previous next

Galasiërs 3

Die wette kan ’n mens nie red nie

1 Julle in Galasië moenie so dom wees nie! Ek het vir julle gepreek en so goed verduidelik dat Jesus Christus tgekruisig is. Maar dit lyk vir my iemand het julle tgetoor en julle koppe deurmekaar gemaak. 2 Daar is een baie belangrike ding wat julle moet onthou: God het vir julle die Heilige Gees gegee. Hoekom? Nie omdat julle doen wat die wette sê nie, maar omdat julle die goeie boodskap gehoor en geglo het. 3 Julle moenie so dom wees nie! Toe julle begin glo het, het die Heilige Gees in julle begin werk, maar nou wil julle die werk met julle eie krag klaarmaak. 4 Daar het so baie dinge met julle gebeur, en nou lyk dit of dit alles niks gehelp het nie. Ek hoop nie so nie!

5 God gee vir julle die Heilige Gees en God doen twonderwerke in julle gemeentes. Hoekom doen Hy dit? Hy doen dit omdat julle die goeie boodskap gehoor het en dit glo, nie omdat julle doen wat die wette sê nie.

Christene moet doen soos Abraham


6 Dit het ook met tAbraham gebeur:
tHy het God geglo
en God het hom tvrygespreek
van sy sonde.

7 Daarom moet julle dit weet: Die kinders van Abraham is die mense wat in Christus glo.

8 Die Ou Testament het lank gelede gesê dat God die theidene sal vryspreek van hulle sonde omdat hulle glo. Daarom het God hierdie goeie boodskap vir Abraham gegee:
tEk tseën jou,
en daarom sal Ek
ook al die heidene seën.

9 Daarom moet julle dit weet: God het vir Abraham geseën en God seën almal wat glo soos Abraham glo.

10 Daar is mense wat dink God spreek hulle vry omdat hulle doen wat die wette sê, maar God tvervloek hulle. Want in die Ou Testament is geskryf:
tGod vervloek elkeen
wat nie alles doen
wat in die wette geskryf is nie.

11 Ja, dit is waar. God spreek nie mense vry omdat hulle doen wat die wette sê nie. As mense doen wat die wette sê, dan spreek God hulle nie vry nie. Want in die Ou Testament is geskryf:
tWanneer God mense vryspreek
omdat hulle glo,
dan sal hulle lewe.

12 Die wette vra nie dat mense moet glo nie, die wette vra dat die mense moet doen wat die wette sê. Want in die Ou Testament is geskryf:
tElkeen wat doen
wat die wette sê,
sal lewe omdat hy
dit gedoen het.

13 Ja, God vervloek almal wat nie doen wat die wette sê nie. Maar God het ons nie vervloek nie, Hy het Christus vervloek in ons plek. Want in die Ou Testament is geskryf:
tGod vervloek elkeen
wat aan ’n houtpaal hang.
En so het Christus ons vrygemaak.

14 Daarom kon die heidene God se seën kry, die seën wat Hy vir Abraham belowe het en wat Hy nou vir hulle gee omdat hulle aan Christus Jesus behoort. Daarom kon ons wat glo, die Heilige Gees kry, die Gees wat God vir ons belowe het.

’n Testament is ’n voorbeeld van die verbond


15 Vriende, ek gaan nou ’n tvoorbeeld gebruik om te verduidelik wat ek sê: Wanneer ’n mens ’n ttestament gemaak het, dan kan iemand anders dit nie verander of sê dit beteken niks nie. 16 Dit is dieselfde met die tverbond. In die Ou Testament is geskryf dat God ’n belofte gemaak het aan Abraham en aan sy tnageslag. Daar is nie geskryf “baie nageslagte” nie, maar “een nageslag,” en dit is Christus. 17 God het eers sy verbond gemaak met sy volk en 430 jaar later het Hy die wette gegee. Nou sê ek: Die wette het baie later gekom, daarom kan die wette nie God se verbond verander en God se belofte breek nie.

18 As ons eers moet doen wat die wette sê sodat ons dit kan kry wat God vir ons wil gee, dan kry ons dit omdat ons doen wat die wette sê, nie omdat God dit belowe het nie. Maar ons weet God het dit vir Abraham gegee omdat God goed was vir Abraham en omdat God dit belowe het.

Hoekom het God die wette gegee?


19 Hoekom het God die wette gegee? Hy het dit gegee omdat mense sonde doen. Maar die wette was net belangrik totdat Christus gekom het. tChristus is die nageslag van Abraham, en dit wat God vir Abraham belowe het, het Hy vir Christus belowe. tEngele het die wette vir Moses gegee, en Moses het die wette vir die mense gegee.

20 God het die wette vir Moses gegee en Moses het die wette vir die mense gegee. Dit beteken: Die wette het nie reguit van God gekom nie. Maar ons weet: God is een.

Die wette het die mense opgepas


21 Is die wette en God se beloftes dan vyande van mekaar? Nee, glad nie. Maar die wette kan nie vir mense die ware lewe gee nie, daarom sal God hulle nie tvryspreek wanneer hulle doen wat die wette sê nie.

