HEBREËRS 1
Voortreflikheid van Christus bo die engele.
1 NADAT God baiekeer en top baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy tin hierdie laaste dae tot ons gespreek deur tdie Seun
2 wat Hy as terfgenaam van alles aangestel het, tdeur wie Hy ook die wêreld gemaak het.
3 Hy, wat die afskynsel is tvan sy heerlikheid en tdie afdruksel van sy wese en talle dinge dra deur die woord van sy krag, tnadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, thet gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,
4 terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy t’n voortrefliker naam geërf het as hulle.
5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: tU is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: tEk sal vir Hom ’n Vader wees, en Hy sal vir My ’n Seun wees?
6 En wanneer Hy weer tdie Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.
7 En van die engele sê Hy wel: tHy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;
8 maar van die Seun: tU troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer;
9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U tgesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;
10 en: tU, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
11 Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ’n kleed verslyt,
12 en soos ’n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.
13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: tSit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete?
14 Is hulle nie almal dienende geeste wat tvir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?
Hebrews 1
1 God, having in the past spoken to the fathers through the prophets at many times and in various ways,2 has at the end of these days spoken to us by his Son, whom he appointed heir of all things, through whom also he made the worlds.3 His Son is the radiance of his glory, the very image of his substance, and upholding all things by the word of his power, when he had by himself made purification for our sins, sat down on the right hand of the Majesty on high;4 having become so much better than the angels, as he has inherited a more excellent name than they have.
5 For to which of the angels did he say at any time,
“You are my Son.
Today have I become your father?”t
and again,
“I will be to him a Father,
and he will be to me a Son?”t
6 Again, when he brings in the firstborn into the world he says, “Let all the angels of God worship him.”
7 Of the angels he says,
“Who makes his angels winds,
and his servants a flame of fire.”t
8 But of the Son he says,
“Your throne, O God, is forever and ever.
The scepter of uprightness is the scepter of your Kingdom.
9 You have loved righteousness, and hated iniquity;
therefore God, your God, has anointed you with the oil of gladness above your fellows.”t
10 And,
“You, Lord, in the beginning, laid the foundation of the earth.
The heavens are the works of your hands.
11 They will perish, but you continue.
They all will grow old like a garment does.
12 As a mantle, you will roll them up,
and they will be changed;
but you are the same.
Your years will not fail.”t
13 But which of the angels has he told at any time,
“Sit at my right hand,
until I make your enemies the footstool of your feet?”t
14 Aren’t they all serving spirits, sent out to do service for the sake of those who will inherit salvation?