Efesiërs 4
1 Ek sit hier in die tronk omdat ek vir die Here werk. Dit wys hoe ernstig ek oor hierdie dinge is, en juis daarom vra ek julle mooi: leef so dat God trots kan wees dat Hy julle na Hom toe geroep het.2 Moenie voor op die wa wees nie en behandel ander mense so dat dit vir hulle lekker is om by julle te wees. As iemand jou kwaad maak of irriteer, beheer jouself deur steeds mooi teenoor hom op te tree. Laat liefde julle lojaal teenoor mekaar hou, ook wanneer julle voel julle het nou vir eers genoeg van mekaar gehad.3 Die Heilige Gees het van ons een hegte span vir God gemaak. Hierdie "een-wees" en "saam-wees" moet ons tot elke prys bewaar. Ons moet nie toelaat dat enigiets tussen ons kom wat die goeie verhouding tussen ons bederf nie. God is nie verdeel nie.4 Daar is net een liggaam van Christus, waarvan ons deel is, en net een Heilige Gees. Ons almal se hoop is ook een en dieselfde.5 Ons dien een Here, ons geloof is dieselfde en daar is net een doop.6 En dan is daar ook net een God en Hy is die Vader van ons almal. Niks en niemand is soos Hy nie, want Hy is belangriker as alles en almal. Hy werk deur ons en woon in ons almal.
Christus het vir elkeen van ons iets besonders gegee om in die gemeente te doen.7 Hierdie spesiale geskenke het Hy vir ons gegee sonder dat een van ons dit verdien het.8 Daarom sê die Skrif van Jesus:
"Toe Hy terug is hemel toe, het Hy teruggegaan soos 'n koning wat die oorlog gewen het. Almal kon aan sy vyande sien dat Hy gewen het en Hy het geskenke aan die mense uitgedeel."
9-10 (Wat presies beteken hierdie "teruggaan hemel toe"? Dit beteken mos dat Hy voorheen in die hemel was en toe na die aarde toe afgekom het. Juis Hy is terug hemel toe. Nou is daar nie 'n hoekie of kantjie van hierdie heelal waar Jesus nie teenwoordig is nie.)
11 Hierdie Christus het vir ons spesiale dinge gegee om in die gemeente te doen. Nie elkeen van ons het dieselfde gekry om te doen nie. Party van ons het Hy gestuur om sy boodskap op ander plekke te gaan verkondig, terwyl ander weer die gawe gekry het om spesiale boodskappe aan die gemeente self oor te dra. Dan is daar ook party wat die boodskap oor Jesus mooi vir mense kan verduidelik, ander wat mense kan help en lei as hulle hulp nodig het en ander wat soos goeie onderwysers mense stap vir stap kan leer wat die boodskap van God alles behels.12 Hierdie mense, met die spesiale gawes wat hulle gekry het, werk saam om die gemeente te help en voor te berei om hulle werk as Christene in die wêreld goed te kan doen.13 Op dié manier sal die liggaam van Christus sterk word en kan wees wat dit behoort te wees. So sal ons al hoe nader aan mekaar beweeg en al hoe meer 'n eenheid vorm. Saam sal ons die Seun van God beter leer ken en meer op Hom vertrou. Dan sal ons soos geestelike grootmense word, so volwasse in ons geestelike lewe soos Christus self.14 Ons sal nie meer soos klein kindertjies onseker wees oor wat van ons verwag word nie. Ons sal nie soos 'n skip wees wat deur die golwe rondgeslinger word of deur die een wind hiernatoe en die ander wind daarnatoe gedryf word nie. Net so sal ons nie na elke nuwe godsdienstige praatjie op die mark luister nie. Mense probeer jou net met allerhande slimmighede om die bos lei om jou so op die verkeerde pad te laat beland. Maar hulle sal dit nie regkry nie. Ons sal in liefde lojaal teenoor mekaar en net op die pad van die waarheid bly.15 Ons verhouding met Jesus sal in alles net sterker word. Ons, as die liggaam, sal al hoe meer van Christus afhanklik wees, want Hy is mos die kop van die liggaam.16 Die liggaam is mooi aanmekaargesit, elke deel op sy plek, sodat elke liggaamsdeel sy eie werk doen en die ander liggaamsdele help. So groei die liggaam en word dit sterk omdat die verskillende liggaamsdele in liefde en lojaliteit mekaar help.
17 Wat ek nou sê, moet julle nie ligtelik opneem nie. Dit is wat die Here self wil hê. Julle moet ophou om julle te gedra soos mense wat nie die Here ken nie. Daar is niks wat die moeite werd is in sulke mense se koppe nie.18 Hulle gedagtes is met onbelangrike dinge besig en hulle kan nie verder dink as wat hulle neuse lank is nie. Daarom besef hulle nie eens dat God vir hulle 'n nuwe lewe wil gee nie. Hulle is hardkoppig en wil nie na rede of goeie raad luister nie. Daarom gaan dit so sleg met hulle.19 Hulle het geen gevoel meer vir wat reg of verkeerd is nie. Hulle leef nou vieslike lewens en kan nie genoeg daarvan kry nie.
