16 omdat God alles
deur Hom geskep het.
Ja, alles in die hemel
en op die aarde -
die dinge wat gesien kan word
en die dinge wat nie gesien
kan word nie,
of dit nou konings
of heersers, regeerders
of magshebbers is -
álle dinge is deur Hom
en vir Hom geskep.
17 Hý was daar vóór alles,
en in Hom word alles
saamgebind.
18 Hý is die hoof van die kerk,
sy liggaam.
Die Seun is die begin.
Hy is die Eerste
wat uit die dood opgestaan het
sodat Hy inderdaad eerste
in alle dinge is.
19 God het dit goedgedink
om met sy volle Goddelikheid
in die Seun te woon,
20 en om deur Hom alles
met Homself te versoen.
Deur die bloed van sy Seun
aan die kruis
het Hy vrede gemaak.
Ja, deur Hom het Hy alles
op die aarde
en in die hemel
met Homself versoen.

Ons stukkende verhouding met God is reggemaak

21 Eers was julle ook ver van God af. Met verkeerde dade het julle gewys dat julle Hom vyandiggesind is.

22 Maar nou het Hy julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterf het om julle voor Hom as sy eie mense te laat staan, skoon en foutloos.

23 Maar dan moet julle aanhou glo. Julle moet onwrikbaar vas bly staan en nie die verwagting laat vaar wat in julle gewek is toe julle die Goeie Nuus gehoor het nie. Hierdie Goeie Nuus is aan almal onder die son verkondig. En ek, Paulus, het hiervan 'n dienaar geword.

God se geheim is bekend: Christus leef in ons!

24 Ek is nou bly dat ek tot julle voordeel kan swaarkry. Ek is bly dat ek die deel van Christus se vervolging wat nog oorbly, kan help dra. Ek verduur dit in mý liggaam tot voordeel van sý liggaam, die kerk.25 Ek is 'n dienskneg van dié kerk. God het my die verantwoordelikheid gegee om aan julle sy volle boodskap bekend te maak.26 Hierdie boodskap was vir eeue en geslagte lank 'n geheim, maar nou het God dit aan sy eie mense bekendgemaak.

27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel.

28 Juis Hom verkondig ons! Ons doen dit deur elke mens te waarsku en met alle moontlike wysheid te onderrig.
So wil ons graag elke mens in 'n volmaakte verhouding met Christus voor God laat staan.

29 Hiervoor werk en stry ek met Christus se krag wat magtig in my aan die werk is.

COLOSSIANS 1

1 From Paul, chosen by God to be an apostle of Christ Jesus, and from Timothy, who is also a follower.

2 To God's people who live in Colossae and are faithful followers of Christ.
I pray that God our Father will be kind to you and will bless you with peace!

A Prayer of Thanks


3 Each time we pray for you, we thank God, the Father of our Lord Jesus Christ. 4 We have heard of your faith in Christ and of your love for all God's people,

5 because what you hope for is kept safe for you in heaven. You first heard about this hope when you believed the true message, which is the good news.
6 The good news is spreading all over the world with great success. It has spread in this same way among you, ever since the first day you learned the truth about God's wonderful kindness 7 t from our good friend Epaphras. He works together with us for Christ and is a faithful worker for you.t

8 He is also the one who told us about the love that God's Spirit has given you.

The Person and Work //of Christ


9 We have not stopped praying for you since the first day we heard about you. In fact, we always pray that God will show you everything he wants you to do and that you may have all the wisdom and understanding his Spirit gives. 10 Then you will live a life that honors the Lord, and you will always please him by doing good deeds. You will come to know God even better.

11 His glorious power will make you patient and strong enough to endure anything, and you will be truly happy.
12 I pray that you will be grateful to God for letting yout have part in what he has promised his people in the kingdom of light. 13 God rescued us from the dark power of Satan and brought us into the kingdom of his dear Son,

14 t who forgives our sins and sets us free.

15  t Christ is exactly like God,
who cannot be seen.
He is the first-born Son,
superior to all creation.

16 Everything was created by him,
everything in heaven
and on earth,
everything seen and unseen,
including all forces
and powers,
and all rulers
and authorities.
All things were created
by God's Son,
and everything was made
for him.

17 God's Son was before all else,
and by him everything
is held together.

18  t He is the head of his body,
which is the church.
He is the very beginning,
the first to be raised
from death,
so that he would be
above all others.

19 God himself was pleased
to live fully in his Son.

20  t And God was pleased
for him to make peace
by sacrificing his blood
on the cross,
so that all beings in heaven
and on earth
would be brought back to God.
21 You used to be far from God. Your thoughts made you his enemies, and you did evil things. 22 But his Son became a human and died. So God made peace with you, and now he lets you stand in his presence as people who are holy and faultless and innocent.

23 But you must stay deeply rooted and firm in your faith. You must not give up the hope you received when you heard the good news. It was preached to everyone on earth, and I myself have become a servant of this message.

Paul's Service to the Church


24 I am glad I can suffer for you. I am pleased also that in my own body I can continuet the suffering of Christ for his body, the church. 25 God's plan was to make me a servant of his church and to send me to preach his complete message to you. 26 For ages and ages this message was kept secret from everyone, but now it has been explained to God's people.

27 God did this because he wanted you Gentiles to understand his wonderful and glorious mystery. And the mystery is that Christ lives in you, and he is your hope of sharing in God's glory.
28 We announce the message about Christ, and we use all our wisdom to warn and teach everyone, so all of Christ's followers will grow and become mature. 29 This is why I work so hard and use the mighty power he gives me.