EFESIËRS 4
Die eenheid van die gemeente
1 Ek doen dus 'n beroep op julle, ek wat 'n gevangene in diens van die Here is: Leef 'n lewe wat pas by die waardigheid van die roeping waarmee julle geroep is.2 Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra.
3 Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle julle daarop toelê om die eenheidsband te bewaar wat die Gees bewerk het.
4 Daar is net één Gees, net soos julle net één toekomsverwagting het op grond van julle roeping -
5 één Here, één geloof, één doop,
6 één God, ons almal se Vader;
Hy heers oor almal,
werk deur almal
en woon in almal.
7 Maar aan elkeen van ons afsonderlik is volgens Christus se vrygewigheid 'n genadegawe gegee.8 Daarom sê die Skrif:
"Toe Hy in die hoogte opgevaar het,
het Hy krygsgevangenes
meegevoer
en geskenke aan die mense
gegee."
9 Wat beteken "Hy het opgevaar" anders as dat Hy eers vooraf moes neergedaal het na dit wat laer is, naamlik na die aarde toe?
10 Dieselfde Persoon wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het tot ver bo die wolke- en sterrehemel sodat Hy die heelal met sy teenwoordigheid kan vul.
11 Hý het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars,12 om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou.13 So sal ons uiteindelik almal deur geloof en deurdat ons die Seun van God ken, 'n eenheid vorm, 'n volmaakte mens, wat aan die standaard van Christus se volmaaktheid voldoen.14 Dan, as mense ons met slinksheid en slimstreke op verkeerde paaie wil lei, sal ons nie meer soos klein kindertjies wees nie. Ons sal nie meer omgewaai of weggewaai word deur die wind van elke ding wat hulle verkondig nie.15 Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees. Dit werk so: Christus is die Hoof.
16 Onder leiding van die Hoof is die liggaam goed aanmekaargesit. Al die ondersteunende ligamente hou die liggaam bymekaar. Elke liggaamsdeel vervul sy bestemde funksie, en so, deur liefde te bewys, bou die liggaam homself op.
Lééf die nuwe lewe
17 Daarom sê ek met God se gesag: Moenie langer soos nie-Christene lewe nie. Wat hulle uitdink, is niksseggend;18 hulle verstand is verduister. Omdat hulle onkundig is en onwillig is om tot bekering te kom, ken hulle nie die lewe wat God gee nie.
19 Omdat hulle nie omgee vir wat reg of verkeerd is nie, gee hulle hulleself oor aan losbandigheid, en beoefen so gretiglik elke vorm van onreinheid.
20 Maar dis nie hoe julle Christus leer ken het nie!21 Julle het tog van Hom gehoor. Julle het tog aangaande Hom onderrig ontvang volgens die waarheid wat daar by Jesus is. Julle het tog in julle eenheidsband met Jesus die waarheid geleer,22 naamlik dat julle, wat julle vroeëre leefstyl betref, die ou, sondige mens soos vuil klere moet uittrek. Bedrieglike begeertes laat hierdie mens te gronde gaan.23 Julle moet op 'n nuwe, geestelike manier leer dink.
24 Ja, trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is.
25 Daarom moet julle die leuen aflê en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam.26 Moenie sondig as jy kwaad word nie. Moenie tot die aand toe kwaad bly,27 en die duiwel so 'n houvas gee nie.28 Die dief moet ophou steel en eerder hard werk. Hy moet sy eie hande vir eerlike werk gebruik sodat hy iets kan hê om met mense in nood te deel.29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel.
30 Ja, moenie God se Heilige Gees hartseer maak nie. In julle eenheidsband met die Heilige Gees lê julle waarborg dat julle God se verlossingsdag sal belewe.
31 Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek.
32 Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.
EPHESIANS 4
Unity with Christ
1 As a prisoner of the Lord, I beg you to live in a way that is worthy of the people God has chosen to be his own. 2 t Always be humble and gentle. Patiently put up with each other and love each other. 3 Try your best to let God's Spirit keep your hearts united. Do this by living at peace. 4 All of you are part of the same body. There is only one Spirit of God, just as you were given one hope when you were chosen to be God's people. 5 We have only one Lord, one faith, and one baptism.
6 There is one God who is the Father of all people. Not only is God above all others, but he works by using all of us, and he lives in all of us.
7 Christ has generously divided out his gifts to us.
8 t As the Scriptures say,
“When he went up
to the highest place,
he led away many prisoners
and gave gifts to people.”
9 When it says, “he went up,” it means that Christ had been deep in the earth.
10 This also means that the one who went deep into the earth is the same one who went into the highest heaven, so he would fill the whole universe.
11 Christ chose some of us to be apostles, prophets, missionaries, pastors, and teachers, 12 so his people would learn to serve and his body would grow strong.
13 This will continue until we are united by our faith and by our understanding of the Son of God. Then we will be mature, just as Christ is, and we will be completely like him.t
14 We must stop acting like children. We must not let deceitful people trick us by their false teachings, which are like winds that toss us around from place to place. 15 Love should always make us tell the truth. Then we will grow in every way and be more like Christ, the head
16 t of the body. Christ holds it together and makes all of its parts work perfectly, as it grows and becomes strong because of love.The Old Life and //the New Life
17 As a follower of the Lord, I order you to stop living like stupid, godless people. 18 Their minds are in the dark, and they are stubborn and ignorant and have missed out on the life that comes from God. They no longer have any feelings about what is right,
19 and they are so greedy they do all kinds of indecent things.
20-21 But this isn't what you were taught about Jesus Christ. He is the truth, and you heard about him and learned about him. 22 t You were told that your foolish desires will destroy you and that you must give up your old way of life with all its bad habits. 23 Let the Spirit change your way of thinking
24 t and make you into a new person. You were created to be like God, and so you must please him and be truly holy.Rules for the New Life
25 t We are part of the same body. Stop lying and start telling each other the truth. 26 t Don't get so angry that you sin. Don't go to bed angry
27 and don't give the devil a chance.
28 If you are a thief, quit stealing. Be honest and work hard, so you will have something to give to people in need.
29 Stop all your dirty talk. Say the right thing at the right time and help others by what you say.
30 Don't make God's Spirit sad. The Spirit makes you sure that someday you will be free from your sins.
31 Stop being bitter and angry and mad at others. Don't yell at one another or curse each other or ever be rude. 32 t Instead, be kind and merciful, and forgive others, just as God forgave you because of Christ.