Galasiërs 5
1 Christus het ons vrygemaak om regtig vry te wees. Hou vas aan hierdie vryheid. Moet dit vir niks ter wêreld prysgee nie. Moenie toelaat dat ander mense julle weer slawe van hulle skewe sienings maak nie.
2 Kom ek sê reguit vir julle wat ek bedoel. As een van julle julle laat besny, maak julle 'n bespotting van die nuwe vryheid wat Christus aan julle gegee het. Dan kan julle maar net sowel ophou om in Hom te glo.3 Dan moet julle ook weer die wet gehoorsaam.
4 Julle wat besluit het om al hierdie godsdienstige reëls en wette te hou om in die regte verhouding met God te wees, sny julle heeltemal van Christus af. Julle het buite die kragveld van sy genade beland.
5 Aan die ander kant, ons wat glo, het 'n wonderlike vooruitsig. Omdat die Gees by ons is, weet ons dat ons op pad is na God se nuwe wêreld. Hy sal sorg dat ons saak met God reg is wanneer ons eendag voor Hom moet gaan staan.
6 As ons in Christus glo, maak dit glad nie saak of ons die teken van die besnydenis aan ons liggaam dra of nie, want dit tel glad nie meer by God nie. Dit is uit die mode; ou nuus. Al wat nou saak maak, is geloof, daardie soort geloof wat maak dat ons ander mense met alles in ons liefhet.
7 Tot dusver het julle baie goed gevorder op die pad van die geloof. Soos goeie atlete het julle voluit gehardloop.8 Wie het nou vir julle kom sê om anders te lewe? Beslis nie God nie. As julle op hierdie verkeerde pad aanhou loop, gaan julle later die hele kerk saam met julle in die gemors insleep.9 Onthou, 'n klein bietjie suurdeeg maak immers 'n groot stuk deeg suur.10 Maar voordat julle dink ek het julle heeltemal afgeskryf, wil ek darem net sê: ek is nie te mismoedig oor julle nie. In vertroue op die Here weet ek dat julle nie op sleeptou geneem sal word deur verkeerde leringe nie. Maar daardie persoon wat julle kop so deurmekaar kom krap het, wie hy ook al is, speel met vuur. God se oordeel wag op hom.
11 My liewe broers en susters, daar by julle word 'n storie versprei dat ek sou gesê het dat gelowiges nog steeds besny moet word. Dit is 'n leuen. Ek sou mos nooit soveel teëstand ervaar het as ek dit gesê het nie. My prediking oor die kruis sou dan nie so 'n groot probleem vir my opponente gewees het nie. Dit lyk vir my diegene wat sê Christene moet besny word, het julle kop behoorlik deurmekaargemaak.12 Ek wens daardie spul se mes gly 'n slag sodat hulle hulleself ontman. Dan het hulle iets anders om hulle oor te bekommer.
13 My broers en susters, God het julle na Hom toe geroep sodat julle vry kan wees. Moet asseblief nie hierdie vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie. Die belangrikste wat julle moet doen, is om mekaar lief te hê. Wanneer julle regtig vir mekaar omgee en lojaal aan mekaar is, doen julle presies wat God van julle vra.14 Die hele wet van God word in een enkele sin opgesom: "Jy moet vir ander mense net soveel omgee soos vir jouself."15 As julle altyd aan die baklei is, as julle mekaar soos 'n trop kwaai honde byt en verskeur, bly daar later niks meer van julle oor nie.
16 Julle moet julle lewe deur die Heilige Gees laat beheer. Laat Hy aan die stuur staan van alles wat julle dink en doen en sê. Dan sal die sonde julle nooit onderkry nie.17 Onthou, sondige begeertes is 'n vyand van die Heilige Gees. Maar die omgekeerde is ook waar: die Heilige Gees is 'n vyand van elke sondige begeerte. Daarom kan julle nie die een dag aan julle sondige begeertes toegee en die volgende dag aan die kant van die Gees probeer staan nie. Julle kan nie leef soos julle wil nie.18 As julle lewe deur die Heilige Gees beheer word, hoef julle nie meer al die reëls en voorskrifte van die wet te gehoorsaam nie.
