Hebreërs 1
1 Deur die jare heen het God nie stilgebly nie. Hy het gedurig met ons voorouers gepraat deur spesiale boodskappers te stuur en ook nog op baie ander maniere.2 Maar die tyd is nou ryp dat God sy mense weer naby aan Hom wil bring. Daarom het Hy met ons kom praat deur sy Seun, aan wie God alles gegee het. Deur hierdie Seun het God alles gemaak wat bestaan.
3 Wanneer jy na die Seun kyk, sien jy eintlik vir God self en hoe wonderlik Hy is. Die Seun lyk net soos God. Hy sorg dat alles in die skepping bly soos dit behoort te wees, want Hy hoef net te praat en dan gebeur dit. Nadat Hy gesorg het dat ons skoon gewas is van ons sondes, is Hy terug na die magtige en groot God in die hemel toe.
4 Daar sit Hy nou op die ereplek langs God. God het Hom belangriker as enige ander hemelse wese gemaak. Daar is nie 'n hemelse wese wat in status of posisie naby die Seun kom nie. Hy is eenvoudig baie groter as hulle.
5 Daar is nie enige hemelse wese oor wie God ooit die dinge gesê het wat Hy oor sy Seun gesê het nie. Vir wie van hulle het Hy ooit gesê: "Jy is my Seun; Ek is jou Vader van vandag af," of: "Ek is sy Vader en Hy is my Seun"?
6 God het hierdie Seun van Hom die spesiale ereposisie as die oudste Seun gegee. Dit is 'n besondere voorreg. God sê dan: "Al die hemelse wesens moet Hom dien soos hulle My dien."
7 Wanneer God van die hemelse wesens praat, sê Hy wel: "God maak sy boodskappers soos die wind en sy dienaars soos weerligstrale."
8 Maar van sy Seun sê Hy: "U, o God, sal vir ewig en altyd heers. Soos 'n koning sal U vir altyd goed en reg regeer.9 U hou van dinge wat reg is en wil niks te doen hê met dinge wat verkeerd is nie. God het U gevra om oor alles te heers, terwyl almal baie bly was daaroor. Nie een van die ander wat saam met U daar was, het 'n kans gestaan nie."
10 God sê nog ander dinge ook oor sy Seun. Hy sê: "Here, U het alles begin. U het die aarde gemaak. Met u hande het U die hemel sy vorm gegee.11 Al hierdie dinge sal eendag vergaan en nie meer daar wees nie. Soos 'n stuk klere stukkend gaan en uiteindelik weggegooi word, so sal al dié dinge ook eendag verdwyn, maar U sal vir altyd daar wees.12 Soos klere sal U alles wat gemaak is, opvou en iets anders in die plek daarvan sit. U bly egter vir ewig en altyd dieselfde. U word nooit oud nie en sal ook nooit doodgaan nie."
13 Luister 'n bietjie, het God ooit dít van die hemelse wesens gesê: "Sit hier op die spesiale ereplek langs My tot Ek al jou vyande magteloos voor jou laat lê"?
14 Is die hemelse wesens nie eintlik maar net geeste wat God stuur om sy mense te help nie?
Hebrews 1
Introduction: God Has Spoken Fully and Finally in His Son
1 After God spoke long agot in various portionst and in various wayst to our ancestorst through the prophets,2 in these last days he has spoken to us in a son,ts whom he appointed heir of all things, and through whom he created the world.t3 The Son ist the radiance of his glory and the representation of his essence, and he sustains all things by his powerful word,t and so when he had accomplished cleansing for sins, he sat down at the right hand of the Majesty on high.s
4 Thus he becamet so far better than the angels asts he has inherited a name superior to theirs.
The Son Is Superior to Angels
5 For to which of the angels did Godt ever say, “You are my son! Today I have fathered you”?ts And in another placet he says,t “I will be his father and he will be my son.”ts6 But when he again bringst his firstborn into the world, he says, “Let all the angels of God worship him!”s7 And he sayss of the angels, “He makesthis angels spirits and his ministers a flame of fire,”s
8 but oft the Son he says,t
“Your throne, O God, is forever and ever,t
and a righteous sceptertis the scepter of your kingdom.
9 You have loved righteousness and hated lawlessness.
So God, your God, has anointed you over your companionsswith the oil of rejoicing.”s
10 And,
“You founded the earth in the beginning, Lord,s
and the heavens are the works of your hands.
11 They will perish, but you continue.
And they will all grow old like a garment,
12 and like a robe you will fold them up
and like a garmentsssthey will be changed,
but you are the same and your years will never run out.”s
13 But to which of the angelss has he ever said, “Sit at my right hand until I make your enemies a footstool for your feet”?s
14 Are they not all ministering spirits, sent out to serve thoset who will inherit salvation?