20 Julle het Christus egter nie so leer ken nie.21 Toe julle van Hom gehoor het, het julle sy volgelinge geword. So het julle geleer wat die waarheid is, want dit is alleen as jy Jesus ken dat jy by die waarheid uitkom.22 Los julle ou manier van lewe. Soos 'n mens vuil klere uittrek, moet julle julle ou geaardheid uittrek, want dit is vol sonde en wil net verkeerde dinge doen. Die einde van daardie pad loop op verwoesting uit.23 Julle moet 'n nuwe gesindheid kry en op 'n nuwe manier oor dinge dink.24 Hierdie nuwe lewenstyl moet julle deel van julle lewe maak soos 'n mens nuwe klere aantrek.
Ons nuwe lewe moet ons al meer soos God laat lyk: ons moet reg lewe soos God dit wil hê en ons heeltemal aan Hom toewy.
25 Moenie vir mekaar lieg nie. Wees eerlik met mekaar, want ons speel mos almal saam in dieselfde span van God.26 As jy vir iemand kwaad word, moet jy niks doen waaroor God skaam sal kry nie. Moet ook nie gaan slaap terwyl jy nog vir iemand kwaad is nie.27 Moenie die duiwel kans gee om jou vas te trek nie.28 As iemand 'n lewe gemaak het deur ander mense se goed te vat, moet hy dadelik daarmee ophou. Hy moet vir hom 'n behoorlike werk kry en sy brood eerlik verdien. Hy sal dan nie net vir homself kan sorg nie, maar ook nog genoeg oorhê om vir mense wat niks het nie, iets te gee.29 Moet ook nie allerhande vuil grappe vertel of lelike praatjies maak nie. As julle iets sê, moet dit iets wees wat die moeite werd is om te sê en vir ander iets beteken. Kyk wat nodig en goed is om in die omstandighede te sê en sê dit dan.30 Moenie die Heilige Gees wat God vir julle gegee het, se hart seermaak nie. Dat die Gees in julle is, is die bewys dat julle aan God behoort. So sal dit bly tot op die dag dat ons finaal van die sonde ontslae sal wees.31 Moenie toelaat dat julle bitter word nie. Beteuel jou humeur en as jy dalk jou humeur verloor, moet jy nie kwaad bly nie. Moenie mekaar vloek of lelike dinge vir mekaar sê nie. Moet ook nie iets doen wat vir 'n ander een sleg is nie.32 Behandel mekaar mooi en goed. Laat dit vir ander lekker wees om by julle te wees. Sien mekaar se foute oor net soos God julle foute oorgesien het omdat julle Jesus s'n is.
Ephesians 4
Live in Unity
1 I, therefore, the prisoner for the Lord,t urge you to livet worthily of the calling with which you have been called,s2 with all humility and gentleness,t with patience, bearing witht one another in love,3 making every effort to keep the unity of the Spirit in the bond of peace.4 There is one body and one Spirit, just as you too were called to the one hope of your calling,5 one Lord, one faith, one baptism,
6 one God and Father of all, who is over all and through all and in all.
7 But to each one of us grace was given according to the measure of the gift of Christ.8 Therefore it says, “When he ascended on high he capturedtcaptives; he gave gifts to men,"s9 Now what is the meaning of “he ascended,” except that he also descendeds to the lower regions,s namely, the earth?t10 He, the very onet who descended, is also the one who ascended above all the heavens, in order to fill all things.11 It was het who gave some as apostles, some as prophets, some as evangelists, and some as pastors and teachers,s12 to equipt the saints for the work of ministry, that is,t to build up the body of Christ,13 until we all attain to the unity of the faith and of the knowledge of the Son of God – a mature person, attaining tot the measure of Christ’s full stature.t14 Sot we are no longer to be children, tossed back and forth by waves and carried about by every wind of teaching by the trickery of people who craftily carry out their deceitful schemes.t15 But practicing the truth in love,t we will in all things grow up into Christ, who is the head.
16 From him the whole body grows, fitted and held togethert through every supporting ligament.t As each one does its part, the body grows in love.
Live in Holiness
17 So I say this, and insistt in the Lord, that you no longer live as the Gentiles do, in the futilityt of their thinking.t18 They are darkened in their understanding,t being alienated from the life of God because of the ignorance that is in them due to the hardness of their hearts.19 Because they are callous, they have given themselves over to indecency for the practice of every kind of impurity with greediness.s20 But you did not learn about Christ like this,21 if indeed you heard about him and were taught in him, just as the truth is in Jesus.22 You were taught with reference to your former way of life to lay asidet the old man who is being corrupted in accordance with deceitful desires,23 to be renewed in the spirit of your mind,
24 and to put on the new man who has been created in God’s imaget – in righteousness and holiness that comes from truth.t
25 Therefore, having laid aside falsehood, each one of you speak the truth with his neighbor,s for we are members of one another.26 Be angry and do not sin;s do not let the sun go down on the cause of your anger.t27 Do not give the devil an opportunity.28 The one who steals must steal no longer; rather he must labor, doing good with his own hands, so that he may have something to share with the one who has need.29 You must let no unwholesome word come out of your mouth, but only what is beneficial for the building up of the one in need,t that it may give grace to those who hear.30 And do not grieve the Holy Spirit of God, by whom you were sealed for the day of redemption.31 You must put away every kind of bitterness, anger, wrath, quarreling, and evil, slanderous talk.
32 Instead,s be kind to one another, compassionate, forgiving one another, just as God in Christ also forgave you.t