Kolossense 3
1 Onthou dit altyd: toe julle Christene geword het, het julle saam met Christus 'n nuwe lewe gekry. Tree asseblief nou op soos mense wat saam en vir die Here leef.
Julle moet al meer so leef dat Jesus daarmee tevrede sal wees. Onthou, Hy is die Een met die mag. Hy sit op die oomblik op die ereplek langs God self in die hemel.2 Moenie toelaat dat dinge wat nie vir Jesus belangrik is nie, vir julle te belangrik word nie. Ek praat van tydelike, aardse dinge waarmee julle julle partymaal so kan besig hou. Bestee liewer al julle tyd aan dinge wat vir Jesus belangrik is. Dink daaroor na, praat daaroor en doen dit!3 Onthou, julle waardes het verander toe julle Christene geword het. Julle ou belangstellings en lewenstyl is dood en begrawe. Julle het 'n nuwe lewe gekry. Dit waarborg God vir julle.
4 Christus gee julle daardie nuwe lewe. Wanneer Christus eendag weer kom, sal julle almal by Hom kan gaan staan as mense wat Hy lewend gemaak het. Almal sal julle saam met Hom sien. Dan sal hulle ook sien hoe belangrik julle regtig vir God is.
5 Moenie toelaat dat dinge waarvan Jesus nie hou nie, enige rol in julle lewe begin speel nie. Raak daarvan ontslae sodra dit in jou lewe kop uitsteek. Ek praat van dinge soos ontoelaatbare seks of vuil gedagtes wat op vieslike optrede uitloop. Om sulke dinge net te loop en begeer is al verkeerd. En dan is daar mense wat nooit genoeg kan kry nie. Hoe meer hulle het, hoe meer wil hulle hê. Asof dit hulle god is, wy hulle al hulle tyd en energie daaraan om net al hoe meer in die hande te probeer kry.
6 Hierdie soort dinge maak dat God mense straf. Hulle steur hulle mos nie aan wat God wil hê nie.
7 Julle weet goed waarvan ek praat. Julle het self vroeër so geleef.8 Maar daardie tyd is nou vir julle verby. Dit beteken natuurlik dat al die lelike dinge waarvan God nie hou nie, ook vir julle iets van die verlede moet wees. Sal ek vir julle 'n paar opnoem?
Dink maar aan 'n slegte humeur of om oor alles te wil baklei. Om 'n wrok te dra doen ook niemand goed nie. Moenie God in die skande steek deur die manier waarop jy praat nie. Moenie vloek nie; nee, selfs al laat jou woorde mense net ongemaklik voel, moet jy dit nie eens gebruik nie.
Praat die waarheid met mekaar.9 Moenie lieg nie. Julle is eintlik soos iemand wat sy ou klere uitgetrek en nuwe klere aangetrek het. Die ou klere is julle slegte ou gewoontes en die verkeerde manier waarop julle geleef het. Daarvan moet julle ontslae raak soos van ou klere.
10 God het egter vir julle ook 'n nuwe stel klere gegee. Hierdie klere maak julle heeltemal nuut. Dit bring julle al hoe nader aan God. Julle leer Hom al hoe beter ken. Hoe beter julle Hom leer ken, hoe meer word julle soos Hy. So kom julle al hoe nader aan die doel waarvoor God julle gemaak het. God het ons gemaak om almal soos Christus te wees.
Hy wil nie hê mense moet met mekaar vassit omdat hulle nie dieselfde lyk of nie dieselfde taal praat nie.11 Dit maak nie vir Hom saak of iemand nog altyd 'n kerklidmaat was en of hy eers laat in sy lewe 'n Christen geword het nie. Hy vra nie of iemand kan lees of skryf of waar hy vandaan kom nie. Nog minder vra Hy hoe belangrik iemand in die gemeenskap is en of hy 'n goeie werk het of nie.
Al wat God vra, is of Christus in iemand se lewe is. Want al wat regtig in die lewe tel, is net Christus.
12 God het julle gekies. Julle is sy spesiale mense in die wêreld. Hy is baie lief vir julle. Daarom moet julle die "klere" aantrek wat by julle pas. Jy moet baie vir ander mense omgee en gaaf met hulle wees. Wees op jou plek en moenie te veel van jouself dink nie. Moet ook nie ongeskik met mense wees nie, maar hanteer hulle mooi.13 Gee mekaar 'n kans sonder om mekaar met kritiek uitmekaar te skeur. Kyk ook by mekaar se foute verby. Die Here het immers by al julle foute verbygekyk. Daarom word niks minder van julle verwag nie.