19 'n Mens kan duidelik sien watter mense gekies het om deur hulle sondige begeertes oorheers te word. Hulle doen mee aan die verskriklikste seksuele sondes. Hulle lewe is vol onreinheid en goddeloosheid.20 Hulle aanbid 'n spul dooie afgode en hou hulle besig met waarsêery. Hulle lewe loop oor van haat en twis. Hulle gun niemand iets nie. Hulle is aggressief, selfsugtig, altyd besig om te stry en verdeeld onder mekaar. Hulle lewe is vol jaloesie.21 Die een dronkpartytjie na die ander is hulle kos. Hulle gee hulle oor aan vieslike uitspattighede en nog baie ander slegte dinge.
Ek waarsku julle, soos ek julle al tevore gewaarsku het, om nie soos hierdie mense te lewe nie. Onthou, mense wat so lewe, sal nooit 'n plek kry in God se nuwe wêreld nie.
Aan die ander kant kan 'n mens duidelik sien watter mense se lewe deur die Heilige Gees beheer word.22 Net soos 'n boom wat 'n baie goeie vrug oplewer, wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort. Sulke mense gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde. Die vrede wat van God af kom, ken en ervaar hulle. Hulle verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees. Hulle straal vriendelikheid en warmte uit; daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Hulle doen goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op hulle reken omdat hulle self deur dik en dun op God vertrou. Hulle is vol deernis en ontferming. Die Gees stel hulle in staat om hulleself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie.23 Natuurlik is die wet nie gekant teen so 'n leefwyse nie.24 Elkeen wat in Jesus Christus glo, moet so leef. Want al ons sondige begeertes is saam met Hom aan die kruis vasgespyker.
25 Die Gees het ons splinternuut gemaak. Daarom moet ons toelaat dat Hy elke dag ons lewe bestuur. Hy moet besluit wat ons dink en sê en doen.26 Kom ons hou dadelik op om so baie van onsself te dink. Ons mag nie onder mekaar stry of op mekaar jaloers wees nie.
Galatians 5
Freedom of the Believer
1 For freedomt Christ has set us free. Stand firm, then, and do not be subject again to the yokes of slavery.2 Listen! I, Paul, tell you that if you let yourselves be circumcised, Christ will be of no benefit to you at all!3 And I testify again to every man who lets himself be circumcised that he is obligated to obeyt the whole law.4 You who are trying to be declared righteoust by the law have been alienatedt from Christ; you have fallen away from grace!5 For through the Spirit, by faith, we wait expectantly for the hope of righteousness.
6 For in Christ Jesus neither circumcision nor uncircumcision carries any weight – the only thing that matters is faith working through love.t
7 You were running well; who prevented you from obeyingt the truth?8 This persuasiont does not come from the one who calls you!9 A little yeast makes the whole batch of dough rise!t10 I am confidentt in the Lord that you will accept no other view.t But the one who is confusingt you will pay the penalty,t whoever he may be.11 Now, brothers and sisters,t if I am still preaching circumcision, why am I still being persecuted?s In that case the offense of the crosss has been removed.t
12 I wish those agitatorst would go so far as tot castrate themselves!t
Practice Love
13 For you were called to freedom, brothers and sisters;t only do not use your freedom as an opportunity to indulge your flesh,t but through love serve one another.t14 For the whole law can be summed up in a single commandment,t namely, “You must love your neighbor as yourself.”s15 However, if you continually bite and devour one another,t beware that you are not consumedt by one another.16 But I say, livet by the Spirit and you will not carry out the desires of the flesh.t17 For the flesh has desires that are opposed to the Spirit, and the Spirit has desirest that are opposed to the flesh, for these are in opposition tot each other, so that you cannot do what you want.18 But if you are led by the Spirit, you are not under the law.19 Now the works of the flesht are obvious:t sexual immorality, impurity, depravity,20 idolatry, sorcery,t hostilities,t strife,t jealousy, outbursts of anger, selfish rivalries, dissensions,t factions,
21 envying,t murder,s drunkenness, carousing,t and similar things. I am warning you, as I had warned you before: Those who practice such things will not inherit the kingdom of God!
22 But the fruit of the Spiritt is love,s joy, peace, patience, kindness, goodness, faithfulness,t23 gentleness, andt self-control. Against such things there is no law.24 Now those who belong to Christs have crucified the flesht with its passionst and desires.25 If we live by the Spirit, let us also behave in accordance witht the Spirit.
26 Let us not become conceited,t provokingt one another, being jealoust of one another.