HEBREËRS 1
1 Vroeër het God dikwels en op baie maniere deur die profete met ons voorvaders gepraat.2 Maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur sy Seun. God het Hom bestem om die erfgenaam van alles te wees; trouens, Hy het deur Jesus Christus ook die wêreld en alles wat daarin is, gemaak.
3 Die Seun weerkaats God se heerlikheid, en Hy is die presiese ewebeeld van wie God werklik is. Deur sy magtige bevel hou Hy die ganse heelal in stand. Nadat Hy gesterf het om ons van sondes te reinig, het Hy die posisie van eer en mag aan die regterhand van God ingeneem - dié God so vol majesteit wat in die hemel woon.
Jesus Christus as die Seun oortref die engele verreweg
4 Jesus Christus is oneindig groter as die engele, net soos die erenaam van Seun wat Hy gekry het, baie heerliker is as dié van die engele.5 God het tog nooit vir enige engel gesê wat Hy vir Jesus gesê het nie:
"Jy is my Seun.
Vandag het Ek jou Vader
geword."
Op 'n ander plek sê God weer:
"Ek sal sy Vader wees,
en Hy sal my Seun wees."
6 En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy:
"En laat al die engele van God
Hom aanbid."
7 God sê van die engele:
"Hy verander sy engele in
stormwinde,
sy dienaars in vuurvlamme."
8 Maar vir die Seun sê Hy:
"U troon, o God, staan vir altyd
onwankelbaar vas.
U koninklike heerskappy
word gekenmerk
deur regverdigheid.
9 U het lief wat reg is
en U haat wat verkeerd is.
Daarom het, o God, u God
U met jubelende vreugde
tot koning gesalf -
ver verhewe bo almal
saam met U."
10 En verder:
"O Here, U het heel aan die begin
die fondamente
van die aarde gelê,
en die hemele is u handewerk.
11 Hierdie dinge sal vergaan,
maar U bly vir altyd.
Hulle sal almal
soos klere verslete raak.
12 Soos 'n oorkleed sal U hulle oprol;
soos 'n bo-kleed
sal hulle verander word.
Maar U bly steeds Uself
en U leef vir altyd."
13 En God het nooit aan 'n engel gesê nie:
"Sit aan my regterhand
totdat Ek jou vyande
heeltemal aan jou
onderwerp het."
14 Die engele is tog maar net diensknegte. Hulle is geestelike wesens wat God uitstuur in belang van daardie mense wat verlos gaan word.
HEBREWS 1
1 Long ago in many ways and at many times God's prophets spoke his message to our ancestors. 2 t But now at last, God sent his Son to bring his message to us. God created the universe by his Son, and everything will someday belong to the Son.
3 t God's Son has all the brightness of God's own glory and is like him in every way. By his own mighty word, he holds the universe together.
After the Son had washed away our sins, he sat down at the right sidet of the glorious God in heaven.
4 He had become much greater than the angels, and the name he was given is far greater than any of theirs.God's Son Is Greater than Angels
5 t God has never said
to any of the angels,
“You are my Son, because today
I have become your Father!”
Neither has God said
to any of them,
“I will be his Father,
and he will be my Son!”
6 t When God brings his first-born Sont into the world, he commands all of his angels to worship him.
7 t And when God speaks about the angels, he says,
“I change my angels into wind
and my servants
into flaming fire.”
8 t But God says about his Son,
“You are God,
and you will rule
as King forever!
Yourt royal power
brings about justice.
9 You loved justice
and hated evil,
and so I, your God,
have chosen you.
I appointed you
and made you happier
than any of your friends.”
10 t The Scriptures also say,
“In the beginning, Lord,
you were the one
who laid the foundation
of the earth
and created the heavens.
11 They will all disappear
and wear out like clothes,
but you will last forever.
12 You will roll them up
like a robe
and change them
like a garment.
But you are always the same,
and you will live forever.”
13 t God never said to any
of the angels,
“Sit at my right side
until I make your enemies
into a footstool for you!”
14 t Angels are merely spirits sent to serve people who are going to be saved.