Hebreërs 12
1 Die lewe is soos 'n wedloop. Op die pawiljoen het ons 'n skare mense wat voor ons met geloof en vertroue in God geleef het. Hulle moedig ons aan om gelowig vol te hou met die wedloop. Laat ons dan ontslae raak van enigiets wat ons hinder om die wedloop van die lewe behoorlik te hardloop.
Dit is veral die sonde wat ons gedurig wil pootjie. Laat ons soos die ander gelowiges hardloop met alles wat ons het.2 Laat ons maar net die wedloop hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. Dink aan sy voorbeeld. Die skande en vernedering van die kruis was nie vir Hom te veel nie. Hy het dit alles verdra omdat Hy geweet het dat daar soveel blydskap daarna vir Hom wag. Kyk nou net, nou sit Hy op die ereplek by God in die hemel.3 Hou Hom gedurig in gedagte. Dink aan alles wat Hy moes deurmaak, ja, aan al die slegte dinge wat die sondige mense aan Hom gedoen het. As julle sy voorbeeld volg, sal julle nooit moedeloos word en tou opgooi nie.
4 Julle het nog nie regtig so swaargekry as wat julle kan nie. In julle stryd teen al die slegte dinge het julle nog nie by die punt gekom waar julle moes kies tussen lewe en dood nie.5 Boonop lyk dit of julle vergeet het hoe God sy kinders moed inpraat: "My kind, moenie dit sommer van jou afskud as die Here jou straf nie. Moenie sommer tou opgooi as Hy jou op jou foute wys nie.6 As die Here iemand liefhet, wys Hy hom wat Hy van hom verwag, al maak dit soms seer. Daarom tree Hy soms ook hard op teenoor sy kinders."
7 Leer dan iets uit hierdie slegte dinge wat met julle gebeur, want God maak met julle soos 'n pa wat regtig vir sy kinders omgee. Watter kind word nie soms so deur sy pa gestraf nie?
8 As God julle glad nie reghelp as julle verkeerd doen deur dinge met julle te laat gebeur wat nie baie lekker is nie, moet julle weet dat julle nie regtig sy kinders is nie. Alle kinders word soms gestraf.
9 Ons almal het 'n aardse pa gehad wat ons soms gestraf het. Dit het ons respek vir hom gegee. Hoeveel te meer moet ons nie na ons geestelike Vader luister nie? Dan sal ons regtig leef.10 Ons aardse pa het ons 'n klompie jare grootgemaak so goed hy kon. Soms moes hy ons ook straf. Maar met God is daar soveel meer op die spel.11 Hy moet ons reghelp vir ons eie beswil, sodat ons uiteindelik net soos Hy heilig kan wees. Dit is nie lekker om gestraf te word nie, want dit maak seer, maar later pluk ons die vrugte. Iemand wat sy les uit die straf geleer het, sal 'n mens word wat doen wat God wil hê en daarom in vrede leef.
12 Julle moet nie soos 'n klomp geestelike swakkelinge leef nie. Wees entoesiasties oor wat julle as Christene doen.
13 Loop julle lewenspad met soveel oortuiging dat die mense wat agter julle aankom en maar 'n bietjie sukkel, hulle gesukkel sal afgooi en met net soveel oortuiging as julle hulle lewenspad verder sal loop.
14 Probeer julle bes om nie met ander mense te stry of te baklei nie. Leef so dat God trots kan wees op julle, want as iemand nie so leef nie, sal hy sowaar nie by die Here uitkom nie.15 Help mekaar sodat nie een van julle dalk al die goeie dinge misloop wat God so vrylik vir ons gee nie. As daar iets onder julle gebeur wat mense ongelukkig en kwaad maak vir mekaar, moet dit met wortel en tak uitgeroei word. As dit nie gedoen word nie, word dit soos 'n giftige plant wat uiteindelik baie mense seermaak.16 Sorg dat niemand seksueel verkeerde dinge doen of hulle rug vir God draai soos Esau gedoen het nie. Hy het mos sy reg as oudste seun en erfgenaam sommer vir 'n bord sop verruil.17 Julle onthou ook mos wat toe gebeur het. Later wou hy sy reg as oudste seun terughê en hy het verwag dat sy pa vir die Here moes vra om dit te doen. Maar die Here wou nie. Al het hy lang trane gehuil, kon hy niks aan die situasie verander nie.
18 Julle het ook nog nie soos Israel by 'n regte berg soos Sinai gekom nie. Daar was 'n geweldige vuur op die berg, terwyl donker wolke oor die berg gehang het. Dit was donker en daar het 'n woeste storm losgebreek.19 Die mense het 'n trompet hoor blaas en 'n geweldige stem gehoor. Hulle was so verskrik dat hulle begin smeek het dat die stem tog asseblief moes ophou. Dit was God wat met hulle gepraat het.20 Wat God vir hulle gesê het, was ondraaglik: "Selfs as 'n dier net aan die berg raak, moet dit doodgegooi word met klippe."21 Alles wat daar by die berg gebeur het, was so skrikwekkend dat selfs Moses geskree het: "Ek staan en ruk, so bang is ek."
