previous next

Hebreërs 1

God stuur sy Seun na ons toe om met ons te praat

1 God het lank gelede baie maal en op baie maniere gepraat met ons tvoorouers. Hy het verskillende tprofete na hulle toe gestuur. 2 Maar nou aan die einde van hierdie tyd het God sy Seun gestuur. Só het God met ons gepraat. God het besluit dat die Seun alles moet terf, want God en die Seun het die hemel en die aarde gemaak. 3 Die Seun wys dat God die Koning is, en die Seun is presies soos God. Wanneer die Seun sê dat iets moet gebeur, dan gebeur dit. Hy laat alles gebeur. Hy het die mense tgereinig van hulle sondes, en Hy het gaan sit op die belangrikste plek langs die Koning in die hemel.

4 Die Seun het belangriker geword as die tengele. Daarom het God vir Hom ’n Naam gegee wat belangriker is as die naam van die engele.

Die Seun van God is baie belangriker as die engele


5 Die Seun van God is belangriker as die tengele, want God het nooit vir een van die engele hierdie woorde gesê nie:
tJy is my Seun,
Ek is van vandag af jou Vader.
En ook nie:
tEk sal vir Hom soos ’n pa wees
en Hy sal vir My
soos ’n seun wees.

6 God het ook gepraat toe Hy die Seun, wat belangriker is as almal, ingebring het in die hemel, die hemel wat nie verander nie en wat altyd daar sal wees. God het gesê:
Al die engele van God
moet Hom aanbid.

7 God sê van die engele:
tGod stuur sy engele soos Hy
die winde stuur,
die weerlig werk vir Hom.

8 Maar God sê oor die Seun:
tU, o God, sal altyd Koning bly,
U is tregverdig wanneer U
oor mense regeer.

9 U was lief vir wat reg is
en U het gehaat
wat verkeerd is.
Daarom, o God, het u God
vir U tgesalf
en Hy het vir U meer vreugde
gegee as vir ander konings.

10 En God het ook gesê:
tU, o Here, het lank gelede
die aarde vas laat staan,
U het self die hemel gemaak.

11 Die aarde en die hemel
sal verdwyn,
maar U sal altyd daar wees.
Hulle sal word soos ou klere,

12 en U sal hulle opvou soos klere,
soos wanneer ’n mens ou klere
uittrek en nuwe klere aantrek.
Maar U bly altyd dieselfde,
en U lewe vir altyd.

13 Ja, God het nooit vir een van die engele hierdie woorde gesê nie:
tSit hier langs My,
op die belangrikste plek,
Ek sal jou vyande
voor jou laat buig,
en jy sal jou voete op hulle sit.
14 Nee, Hy het dit nie vir die engele gesê nie. Want hulle is almal geeste wat vir God werk, en Hy stuur hulle om die mense te help, want God wil die mense red.

Hebrews 1

The Son Is Greater Than the Angels

1 In the past, God spoke to our people through the prophets. He spoke at many times. He spoke in different ways.2 But in these last days, he has spoken to us through his Son. He is the one whom God appointed to receive all things. God made everything through him.3 The Son is the gleaming brightness of God's glory. He is the exact likeness of God's being. He uses his powerful word to hold all things together. He provided the way for people to be made pure from sin. Then he sat down at the right hand of the King, the Majesty in heaven.4 So he became higher than the angels. The name he received is more excellent than theirs.

5 God never said to any of the angels,
"You are my Son.
Today I have become your Father." (Psalm 2:7)
Or,
"I will be his Father.
And he will be my Son." (2 Samuel 7:14; 1 Chronicles 17:13)

6 God's first and only Son is over all things. When God brings him into the world, he says,
"Let all of God's angels worship him." (Deuteronomy 32:43)

7 Here is something else God says about the angels.
"God makes his angels to be like winds.
He makes those who serve him to be like flashes of lightning." (Psalm 104:4)

8 But here is what he says about the Son.
"You are God. Your throne will last for ever and ever.
Your kingdom will be ruled by what is right.

9 You have loved what is right and hated what is evil.
So your God has placed you above your companions.
He has filled you with joy by pouring the sacred oil on your head." (Psalm 45:6,7)

10 He also says,
"Lord, in the beginning you made the earth secure. You placed it on its foundations.
The heavens are the work of your hands.
11 They will pass away. But you remain.
They will all wear out like a piece of clothing.

12 You will roll them up like a robe.
They will be changed as a person changes clothes.
But you remain the same.
Your years will never end." (Psalm 102:25-27)

13 God never said to an angel,
"Sit at my right hand
until I put your enemies
under your control." (Psalm 110:1)
14 All angels are spirits who serve. God sends them to serve those who will receive salvation.