22 Die Ou Testament sê almal is sondaars, maar nou gee God die dinge wat Hy belowe het vir die mense wat in Jesus Christus glo.
23 Die wette was vir ons soos ’n twag. Dit het ons toegesluit en opgepas totdat God gesê het dit is nou die regte tyd vir mense om in Christus te glo. 24 Die wette het ons opgepas soos ’n mens ’n kind oppas wat nie vir homself kan sorg nie. Die wette het ons opgepas totdat Christus gekom het. Toe het ons in Hom geglo, en God het ons vrygespreek van ons sondes.

25 Nou glo ons in Christus en daarom is dit nie nodig dat die wette ons moet oppas nie.

Kinders van God


26 Julle almal is kinders van God, want julle glo in Christus Jesus. 27 Julle is gedoop en julle is nou by Christus. Christus is nou so naby julle soos die klere wat julle aantrek. 28 Party van julle is Jode en party is Grieke, party van julle is tslawe en party is nie slawe nie, party van julle is mans en party is vroue. Maar dit alles maak nie meer saak nie, want julle behoort almal saam aan Christus Jesus, julle is een. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die kinders van Abraham en dan kry julle wat God belowe het. Ja, julle kry dit omdat God dit belowe het.

Galatians 3

Faith or Obeying the Law

1 You foolish people of Galatia! Who has put you under an evil spell? When I preached, I clearly showed you that Jesus Christ had been nailed to the cross.
2 I would like to learn just one thing from you. Did you receive the Holy Spirit by obeying the law? Or did you receive the Spirit by believing what you heard?3 Are you so foolish? You began with the Holy Spirit. Are you now trying to complete God's work in you by your own strength?
4 Have you suffered so much for nothing? And was it really for nothing?5 Why does God give you his Spirit? Why does he work miracles among you? Is it because you do what the law says? Or is it because you believe what you have heard?
6 Think about Abraham. Scripture says, "Abraham believed God. God accepted Abraham because he believed. So his faith made him right with God." (Genesis 15:6)7 So you see, those who have faith are children of Abraham.
8 Long ago, Scripture knew that God would make non-Jews right with himself by believing in him. He announced the good news ahead of time to Abraham. He said, "All nations will be blessed because of you." (Genesis 12:3; 18:18; 22:18)9 So those who have faith are blessed along with Abraham. He was the man of faith.
10 All who depend on obeying the law are under a curse. It is written, "May everyone who doesn't continue to do everything that is written in the Book of the Law be under God's curse." (Deuteronomy 27:26)11 We know that no one is made right with God by keeping the law. Scripture says, "Those who are right with God will live by faith." (Habakkuk 2:4)
12 The law is not based on faith. In fact, it is just the opposite. It teaches that "the one who does those things will live by them." (Leviticus 18:5)
13 Christ set us free from the curse of the law. He did it by becoming a curse for us. It is written, "Everyone who is hung on a pole is under God's curse." (Deuteronomy 21:23)14 Christ Jesus set us free so that the blessing given to Abraham would come to non-Jews through Christ. He did it so that we might receive the promise of the Holy Spirit by believing in Christ.

The Law and the Promise

15 Brothers and sisters, let me give you an example from everyday life. No one can get rid of an official agreement between people. No one can add to it. It can't be changed after it has been made. It is the same with God's covenant.16 The promises were given to Abraham. They were also given to his seed. Scripture does not say, "and to seeds." That means many people. It says, "and to your seed." (Genesis 12:7; 13:15; 24:7) That means one person. And that one person is Christ.
17 Here is what I mean. The law came 430 years after the promise. But the law does not get rid of God's covenant and promise. The covenant had already been made by God. So the law does not do away with the promise.
18 The great gift that God has for us does not depend on the law. If it did, it would no longer depend on a promise. But God gave it to Abraham as a free gift through a promise.
19 Then what was the purpose of the law? It was added because of human sin. And it was supposed to control us until the promised Seed had come. The law was put into effect through angels by a go-between.20 A go-between does not take sides. God didn't use a go-between when he made his promise to Abraham. But the same God was at work in both the law and the promise.
21 So is the law opposed to God's promises? Certainly not! What if a law had been given that could give life? Then people could become right with God by obeying the law.22 But Scripture announces that the whole world is a prisoner because of sin. It does so in order that what was promised might be given to those who believe. The promise comes through faith in Jesus Christ.
23 Before faith in Christ came, we were held prisoners by the law. We were locked up until faith was made known.24 So the law was put in charge until Christ came. He came so that we might be made right with God by believing in Christ.
25 But now faith in Christ has come. So we are no longer under the control of the law.

Children of God

26 You are all children of God by believing in Christ Jesus.27 All of you who were baptized into Christ have put on Christ as if he were your clothes.28 There is no Jew or Greek. There is no slave or free person. There is no male or female. Because you belong to Christ Jesus, you are all one.
29 You who belong to Christ are Abraham's seed. You will receive what God has promised.