14 Tussen die klere wat God vir julle gegee het, is daar 'n kledingstuk wat alles perfek afrond. Jy moet dit altyd en oral dra. Hierdie kledingstuk is die liefde. As julle mekaar liefhet, leef julle presies soos God dit wil hê. Liefde hou julle naby mekaar soos julle veronderstel is om te wees.15 Dit moet ook vir julle baie belangrik wees om die vrede wat Christus vir julle gegee het, tot elke prys te bewaar. As julle met mekaar begin vassit, maak juis dan die keuse vir die vrede van Christus. Om die vrede te bewaar is belangrik, want God verwag van julle om soos een liggaam saam te werk. Hy wil geen dwarstrekkery hê nie. En moenie vergeet om altyd vir God dankie te sê vir al hierdie dinge nie.
16 Jesus se boodskap moet in julle lewe wees wat 'n bouplan vir 'n bouer is. Dit moet die plan wees vir alles wat julle doen. Daarom moet julle nie tevrede wees voordat julle alles weet wat Jesus vir julle wil sê nie. Leer mekaar wat reg en verkeerd is. As iemand 'n fout maak, help hom reg. Gebruik ook psalms en ander liedere om dit te doen. Sing uit julle hart uit, want met hierdie geestelike liedere sê julle ook vir God dankie.
17 Laat ek saamvat: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe moet een groot dankie vir God wees. En dit kan alleen so wees as julle alles doen asof Jesus elke tree saam met julle gee.
18 Vroue, erken die gesag wat mans in die gesin dra. Die Here verwag dit.19 Mans, wees lojaal en liefdevol teenoor vroue. Moenie geïrriteerd raak met hulle nie.20 Kinders, luister na wat julle ouers sê. Daarvan hou die Here.
21 Pa's, moenie te veel druk op julle kinders sit nie. Netnou verloor hulle moed omdat hulle voel dat julle nooit tevrede is nie.
22 Nou kom ek by julle wat vir base werk. Doen wat julle aardse base van julle vra. Moenie skynheilig wees en net werk as hulle vir julle kyk nie. Wees eerlik en werk hard omdat die Here altyd vir julle kyk.23 Julle wil tog die Here tevrede stel en nie mense nie. Laat mense dit ook sien aan die oorgawe waarmee julle julle werk doen.
24 Die Here sal vir julle gee wat julle verdien; daarvan kan julle seker wees. Julle sal by Hom in sy nuwe wêreld gaan bly en daar alles geniet wat Hy vir julle sal gee.
Want die eintlike Baas vir wie julle werk, is mos Christus. En hierdie Baas trek niemand voor nie.25 As iemand dus nie doen wat God wil hê nie, sal hy maar die straf daarvoor moet dra.
Colossians 3
Exhortations to Seek the Things Above
1 Therefore, if you have been raised with Christ, keep seeking the things above, where Christ is, seated at the right hand of God.2 Keep thinking about things above, not things on the earth,3 for you have died and your life is hidden with Christ in God.4 When Christ (who is yours life) appears, then you too will be revealed in glory with him.5 So put to death whatever in your nature belongs to the earth:t sexual immorality, impurity, shameful passion,t evil desire, and greed which is idolatry.6 Because of these things the wrath of God is coming on the sons of disobedience.ss7 You also lived your livest in this way at one time, when you used to live among them.8 But now, put off all such thingst as anger, rage, malice, slander, abusive language from your mouth.9 Do not lie to one another since you have put off the old man with its practices10 and have been clothed with the new mans that is being renewed in knowledge according to the image of the one who created it.
11 Here there is neither Greek nor Jew, circumcised or uncircumcised, barbarian, Scythian, slavet or free, but Christ is all and in all.
Exhortation to Unity and Love
12 Therefore, as the elect of God, holy and dearly loved, clothe yourselves with a heart of mercy,t kindness, humility, gentleness, and patience,13 bearing with one another and forgivingt one another, if someone happens to havet a complaint against anyone else. Just as the Lord has forgiven you, so you also forgive others.t14 And to all theset virtuest addt love, which is the perfect bond.t15 Let the peace of Christ be in control in your heart (for you were in fact called as one bodyt to this peace), and be thankful.16 Let the word of Christs dwell in you richly, teaching and exhorting one another with all wisdom, singing psalms, hymns, and spiritual songs, all with gracet in your hearts to God.
17 And whatever you do in word or deed, do it all in the name of the Lord Jesus, giving thanks to God the Father through him.
18 Wives, submit to yourt husbands, as is fitting in the Lord.19 Husbands, love your wives and do not be embittered against them.20 Children, obey your parents in everything, for this is pleasing in the Lord.21 Fathers,t do not provoket your children, so they will not become disheartened.22 Slaves,t obey your earthlyt masters in every respect, not only when they are watching – like those who are strictly people-pleasers – but with a sincere heart, fearing the Lord.23 Whatever you are doing,t work at it with enthusiasm,t as to the Lord and not for people,t24 because you know that you will receive yourt inheritancet from the Lord as the reward. Servet the Lord Christ.25 For the one who does wrong will be repaid for his wrong,ts and there are no exceptions.t