previous next

Hebreërs 10

1 Die ou wet het ons maar net 'n vae idee gegee van al die wonderlike dinge wat God nog vir ons sou doen. Dit was soos 'n skaduwee wat 'n mens waarsku dat die regte persoon op pad is. Dag na dag, jaar na jaar, het mense dieselfde offers gebring, maar dit kon nie hulle saak met God heeltemal regmaak nie.2 Dink net daaraan, as die offers regtig gehelp het, sou hulle mos daarmee opgehou het. Dan sou hulle saak met God mos reg gewees het en sou hulle sondes hulle nie langer gepla het nie.3 Maar al die offers herinner hulle nou juis aan al die foute wat hulle gedurig maak.4 Die bloed van bulle of bokke kan mos nie regtig maak dat God Hom nie meer aan al hulle foute steur nie.5 Daarom lees ons in die Skrif dat toe Christus na die wêreld toe gekom het, Hy vir God gesê het:
"Allerhande geskenke en offers is nie wat U regtig wil hê nie. Wat U wil hê, is die menslike liggaam wat U vir My gegee het.
6 Diere wat verbrand word ter wille van al die verkeerde dinge wat mense gedoen het, stel U nie in belang nie.7 Toe het Ek gesê: 'Kyk, Ek kom om alles te doen wat U wil hê Ek moet doen, net soos daar in die Skrif oor My geskryf is.'"
8 Eers het Christus gepraat oor al die verskillende offers en die diere wat geslag word en dat God dit eintlik nie wil hê nie. (Die wet het wel gesê dat dit gedoen moes word.)9 Toe het Hy gesê: "Kyk, Ek kom om alles te doen wat U wil hê Ek moet doen." Hy het die ou offers eenkant toe geskuif om sy eie offer te bring.10 So het Jesus gedoen wat God wou hê. Hy het eens en vir altyd sy liggaam as 'n offer vir ons gegee. Op dié manier het ons God s'n en net Syne geword.
11  Die priesters sloof hulle elke dag met dieselfde ou offers af. Hulle doen dit dagin en daguit. Die offers kan tog nooit maak dat God nie meer die verkeerde dinge raaksien wat mense doen nie.
12 Maar met Christus is dit baie anders. Hy het net een enkele offer gebring en dit was genoeg vir altyd. Daarna het Hy op die ereplek by God in die hemel gaan sit.13 Daar sit Hy en wag dat God al sy vyande magteloos voor Hom op die grond gaan gooi.14 Deur daardie een offer van Hom het Hy alles honderd persent by God reggemaak vir elkeen wat God spesiaal Syne gemaak het.
15 Die Heilige Gees sê vir ons dat dit so is. Eers sê die Gees:16 "Dit is die ooreenkoms wat ek na daardie tyd met hulle sal maak, sê die Here. Ek sal seker maak dat hulle nooit sal vergeet wat Ek van hulle wil hê nie. Wat Ek van hulle verwag, sal Ek deel van hulle lewe maak."
17 En Hy voeg verder nog dit by: "Aan al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het, sal Ek My nie meer steur nie."
18 As God Hom dan nou nie meer aan hierdie verkeerde dinge steur nie, is dit ook mos nie meer nodig om allerhande offers daarvoor te bring nie.
19  My liewe vriende, ons hoef nou nie meer onseker of bang te wees om na God toe te gaan waar Hy in die Heiligste deel is nie. Ons kan dit doen omdat Jesus vir ons gesterf het.20 Ons het gesê dat daar tussen die twee kamers in die Heilige plek 'n gordyn gehang het. Jesus se liggaam kan met dié gordyn vergelyk word. Die gordyn van Jesus se liggaam is geskeur om so 'n nuwe pad na die lewe saam met God oop te maak.21 Christus is die groot priester wat in beheer is in God se huis.22 Juis daarom kan ons opreg in God se huis ingaan sonder om te twyfel oor dit waarop ons vertrou. Ons binneste is mos silwerskoon gemaak deur die bloed van Jesus, sodat niks ons meer pla nie, en ons liggaam is met skoon water gewas. God breek nooit sy woord nie; op Hom kan ons reken.23 Daarom kan ons sonder enige twyfel vashou aan die beloftes wat God aan ons gemaak het.24 Laat ons gedurig maniere soek om mekaar opgewonde te maak om goeie dinge vir mekaar te doen en lojaal teenoor mekaar te wees.
25 Juis daarom moet ons gereeld bymekaarkom en nie sommer wegbly nie, al doen party van julle dit moedswillig. Laat ons mekaar se hande vat en mekaar daarmee help, veral as ons daaraan dink dat dit nie meer lank is voor die Here weer kom nie.
26  As ons die regte pad leer ken het, en dan aanhou om moedswillig dinge te doen waarvan God nie hou nie, is daar nie meer 'n offer wat sal maak dat God Hom nie aan die sondes sal steur nie.27 Al wat vir so iemand oorbly, is om die verskriklike woorde van God te hoor: "Jy is skuldig," en dan die gloeiende vuur in te stap wat die vyande van God gaan verteer.28 Met die wet van Moses was dit al so dat iemand sonder genade doodgemaak is as twee of drie persone saam gesê het dat hulle die persoon iets verkeerds sien doen het.29 Wat dink jy sal dan iemand tref as hy sy neus optrek vir die Seun van God? Daarvan kan ons seker wees: hy verdien dit om so swaar gestraf te word. Hy het nie net die Seun van God beledig nie, maar ook gemaak asof die bloed waarmee Jesus die nuwe ooreenkoms gesluit het, onbelangrik is. So het hy die Gees in die gesig gevat wat vir hom so 'n groot geskenk verniet wou gee.30 Ons ken Hom wat gesê het: "Ek sal straf uitdeel soos dit moet, Ek sal mense terugbetaal vir die verkeerde dinge wat hulle gedoen het." Verder het Hy ook gesê: "Die Here is die Een wat sal besluit wat met sy volk gaan gebeur."
31  Om voor die lewende God te staan as jou saak met Hom verkeerd is, is erger as die verskriklikste nagmerrie wat jy kan hê.
32 Onthou julle nog toe julle pas Christene geword het? Julle het baie swaargekry, maar niks kon julle wegkry van julle vertroue op God nie.33 Voor almal het mense partymaal die lelikste dinge vir julle gesê en julle probeer seermaak. Ander kere moes julle die mense help aan wie sulke lelike dinge gedoen is.34 Party het selfs in die tronk beland en dan het julle hulle ondersteun. Julle het maar net geglimlag toe mense al julle goed kom vat het omdat julle Christene is. Julle kon dit doen, want julle het geweet dat julle in die hemel dinge het wat beter is en wat niemand van julle sal kan wegvat nie.
35 Moet dus nie toelaat dat daar 'n krakie in julle vertroue op God kom nie. Wie op God bly vertrou, sal 'n groot beloning by Hom kry.36 Julle moet tot elke prys vasbyt. As julle so aanhou om te doen wat God wil hê, sal Hy sorg dat julle kry wat Hy vir julle beloof het. In die Skrif sê God:
37 "Dit is nog net 'n baie kort rukkie, dan kom Hy wat moet kom. Hy sal nie lank draai voor Hy kom nie.38 Die persoon wie se saak met My reg is omdat hy op My vertrou, sal saam met My leef. Maar as iemand se moed hom begewe en hy nie meer vir alles kans sien nie, moet hy nie verwag dat Ek met hom tevrede sal wees nie."
39 Ons is nie van die soort wat bang word en so ons plek by God verloor nie. Ons bly op Hom vertrou en sal saam met Hom vir ewig leef.

