Efesiërs 2
God red ons, want Hy is goed vir ons
1 Voorheen, voordat julle in Christus geglo het, was julle tgeestelik dood, want julle het baie verkeerde dinge, baie sondes, gedoen. 2 Julle het gelewe soos die mense van die wêreld lewe. Julle het gedoen wat die tSatan wil hê julle moet doen. Die Satan is die hoof van die tbose geeste wat oor die wêreld wil regeer en dit is hy wat nou werk in die harte van die mense wat ongehoorsaam is aan God.
3 Ons almal het ook soos daardie mense gelewe wat graag slegte dinge doen. Ons het slegte dinge gedoen en slegte planne gemaak. Ons was sleg vandat ons gebore is, so sleg soos al die ander slegte mense, en God sal slegte mense straf.
4 Maar God is baie jammer vir ons. Hy is baie lief vir ons en Hy het dit vir ons gewys. 5 Ons was geestelik dood, want ons het verkeerde dinge gedoen. Maar God het vir Christus weer laat lewe, en so het Hy ons laat lewe. Julle moet onthou God het julle gered omdat Hy goed is vir julle. 6 Ons behoort aan Christus Jesus. God het vir Christus weer laat lewe en Hy het ons ook weer laat lewe. God het vir Christus ’n plek in die hemel gegee en Hy het vir ons ook ’n plek in die hemel gegee.
7 God het dit alles gedoen omdat Hy altyd wil wys dat Hy baie goed en lief is vir ons. Dit is hoekom Hy vir Christus Jesus gestuur het.
8 Ja, God het julle gered omdat Hy baie goed is vir julle, julle wat in Christus glo. Julle het julle nie self gered nie. Nee, Gód het julle gered, Hý was so goed vir julle. 9 God het julle gered, maar Hy het dit nie gedoen omdat julle goeie dinge gedoen het nie. Daarom mag niemand spog nie,
10 want dit is God wat ons gemaak het wat ons is. Hy het vir Christus Jesus gestuur sodat ons soos nuwe mense kan lewe en goeie dinge kan doen. God het hierdie goeie dinge wat ons moet doen, lank gelede gereedgemaak.Christus het vrede gemaak tussen die Jode en die ander mense
11 Julle moet onthou julle was theidene. Die Jode het gesê julle is nie tbesny nie. Dit is waar dat die Jode besny is, maar dit is net hulle liggame wat verander het. 12 Julle moet onthou julle het voorheen nie aan Christus behoort nie. Israel was die volk van God, nie julle nie. God het tverbonde gemaak met Israel, nie met julle nie. God het dinge belowe vir Israel, nie vir julle nie. Julle was mense wat nie seker was dat daar eendag goeie dinge met julle sal gebeur nie. Julle het nie aan God behoort nie.
13 Maar nou het julle naby God gekom, julle wat voorheen ver van Hom was. Christus Jesus het vir julle gesterf en Hy het julle naby God gebring.
14 Dit is Christus wat vrede gebring het tussen ons. Die Jode en die heidene was altyd apart en hulle was mekaar se vyande. Dit was soos ’n muur tussen die Jode en die heidene. Maar Christus het die muur afgebreek en Hy het die Jode en die heidene bymekaargebring. Hulle is nou nie meer vyande nie. 15 Christus het gesê die Jode se wette en reëls beteken nou niks, dit is nie meer belangrik nie. Hy het die Jode en die heidene saam soos een nuwe mens gemaak. So het Hy vrede gemaak tussen hulle. 16 Toe Christus aan die tkruis gesterf het, het Hy die sonde van die Jode en die heidene weggeneem, sodat alles nou reg is tussen God en hulle. Die Jode en die heidene is nou soos een liggaam, hulle is nie meer vyande van mekaar nie. 17 Christus het kom sê daar is nou vrede vir julle wat ver van God was en daar is vrede vir die Jode wat naby God was.
18 Ja, Christus het gesterf, en nou kan ons almal, Jode en heidene, kom by God die Vader, want ons almal het die Heilige Gees gekry, en daar is net een Heilige Gees.
19 Daarom is julle nie meer soos tvreemdelinge nie, soos mense wat nie ’n eie plek het nie. Julle is nou ook mense wat aan God behoort, julle is soos sy eie huisgesin. 20 Julle is die kerk, julle is soos ’n gebou. Die tfondament van die gebou is die tapostels en die tprofete, en Christus Jesus is self die belangrikste klip in die gebou. 21 Hy, Christus, hou die hele gebou regop en Hy maak dit sterk. Hy, die Here, laat die kerk groei en Hy maak dit ’n ttempel wat aan die Here behoort. 22 Christus het die Heilige Gees gestuur, en die Heilige Gees maak julle ’n deel van hierdie gebou, die gebou wat die woonplek van God is.
Ephesians 2
God Has Given Us New Life Through Christ
1 You were living in your sins and lawless ways. But in fact you were dead.2 You used to live as sinners when you followed the ways of this world. You served the one who rules over the spiritual forces of evil. He is the spirit who is now at work in those who don't obey God.
3 At one time we all lived among them. We tried to satisfy what our sinful nature wanted to do. We followed its longings and thoughts. God was angry with us and everyone else because of the kind of people we were.
4 But God loves us deeply. He is full of mercy.5 So he gave us new life because of what Christ has done. He gave us life even when we were dead in sin. God's grace has saved you.
6 God raised us up with Christ. He has seated us with him in his heavenly kingdom because we belong to Christ Jesus.7 He has done it to show the riches of his grace for all time to come. His grace can't be compared with anything else. He has shown it by being kind to us because of what Christ Jesus has done.
8 God's grace has saved you because of your faith in Christ. Your salvation doesn't come from anything you do. It is God's gift.9 It is not based on anything you have done. No one can brag about earning it.
10 God made us. He created us to belong to Christ Jesus. Now we can do good things. Long ago God prepared them for us to do.
God's New Family
11 You who are not Jews by birth, here is what I want you to remember. You are called "uncircumcised" by those who call themselves "circumcised." But they have only been circumcised in their bodies by human hands.
12 Before you believed in Christ, you were separated from him. You were not considered to be citizens of Israel. You were not included in what the covenants promised. You were without hope and without God in the world.13 At one time you were far away from God. But now you belong to Christ Jesus. He spilled his blood for you. That has brought you near to God.
14 Christ himself is our peace. He has made Jews and non-Jews into one group of people. He has destroyed the hatred that was like a wall between us.15 Through his body on the cross, Christ put an end to the law with all its commands and rules. He wanted to create one new group of people out of the two. He wanted to make peace between them.
16 He planned to bring both of them as one body back to God because of the cross. Christ put their hatred to death on that cross.
17 He came and preached peace to you who were far away. He also preached peace to those who were near.18 Through Christ we both come to the Father by the power of one Holy Spirit.
19 So you are no longer strangers and outsiders. You are citizens together with God's people. You are members of God's family.
20 You are a building that is built on the apostles and prophets. They are the foundation. Christ Jesus himself is the most important stone in the building.21 The whole building is held together by him. It rises to become a holy temple because it belongs to the Lord.
22 And because you belong to him, you too are being built together. You are being made into a house where God lives through his Spirit.