previous next

Efesiërs 1

1 Ek, Paulus, wat spesiaal deur Christus Jesus as sy boodskapper gestuur is omdat God dit so wou hê, het hierdie brief geskryf.
Dit is bedoel vir God se mense in Efese, almal wat in Christus Jesus glo.
2 Mag God, die Vader, en die Here Jesus Christus vir julle goed wees, ver meer as wat julle verdien. Mag Hulle vir julle vrede gee soos net Hulle kan.
3  Laat ons nie ophou om God, die Vader van ons Here Jesus Christus, te loof en groot te maak nie. Omdat ons Jesus s'n is, het God ons - wat eintlik niks was nie - baie belangrik kom maak. Hy het vir ons al die geestelike dinge gegee wat by God die moeite werd is vir 'n mens om te hê.4 Hy het ons wat aan Jesus behoort, gekies nog lank voor die wêreld gemaak is. Ons moet net Syne wees en daar moet niks in ons wees wat Hom ontevrede kan maak nie.5 Dit alles het Hy uit liefde gedoen. Ja, Hy het vooraf besluit om ons sy eie kinders te maak. Hy het besluit om dit te doen om geen ander rede as dat Hy dit graag vir ons wou doen nie. En dit is nie sommer net 'n storie nie - Jesus Christus het kom sorg dat dit regtig gebeur.6 Daarom moet ons vir ander vertel hoe wonderlik en groot God is en wat Hy alles vir ons gedoen het. Ons het niks verdien nie, maar God het dit verniet vir ons kom gee. Ek sê weer: Jesus, vir wie God so lief is, het kom sorg dat dit alles gebeur.7 Dit was soos 'n handelstransaksie: omdat ons so sondig was, was ons God se vyande. Toe kom Jesus en betaal wat nodig is om weer alles tussen ons en God reg te maak. Dit het Hom wel sy lewe gekos, maar die vrede is herstel tussen God en almal wat aan Jesus se kant staan. Dat God so iets gedoen het sonder om te vra wat ons kan terugbetaal, wys net hoe geweldig goed Hy vir ons is.8 Daar is eenvoudig geen einde aan al sy goedheid vir ons nie. As jy wonder waarom God so goed is, kan ek maar net sê dat God weet wat Hy doen, ja, Hy weet alles.
9-10 Daarom het Hy besluit om ons ook te laat verstaan waarom Hy, toe die tyd ryp was, besluit het om Jesus te stuur om alles te kom doen wat nodig was. Dit was eintlik eers net God se geheim, wat mense glad nie verstaan het nie. Maar nou besef ons waarom dit gaan, omdat God graag wil hê dat ons dit moet weet. Ja, Hy sal alles - of dit nou in die hemel is of op die aarde - bymekaarbring soos dit met die skepping bedoel was, en Jesus sal oor alles regeer.11 God het almal wat aan Jesus behoort, gekies om Syne te wees. Dat dit so moet wees, het Hy lankal besluit en Hy laat altyd alles gebeur soos Hy dit wil hê.12 Ons was mos die eerste mense wat alles aanvaar het wat Jesus beloof het en wat seker weet dat ons dit gaan kry. God wil hê dat juis ons vir almal moet wys en vertel hoe groot en belangrik Hy regtig is.13 Julle is ook deel van die groep mense wat Christus s'n is. Dit is so van die dag af dat julle die waarheid gehoor en besef het dat julle elke woord daarvan kan glo. Ek praat van die goeie boodskap oor Jesus wat julle red. Daarom het God vir julle die Heilige Gees gegee wat Hy beloof het.14 Die Gees is soos 'n merk wat God julle laat dra om te wys dat elkeen wat Jesus s'n is, ook Syne is. Meer nog, die Gees is ook ons bewys dat God begin het om vir ons alles te gee wat Hy ons beloof het. Die Gees is maar die begin van dit wat God eendag alles vir ons gaan gee.
Hy gaan elkeen wat Syne is heeltemal vrymaak. Laat ons vir almal vertel hoe groot God is.
15  Ek het gehoor dat julle verhoudings gesond is: julle staan in 'n sterk verhouding met Jesus deur julle geloof en julle tree liefdevol onder mekaar as God se mense op. Mooi so.16 Nou sê ek vir God dankie vir mense soos julle, elke keer wanneer ek bid. Wees verseker: ek vergeet julle nie wanneer ek bid nie.17 Ek vra God, ons wonderlike en groot Vader, die God van ons Here Jesus Christus, om deur sy Gees vir julle die kennis te gee wat julle nodig het om in hierdie lewe reg op te tree. Ek vra ook dat julle Hom al hoe beter sal leer ken deur alles wat Hy vir julle sal duidelik maak.18 Ek bid verder dat God julle geestelike oë sal oopmaak sodat julle sal kan besef wat julle van Hom kan verwag noudat Hy julle na Hom toe geroep het. God gaan vir julle, as sy spesiale kinders, gee wat Syne is. Hy gaan julle skatryk maak.
19-21 Verder bid ek ook dat julle sal agterkom dat die krag van God wat in ons werk sterker as enigiets anders is. Ons het gesien hoe geweldig daardie krag regtig is toe God Jesus uit die dood laat opstaan en vir Hom die belangrikste plek in die hemel gegee het. Daardie selfde krag werk ook in ons as Christene. Nou regeer Jesus natuurlik oor al wat mag of regeerder of koning is. Niemand, ek herhaal, niemand en niks sal ooit belangriker of sterker as Jesus kan wees nie; nie nou nie en ook nie in die toekoms nie.
22-23 God self het vir Jesus die magtige posisie gegee om oor alles en almal te heers, ook oor die kerk. Jesus is die leier van die kerk en die kerk moet daarom gehoorsaam doen wat hulle leier van hulle verwag. Laat ek 'n voorbeeld gebruik: Jesus is soos die kop en die kerk soos die res van die liggaam. Saam is hulle een. Die kop beheer die liggaam en laat sy invloed deur die hele liggaam vloei. Die kop sorg vir alles wat elke deeltjie van die liggaam nodig mag hê. En die liggaam, die kerk, laat die kop, Jesus, volledig wees wat Hy is.