22 Maar kyk net by watter berg het julle uitgekom. Julle het gekom by die berg Sion waar die woonplek van die lewende God is, die hemelse Jerusalem. Daar is duisende der duisende hemelwesens wat vrolik bymekaar is en saamsing.
23 Julle het gekom by die kerk van almal vir wie God 'n nuwe lewe gegee het en wie se name in die hemel opgeskryf is. Daar kry julle ook vir God wat uiteindelik as Regter sal besluit wat die lot van elke mens sal wees. By Hom is ook die geeste van mense wat reeds gered en volmaak by Hom is.24 Jesus is ook daar. Dit is Hy wat vir ons die wonderlike nuwe ooreenkoms met God gemaak het. Daar kom ons ook by Jesus se bloed wat vir ons baie meer gedoen het as die bloed van Abel.
25 Moet onder geen omstandighede julle rug vir God draai wanneer Hy met julle praat nie. Die mense wat nie na Hom wou luister toe Hy met hulle hier op aarde deur Moses gepraat het nie, het lelik in die stof gebyt. As ons ons dan nie meer steur aan God wat uit die hemel met ons praat nie, sal dit nog slegter met ons gaan.26 Destyds het sy stem die aarde laat bewe, maar nou beloof Hy: "Ek sal nog 'n keer praat, en hierdie keer sal nie net die aarde bewe nie, maar ook die hemel."27 Met die woorde "nog 'n keer" bedoel Hy dat alles op aarde uitmekaargeskud gaan word. Net dié dinge sal oorbly wat vir altyd daar sal wees.
28 God maak ons nou deel van sy koninkryk wat vir altyd daar sal wees. Daaroor moet ons oorloop van dankbaarheid. Laat ons Hom dien met eerbied en al die respek wat Hy verdien en laat ons besef hoe klein ons regtig in vergelyking met Hom is. Daar staan nie verniet geskryf nie:
29 "God is soos 'n vuur wat alles tot as kan verbrand."
Hebrews 12
The Lord’s Discipline
1 Therefore, since we are surrounded by such a great cloud of witnesses,t we must get rid of every weight and the sin that clings so closely, and run with endurance the race set out for us,2 keeping our eyes fixed on Jesus, the pioneer and perfecter of our faith. For the joy set out for him he endured the cross, disregarding its shame, and has taken his seat at the right hand of the throne of God.s3 Think of him who endured such opposition against himself by sinners, so that you may not grow weary in your souls and give up.4 You have not yet resisted to the point of bloodshedt in your struggle against sin.
5 And have you forgotten the exhortation addressed to you as sons?
“My son, do not scorntthe Lord’s discipline
or give up when he correctstyou.
6 “For the Lord disciplines the one he loves and chastises every son he accepts.”s
7 Endure your sufferingt as discipline;t God is treating you as sons. For what son is there that a father does not discipline?8 But if you do not experience discipline,t something all sonst have shared in, then you are illegitimate and are not sons.9 Besides, we have experienced discipline fromt our earthly fatherst and we respected them; shall we not submit ourselves all the more to the Father of spirits and receive life?ts10 For they disciplined us for a little while as seemed good to them, but he does so for our benefit, that we may share his holiness.11 Now all discipline seems painful at the time, not joyful.t But later it produces the fruit of peace and righteousnesst for those trained by it.12 Therefore, strengthentyour listless hands and your weak knees,s
13 and make straight paths for your feet,s so that what is lame may not be put out of joint but be healed.
Do Not Reject God’s Warning
14 Pursue peace with everyone, and holiness,s for without it no one will see the Lord.15 See to it that no one comes short of the grace of God, that no one be like a bitter rootspringing upts and causing trouble, and through him many become defiled.16 And see to it that no one becomest an immoral or godless person like Esau, who sold his own birthright for a single meal.s17 For you know thatt later when he wanted to inherit the blessing, he was rejected, for he found no opportunity for repentance, although he sought the blessingt with tears.18 For you have not come to something that can be touched,t to a burning fire and darkness and gloom and a whirlwind19 and the blast of a trumpet and a voice uttering wordst such that those who heard begged to hear no more.t20 For they could not bear what was commanded: “If even an animal touches the mountain, it must be stoned.”s21 In fact, the scenet was so terrifying that Moses said, “I shudder with fear.”ts22 But you have come to Mount Zion, the cityt of the living God, the heavenly Jerusalem, and to myriads of angels, to the assembly23 and congregation of the firstborn, who are enrolled in heaven, and to God, the judge of all, and to the spirits of the righteous, who have been made perfect,
24 and to Jesus, the mediatort of a new covenant, and to the sprinkled blood that speaks of something better than Abel’s does.s
25 Take care not to refuse the one who is speaking! For if they did not escape when they refused the one who warned them on earth, how much less shall we, if we reject the one who warns from heaven?26 Then his voice shook the earth, but now he has promised, “I will once more shake not only the earth but heaven too.”s27 Now this phrase “once more” indicates the removal of what is shaken, that is, of created things, so that what is unshaken may remain.28 So since we are receiving an unshakable kingdom, let us give thanks, and through this let us offer worship pleasing to God in devotion and awe.
29 For our God is indeed a devouring fire.s