GALÁSIËRS 5
Vermaning om die Christelike vryheid te handhaaf.
1 STAAN dan vas in tdie vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die tjuk van diensbaarheid bring nie.
2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat tas julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.
3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, tdat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.
4 tJulle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; tjulle het van die genade verval.
5 Want óns tverwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.
6 tWant in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar tdie geloof wat deur die liefde werk.
7 Julle het goed geloop: wie het julle verhinder tom die waarheid gehoorsaam te wees?
8 Hierdie oortuiging kom nie tvan Hom wat julle roep nie.
9 t’n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.
10 Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar tdie een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.
11 Maar ek, broeders, tas ek nog die besnydenis verkondig, twaarom word ek nog vervolg? Dan tis die struikelblok van die kruis vernietig!
12 Ag, as tdie wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!
13 Want julle is ttot vryheid geroep, broeders; tgebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.
14 Want tdie hele wet word vervul in een woord, naamlik: tJy moet jou naaste liefhê soos jouself.
15 Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.Die werke van die vlees en die vrug van die Gees.
16 MAAR ek sê: tWandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
17 want tdie vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat tjulle nie kan doen wat julle wil nie.
18 Maar as julle tdeur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, thoerery, onreinheid, ongebondenheid;
20 afgodery, towery, vyandskap, ttwis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat tdie wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
22 Maar tdie vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, tvriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
23 tTeen sulke dinge is die wet nie.
24 Maar die wat aan Christus behoort, thet die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
25 tAs ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
26 tLaat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.
Galatians 5
1 Stand firm therefore in the liberty by which Christ has made us free, and don’t be entangled again with a yoke of bondage.2 Behold, I, Paul, tell you that if you receive circumcision, Christ will profit you nothing.3 Yes, I testify again to every man who receives circumcision, that he is a debtor to do the whole law.4 You are alienated from Christ, you who desire to be justified by the law. You have fallen away from grace.5 For we, through the Spirit, by faith wait for the hope of righteousness.6 For in Christ Jesus neither circumcision amounts to anything, nor uncircumcision, but faith working through love.7 You were running well! Who interfered with you that you should not obey the truth?8 This persuasion is not from him who calls you.9 A little yeast grows through the whole lump.
10 I have confidence toward you in the Lord that you will think no other way. But he who troubles you will bear his judgment, whoever he is.
11 But I, brothers, if I still preach circumcision, why am I still persecuted? Then the stumbling block of the cross has been removed.12 I wish that those who disturb you would cut themselves off.13 For you, brothers, were called for freedom. Only don’t use your freedom for gain to the flesh, but through love be servants to one another.14 For the whole law is fulfilled in one word, in this: “You shall love your neighbor as yourself.”t15 But if you bite and devour one another, be careful that you don’t consume one another.16 But I say, walk by the Spirit, and you won’t fulfill the lust of the flesh.17 For the flesh lusts against the Spirit, and the Spirit against the flesh; and these are contrary to one another, that you may not do the things that you desire.18 But if you are led by the Spirit, you are not under the law.19 Now the works of the flesh are obvious, which are: adultery, sexual immorality, uncleanness, lustfulness,20 idolatry, sorcery, hatred, strife, jealousies, outbursts of anger, rivalries, divisions, heresies,
21 envyings, murders, drunkenness, orgies, and things like these; of which I forewarn you, even as I also forewarned you, that those who practice such things will not inherit the Kingdom of God.
22 But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, patience, kindness, goodness, faith,t23 gentleness, and self-control. Against such things there is no law.24 Those who belong to Christ have crucified the flesh with its passions and lusts.25 If we live by the Spirit, let’s also walk by the Spirit.
26 Let’s not become conceited, provoking one another, and envying one another.