Ephesians 1

Salutation

1 From Paul,t an apostle of Christ Jesus by the will of God, to the saints [in Ephesus],ss the faithfult in Christ Jesus.

2 Grace and peace to yout from God our Father and the Lord Jesus Christ!

Spiritual Blessings in Christ

3 Blesseds ist the God and Father of our Lord Jesus Christ, who has blessedt us with every spiritual blessing in the heavenly realms in Christ.4 Fort he chose us in Christt before the foundation of the world that we may be holy and unblemisheds in his sightt in love.t5 He did this by predestiningts us to adoption as hist sonsts through Jesus Christ, according to the pleasuret of his will –6 to the praise of the glory of his gracet that he has freely bestowed on us in his dearly loved Son.tss7 In himt we have redemption through his blood,s the forgiveness of our trespasses, according to the riches of his grace8 that he lavished on us in all wisdom and insight.9 He did this when he revealedt to us the secrett of his will, according to his good pleasure that he set fortht in Christ,ts10 toward the administration of the fullness of the times, to head upt all things in Christ – the things in heavent and the things on earth.s11 In Christt we too have been claimed as God’s own possession,ts since we were predestined according to the one purpose of him who accomplishes all things according to the counsel of his will12 so that we, who were the first to set our hopet on Christ,t would be to the praise of his glory.13 And whent you heard the word of truth (the gospel of your salvation) – when you believed in Christt – you were marked with the sealt of the promised Holy Spirit,t

14 who is the down paymentts of our inheritance, until the redemption of God’s own possession,t to the praise of his glory.

Prayer for Wisdom and Revelation

15 For this reason,s because It have heardt of your faith in the Lord Jesus and your loves for all the saints,16 I do not cease to give thanks for you when I remember yout in my prayers.17 I pray thatt the God of our Lord Jesus Christ, the Father of glory,t may give you spiritual wisdom and revelationt in your growing knowledge of him,tsss18 – since the eyes of yourst heart have been enlightenedt – so that you may know what is the hope of his calling,tssss what is the wealth of his glorioust inheritance in the saints,19 and what is the incomparablet greatness of his power towardt us who believe, as displayed int the exercise of his immense strength.ts20 This powert he exercisedt in Christ when he raised himt from the dead and seated hims at his right hand in the heavenly realmss21 far above every rule and authority and power and dominion and every name that is named, not only in this age but also in the one to come.22 And Godtputtall things under Christ’stfeet,s and he gave him to the church as head over all things.t

23 Now the church ist his body, the fullness of him who fills all in all.ts

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.