previous next

Efesiërs 3

1 Juis daarom sit ek, Paulus, hier vir Christus in die tronk. Ek is in die tronk gegooi omdat ek vir julle wat nie Jode is nie van Christus vertel het.2 Julle het seker al gehoor dat God my gevra het om vir julle te kom vertel hoe goed Hy regtig is.3 God het duidelik vir my gewys wat sy plan met julle is, al het mense dit glad nie besef nie. Ek het al so 'n bietjie daarna begin verwys.4 As julle nou verder lees, sal julle ook duidelik begin agterkom hoe die verrassende plan van God met Christus werk en hoe ek dit verstaan.5 Deur die loop van die geskiedenis het die mense nie geweet wat God gaan doen nie. Nou is dit egter nie meer vir ons 'n geheim nie. Die Heilige Gees het dit aan al die mense vertel wat gekies is om God se Woord te verkondig.6 Die geheim is dit: enigiemand wat in Christus Jesus glo (selfs al is hy 'n nie-Jood), word 'n kind van God en kry by God wat Hy vir al sy kinders gee. So 'n persoon is dan saam met die ander gelowiges die liggaam van Christus. Hy kry alles wat God in die goeie boodskap aan Christus Jesus se mense beloof het.7 God het my aangestel om hierdie nuus vir ander te gaan vertel. Dit is 'n voorreg wat God aan my gegee het, al verdien ek dit nie. Hy gee ook vir my die krag om dit te doen.
8 Van al die Christene is ek die minste werd. Nogtans het God besluit om hierdie voorreg aan my te gee, en dit was onverdiend, glo my.9 Ek is die een wat nou aan die nie-Jode moet gaan vertel wat Christus alles vir hulle gedoen het. Dit is iets wat 'n mens nooit regtig kan begryp nie, want dit is te wonderlik en groot. Ek moet aan elkeen van hulle verduidelik dat God se redding ook vir hulle bedoel is. Dit was van altyd af wat God - wat alles gemaak het - wou doen, maar mense het dit net nie besef nie.10 God wil hê dat die kerk vir al die onsigbare magte en heersers in die hemel sal wys hoe wonderlik slim Hy regtig is. Hy weet alles en beplan vir alles.11 Van die heel begin af het God geweet dat Hy met die koms van Christus, ons Here, hierdie plan van Hom aan die werk sou sit.12 Omdat ons Jesus s'n is en op Hom vertrou, hoef ons nou nie meer bang te wees om na God toe te gaan nie. Ons kan dit vol vertroue doen sonder om te wonder of ons mag.13 Ek vra God daarom dat julle nie moed sal verloor omdat ek so swaarkry ter wille van julle nie. Dit wys eerder hoe belangrik julle is.
14  Juis daarom gaan ek op my knieë voor die Vader.15 Al die gelowiges, of hulle nou reeds in die hemel is of nog hier op die aarde, is wat en wie hulle is omdat God hulle so gemaak het.16 Ek bid dat God, wat so wonderlik en sterk is, deur sy Gees vir julle die krag sal gee wat julle nodig het om geestelik julle man te kan staan.17 So sal Christus deel van julle lewens word omdat julle op Hom vertrou. Julle lewens sal gebou wees op liefde. Deur ander met liefde te behandel sal julle lewens die vastigheid kry wat julle nodig het.
18 Ek bid ook dat julle, saam met al die ander Christene, sal kan ervaar hoe lief Christus ons regtig het. Sy liefde kan ons nie met woorde beskryf nie: dit is te groot en wonderlik. G'n mens kan dit met sy verstand uitredeneer nie, want dit is baie groter as wat ons as mense is.
Maar ek bid tog dat julle so 'n ietsie daarvan sal snap.
19 Mag God julle lewens met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie 'n stukkie van julle lewens is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie.
20 God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie.21 Hy verdien daarom al die eer wat die kerk het om te gee, veral as ons dink aan wat Christus Jesus vir ons gedoen het. Almal moet Hom so eer, nou, môre en tot in ewigheid. Mag dit so wees.

Ephesians 3

Paul's Relationship to the Divine Mystery

1 For this reason I, Paul, the prisoner of Christ Jesuss for the sake of you Gentiles –2 if indeeds you have heard of the stewardshipt of God’s grace that was given to me for you,3 thatt by revelation the divine secrett was made known to me, as I wrote before briefly.ts4 When reading this,t you will be able tot understand my insight into this secrett of Christ.5 Now this secrett was not disclosed to peoplet in formert generations as it has now been revealed to his holy apostles and prophets byt the Spirit,6 namely, that through the gospels the Gentiles are fellow heirs, fellow memberst of the body, and fellow partakers of the promise in Christ Jesus.7 I became a servant of this gospelt according to the gift of God’s grace that was given to me byt the exercise of his power.s8 To me – less than the least of all the saintss – this grace was given,s to proclaim to the Gentiles the unfathomable riches of Christ9 and to enlightent everyone about God’s secret plant – a secret that has been hidden for agest in Godt who has created all things.10 The purpose of this enlightenment is thatt through the church the multifaceted wisdomt of God should now be disclosed to the rulers and the authorities in the heavenly realms.11 This was according tot the eternal purpose that he accomplished in Christ Jesus our Lord,12 in whom we have boldness and confident accesst to Godt because oft Christ’st faithfulness.ts

13 For this reason I ask yout not to lose heart because of what I am suffering for you,t whichs is your glory.t

Prayer for Strengthened Love

14 For this reasons I kneelt before the Father,s15 fromt whom every familyt in heaven and on the earth is named.16 I pray thatt according to the wealth of his glory he may grant you to be strengthened with power through his Spirit in the inner person,17 that Christ may dwell in your hearts through faith, so that, because you have been rooted and grounded in love,18 you may be able to comprehend with all the saints what is the breadth and length and height and depth,s

19 and thus to know the love of Christ that surpasses knowledge, so that you may be filled up tot all the fullness of God.
20 Now to him who by the power that is working within uss is able to do far beyondt all that we ask or think,

21 to him be the glory in the church and in Christ Jesus to all generations, forever and ever. Amen.

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.