Hebrews 10

Concluding Exposition: Old and New Sacrifices Contrasted

1 For the law possesses a shadow of the good things to come but not the reality itself, and is therefore completely unable, by the same sacrifices offered continually, year after year, to perfect those who come to worship.t2 For otherwise would they not have ceased to be offered, since the worshipers would have been purified once for all and so havet no further consciousness of sin?3 But in those sacrificest there is a reminder of sins year after year.4 For the blood of bulls and goats cannot take away sins.t

5 So when he came into the world, he said,
“Sacrifice and offering you did not desire, but a body you prepared for me.

6 “Whole burnt offerings and sin-offerings you took no delight in.

7 “Then I said, ‘Here I am:tI have come – it is written of me in the scroll of the book – to do your will, O God.’”s
8 When he says above, “Sacrifices and offerings and whole burnt offerings and sin-offeringsyou did not desire nor did you take delight in them”s (which are offered according to the law),9 then he says, “Here I am:I have come to do your will.”s He does away witht the first to establish the second.10 By his willt we have been made holy through the offering of the body of Jesus Christ once for all.11 And every priest stands day after dayt serving and offering the same sacrifices again and again – sacrifices that can never take away sins.12 But when this priestt had offered one sacrifice for sins for all time, he sat down at the right hands of God,13 where he is now waitingtuntil his enemies are made a footstool for his feet.s14 For by one offering he has perfected for all time those who are made holy.15 And the Holy Spirit also witnesses to us, for after saying,t16 “This is the covenant that I will establish with them after those days, says the Lord. I will puttmy laws on their hearts and I will inscribe them on their minds,”s17 then he says,t “Their sins and their lawless deeds I will remember no longer.”s

18 Now where there is forgiveness of these, there is no longer any offering for sin.

Drawing Near to God in Enduring Faith

19 Therefore, brothers and sisters,t since we have confidence to enter the sanctuary by the blood of Jesus,20 by the fresh and living way that he inaugurated for ust through the curtain, that is, through his flesh,s21 and since we have a great priestt over the house of God,22 let us draw near with a sincere heart in the assurance that faith brings,t because we have had our hearts sprinkled clean from an evil consciences and our bodies washed in pure water.23 And let us hold unwaveringly to the hope that we confess, for the one who made the promise is trustworthy.24 And let us take thought of how to spur one another on to love and good works,t

25 not abandoning our own meetings, as some are in the habit of doing, but encouraging each other, and even more so because you see the days drawing near.t
26 For if we deliberately keep on sinning after receiving the knowledge of the truth, no further sacrifice for sins is left for us,t27 but only a certain fearful expectation of judgment and a furytsof fire that will consume God’s enemies.ts28 Someone who rejected the law of Moses was put to deatht without mercy on the testimony of two or three witnesses.s29 How much greater punishment do you think that person deserves who has contempt fort the Son of God, and profanest the blood of the covenant that made him holy,t and insults the Spirit of grace?30 For we know the one who said, “Vengeance is mine, I will repay,”s and again, “The Lord will judge his people.”s

31 It is a terrifying thing to fall into the hands of the living God.
32 But remember the former days when you endured a harsh conflict of suffering after you were enlightened.33 At times you were publicly exposed to abuse and afflictions, and at other times you came to share with others who were treated in that way.34 For in fact you shared the sufferings of those in prison,s and you accepted the confiscation of your belongings with joy, because you knew that you certainlyt had a better and lasting possession.35 So do not throw away your confidence, because itt has great reward.36 For you need endurance in order to do God’s will and so receive what is promised.t37 For just a little longers and he who is coming will arrive and not delay.s38 But my righteous one will live by faith, and if he shrinks back, Ittake no pleasure in him.s

39 But we are not among those who shrink back and thus perish, but are among those who have faith and preserve their souls.t

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.