HEBREËRS 10
Christus se offer oortref dié van die ou verbond
1 Die offerstelsel onder die wet van Moses is maar net 'n skadubeeld van die goeie dinge wat sou kom, nie 'n lewensgetroue weergawe daarvan nie. Die offers onder die ou stelsel is oor en oor herhaal, van jaar tot jaar, maar hulle kon dié wat hulle gebring het, nooit heeltemal reinig nie.
2 As die offers dit wel gedoen het, sou dié wat kom aanbid het, nadat hulle een maal gereinig is, geen skuldgevoelens meer oorgehou het nie en sou hulle mos opgehou het om offers te bring.
3 Maar nou gebeur net die teenoorgestelde. Hierdie jaarlikse offers herinner hulle juis jaar na jaar aan hulle sondes,4 want die bloed van bulle en bokke kan onmoontlik die sondes wegneem.5 Daarom het Christus, toe Hy hierdie wêreld ingekom het, verklaar:
"Diere- of graanoffers is nie
wat U wou hê nie,
maar die liggaam wat U
vir My voorberei het.
6 U was nie tevrede met brandoffers
of sonde-offers nie.
7 Toe het Ek gesê: 'Kyk, Ek het
gekom, o God,
om u wil uit te voer -
so staan dit van My
in die Skrif geskryf.'"
8 Eers sê Hy: "Diere- of graanoffers of brandoffers of sonde-offers wou U nie hê nie en stel U nie tevrede nie" - alhoewel hierdie offers deur die wet voorgeskryf word.9 Daarna sê Hy: "Kyk, Ek het gekom om u wil uit te voer." Hy skaf dus die eerste reëling af om dit met 'n tweede een te vervang.
10 Omdat God dit so wou hê, is ons geheilig deur Jesus se liggaam wat eens en vir altyd vir ons geoffer is.
11 Onder die ou verbond staan elke priester dag vir dag op diens en bring hy oor en oor dieselfde offers wat tog nooit die sondes kan wegneem nie.12 Maar ons Hoofpriester het vir die sondes net een offer vir alle tye gebring en daarna op die ereplek aan die regterhand van God gaan sit.13 Nou wag Hy daar totdat God sy vyande volledig aan Hom onderwerp het.14 Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig.
15 Die Heilige Gees bevestig dit vir ons wanneer Hy in die eerste plek verklaar:
16 "Dít is nou die verbond
wat Ek hierna met die volk Israel
gaan sluit, verklaar die Here:
Ek sal my opdragte inskryf
in hulle harte
en Ek sal dit
in hulle verstand graveer."
17 Dan voeg Hy daarby:
"Ek sal aan hulle sondes
en hulle oortredings
nooit weer dink nie."
18 Inderdaad, waar sondevergifnis 'n werklikheid is, is geen verdere offer vir die sonde nodig nie.
Kom ons hou vas aan wat ons Hoofpriester vir ons verwerf het
19 Broers en susters, ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan.20 Hy het hierdie nuwe, lewegewende pad wat deur die binneste voorhangsel tot by God gaan, vir ons oopgemaak deur vir ons te sterf.21 Wat meer is, ons het 'n groot priester wat toesig hou oor die huis van God.
22 Kom ons gaan dan die heiligdom binne, ja tot voor God, met 'n opregte hart en absolute vertroue, terwyl ons harte deur besprinkeling gesuiwer is van 'n skuldige gewete en ons liggame gewas is met skoon water.
23 Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely, want ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het.24 Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar - oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade.
25 En laat ons tog nie - soos party gemeentelede die gewoonte het - versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom.
26 As ons opsetlik bly sonde doen nadat ons die volle waarheid leer ken het, bly daar geen offer vir die sondes oor nie.27 Al wat oorbly, is die vreeslike vooruitsig van God se oordeel, ja 'n gloeiende vuur wat God se vyande gaan verteer.28 Enige persoon wat die wet van Moses verbreek het, is op die getuienis van twee of drie mense sonder enige begenadiging doodgemaak.29 Dink net hoeveel swaarder sal die straf van daardie mense wees wat die Seun van God onder hulle voete vertrap en die verbondsbloed wat hulle geheilig het, met minagting bejeën en die Gees van genade beledig het.30 Ons ken tog die Een wat gesê het:
"Ék sal die straf voltrek,
Ek sal die kwaad vergeld."
En verder:
"Die Here sal oor sy volk oordeel."
