previous next

HEBREËRS 12

Volharding onder beproewinge volgens die voorbeeld van Christus.

1 DAAROM dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en tdie sonde wat ons so maklik omring, ten met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en tVoleinder van die geloof, twat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en taan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

3 Want tjulle moet ag gee op Hom wat so ’n tteëspraak van die sondaars teen Hom Mt. 10:24 ens.; Joh. 15:20verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.

4 Julle het nog nie tten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.

5 En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: tMy seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;

6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.

7 As julle die tugtiging verdra, tbehandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?

8 Maar as julle sonder tugtiging is, twat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.

9 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan tdie Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?

10 Want húlle het ons wel ’n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, tsodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.

11 Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ’n tvredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

12 Daarom, trig die slap hande en die verlamde knieë weer op;

13 en tmaak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar tliewer gesond gemaak word.

14  tJaag die vrede na met almal, en tdie heiligmaking twaarsonder niemand die Here sal sien nie;

15 en pas op dat tniemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.

16 Laat niemand ’n thoereerder twees nie, of ’n onheilige soos Esau, wat tvir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het.

17 Want julle weet dat hy, ttoe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer.

18 Want julle het nie gekom by t’n tasbare berg nie en ’n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm

19 en tbasuingeklank en die geluid van woorde waarby die thoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie —

20 want hulle kon die gebod nie verdra nie: tselfs as ’n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ’n pyl neergeskiet word.

21 En Moses, tso vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.

22 Maar julle het gekom by tdie berg Sion en tdie stad van die lewende God, die themelse Jerusalem en tienduisende engele,

23 by die feestelike vergadering en tdie gemeente van teersgeborenes twat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges,

24 en by Jesus, tdie Middelaar van die nuwe testament, en tdie bloed van die besprenkeling wat van tbeter dinge spreek as Abel.

25 Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want tas húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe tHy op aarde ’n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek.

26  tToe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: tNog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe.

27 En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly.

28 Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.
29 Want onse tGod is ’n tverterende vuur.

Hebrews 12

1 Therefore let us also, seeing we are surrounded by so great a cloud of witnesses, lay aside every weight and the sin which so easily entangles us, and let us run with patience the race that is set before us,2 looking to Jesus, the author and perfecter of faith, who for the joy that was set before him endured the cross, despising its shame, and has sat down at the right hand of the throne of God.3 For consider him who has endured such contradiction of sinners against himself, that you don’t grow weary, fainting in your souls.4 You have not yet resisted to blood, striving against sin;

5 and you have forgotten the exhortation which reasons with you as with children,

“My son, don’t take lightly the chastening of the Lord,
nor faint when you are reproved by him;
6 For whom the Lord loves, he chastens,
and scourges every son whom he receives.”t
7 It is for discipline that you endure. God deals with you as with children, for what son is there whom his father doesn’t discipline?8 But if you are without discipline, of which all have been made partakers, then are you illegitimate, and not children.9 Furthermore, we had the fathers of our flesh to chasten us, and we paid them respect. Shall we not much rather be in subjection to the Father of spirits, and live?10 For they indeed, for a few days, punished us as seemed good to them; but he for our profit, that we may be partakers of his holiness.11 All chastening seems for the present to be not joyous but grievous; yet afterward it yields the peaceful fruit of righteousness to those who have been exercised thereby.12 Therefore lift up the hands that hang down and the feeble knees,t13 and make straight paths for your feet,t so that which is lame may not be dislocated, but rather be healed.14 Follow after peace with all men, and the sanctification without which no man will see the Lord,15 looking carefully lest there be any man who falls short of the grace of God; lest any root of bitterness springing up trouble you, and many be defiled by it;16 lest there be any sexually immoral person, or profane person, like Esau, who sold his birthright for one meal.17 For you know that even when he afterward desired to inherit the blessing, he was rejected, for he found no place for a change of mind though he sought it diligently with tears.18 For you have not come to a mountain that might be touched, and that burned with fire, and to blackness, darkness, storm,19 the sound of a trumpet, and the voice of words; which those who heard it begged that not one more word should be spoken to them,20 for they could not stand that which was commanded, “If even an animal touches the mountain, it shall be stonedt”;t

21 and so fearful was the appearance, that Moses said, “I am terrified and trembling.”t
22 But you have come to Mount Zion, and to the city of the living God, the heavenly Jerusalem, and to innumerable multitudes of angels,23 to the general assembly and assembly of the firstborn who are enrolled in heaven, to God the Judge of all, to the spirits of just men made perfect,

24 to Jesus, the mediator of a new covenant,t and to the blood of sprinkling that speaks better than that of Abel.
25 See that you don’t refuse him who speaks. For if they didn’t escape when they refused him who warned on the earth, how much more will we not escape who turn away from him who warns from heaven,26 whose voice shook the earth then, but now he has promised, saying, “Yet once more I will shake not only the earth, but also the heavens.”t27 This phrase, “Yet once more,” signifies the removing of those things that are shaken, as of things that have been made, that those things which are not shaken may remain.28 Therefore, receiving a Kingdom that can’t be shaken, let us have grace, through which we serve God acceptably, with reverence and awe,

29 for our God is a consuming fire.t