31 Hoe verskriklik is dit om in die hande van die lewende God te val.
Hou aan volhard in die geloof
32 Dink terug aan die mooi tye van vroeër toe God se lig vir die eerste keer in julle lewens geskyn het. Onthou hoe julle ten spyte van al die opoffering en lyding volhard het.33 Party van julle was blootgestel aan openbare bespotting; ander weer het hulle vereenselwig met dié wat so behandel is.
34 Julle het saam gely met hulle wat in die gevangenis was en toe hulle julle van julle besittings beroof het, het julle dit met blymoedigheid aanvaar omdat julle geweet het dat julle 'n beter en permanente besitting het.
35 Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle 'n groot beloning in.
36 Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het.
37 Nog net, soos die Skrif sê,
"'n baie kort tydjie,
en Hy wat op pad is, sal kom.
Hy sal nie talm nie.
38 Dié mense wat my wil doen,
sal uit die geloof lewe.
Maar dié wie se moed
hulle begewe -
van hulle wil Ek niks weet nie."
39 Ons is egter nie mense wat ons tot ons eie ondergang laat afskrik nie. Nee, ons vertrou op God en daardeur sal ons lewe.
HEBREWS 10
1 The Law of Moses is like a shadow of the good things to come. This shadow isn't the good things themselves, because it cannot free people from sin by the sacrifices offered year after year. 2 If there were worshipers who already have their sins washed away and their consciences made clear, there would not be any need to go on offering sacrifices.
3-4 But the blood of bulls and goats cannot take away sins. It only reminds people of their sins from one year to the next.
5 t When Christ came into the world, he said to God,
“Sacrifices and offerings
are not what you want,
but you have given me
my body.
6 No, you are not pleased
with animal sacrifices
and offerings for sin.”
7 Then Christ said,
“And so, my God,
I have come to do
what you want,
as the Scriptures say.”
8 The Law teaches that offerings and sacrifices must be made because of sin. But why did Christ mention these things and say that God did not want them? 9 Well, it was to do away with offerings and sacrifices and to replace them. This is what he meant by saying to God, “I have come to do what you want.”
10 So we are made holy because Christ obeyed God and offered himself once for all.
11 t The priests do their work each day, and they keep on offering sacrifices that can never take away sins. 12 t But Christ offered himself as a sacrifice that is good forever. Now he is sitting at God's right side, t 13 and he will stay there until his enemies are put under his power.
14 By his one sacrifice he has forever set free from sin the people he brings to God.
15 The Holy Spirit also speaks of this by telling us that the Lord said,
16 t “When the time comes,
I will make an agreement
with them.
I will write my laws
on their minds and hearts.
17 t Then I will forget
about their sins
and no longer remember
their evil deeds.”
18 When sins are forgiven, there is no more need to offer sacrifices.Encouragement and Warning
19 My friends, the blood of Jesus gives us courage to enter the most holy place
20 by a new way that leads to life! And this way takes us through the curtain that is Christ himself.
21 We have a great high priest who is in charge of God's house. 22 t So let's come near God with pure hearts and a confidence that comes from having faith. Let's keep our hearts pure, our consciences free from evil, and our bodies washed with clean water. 23 We must hold tightly to the hope we say is ours. After all, we can trust the one who made the agreement with us. 24 We should keep on encouraging each other to be thoughtful and to do helpful things.
25 Some people have given up the habit of meeting for worship, but we must not do that. We should keep on encouraging each other, especially since you know that the day of the Lord's coming is getting closer.
26 No sacrifices can be made for people who decide to sin after they find out about the truth. 27 t They are God's enemies, and all they can look forward to is a terrible judgment and a furious fire. 28 t If two or more witnesses accused someone of breaking the Law of Moses, that person could be put to death. 29 t But it is much worse to dishonor God's Son and to disgrace the blood of the promise that made us holy. And it is just as bad to insult the Holy Spirit, who shows us mercy. 30 t We know that God has said he will punish and take revenge. We also know that the Scriptures say the Lord will judge his people.
31 It is a terrible thing to fall into the hands of the living God!
32 Don't forget all the hard times you went through when you first received the light. 33 Sometimes you were abused and mistreated in public, and at other times you shared in the sufferings of others.
34 You were kind to people in jail. And you gladly let your possessions be taken away, because you knew you had something better, something that would last forever.
35 Keep on being brave! It will bring you great rewards. 36 Learn to be patient, so you will please God and be given what he has promised.
37 t As the Scriptures say,
“God is coming soon!
It won't be very long.
38 The people God accepts
will live because
of their faith.t
But he isn't pleased
with anyone
who turns back.”
39 We are not like those people who turn back and get destroyed. We will keep on having faith until we are saved.